Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

JvR Skoolkonsert 2022: Ôsim!

Die kaartjies sal om 14:00 op Quicket beskikbaar wees. Die Grand Finale kaartjies kan apart gekoop word.

KONSERTKAARTJIES
GRAND FINALE KAARTJIES

ALGEMEEN

Hoërskool Jan van Riebeeck Aanlyn Veiling

Kliek HIER vir die HJvR Aanlyn Veiling-pamflet. Die veiling sluit vanaand om 21:30.

Loslitdag 2022

Vrydag, 2 September 2022, is Loslitdag!

Tema: I celebrate SA
Trek aan in trots Suid-Afrikaanse styl

Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 2 September, sivvies volgens die aan te trek ! Plakkers is vanaf Maandag, 22 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar.

Fondse word ten bate van Paarl ontwikkelingskool ingesamel.

Waarde van die kwartaal: Eerlikheid

Hierdie kwartaal plaas ons die waarde Eerlikheid onder die vergrootglas. Simboliek: kleur is geel en dier is die by.

Ons streef daarna om in ons daaglikse handel en wandel eerlik op te tree. Wees eerlik met ander en ook met jouself!

BEE HONEST!

TERUGVOER

Dirkie Uys Interskole uitslae: 19 en 20 Augustus 2022

Nie reën of modder kon Vrydag ons spelers se gees keer nie. Ons hokkiespanne het Vrydag vir die eerste keer teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het deur die reën en koue steeds hul beste gegee. Ons het spesiaal vir Vrydagmiddag 'n seuns en dogters o.7 en o.8 span saamgestel. Ons spelers was bietjie min en dieselfde kinders het die o.7 en o.8 span verteenwoordig. Baie van die spelers het Saterdag teruggekeer om vir Dirkie Uys op die netbalbaan en rugbyveld te kom aandurf. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld en baan was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae:

HOKKIE:
  • o.7 en o.8 spanne verloor hul wedstryde met onbekende tellings, maar geniet dit gate uit!
  • o.9 dogters verloor 1 - 2
  • o.9 seuns wen 1-0
  • o.10 dogters wen 3-0
  • o.10 seuns wen 1-0
  • 0.11 dogters wen 5 - 0
  • 0.13A dogters gelykop 0-0
  • o.13 seuns wen 2-0
NETBAL:
  • o.7 A wen 4-2
  • o.7 B wen 3-2
  • o.8 A verloor 3-5
  • o.9 A wen 6-5
  • o.9 B wen 4-2
  • o.10 A wen 11-3
  • o.10 B wen 4-1
  • o.11 A gelykop 11-11
  • o.11 B wen 11-3
  • o.12A wen 15-11
  • o.12 B verloor 10- 2
  • o.13 A wen 21-7
  • o.13 B verloor 2-5
RUGBY:
  • o.7 A verloor 1 - 5
  • o.7 B verloor 6-7
  • o.8 A wen 4-0
  • o.9A gelykop 3 -3
  • o.11A wen 22 - 12
  • o.13 A verloor 45-12

Netbaluitslae Vredekloof: 15 Augustus

Ons C-spanne het Maandag, 15 Augustus, teen spanne van Laerskool Vredekloof te Brackenfell gaan speel. Die meeste van ons spanne het teen hul A of B spanne gespeel. Die uitslae was soos volg:
  • o.7 C verloor 0-3
  • o.8 C verloor 1-2
  • o.9 C verloor 0-9
  • o.10 C verloor 4-12
  • o.11C verloor 4-5
  • o.12 C verloor 4-2
  • o.13 C verloor 11-4

Netbaluitslae Kenridge: 24 Augustus

Ons spanne het Woensdag, 24 Augustus, teen Laerskool Kenridge gespeel. Dit was 'n heerlike middag. Van ons spanne het teen hul laer spanne gespeel om die spanne se kragte beter te balanseer. Kenridge is 'n skool met ongeveer 1600 leerders. Sien die uitslae hieronder:

o.7 A verloor 6-1 Kenridge A
o.7B verloor 4-2 Kenridge C
0.7 C verloor 5-0 Kenridge D

0.8A gelykop 5-5 Kenridge C
0.8B verloor 3-1 Kenridge D
o.8C verloor 3-0 Kenridge E

o.9 spanne speel nie.

0.10A wen 8-3 Kenridge A
o.10B verloor 2-1 Kenridge C
o.10 C verloor 7-2 Kenridge D

o.11A gelykop 7-7 Kenridge A
0.11 B wen 5-4 Kenridge C
o.11C gelykop 2-2 Kenridge D

o.12A verloor 10-16 Kenridge A
o. 12 B verloor 6-5 Kenridge C
o.12 C verloor 5-1 Kenridge D

o.13A gelykop 14-14 Kenridge A
o.13B verloor 0-11 Kenridge C
o.13C verloor 0‐20 Kenridge D

Skaakuitslae: 19 Augustus

Ons o.11 span het op Vrydag, 19 Augustus, teen Houtbaai Internasionale skool gespeel. Ons het 4-2 verloor. Ons is trots op elke speler wat ons skool verteenwoordig het.

Eisteddfod: Kreatiewe Skryfwerk

Een-en-dertig van ons gr. 4-7-leerders het aan die einde van verlede kwartaal aan die Kaapse Eisteddfod se skryfafdeling deelgeneem. Die leerders kon kies of hulle 'n gedig of prosastuk wou skryf. Die Jannies het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en puik uitslae opgelewer. Volgende jaar maak ons weer so!

Baie geluk aan die volgende leerders wat EERVOLLE VERMELDING/VERMELDING ontvang het:
Gr.4: Stella Pansegrouw
Gr.6: Sophia Fourie, Emma Jonker, Emma van Biljon, Crystal Conradie, Zuletha Ferreira, Pierre-Jaque Smit, Marais Groenewald, Mieke Nel, Lisa van As en Annabel Potgieter
Gr.7: Susan Burger

Baie geluk aan die volgende leerders wat LOF (80-89%) behaal het:
Gr.4: Sabine Barnard, Annalene VIljoen, Susie Samuels en Sarah Roff
Gr.5: Karu Rademeyer, Isabella Marais, Leah de Kock en Ano Marx
Gr.6: Zadie Loubser en Neil Heyns
Gr.7: Lara Warren, Kate Mouton, Anna Dawes, Albert Griesel, Cara Swanepoel en Luja Marx

Drie van ons leerders het HOOGSTE LOF (90%+) behaal! Daar wag groot dinge op julle drie! Baie geluk!
Gr.4: Katryn Silvis (91%)
Gr.5: Jeanne Koen (90%)
Gr.7: Adele Holtzhausen (90%)

Distrik Spelling BEE uitslae

Katia van Wyk en Karlien van der Walt het Saterdagoggend aan 'n Distrik Spelling BEE deelgeneem en hulle het uitstekend gevaar. Karlien het onder die eerste vyf leerders geëindig en Katia was derde. Hulle moes 1080 woorde, tesame met die definisies leer. Twaalf skole het deelgeneem. Welgedaan aan hierdie twee leerders!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Dit is so lekker om te reflekteer oor die afgelope Interskole sportnaweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ek glo dat julle soos die personeel ook saam met jul kinders die heerlike interskole en interaksie met die Moorreesburgers terdeë geniet het.

Ons het die interskole met ‘n baie suksesvolle "Groot Brag" op Vrydagoggend in die saal afgeskop om sommer lekker gees te vang en terselfde tyd die wonderlike voorreg om aan sport deel te neem behoorlik te vier. Dit was natuurlik my eerste interskole by Laerskool Jan van Riebeeck en ek sal as trotse skoolhoof my plig versuim indien ek nie al ons Jannies, ouers, onderwysers en afrigters komplimenteer met hul beleefde optrede en onberispelike gedrag op en langs die sportvelde. Ons spelers het te alle tye goeie sportsmanskap aan die dag gelê. Ons wenspanne het grasieus uit die stryd getree en wanneer ons verloor het, het ons dit met waardigheid gedoen deur die beter span/ne op die dag se blad te skud en geluk te wens.

Die vraag is: speel ons om te wen? Die antwoord is ‘n duidelike JA, maar nie ten alle koste nie. Ons weet dat sport en om aktief te wees kinders help om bene en spiere te versterk, maar ons moet nie vergeet dat sport en veral spansporte onwetend ons leerders die wonderlikste lewenslesse en waardes leer nie. Dit moet, wat my betref, eintlik die fokuspunt rakende skoolsport wees dat ons leerders eerder leer van veerkragtigheid, spanwerk, geduld, verantwoordelikheid, dissipline, teleurstelling, respek, deursettiingsvermoë, leierskap, beheer van emosies, kameraadskap, ens. Die lys is eindeloos. Dus doen ek ‘n beroep op ouers/voogde wie se kinders nie tans skoolsport beoefen nie, om dit ernstig te oorweeg om by ‘n skoolsport aan te sluit.
Vrydagaand (19 Augustus) was natuurlik weer soos van ouds die jaarlikse "Quiz-aand". Baie dankie aan Karien Zulch en haar span wat die gewilde en kompeterende aand met groot sukses gereël het. Die algemene kennis en kompeterende dinamika van ons ouers was merkwaardig, maar ek dink op die einde van die aand het die heerlike samesyn die finale sê gehad. Baie geluk aan Kees Snjiders en sy span (Marelise Snijders, Susan en De Wet van Rooyen, Elmarie en Jaco Erasmus, Marie en Christiaan Stimie) wat met die louere weggeloop het en as algehele wenners aangewys is.
Dit is dan my voorreg om vir Katia van Wyk en Karlien van der Walt hartlik geluk te wens met hul onderskeidelike derde en vyfde plekke na afloop van die Wes-Kaap se "Spelling BEE" kompetisie. Dit is 'n baie groot prestasie aangesien die gewilde en moeilike spelkompetisie ‘n vlagskipgeleentheid vir die WKOD is. Ons is baie trots op jul puik prestasie.
Op Donderdag, 25 Augustus, het ons weer Laerskool Ellerton se markdag by ons skool aangebied. Daar was 8 pragtige stalletjies wat deur ons opgewonde Jannies baie goed ondersteun is. Dit was ‘n groot voorreg om hulle leerders, onderwysers en skoolhoof by ons te ontvang. Ons gaan poog om meer gereeld na behoeftige skoolgemeenskappe uit te reik en ‘n verskil in daardie leerders se lewens te maak. Baie dankie aan Stephanie le Roux wat nog steeds behulpsaam is met die uitreikprojekte. Ek glo ook deur ons leerders bloot te stel deur interaksie met leerders en gemeenskappe wat minder bevoorreg is, hul ook ‘n baie beter perspektief sal gee rakende die sosio-ekonomiese ongelykhede in ons land sodat ons jeug reeds op ‘n baie vroeë ouderdom kreatief na toekomstige oplossings kan kyk.
Ek sluit dan weer af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

"Sonder respek is liefde verlore …
Sonder omgee is liefde vervelig …
Sonder eerlikheid is liefde ongelukkig …
Sonder vertroue gaan liefde nie hou nie."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 26 Aug 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet