Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

JvR Skoolkonsert 2022: Ôsim!

Daar is nog kaartjies vir al die aande beskikbaar. Volg asb. die skakels hieronder om kaartjies op Quicket te bespreek. Die Grand Finale kan apart bespreek word.

KONSERTKAARTJIES
GRANDE FINALE KAARTJIES

    ALGEMEEN

    Waarde van die kwartaal: Eerlikheid

    Hierdie kwartaal plaas ons die waarde Eerlikheid onder die vergrootglas. Simboliek: kleur is geel en dier is die by.

    Ons streef daarna om in ons daaglikse handel en wandel eerlik op te tree. Wees eerlik met ander en ook met jouself!

    BEE HONEST!

    TERUGVOER

    Eisteddfod: Klavier

    Saterdag het 'n paar van ons leerders aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Klavierafdeling deelgeneem. Sommige leerders het vooraf video-opnames gestuur a.g.v. netbalverpligtinge. Ons wag nog vir daardie uitslae.

    Lara Basson - Hoogste Lof en Lof
    Lisa van As - Hoogste Lof en Diploma (95%+)
    Robyn Lister - Hoogste Lof en Lof
    Adele Holtzhausen - Hoogste Lof

    Baie geluk! Ons is so trots op julle!

    Leerders presteer in Gimnastiek

    Mia van Zyl, Stella Pansegrouw en Abigail Fourie het gekwalifiseer om die Wes-Kaap in die vroue se artistieke gimnastiek te verteenwoordig. Mia het vir vlak 5 en Stella en Abigail vir vlak 4 gekwalifiseer.

    Hulle het Vrydag in Saldanha in die vier aparate deelgeneem waar hulle uitstekend presteer het en is nou ook uitgenooi om deel van die Wes-Kaapse span te wees om Oktober by die SA Gym Games in Pretoria deel te neem.

    Mia het nou haar provinsiale kleure vir die twee aparte dissiplines ontvang en neem op die volgende datums deel:
    1 Oktober - Tuimel
    5 Oktober - Vroue se artistieke gimnastiek

    Stella neem op 4 Oktober in die artistiese gimnastiek-afdeling deel en Abigail op 3 Oktober vir ritmiese gimnastiek.

    Ons hou styf duimvas dat hulle 'n medalje vir ons provinsie terugbring!

    Hokkie-uitslae teen Sunningdale: 1 September 2022

    Nadat ons die wedstryde weens die weer moes uitstel, het ons seuns- en dogterspanne Donderdag teen Laerskool Sunningdale gespeel. Ons dogters het tuis op die Conradieveld gespeel en die seuns weg by Sunningdale. Die uitslae is as volg:

    o.9 A Dogters wen 3-0
    o.9 B Dogters wen 8-0
    o.9 A Seuns wen 4-2
    o.9 B Seuns verloor 1-3

    o.10 A Dogters wen 7-0
    o.10 B Dogters gelykop 1-1
    o.10 A Seuns wen 3-0
    o.10 B Seuns verloor 1-3

    o.11 A Dogters wen 6-0
    o.11 A Seuns verloor 0-3

    o.12 A Dogters wen 1-0

    o.13 A Dogters wen 3-0
    o.13 A Seuns wen 2-0

    Rugby-uitslae teen Sunningdale: 31 Augustus 2022

    Die meeste van ons spanne het Woensdag, 31 Augustus, teen Laerskool Sunningdale rugby gespeel. Hier is hul uitslae:

    o.7 A wen 5 -3

    o.7 B wen 3-0

    o.8 A wen 5-0

    o.8 B verloor 20-15

    o.9 A verloor 1-5

    o.11 A wen 32 - 7

    o.11 B wen 15-7

    o.13 A verloor 44-0

    UIT DIE HOOF SE KANTOOR

    Geagte Ouers / Voogde

    Vrouemaand het op 31 Augustus ongelukkig tot ‘n einde gekom, maar laat ons nooit vergeet die belangrike rol wat vrouens elke dag in die samelewing speel nie. Stadig maar seker raak die dae langer en die nagte korter, want gister moes ons streng gesproke Lentedag gevier het. Kapenaars weet dat Lentedag eerder nader aan 24 September in Kaapstad aanbreek, want Moeder Natuur het gewoonlik ander idees vir Kaapstad en omgewing wanneer dit by seisoensverandering kom. Die wete dat warmer en lekker sonskynweer om die draai lê, lig sommer ons gemoed al is dit koud en renerig die afgelope tyd.

    Ek glo julle het almal die skielike grondverskuiwingsprojek agter die skool waargeneem met heelwat swaarvoertuie en masjienerie wat die afgelope tyd grond in en uit gery het. In ‘n baie kort tydjie is die onooglike heining langs die sportveldjie verwyder en al 12 geelhoutbome is suksesvol hervestig. Dit is ongelooflik die spasie wat onmiddellik geskep is. Ek is baie dankbaar aan ‘n spesifieke ouer (weldoener) wat vir ons help om die agterste klein sportveldjie te vergroot en te ontwikkel en dit op sy eie kostes. Hoe bevoorreg is ons nie dat hy nie net die projek befonds nie, maar ook aktief by die hele projek daagliks betrokke is. Die doel van die vergroting van die agterste sportveldjie is drieledig:
    1. Na voltooiing hoef ons nie meer die grondslagfase leerders vir sportoefeninge na die Conradieveld te vervoer nie. Dus is daar meer tyd om hulle direk na skool meer effektief af te rig, want soos julle weet, gaan daar heelwat tyd verlore met die op-en-af vervoer van leerders tussen die skool en die Conradieveld.
    2. Dit sal ons in staat stel om mini-hokkie en -rugbywedstryde op die nuwe veld te speel. Al die juniorspanne kan gelyktydig by die skool akkommodeer word indien ons sportdae aanbied.
    3. Ons vergroot ook in die proses die speelarea vir pouses.
    Verlede Donderdagaand het ek saam met juf. Rentia (kunsjuffrou) die prysuitdeling van die MathArt kompetisie (Gr. 7 - 12) wat nasionaal deur Universiteit van Nelson Mandela jaarliks aangebied word, bygewoon. Die prestige aand is in die ArtsCape in samewerking met die WKOD gehou. Daar is 20 medaljes in die hele Wes-Kaap toegeken waarvan ons skool 8 (x1 goud, 4 silwer en x3 brons) daarvan ontvang het. Dit is ‘n merkwaardige prestasie en weereens ‘n trotse oomblik vir ons skool aangesien ons die aand ook ‘n spesiale toekenning vir die skool met die meeste medaljes tydens die kompetisie verwerf het.

    Die volgende graad 7-leerders het silwer en goue medaljes vir hul kunswerke tydens die gala-aand ontvang:
    • Lara Basson (silwer) met kunswerk “Thoughts of language in Maths and blue”
    • Cara Swanepoel (silwer) met kunswerk “Relativity, Time, Space and Multiverses”
    • Luja Marx (silwer) met kunswerk “Circle of Life”
    • Liza Hitge (silwer) met kunswerk “Genetics by the numbers”
    • Mïlla Joubert (goud) met kunswerk “Communicate in the language of science”
    Die volgende graad 7-leerders het brons medaljes ontvang wat ons tydens die saalperiode uitgedeel het:
    • Kate Mouton
    • Helene Greeff
    • Nell von Lieres
    • Adele Holtzhausen
    Ek wil nie personeel graag uitsonder wat verjaar nie, maar ek dink ek sal my plig versuim indien ek nie noem dat Philip op Woensdag, 31 Augustus 2022, ‘n volle veertig jaar jonk geraak het nie. Die rede waarom ek Philip se verjaardag spesiaal in my nuusbrief noem, is omdat Philip vir ons skool so ‘n groot aanwins is en hy te alle tye as ‘n ware ambassadeur optree. Sy vriendelike geaardheid en bereidwilligheid om te help, is merkwaardig. Philip stel vir ons almal ‘n voorbeeld van bedagsaamheid en werklike omgee. Ons wens vir Philip ‘n baie geseënde nuwe lewensjaar toe. Mnr. Warren se graad 5-klas het ‘n baie spesiale kaartjie vir Philip gemaak om hom geluk te wens, maar ook hul waardering vir al sy omgee te wys.
    Ek sluit dan weer af met die bekende woorde van Madiba wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

    "As I have said, the first thing is to be honest with yourself. You can never
    have an impact on society if you have not changed yourself …
    Great peacemakers are all people of integrity, of honesty, but humility."

    Vriendelike groete

    Naas Beets
    SKOOLHOOF

    Kliek HIER vir advertensies van die week

    Advertensies 2 September 2022

    Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

    Vriendelike groete
    Naas Beets
    SKOOLHOOF
    Waardes Email Footer
    Email Marketing Powered by MailPoet