Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
22 April, 2024 - Graad 1-3 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Wêreldboekedag 08:00-14:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Op Dinsdag, 5 April, het alle publieke skole in die Wes-Kaap hul deure vir kwartaal 2 heropen. Ek het die wonderlike voorreg gehad om al die leerders die oggend om 07:45 in die saal by die skool te verwelkom en ‘n boodskap oor die kernwaarde vir kwartaal 2 naamlik verantwoordelikheid met hulle te deel asook om vir hulle ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal toe te wens.

Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien en te ervaar dat ons leerders skool gemis het en hulle werklik bly is om terug te wees, want hulle geniet die skool in al sy fasette. Hulle kon nie wag om die wonderlike vakansie-ervarings met my en hul opvoeders te deel nie. Die graad 7’s het vanaf 29 Maart tot 3 April tydens die jaarlikse Maart/April-vakansie op die Oranjerivier roeitoer gegaan en hulle kan nie ophou praat oor die fantasiese en leersame ervaring saam met hul ouers nie. Dit gee ook die geleentheid vir ouers om mekaar beter te leer ken. Ek doen ‘n beroep op al die huidige Graad 6-ouers om dit ernstig te oorweeg om in 2023 vir die onvergeetlike ekskursie saam met jou kind/ers in te skryf.

Kwartaal 2 is ook die begin van die wintersport en ons kan nie wag om aan wedstryde en toernooie deel te neem nie. Ons wag vir die onderskeie WP Unies om die wintersport datumlyste beskikbaar te stel. Sportdae en toernooie is reeds op die skoolkalender geplaas. Graag verwelkom ons die afkondiging van President Ramaphosa dat die Covid-19 siftingproses vir eers opgehef is en dat maskers slegs binnenshuis gedra moet word. Hopelik is die dra van maskers ook binnekort iets van die verlede.

Kwartaal 2 word ook tradisoneel gekenmerk met ‘n assesseringstydperk vir graad R - 3 en ‘n eksamen vir graad 4 - 7. Wees verseker dat ons voorsiening tref om ons leerders behoorlik vir die assesserings en eksamens voor te berei. Ons opvoeders is gereed om die ekstra myl te loop om ons Jannies betyds toe te rus, ‘n kalm en rustige leeromgewing te skep om die spreekwoordelike ‘eksamen-bul’ by die horings te pak. Die afgelope week (6 & 7 April) het julle ook die geleentheid gekry om ‘n afspraak met jou kind/ers se opvoeder tydens die belangrike ouerafsprake te maak. Graag wil ek julle as ouers/voogde bedank wat so getrou die ouerafsprake bygewoon het. Verder wil ek julle asseblief uitnooi om aktief by jul kind/ers se akademie betrokke te bly deur gereeld deur hul werkboeke te blaai en gereelde kontak met die spesifieke klasopvoeder te behou. Leerders se leer en onderrig is ‘n spanpoging en kollektief wil ons saam met julle jul kinders se potensiaal maksimaal ontgin.

Kwartaal 2 sluit dan ook twee belangrike fondsinsamelingsprojekte in naamlik die Veiling op Saterdag, 4 Junie, en die Kaperjolle op Saterdag, 23 April. By voorbaat baie dankie vir die ondersteuning en groot dankie aan Coreen Scholtz en Esna Boshoff wat vir ons die veiling hanteer asook Ria Hertzog en die OOV wat die Kaperjolle hanteer. Verder geskied die kleiduif-kompetisie op Donderdag, 21 April 2022, en baie dankie aan Stephanie le Roux en Ria Hertzog wat dit reël. Ons sien almal uit na die opwindende geleenthede!

Ek sluit dan af met die volgende aanhaling rakende verantwoordelikheid:

"Jy alleen is in beheer van jou eie geluk. Geen mens op die aarde kan daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Geluk en tevredenheid begin in jou gedagtes en spoel oor na jou hart."

Geniet ‘n wonderlike naweek. Sterkte aan ons o/13-hokkiespelers wat vandag aan ‘n toernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelneem asook die o/10-netbalspan wat môre te Laerskool Durbanville deelneem.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

SPORT

Winter Buitemuurse Sportprogram 2022

2022-Buitemuurse-program - Winter sportprogram (2)-1

ALGEMEEN

Fotobestellings

  • Die leerders het reeds hul fotokoeverte ontvang.
  • Vul asb. alle besonderhede op die koevert in en stuur dit terug skool toe.
  • Leerders kan die koevert(e) inhandig by hul registeronderwyser.
  • Foto's kan ook aanlyn bestel word. Kliek op hierdie skakel.
  • Laaste dag vir fotobestellings is Donderdag, 21 April.

Oranjerivierroei 2023

Alle Graad 6-ouers/voogde

Ons wil solank aan die Oranjerivier roeitrip vir die Graad 7's van 2023 begin reël. Daar is 'n voorlopige bespreking vir vroeg in die Aprilvakansie. Alle ouers met kinders in graad 6 moet asb. die vorm invul, selfs al gaan julle nie saam roei nie.

GOOGLE FORM

Roomysverkope

Die graad 7-leerders gaan drie roomysverkope hierdie kwartaal hou as deel van hul fondsinsameling vir hul afskeid aan die einde van die jaar. Die roomyse sal teen R10, R15 en R20 verkoop word.

Die datums is as volg:
Vrydag, 8 April
Donderdag, 14 April
Vrydag, 22 April

Klerebank

Dankie aan almal wat winterbestellings betyds geplaas het. Indien nog iets vir die winter benodig, bestel asb. so spoedig moontlik aanlyn. Daar is die afgelope jaar tekorte in sekere materiale en ons verwag toenemende prysverhogings hierdie jaar.

Hiermee die skakel om die skoolbaadjie aanlyn te koop.

Skoolbaadjies en graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur.

Winterskoolklere:
  • Loer gerus in die ouerhandleiding en webtuiste vir meer inligting of kom na die Klerebank.
  • Langmouhemp sonder ‘n sakwapen met ‘n das.
  • Kan ‘n trui of skoolbaadjie met embleem bo-oor dra.
  • Langbroeke
  • JvR grys kouse OF swart ondeursigtige broekiekouse
  • Sportklere ('JvR' gemerk) bly dieselfde reg deur die jaar.
  • Bestellings vir hokkiekouse en WEDSTRYDHEMDE (hokkie en netbal) moet geplaas word voor die skool sluit.
Klerebanktye:
  • 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae
  • 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae, maar nie wanneer die skool vroeër uitkom nie.
Merk van items:
  • Dit veroorsaak geweldige frustrasie onder die vrywilligers as items nie gemerk is nie of onduidelik gemerk is met selfs ‘n enkele letter.
  • Party name is onleesbaar uitgewas of het name op van kinders wat nie meer in die skool is nie.
  • Skenkings moet asseblief nie in kaste geprop word nie. Stuur na ontvangs of na die Klerebank.
  • Gaan asseblief alle items dringend by die huis na en merk dit goed.

Kaperjolle 2022

Inligtingsessie: Kinders & Sosiale Media

Hierdie sessie word gratis vir graad 5 - 7 leerders tydens skoolure aangebied. Ouers kan R50 op Karri betaal om dit op 10 Mei om 18:00 by te woon.

TERUGVOER

Sophia & Liza presteer in Aksienetbal

Twee van ons leerders, Sophia Liebenberg & Liza Hitge in graad 7, het voor die vakansie aan die Interprovinsiale Aksie Netbaltoernooi by Hillfox Arena te Roodepoort deelgeneem. Daar was 10 spanne in totaal en die kompetisie uit Gauteng was baie sterk. Hulle span het 5 de geëindig. Baie geluk julle twee!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 8 April 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet