Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - UITGESTEL: Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 4 is ‘n besige kwartaal wat onder andere eksamen, finale assesserings, prysuitdelings, afskeid neem en laaste van laastes insluit terwyl Vader Tyd nie stil staan nie. Vrees vir eksamen (kontroletoetse) is al vir baie jare ‘n realiteit en hierdie tyd kan moontlik stresvol vir ‘n gesin wees. Daarom wil ek ‘n ernstige beroep op julle plaas om by die huis ‘n omgewing wat bevordelik vir leer is, te skep. Help jul kinders om vroegtydig te beplan om met eksamenvoorbereiding te begin. Verder is dit net so belangrik om ook tyd vir bietjie ontspanning te skeduleer so tussen die studietye. Navorsing toon dat kinders hoër punte behaal waar ouers/voogde by hul studie en opvoeding betrokke is. Indien jy as ouer/voog ook angstig raak tydens eksamen, doen bietjie introspeksie. Besin dalk oor jou eie ervaring sodat jy nie jou onverwerkte angs onbewustelik aan jou kind/ers oordra nie. Dit was ‘n moeilike jaar na die geweldige impak van die 3de vlaag van Covid-19 infeksies en daarom kan leerders moontlik meer angstig wees vir die komende eksamen as voorheen. Help gerus jou kind om betyds ‘n studierooster op te stel en sodoende eksamenstres te bekamp. Maak hulle veral rustig met die wete dat ‘n eksamen eintlik maar net ‘n groot toets is, iets waarmee hulle baie bekend is.

Verlede Vrydag het ons Holderstebolderdag gevier en leerders kon vir R5 enige iets snaaks aantrek. Hierdie fondse geïn gaan vir die Gr. 7-fonds. Natuurlik het die Jannies nie op hulle laat wag nie en met kleurryke kleredrag en kostuums by die skool opgedaag.

Baie dankie aan al die ouers wat die jaarlikse begrotingsvergadering op Maandag, 08 November 2021, om 18:00 in die saal bygewoon het. Die 2022 skoolbegroting asook die verhoging van die 2022 skoolfooie met 8%, is goedgekeur. Graag wil ek ons Tesourier, Marili Thomson, hartlk bedank vir die deeglike voorbereiding en aanbieding aan ons ouers. Laat my ook toe om die finansiële komitee ook te bedank vir die doeltreffende, effektiewe en deursigtige bestuur van die skoolfondse asook die aanwending van die skoolbegroting gedurende 2021 om effektiewe onderrig en leer dwarsdeur die jaar te bevorder.

Die afgelope week het ons weer ‘n saalbyeenkoms met al die Grondslagfase-leerders gehou en wat dit hierdie keer so spesiaal gemaak het, was die teenwoordigheid van die Gr. R-leerders van Huppelland. Die Graad R’e het so ‘n voorsmakie van die ‘groot’ skool gekry en hulle het net so lekker die eeufeeslied saamgesing. Op Woensdag, 10 November 2021, was dit natuurlik fotodag waartydens die jaarlikse sportfoto’s geneem is. Opwinding onder die leerders was groot. Baie dankie aan juffrou Ischké vir die puik reëlings asook meneer André wat gehelp het met die logistieke bestuur daarvan.

Graag wil ek ook al ons ouers/voogde hartlik bedank vir die voltooiïng van die meningspeiling wat ons aan julle gestuur is. Baie dankie dat julle tyd geneem het om dit sorgvuldig te voltooi en hiermee wil ek julle verseker dat julle opinie waardevol is sodat ons as ‘n skoolgemeenskap die terugvoering kan gebruik om die skool na hoër hoogtes te lei. Vandag vanaf 08:30 - 17:30 hou die Beheerraad ‘n belangrike strategiese sessie waartydens onder andere die terugvoering van die meningspeiling in detail bespreek gaan word. Ek wens hulle sterkte toe en wil hulle persoonlik bedank vir hul waardevolle insette, kosbare tyd en toegewydheid die afgelope jaar.

Verder sien ek baie uit om al ons ouers/voogde en leerders vanaand vanaf 18:00 by die Conradieveld te ontvang waar ons lekker sosiaal gaan verkeer en heerlik saam kuier om die vure. Kom geniet die bring-en-braai of bring sommer net jou piekniekmandjie saam en word deel van die lekker JvR-samesyn. Ek glo dat ons as ‘n skoolgemeenskap uitgehonger is vir ‘n lekker saam kuier wat vir ons nie die afgelope tyd beskore was nie.

Graag sluit ek dan week 5 met die volgende aanhaling deur Natalie Goldberg af en ek wens julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Stress is an ignorant state.
It believes that everything is an emergency.
Nothing is that important!"

ALGEMEEN

Graad 7-Fondsinsameling: Roomysverkope

AKADEMIE

November-eksamen 2021

NOVEMBER-EKSAMEN 2021

KULTUUR

Nasionale uitslae van die Radikale Redenaars kompetisie

Twee van ons leerders, Pieter en Karu Rademeyer het omtrent uitgeblink tydens hierdie jaar se Radikale redenaars kompetisie.

Die uitslae is soos volg:

Pieter – Graad 2J
  • Afrikaanse redenaars – 6de
  • Lees: Poësie – 6de
  • Reading: Poetry – 5de
Hy is in al drie afdelings 1ste in die Wes-Kaap. Slegs die provinsiale wenner het deurgedring na die finaal toe en is nasionaal geplaas.

Karu – Graad 4C
  • Lees: Poësie – 5de (1ste in Wes-Kaap)
  • Afrikaanse redenaars, Lees: Prosa en Reading: Poetry – al drie afdelings 2de in Wes-Kaap
Slegs die provinsiale wenner het deurgedring finaal toe en is dus nasionaal geplaas.

Baie geluk julle twee! Ons is vreeslik trots op julle!

SPORT

O/11 Ceres tennistoernooi, 6 November

Ons seuns o/11-Tennisspan het Saterdag, 6 November, aan die o/11 Westman Tennistoernooi te Ceres deelgeneem. Dit was 'n fantastiese tennisdag!

Daar is van LS Gericke, HS Charlie Hofmeyr en Ceres Tennisklub se fasiliteite gebruik gemaak en verskeie wedstryde is deur die loop van die dag gespeel. Dit was 'n lekker pa- en seundag met almal se pa's wat vir die dag daar was. Ons span het bestaan uit Dawid-Wiese Viljoen, Johan Symington, Adriaan Wessels en John Gillmer.


Uitslae 0/11-Seuns (A-afdeling): 1.CT invitation 2. Gene Louw, 3. Welgemoed, 4. Eversdal, 5. Jan van Riebeeck, 6. De Hoop

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 12 Okt-1

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
MailPoet