Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek hoop en vertrou dat almal wat verlede Vrydagaand die sosiale funksie by die Conradievelde bygewoon het, dit terdeë geniet het. Opvallend was die heerlike samesyn onder ouers, leerders en personeel so amper of almal daarna gesmag het. Selfs die weer het perfek saamgespeel met die lastige windjie wat vanaf 17:00 besluit het om elders ‘n oorlas van homself te maak. Ons beplan reeds vroeg in die nuwe jaar ‘n lekker gesellige funksie.

Graag wil ek die beheerraad bedank vir hul waardevolle insette tydens die belangrike strategiese sessie wat op Vrydag, 12 November, vanaf 08:30 - 18:00 geskied het. Die meningspeiling se terugvoer, is as basis vir ons gesprekke en beplanning op die dag gebruik. Een van die netelige kwessies wat ouers aangedui het dringend aandag verg, is die kwessie rondom boeliegedrag. Ongelukkig is dit nie net leerdes wat geboelie word nie, maar dit geskied ook tussen volwassenes (onder andere in die werkplek) en in die kuberrruim. Wees verseker dat dit vir die skool ‘n ernstige saak is, want dit het ‘n geweldige impak op die slagoffer se lewe. Onthou dat nie alle negatiewe gedrag, boeliegedrag is nie. Boeliegedrag is aggressiewe gedrag wat gereeld en aanhoudend plaasvind en dit is spesifiek op iemand gerig wat nie vir homself/haarself kan opstaan nie. Die slagoffers voel dikwels moedeloos en hulpeloos. As jy vermoed dat jou kind/ers geboelie word, wil ek jou vriendelik uitnooi om dit so spoedig moontlik met die opvoeders of myself te bespreek. My kantoordeur staan altyd oop vir ouers/voogde en leerders. Belangrik om te onthou: ek kan nie optree as ek nie ingelig is nie.

Die tweede punt wat in die meningspeiling uitgestaan het, is die feit dat ouers/voogde nie seker is of die vrymoedigheid het wie hulle moet nader indien hul kind/ers ‘n nie-akademiese probleem ervaar nie. Ek wil ‘n beroep op jou doen om in dié geval ‘n e-pos aan jou kind/ers se registeronderwyser te rig en my by die korrespondensie in te sluit. Vir my is dit uiters belangrik dat al ons Jannies skoolgaan moet geniet. Ek wil poog om ‘n Nordiese aanslag by die skool te vestig waar ons ‘n groter klem op sosiaal-emosionele leer moet plaas. Lande soos Denemark, Noorweë, Swede en Ysland volg ‘n formele onderwysstelsel wat hul leerders hoofsaaklik toerus met vaardighede en kennis om emosies effektief te herken en te bestuur. Vir hulle vorm dit die basis van welstand en op hierdie manier verbeter hul leerders se akademiese prestasie. G’n wonder dat die Nordiese lande in die top 10 gelukkigste lande, volgens die Wêreld Geluk Verslag, verskyn nie. Ons wil verseker dat die skool die Jannies se “happy place” moet wees. ‘n Plek waar hulle erkenning ontvang om hulself te wees en geliefd sal wees met personeel wat alles in hul vermoë doen om te verseker die leerders kom met ‘n glimlag skool toe.

Vandag begin die Graad 7’s met eksamen en hulle skryf Wiskunde (vraestel 1 en 2). Die Graad 4 - 6-leerders sal op Dinsdag, 23 November, begin terwyl die grondslagfase leerders reeds met hulle finale assesserings besig is. Graag wens ek vir al ons Jannies sterkte toe. Dit is meer van ‘n kontroletoets as ‘n eksamen. Help ons dat jou kind nie te veel druk op homself/haarself plaas nie! Ons leef tans in ongekende tye wat dikwels bewustelik en onbewustelk druk op mense plaas. Dit is belangrik om die addisionele druk en verwagtinge versigtig te bestuur.

Baie dankie aan die ouers wat 'n finansiële bydrae gelewer het tot die bou van die muur by die Nasorg se parkie in Kloofstraat om die veiligheid van ons leerders te verseker. Ons benodig egter nog fondse om die muur te bou. Indien jy sou belangstel om 'n donasie te maak, kontak gerus vir Marili: finansies@jvrprim.co.za.

Graag sluit ek dan week 6 met die eksamen as agtergrond af met die bekende aanhaling deur Walt Disney en wens ek julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Why worry?
If you have done the very best you can,
worrying won't make it any better”

ALGEMEEN

Skoolfondsinligting 2022

BELANGRIKE INLIGTING OMTRENT BETALING VAN 2022 SKOOLFONDS-1

Stoor die datum: Ons skool verjaar - 100 +1!

Op Maandag, 31 Januarie 2022, vier ons ons skool se 100 + 1 verjaardag! Gesellig moet ons voorwaar verkeer aangesien ons hierdie jaar uitgemis het op al die lekker 100ste verjaardagvieringe.

Wat ons beplan:
  • Vrydag, 28 Jan. - Jannies Jooldag (leerderaktiwiteite gedurende skooltyd)
  • Maandag, 31 Jan. - Ouer/Onderwyser geselligheid (vanaf 18:00 by die skool)
Dagboek asb. hierdie datums sodat ons ons skool se deure vir al ons ouers/voogde kan oopstel.

Ons beplan ‘n aand waartydens daar skooltoere aangebied sal word. Ouer sal op ‘n gemaklike manier die pragtige kunswerke (in die vorm van ‘n kunsuitstalling) van die skool se geskiedenis wat ons graad 1 - 6-leerders vanaf volgende week gaan begin skep, kan besigtig. Hierdie kreatiewe sessies sal daagliks na afloop van die kontroletoetse/assesserings geskied om ontspanning en balans te verseker. Dit sal dus in jou kind(ers) se guns tel om elke dag skool by te woon.

Ons is geweldig opgewonde om weer ‘n lekker sosiale funksie vir ons ouers/voogde te beplan waartydens ons versnapperinge kan geniet, lekker kan kuier en weer deur die skool se gange kan wandel. Meer hieroor (kaartjieverkope van kos) sodra ons alle inligting gereed het.

Klerebank

Somerbestellings:

Fabrieke maak oor ‘n maand, vir ‘n hele maand toe en winterbestellings word reeds einde Januarie geplaas.

Hiermee versoek ek dat ouers asseblief hul somerbestellings finaliseer sodat ek kan sien of daar nog ‘n behoefte aan sekere items is en waar moontlik, sal ek dit bestel.

Klerebanktye:

Tye is steeds voor skool op Maandae en Woensdae, en na skool op Dinsdae en Donderdae 13:30 - 14:20.

Ek bly soms later oop omdat my eie kinders aan sport deelneem. Indien jy ‘n alternatiewe tyd wil afspreek, tree asseblief in verbinding met my.

Somerkleredrag vir dogters

Vir ouers wat verkies dat hul dogters in die somer kort grysbroeke dra (wat seuns gewoonlik dra), dit word voortaan toegelaat saam met standaard grys skoolkouse. Dit sal eers volgende jaar amptelik op die skoolbeleid aangepas word.

Roomyse te koop

Ons hou 'n fondsinsameling vir welwillendheid! Daar sal elke Vrydag roomyse teen R10 by die skool verkoop word.
Roomysverkope Advertensie Nuut

AKADEMIE

November-eksamen 2021

NOVEMBER-EKSAMEN 2021

Nuwe datum vir Algemene Kennis toets

Die Algemene kennistoets wat Woensdag, 17 November, geskryf sou word, is uitgestel weens die groot hoeveelheid afwesighede in die Gr.7-groep. Een leerder sal die Algemene Kennis-beker by die prysuitdeling ontvang en ons wil vir soveel as moontlik leerders 'n regverdige kans gee. Die Algemene kennistoets sal nou op Woensdag, 24 November, na eerste pouse geskryf word.

Registerklasse vir 2022

Neem asb. kennis van die registeronderwyser-klasindelings vir 2022:

Laerskool Jan van Riebeeck:
Gr.1 T - Liezel Theron
Gr.1 K - Michelle Kellerman (Graadhoof)
Gr.1 S - Nicola Swanepoel

Gr.2 DG - Raché de Goede (Graadhoof)
Gr.2 N - Anja Nauta
Gr.2 S - Helené Slabbert

Gr.3 S - Benita Smit
Gr.3 E - Heidré Ehlers
Gr.3 C - Maricqe Coetzer (Graadhoof)

Gr.4 M - Nadia Meiring
Gr.4 F - Ischké Felix (Graadhoof)
Gr.4 C - Marianne Conradie

Gr.5 S - Warren Stoman
Gr.5 JvR - Bibi Janse van Rensburg (Graadhoof)
Gr.5 W - Mardry Wright

Gr.6 DJ - Lucia de Jager
Gr.6 B - Andri Baird (Graadhoof)
Gr.6 F - Shahneé Felix

Gr.7 VR - Charlene van Rooyen (Graadhoof)
Gr.7 A - Suné Alberts
Gr.7 S - Izél Storm

Huppelland:
Gr.00 Skapieklas - Anike Goliath
Gr.00 Hansieklas - Magdel Fourie
Gr.00 Beertjieklas - Naomi Uys
Gr.0 Apieklas - Marnelle Bosenberg
Gr.0 Voëltjieklas - Thereasa Visser
Gr.0 Vissieklas - Lana Kruger
Gr.R Hondjieklas - Lauren Janse van Rensburg
Gr.R Bytjieklas - Lize Terblanche
Gr.R Pikkewyneklas - Suné Odendaal

Leer jou kind die stappe van taakvoltooiing

Marike Badenhorst, die skool se opvoedkundige sielkundige, deel graag met ouers die volgende dokument: Leer jou kind die stappe van taakvoltooiing

KULTUUR

Redenaars 2022

Ek is tans besig met die beplanning van die redenaarsprogram vir 2022.

Graag wil ek weet of jou kind volgende jaar aan ons redenaarsprogram sal wil deelneem. Ek gaan deur die loop van volgende week vir die leerders wat belangstel briewe gee wat jul kan terug stuur skool toe indien hulle belangstel.

Ek hoop om baie nuwe redenaardeelnemers te verwelkom en natuurlik ons ervare sprekers weer te hoor redeneer!

Andri Baird
andri@jvrprim.co.za

Kliek HIER vir die temas wat reeds vir 2022 bekendgemaak is.

SPORT

Buitemuurs: 22 Nov. - 2 Des.

Kliek HIER vir die sportprogram.

Inskrywings vir Skole Distrik swemproewe

Ons het 'n skrywe vanaf die Distrikkantore ontvang wat aangekondig het dat daar 'n SA Skole Swemkampioenskappe vanaf 26 - 28 Maart 2022 gaan plaasvind. Die plek moet nog bevestig word, maar a.g.v. die COVID-regulasies het die formaat effens verander.

Die Kaapse Metro Distrik gaan nie aparte swemproewe vir elke distrik hou nie. Die spankeurders gaan SSA se databasis vir die tye van die klubswemmers in die verskeie items gebruik. Swemmers wat nie deel van 'n klub is nie, moet aan die Vlak 1 swemgala wat op 4 en 5 Desember 2021 by Bellville se munisipale swembad gaan plaasvind, deelneem. Alle swemmers wat hul name indien vir die distrikproewe maak hulself outomaties beskikbaar vir die provinsiale proewe wat in Januarie 2022 gaan plaasvind asook die SA Skole Kampioenskappe wat in Maart 2022 gaan plaasvind indien hulle suksesvol is.

Sien die ouderdomsgroepe en items soos ons dit ontvang het:
2011, 2010: 12 & under
2009: 13 years
2008: 14 years

Items:
Vryslag (Freestyle): 50m, 100m 200m, 400m (open)
Rugslag (Backstroke): 50m, 100m, 200m
Borsslag (Breaststroke): 50m, 100m, 200m
Vlinderslag (Butterfly): 50m, 100m, 200m (open)
Individuele wisselslag (IM): 200m, 400m (Open)
Aflos (Relays): 200m Free, 200 Medley, Mixed

Indien jy jou kind/ers wil inskryf, volg asb. die gepaste skakel en voltooi die vorm teen 23 November om 17:00.
Nie-klub swemmers
Klub-swemmers

Twee O/14-spelers word vir Kaapse Metro tennisproewe genooi

Van ons ouer leerders het die naweek van 6 - 7 November hul Intersone uitspeelwedstryde voltooi. Die Suidelike seunspan (Medvedev) het uitstekend gevaar. Hulle het ongelukkig die goue medalje met 2 punte gemis.

Fredrich Erasmus het 7 uit 9 wedstryde gewen. Hy het 4 uit 6 van sy enkelwedstryde en al 3 dubbelswedstryde gewen. Spelers het op 15de November gehoor wie genooi is om aan die Kaapse Metro (ou WP) proewe in Desember deel te neem. Baie geluk aan Fredrich Erasmus en Mia Symington!

Vriendskaplike wedstryde teen die Duitse skool, 5 November

Op Vrydag, 5 November, het ongeveer 12 van ons Gr.1 en 2 skaakspelers vriendskaplike wedstryde teen die Duitse skool gespeel. Dit was vir almal 'n heerlike middag en ons kinders het fantasies gespeel. Baie geluk met hulle wen! Baie dankie aan al die afrigters en spelers vir 'n lekker middag. Ons doen dit binnekort weer.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 19 Nov

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
MailPoet