Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Boekverkope: 25 en 26 Augustus

Neem asseblief kennis van die boekverkope wat op 25 en 26 Augustus plaasvind. Dit is 'n heerlike geleentheid vir leerders om hul boekversameling uit te brei en ons moedig almal aan om van die kans gebruik te maak. Leerders sal gedurende skooltyd kans kry om boeke te koop, so stuur asseblief 'n geldjie saam indien jou kind sou belangstel. Ouers is ook welkom om na skool self boeke te koop. Ons hoop om julle almal daar te sien!

KULTUUR

Weskus Koorfees

Neem solank kennis van 'n belangrike koordatum:
  • Donderdagaand, 20 Oktober.
  • Weskus Koorfees by Laerskool Sunningdale.
  • Albei ons kore neem deel.
  • Alle detail sal nader aan die tyd bekend gemaak word.

SPORT

Interskole Geesvang

Hou die Kiek later vandag vir video's en foto's van die interskole geesvang dop wat vanoggend in die skoolsaal plaasgevind het. Samehorigheid op sy beste!

Dirkie Uys Interskole wedstryde: 19 en 20 Augustus 2022

Kliek hier vir die program van die naweek: PROGRAM
Sien ook hierdie program van Saterdag met name van spelers van ons eerste spanne: PROGRAM

ALGEMEEN

Loslitdag 2022

Vrydag, 2 September 2022, is Loslitdag!

Tema: I celebrate SA
Trek aan in trots Suid-Afrikaanse styl

Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 2 September, sivvies volgens die aan te trek ! Plakkers is vanaf Maandag, 22 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar.

Fondse word ten bate van Paarl ontwikkelingskool ingesamel.

Ellerton Entrepreneursdag: 25 Augustus

Waarde van die kwartaal: Eerlikheid

Hierdie kwartaal plaas ons die waarde Eerlikheid onder die vergrootglas. Simboliek: kleur is geel en dier is die by.

Ons streef daarna om in ons daaglikse handel en wandel eerlik op te tree. Wees eerlik met ander en ook met jouself!

BEE HONEST!

TERUGVOER

Netwerk24 - Wiskundekompetisie

Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad bied elke jaar 'n wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 aan. Die kompetisie word aanlyn geskryf en leerders kry 60 min om 20 vrae te voltooi. Daar is groot pryse op die spel. Die wenner ontvang R15000 en R15000 gaan aan die skool. Die top 20 leerders in die Wes-Kaap word uitgenooi om deel te neem aan die finale rondte. Baie geluk aan Luja Marx (graad 7) wat in die top 20 van die Wes-Kaap geeïndig het. Dit is 'n uitstekende prestasie en ons hou vir haar duimvas vir die finale rondte.

Die volgende rondte vind op 29 September plaas.

SAMF-Wiskunde Olimpiade

Die Wiskunde Olimpiade word regoor Suid-Afrika vanaf graad 4 tot 7 geskryf. Die eerste twee rondtes word by die verskeie skole geskryf en daarna word die top 100 leerders per graad gekies om aan die derde en finale rondte deel te neem. Baie geluk aan Katryn Silvis en Ruben de Ridder (graad 4), Katia van Wyk (graad 6) en Luja Marx (graad 7) wat almal uitgenooi is om aan die finale rondte deel te neem. Dit is 'n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op die leerders en ons hou duimvas vir die volgende rondte.

Trekker bou op Villiersdorp

Ruben en Vincent Oosthuizen se oupa het ʼn baie skaars Gudbrod trekkertjie gerestoureer. Sy droom was dat sy kleinseuns en hul beste vriend, Dewald Buitendag, die trekkertjie in geheel uitmekaar haal en dan weer aanmekaar sit. Die seuns het die uitdaging aanvaar.

Die einddoel was om aan die uitstallings by die Wes-Kaapse Veteraan Trekker en Masjien skou deel te neem. Na maande se harde oefening het hulle tydens die skou op Villiersdorp die wisseltrofee vir die Mees Uitsonderlike Inskrywing verwerf. Hulle kon in ʼn rapsie meer as ʼn halfuur die trekkertjie uitmekaar haal en weer aanmekaar sit.

Dit was ʼn uitsonderlike prestasie en wonderlik dat hul oupa se droom waar geword het.

Johan Symington presteer in .22 Precision Rifle kompetisie

Johan het twee naweke gelede aan die Wes-Kaap, Provinsiale .22 SA Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem. Dit was 'n koue, winderige dag en die skuts moes vanaf uitdagende posisies na klein gongs op afstande wat wissel tussen 40m tot 200m skiet.

Johan het kalm gebly en uitstekend gevaar onder die moeilike omstandighede. Hy het eerste geëindig in die Juniorafdeling, sowat 11 gongs voor die naaste teenstander!

Die Proteaspan het sopas 5de geëindig in die Precision Rifle Wêreld Kampioenskap in Frankryk. Johan kan hulle dalk oor so 'n paar jaar help om nog beter te vaar!

Swemprestasie: Delmar Benecke

Delmar Benecke het Vrydag, 12 Augustus, aan die Nite series Swemgala te Sweet Valley Primary deelgeneem. Hy was 2de in 50m Vryslag, 1ste in 50m rugslag en 1ste in 100m Individuele wisselslag vir seuns o.11. Baie geluk, Delmar!

Skaakuitslae: 13 Augustus 2022

Vriendskaplike wedstryd teen Weizmann (Herzlia)
Ons het Vrydag, 13 Augustus, ons eerste junior skaakwedstryd weg gespeel. Dit was 'n gemengde span van graad 1 en 2-leerders. Ons het 5-1 verloor. Dit was 'n wonderlike ervaring.

Ligawedstryd teen Deutsche Schule (DSK)
Vrydag, 13 Augustus, het 5 van ons leerders 'n skaak ligawedstryd teen Deutsche Schule gespeel. Ons leerders het hulle alles gegee, maar ongelukkig 4.5 - 1.5 verloor.

MathArt kunskompetisie 2022

Die gr.7’s het vroeër hierdie jaar aan die Nelson Mandela Universiteit se jaarlikse MathArt kompetisie deelgeneem. Die tema was MATHEMATICS IS THE LANGUAGE OF SCIENCE. Leerders moes ‘n kunswerk maak wat die tema uitbeeld en wat wys hoe Wiskunde en Kuns bymekaar aansluit.

Ons is ongelooflik trots op die uitslae, veral ook omdat dit ‘n landswye kompetisie is. Laerskool Jan van Riebeeck is aangewys as die laerskool met die meeste pryswenners. Van die 20 medaljes wat aan laerskole toegeken is, het ons skool 8 gewen.

Die BRONS medaljewenners is:
Helene Greeff
Adele Holtzhausen
Nell von Lieres

Die SILWER medaljewenners is:
Lara Basson
Liza Hitge
Luja Marx
Cara Swanepoel
(Daar is net 7 silwer medaljes toegeken, waarvan ons 4 in gepalm het!)

GOUE medalje:
Mïlla Joubert
(Daar is slegs 2 goue medaljes toegeken)

Oorhandiging van die silwer en goue medaljes vind Donderdagaand, 25 Augustus, by Artscape plaas.

Eisteddfod: Klavier

Die eerste deel van die Klavier Eisteddfod het uitstekend afgeloop. Ons leerders het besonder goed presteer. Baie geluk!
Saterdag, 27 Augustus, speel Gr. 6 en 7 by St Cyprians. Ons hoop dit gaan daar net so goed.

Thomas Holtzhausen 90%
Markus van Vuren 90%
Nell du Toit 92%
Neill Ferreira 95%, 93%
Sabine Barnard 87%, 92%
Ruben de Ridder 90%, 94%
Susie Samuel 87%, 88%, 86%
Cara Stolz 84%
Chanelle van Wyk 88%, 95%
Leah de Kock 93%, 96%, 88%, 92%
Ané Swanepoel 88%, 78%, 88%
Philip van Rooyen 92%, 87%
Stella Zulch 86%
Lisa van As 88%
Katia van Wyk 86%
Lara Basson 85%

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ons maak die naweek weer soos van ouds gereed vir nog ‘n heerlike sportnaweek, maar hierdie keer is dit tuis. Die onlangse sportnaweek in Roberston was net ‘n lekker voorsmakie van gesonde kompeterende wedstryde, heerlike samesyn en sportmanskap.

Hierdie naweek is dit die tradisionele interskole tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ons doen dit in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck wat al hul fasiliteite aangebied het om die jaarlikse ‘derby’ aan te bied. Daar gaan stalletjies wees om heerlike lekkernye te koop. Ondersteun hulle gerus. Programme is reeds vroeg die week aan alle betrokke partye versprei. By voorbaat dankie dat julle dit saam met jul kinders sal bywoon en ondersteun. Ons moenie vergeet dat die Covid-pandemie ons vir ‘n baie lang tydperk verhoed het om heerlike sportdae en -naweke aan te bied nie.

Vanoggend het ons vir die eerste keer weer ‘n tipe ‘’Groot Brag’’ in die saal gehou om so ‘n bietjie gees te vang en saam as ‘n skool sportdeelname te vier. Ons skool se eerste spanne (o/13A’s) is deur hul onderskeie kapteine in die saal bekendgestel en ek het die wonderlike voorreg gehad om hul eerste span klere te oorhandig. Die opwinding is groot en aansteeklik. Hierdie spesiale geleenthede is juis dit wat kinders van hul laerskooldae omhels en onthou.

Ek wens al ons sportspanne die beste toe en by voorbaat dankie dat julle beleefd teenoor ons opponente gaan optree, hulle baie welkom laat voel en sportmanskap na die volgende vlak sal neem.
Graag deel ek ook met julle dat dat ons skool op Woensdag, 17 Augustus, ‘n ‘’Building Blocks’’ verifikasiebesoek deur die onderwysdepartement ontvang het. In gewone taal is dit ‘n oudit-besoek waartydens ons kurrikulumbestuur, -praktyke, -beplanning en akademiese, - uitslae en -analises geëvalueer word. Dit is dan my trotse voorreg om met julle te deel dat ons dit met vlieënde vaandels geslaag het. Laat my toe om al die opvoeders, vakhoofde, graadhoofde, departementshoofde, die Exco, die Beheerraad en Marinda (Adjunkhoof) te bedank vir al die harde werk en toewyding om seker te maak ons kernbesigheid, naamlik, die akademie, ‘n puik standaard handhaaf tot voordeel van al ons Jannies.

‘n Verdere bewys dat ons skool op akademiese gebied puik presteer, is die feit dat Katia van Wyk, Karlien van der Walt en Liza Hertzog gekeur is om op Saterdag, 20 Augustus 2022, aan die Wes-Kaap se ‘’Spelling BEE’’ deel te neem. Dit is 'n baie groot prestasie aangesien hulle 1080 woorde, sowel as die definisies, moes leer. Hulle het dus baie ure spandeer om deur al die werk te kom. Die gewilde spelkompetisie wat ‘n vlagskipgeleentheid vir die WKOD is, vind te Rosebank Junior School plaas waar heelwat leerders kompeteer. Liza moes ongelukkig onttrek as gevolg van die interskole en ons beste wense vergesel Katia en Karlien.

Ek wil verder graag met ons dinamiese leerders spog. Ons Gr.7-leerders het vroeër vanjaar aan die Nelson Mandela se jaarlikse MathArt-kompetisie deelgeneem en baie goed presteer. Lees gerus meer hieroor onder die terugvoer-afdeling van die nuusbrief.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike sportnaweek toe. Ek sien uit om jou langs die sportvelde te sien.

"No legacy is as rich as honesty."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 12 Aug 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet