Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Versoek uit die Kunsklas

Ons benodig leë papbokse (cereal) soos Graanvlokkies, Pronutro, Coco Pops, ens. Dit moet ten minste A4-grootte wees (nog groter indien moontlik). Slegs oor die volgende twee weke. Stuur dit asb. kunsklas toe. Baie dankie!

KULTUUR

Hoërskool Eisteddfod

Alle leerders wat die week aan die Hoërskool Eisteddfod deelgeneem het in klavier, sang en kitaar moet asb. hul sertifikate Woensdag vir juf. Helecia bring sodat ons dit in die saal kan oorhandig.

SPORT

Spelers vir skaakwedstryde

Ons wil graag vir ons skaakspelers in die skool soveel moontlik geleenthede skep om wedstryde te speel. Met die toename in gewildheid van ons ander buitemuurse aktiwiteite het die bywoning van oefeninge vir ons senior spelers (gr. 3 - 7) heelwat afgeneem.

Ons is bewus daarvan dat ons leerders aan ander aktiwiteite deelneem, maar steeds aktief skaak speel. Daarom wil ons versoek dat enige leerders wat graag wil deel word van 'n groep wat aan vriendskaplike wedstryde, teen skole in ons omgewing, gaan deelneem die GOOGLE FORM voltooi.

Ons sal dan inligting van enige vriendskaplike wedstryde wat plaasvind via 'n google form met ouers deel. Ons wedstryde vind meestal op Vrydagmiddae gedurende kwartaal 2 & 3 plaas. Ons hoop is dat leerders ons skaakoefeninge sal bywoon as hulle beskikbaar is.

ALGEMEEN

Damesontbyt: Saterdag, 3 September 2022

Skeduleer solank die datum en tyd in jou dagboek en nooi solank 'n paar vriendinne om die oggend saam met ons te kom geniet. Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees, so ook alle ander inligting.

Kliek op die foto om 'n Google Form in te vul indien jy belangstel om dit by te woon.

Bring-en-Raai: 19 Augustus

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Bring-en-Raai kompetisie wat op 19 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaasvind.
  • Skryf 'n span van 8 lede in en kom neem deel aan die heerlike sosiale geleentheid.
  • Die koste beloop R1600 per tafel en elke span is verantwoordelik vir hul eie drankies en spyseniering, net soos 'n bring en braai!
  • Daar is plek vir 26 spanne. Ons verskaf die tafel en bankies en jy die res!
  • Wynglase kan per tafel bespreek word teen 'n kontant deposito, betaalbaar op die aand.
  • Vul asseblief so gou as moontlik jou naam as gasheer of gasvrou op hierdie SKAKEL
Kom speel saam! Dit is een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender.
Kontak gerus vir Karien Zulch indien jy enige vrae het by 083 445 0980 of karienzulch@gmail.com.

TERUGVOER

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Uitslae

Van ons leerders het aan die Kunstefees deelgeneem en uitstekend gevaar:

Thomas Holtzhausen - Klavier - 80%
Markus van Vuren - Klavier - 95%
Sabine Barnard - Klavier - 82%
Ruben de Ridder - Klavier - 90%
Leah de Kock - Klavier - 95%, 95%, 95%, 96%
Lisa van As - Klavier - 85% , 85%
Karu Rademeyer - Klavier - 84%
Karu Rademeyer - Sang - 84% , 87% ,92%
Pieter Rademeyer - Kitaar - 75%
Susie Samuel - Klavier - 82%, 85%, 96%
Daniela Boshoff - Sang - 85%, 90%
Thomas Boshoff - Sang - 85%

Ons is baie trots op julle! Baie geluk!

Skaakuitslae ligawedstryd Tamboerskloof: 4 Augustus

Ons het Donderdag, 4 Augustus, ons eerste ligawedstryde vir die kwartaal teen Tamboerskloof gespeel en baie goed gevaar. Ons het 5 - 1 gewen. Baie geluk aan al ons spelers en afrigter, Remondo Solomons met 'n suksesvolle middag.

Hokkieuitslae Totius: 4 Augustus

Generations Sunningdale het ongelukkig baie laat in die dag hul vervoer na ons skool verloor en moes hul wedstryde kanselleer. Ons maak egter vinnig ander planne en ons spanne speel sommer teen mekaar. Die o.9-Dogters wen die seuns 4-0. Die o.12-seuns en -dogters meng hul spanne en speel ook 'n vriendskaplike wedstryd.

Die wedstryde teen Totius (TUIS en WEG) het egter voortgegaan en die uitslae is soos volg:

o.10
Dogters B verloor 1 - 3
Seuns B verloor 1 - 2

o.11
Dogters B wen 2 - 1
Seuns B wen 4 - 0

o.13
Dogters A gelyk 0 - 0
Seuns A gelyk 0 - 0

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Augustus-maand het skielik sy vriendelike opwagting gemaak. ‘n Baie spesiale maand inderdaad! Vir die meeste mense is Augustus seker maar net nog ‘n maand, maar Augustus-maand is vrouemaand en ek wil spesiaal die maand aan al ons kosbare vrouens in ons skoolgemeenskap wy. Dit is belangrik dat ons die vroue in ons lewens spesiaal eer en erkenning gee vir die waardevolle rol wat hulle in ons lewe en die samelewing speel.

Op Dinsdag, 09 Augustus, vier ons weer Nasionale Vrouedag. Die eerste Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika is op 09 Augustus 1994 gevier. Die spesiale dag van die skoner geslag gedenk die nasionale optog van vroue in 1956 waartydens hulle petisie aangeteken het teen wetgewing wat swartmense verplig het om ‘n pasboek te dra. Die doel van die pasboek was om die beweging van swartmense gedurende die apartheidsera te beheer en te beperk. Simbolies gedenk Vrouedag die rol wat vroue gespeel het om die mure van diskriminasie af te breek wat onderskeid getref het tussen mense op grond van hulle ras.

In vandag se tye word daar so baie gepraat en gepleit vir vroueregte, diskriminasie teen vroue asook geweld teen vroue. Dit voel vir my asof dit eenvoudig op dowe ore val, want daagliks hoor jy van stygende getalle van aanrandings en selfs moorde op vroue, maar bittermin vervolging geskied. Weereens besef ons die wonderlike voorreg wat ons het om in ‘n veilige omgewing te werk en te woon. Dus doen ek ‘n beroep op al ons Jannies en pa’s dat ons iets spesiaal vir die ma’s en vrouens in ons lewens beplan en dit ten volle saam met hulle op Dinsdag, 09 Augustus 2022, vier. Jannies, bederf gerus julle ma’s tot in die afgrond en gee vir hulle ‘n stywe drukkie om vir hulle te bedank vir alles wat hulle vir julle doen en beteken.

Graag wil ek al die Jannies en ons ouers/voogde hartlik bedank wat die afgelope naweek die lekker sportdag in Robertson ondersteun het. Daar het op Saterdag, 30 Julie, meer as 2000 leerders aan die gewilde sportnaweek deelgeneem. Skole het van heinde en verre gekom om deel te neem. Kompetisie was baie sterk en as een van die kleinste skole wat aan die sportnaweek deelgeneem het, moes ons alles in die stryd werp om kompeterend te wees. Verder het ons weereens besef dat die plattelandse skole nooit onderskat moet word nie. Onderwysers en skoolhoofde van verskeie skole het my genader om ons Jannies te komplimenteer met hul ongelooflike goeie maniere en sportmanskap. Niks meer kan ‘n skoolhoof en skoolgemeenskap trotster maak as dit nie. Dit is die rede dat ek so breë bors op en af gestap het en probeer het om gesig by elke wedstryd te wys, maar dit was weer ‘n uitdaging op sy eie.
Baie geluk aan ons seniorkoor se puik optrede op Dinsdagaand, 02 Augustus 2022, in die Groote Kerk tydens die Hoërskool Jan van Riebeeck se koorfees. Julle maak ons baie trots en ek kan nie wag vir die volgende optrede nie. Die merkwaardige kerk met die ongelooflikste preekstoel is die oudste kerk in die land. Dit is in 1841 gebou en was op die aand die perfekte venue vir ‘n wonderlike koorfees. Baie dankie aan juf. Helecia (dirigent) en mnr. Ben vir die begeleiding asook juf. Heidré wat met die toesig van ons koorlede gehelp het. Laat my ook toe om Hoërskool Jan van Riebeeck en meer spesifiek mnr. Pieter Rademeyer (skoolhoof) hartlik te bedank vir die uitnodiging en sy span geluk te wens met die puik aand.
Verder beoog ons om ‘n elektroniese tellingbord wat vir rugby-, hokkie- en krieketwedstryde aangewend kan word, by die Conradievelde op te rig. Ons benodig egter fondse en ek neem die vrymoedigheid om te versoek dat indien jy sou belangstel om ‘n finansiële bydrae te maak, my gerus by skoolhoof@jvrprim.co.za te kontak.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike langnaweek toe. Geniet die lekker meevallertjie!

“Eerlikheid is die enigste sleutel tot vertroue. Dit kan nooit weer gebruik word as dit eers gebreek is nie.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 22 Julie 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet