Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

SPORT

Dirkie Uys Interskole: 19 & 20 Augustus

Ons gaan hierdie jaar weer voort met ons jaarlikse interskole teen Dirkie Uys in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck. Interskole vind hierdie jaar in Kaapstad plaas. Hoërskool Jan van Riebeeck staan aan die hoof van die reëlings met die Laerskool wat hulle ondersteun.

Ons is nog besig om die program te finaliseer en sal dit asook die spankeuses spoedig publiseer. Ons wil egter solank die volgende reëlings deel.

Hokkiewedstryde: Vrydag, 19 Augustus, by die Conradieveld
  • o.9 A (seuns en dogters)
  • o.10 A (seuns en dogters)
  • o.11 A (seuns en dogters)
  • o.13 A (seuns en dogters)
Netbalwedstryde: Saterdag, 20 Augustus, by Hoërskool Jan van Riebeeck se bane
  • o.7 Akkedisse en Bokkies
  • o.8 Akkedisse
  • o.9 A en B
  • o.10 A en B
  • o.11 A en B
  • o.12 A en B
  • o.13 A en B
Rugbywedstryde: Saterdag, 20 Augustus, by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde
  • o.7 A en B
  • o.8 A
  • o.9 A
  • o.11 A
  • o.13 A

Hokkiewedstryd vir o.7 en o.8

Dirkie Uys het gevra of ons o.7 en o.8-spanne het wat vriendskaplik teen hulle kan speel. Om hulle te help en ons kinders bietjie blootstelling te gee, wil ons kyk om seuns en dogterspanne saam te stel vir Interskole. Ons het stokke wat spelers vir die wedstryde kan leen.

Een van ons skool se ouers is so oulik om saam met Juf. Helene Slabbert vir ons te help om die groepie 'n paar dinge te leer.

Die spanne bestaan uit slegs 6 spelers so ons vra dat ouers asb. aan die volgende vereistes voldoen.
  • Hy / sy moet beide Dinsdag en Donderdag (13:15 - 14:15) se oefeninge op die Conradieveld bywoon.
  • Hy / sy moenie reeds rugby of netbal speel nie. (Ons wil graag vir ander kinders geleenthede skep).
  • Hy /sy moet beskikbaar wees om Vrydagmiddag, 19 Augustus, se wedstryd te kan speel.
Indien jou kind aan die bostaande vereistes voldoen, vul asb sy / haar inligting op die Google Form in. Ons sal dan volgende week met ouers bevestig dat hul kinders speel na die oefeninge.

Spelers vir skaakwedstryde

Ons wil graag vir ons skaakspelers in die skool soveel moontlik geleenthede skep om wedstryde te speel. Met die toename in gewildheid van ons ander buitemuurse aktiwiteite het die bywoning van oefeninge vir ons senior spelers (gr. 3 - 7) heelwat afgeneem.

Ons is bewus daarvan dat ons leerders aan ander aktiwiteite deelneem, maar steeds aktief skaak speel. Daarom wil ons versoek dat enige leerders wat graag wil deel word van 'n groep wat aan vriendskaplike wedstryde, teen skole in ons omgewing, gaan deelneem die GOOGLE FORM voltooi.

Ons sal dan inligting van enige vriendskaplike wedstryde wat plaasvind via 'n google form met ouers deel. Ons wedstryde vind meestal op Vrydagmiddae gedurende kwartaal 2 & 3 plaas. Ons hoop is dat leerders ons skaakoefeninge sal bywoon as hulle beskikbaar is.

ALGEMEEN

Damesontbyt, 3 September

Trek lekker BOLD, BRIGHT EN BEAUTIFUL aan en kom geniet 'n heerlike ontbyt in goeie geselskap op Saterdagoggend, 3 Sept., om 9:30 te Welgemeendsaal, HS JvR.

Neem asb. kennis dat daar slegs 60 kaartjies beskikbaar is. Kaartjies is vanaf vandag op Karri teen R200 per persoon beskikbaar. Spring as jy die geleentheid wil bywoon!

Bring-en-Raai: 19 Augustus

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Bring-en-Raai kompetisie wat op 19 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaasvind.
  • Skryf 'n span van 8 lede in en kom neem deel aan die heerlike sosiale geleentheid.
  • Die koste beloop R1600 per tafel en elke span is verantwoordelik vir hul eie drankies en spyseniering, net soos 'n bring en braai!
  • Daar is plek vir 26 spanne. Ons verskaf die tafel en bankies en jy die res!
  • Wynglase kan per tafel bespreek word teen 'n kontant deposito, betaalbaar op die aand.
  • Vul asseblief so gou as moontlik jou naam as gasheer of gasvrou op hierdie SKAKEL
Kom speel saam! Dit is een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender.
Kontak gerus vir Karien Zulch indien jy enige vrae het by 083 445 0980 of karienzulch@gmail.com.

TERUGVOER

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Drama-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die drama-afdeling van die Hoërskool se Kunstefees deelgeneem het!

Pieter Rademeyer - Poësie: Voordrag A+
Hanna de Stadler - Poësie: Voordrag A+
Karu Rademeyer - Poësie: Voordrag A++
Antjie Samuel - Poësie: Voordrag A++
Karu Rademeyer - Prosa: Voordrag A+
Daniella Boshoff - Prosa: Voordrag A

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Eisteddfod-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders se prestasies by Hoërskool Jan van Riebeeck se Eisteddfod:

Daniela Boshoff - Prosa - Goud
Pieter Rademeyer - Voordrag - Goud
Hannah de Stadler - Voordrag - Goud
Antjie Samuel - Voordrag - Goud
Karu Rademeyer - Voordrag - Goud
Karu Rademeyer - Prosa - Goud
Emma van Bijon - Dwarsfluit - 78%
Ruben Eksteen - Saksofoon - Silwer

Hokkieuitslae van Robertsontoernooi: 29 Julie

Die hokkiespanne het verlede naweek vir ons afgeskop met heelwat wedstryde al het daar 'n paar druppels reën geval. Hier volg die uitslae:

o.9 dogters
Verloor 1-4 Robertson
Wen 0-3 Swellendam

0.9 seuns
Wen 2-1 Swellendam
Gelykop 1-1 Ashton

o.10 dogters
Verloor 0-6 Robertson
Verloor 0-2 Overberg

o.10 seuns
Verloor 1-4 Robertson
Verloor 2-3 Swellendam

o.11 dogters
Wen 3-1 Swellendam
Wen 6-0 Ashton

o.11 seuns
Verloor 1-0 Overberg
Gelyk 0-0 Robertson

o.13 dogters
Verloor 0-3 Swellendam
Verloor 0-1 Lauras

o. 13 A seuns
Wen 2-0 Laurus
Wen 2-0 Eversdal

o.13 B seuns
Verloor 0-1 Swellendam
Verloor 0-1 Wynland

Netbaluitslae van Robertsontoernooi: 30 Julie

Die toernooi het op 'n koue noot afgeskop, maar ek is seker almal wat dit bygewoon het kan getuig dit was 'n heerlike atmosfeer en pragtige omgewing. Al ons spanne het die geleentheid gehad om deel te neem en die uitslae was soos volg:

0.7 A
Verloor 6 - 0 Robertson
Wen 6 - 0 Bredasdorp
o.7 B
Verloor 2 - 4 Robertson
Verloor 0 - 5 Swellendam

o.8 A
Verloor 0 - 3 Swellendam
Verloor 0 - 8 Robertson
o.8 B
Verloor 0 - 6 Wynland
Verloor 0 - 3 Bredasdorp

o.9 A
Wen 6 - 5 Robertson
Verloor 3 - 2 Bredasdorp
o.9 B
Wen 4 - 2 Robertson
Verloor 6 - 4 Heidelberg A

o.10 A
Wen 5 - 1 Overberg
Gelyk 5 - 5 Swellendam
o.10 B
Verloor 6 - 1 Robertson
Verloor 8 - 1 Montague

o.11 A
Wen 6 - 3 Overberg
Verloor 4 - 1 Bredasdorp
o.11 B
Wen 5 - 4 Robertson
Gelyk 4 - 4 Swellendam

o.12 A
Wen 8 - 6 Robertson
Verloor 8 - 10 Jeffreysbaai
o.12 B
Verloor 6 - 4 Robertson
Verloor 4 - 1 Wynland
o.12 C
Verloor 0 - 2 Robertson
Verloor 5 - 3 Robertson D

o.13 A
Wen 8 - 1 Robertson
Wen 4 - 1 Swellendam
o.13 B
Verloor 1 - 10 Bredasdorp
Verloor 1 - 5 Overberg
o.13 C
Wen 3 - 0 Pinelands North
Verloor 3 - 5 Eversdal D

Rugbyuitslae van Robertsontoernooi: 30 Julie

Al was die weer koud het ons 'n heerlike naweek op Robertson gehad. Die meeste van die manne het die oggend nie hul voete gevoel nie, maar dit het hulle gees beslis nie verdof nie. Hier volg ons uitslae:

o.7 A
Verloor 5-35 Wynland
Verloor 5-35 Swellendam
Verloor 5-30 Overberg

o.7 B
Verloor 30-35 Wynland
Wen 35-0 Bredasdorp
Wen 35-15 Robertson

o.8 A


Verloor 3 - 2 Swellendam
Verloor 3 - 0 Overberg
Verloor 9 - 0 Robertson

o.8 B


Verloor 6 -3 Wynland
Wen 2-10 Bredasdorp
Verloor 4-2 Swellendam


o.9 A
Verloor 2-0 Robertson
Verloor 1-0 Swellendam
Verloor 3-0 Overberg


o.11 A
Verloor 5-15 Robertson
Verloor 0-15 Jeffrysbaai
Verloor 0-25 Swellendam

o.13 A
Verloor 0-5 Jeffreysbaai
Verloor 0-10 Robertson
Verloor 0-15 Swellendam

Rugbyuitslae teen Curro Durbanville: 10 Augustus

Die uitslae van ons rugbywedstryde teen Curro Durbanville.

o.7 A verloor 0-5
o.7 B verloor 2-5

o.8 A wen 1-0
o.8 B verloor 1-6

o.9 A verloor 0-2

o.10 A wen 15-0

o.11 A verloor 5 -17

o.13 A wen 17-7
o.13 B wen 27-0

o.12 Rugbyproewe

Twee van ons leerders, André Marais en Shaye Schwartz, het Donderdag, 11 Augustus, te Kuilsrivier rugbyklub aan o.12-proewe deelgeneem. Hulle het deel gevorm van 'n gekombineerde span vanuit die sentrale en suidelike voorstede se skole. Ons wag nog vir hul uitslae, maar hou vir hulle styf duimvas.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ons wil die res van die maand nog steeds eer en erkenning gee aan al ons kosbare vroue in ons samelewing. Vrouens speel ‘n kardinale rol nie net in hul huise nie, maar ook in hul gemeenskappe. Hulle is altyd diensbaar om te verseker dat hul gemeenskappe vooruitgaan en ontwikkel. Ons salueer julle as vrouens vir alles wat julle vermag het en by voorbaat dankie vir die kosbare rol wat julle elke dag binne ons skoolgemeenskap speel. Ek glo en vertrou dat elke vrou in ons skoolgemeenkap op Dinsdag, 09 Augustus, behoorlik bederf is.

Ek glo dat julle ook met blydskap waargeneem het dat die geslote kringtelevisie kamerastelsel klaar geïnstalleer is. Die nuutste sekuriteitstegnologie word hier ingespan en die kameras bewaak die hele skool se heinings, -mure en -toegangshekke. Verder word al die kameras deur ‘n sekuriteitsfirma 24/7 gemonitor en indien enige ‘onwelkome gas’ dit durf waag om sy/haar voete sonder toestemming op ons perseel te sit, word daar onmiddellik alarm gemaak en die gewapende eenheid kom onmiddellik uit. Verseker gee dit vir ons almal gemoedsrus dat ons leerders, ouers en personeel wat op enige gegewe oomblik op die perseel mag wees, veilig en beskerm sal wees.

Augustusmaand by ons skool word ook gekenmerk deur die begrotingsproses. Die EXCO, begrotingsbestuurders in samewerking met die personeel, is hard aan die werk om die eerste weergawe van die 2023 konsepbegroting teen 16 Augustus 2022 saam te stel. Baie dankie ook aan die FINKOM en BR wat behulpsaam is met die samestelling van ‘n effektiewe begroting wat noodsaaklik is om werk doeltreffend te help beplan, hulpbronne korrek toe te deel en hulpbronbenutting te help beheer en moniteer.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

"Die eerlikheid maak dikwels seer en dit is dalk die rede waarom so baie mense dit eenvoudig ignoreer."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 12 Aug 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet