Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

3 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 (TUIS) 00:00-23:59
3 April, 2024 - Skool heropen 00:00-23:59
3 April, 2024 - Winter buitemuurs begin 00:00-23:59
5 April, 2024 - Warren Stoman (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
6 April, 2024 - Felicity Beerwinkel (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
6 April, 2024 - Netbal: o.10A-toernooi LS Durbanville 00:00-23:59
8 April, 2024 - Jana Nel (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
8 April, 2024 - Ouerbesoeke 00:00-23:59
8 April, 2024 - Skool verdaag vroeër: 12:45 (gr. 1-3), 13:00 (gr. 4-7) 12:45-13:00
8 April, 2024 - Beheerraadvergadering 18:00-19:00
9 April, 2024 - Ouerbesoeke 00:00-23:59
9 April, 2024 - Marlize ter Borg (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
9 April, 2024 - Algemene Kennis-toets 07:45-08:15
9 April, 2024 - Skool verdaag vroeër: 12:45 (gr. 1-3), 13:00 (gr. 4-7) 12:45-13:00
10 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
10 April, 2024 - Interne Redenaarskompetisie 08:00-10:00
11 April, 2024 - Interne Redenaarskompetisie 08:00-10:00
12 April, 2024 - Hokkie: o.13 Seuns & Dogters Toernooi Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG) 00:00-23:59
12 April, 2024 - Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
12 April, 2024 - Landloopwedloop: Zwaanswyk Academy 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Inligtingsgeleentheid in verband met vaardigheidskole

‘n Inligtingspraatjie rakende leerders se toekoms in terme van vaardigheidshoërskole word op Saterdag, 11 Junie, om 09:00 tot 10:30 in die skoolsaal deur WKOD-beamptes aangebied.

Ouers wat belangstel, kan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) voor of op 3 Junie in kennis stel.

Eksamenrooster: Junie 2022

Eksamenrooster Junie 2022

KULTUUR

Dramatye 20 Mei

Dramatye vir vanmiddag is as volg:

Graad 1-3
12:30 - 13:30

Graad 4-7
13:30 - 14:30

Musiekkonsert 21 Junie

Musiekleerders van graad 4 tot 7 gaan op Dinsdag, 21 Junie, musiekkonserte in die saal hou. Almal is welkom om dit by te woon.

08:30 Graad 4 en 5
10:45 Graad 6 en 7

Eisteddfod Spraak: Onvoorbereide lees

Die onvoorbereide lees sal eers 6 Junie by ons skool plaasvind in plaas van 26 Mei. Die presiese tye vir 3, 4 en 6 Junie sal in die komende week aan ons gestuur word.

Paarl Talentkompetisie

Kliek op die advertensie vir die inskrywingsvorm. Neem kennis: Die inskrywingsvorm moet direk na die e-posadres in die vorm gestuur word.

SPORT

Sportdrag

Wanneer leerders op 'n gegewe dag wedstryde speel, mag hulle met hulle sportklere skool toe kom. Ons versoek ook dat alle leerders 'n volledige skoolsweetpak en toe skoene (tekkies) sal dra.

Hierdie reëling geld nie wanneer 'n leerder slegs oefening het nie. Leerders kom dan met hul skoolklere skool toe en kan tweede pouse gaan aantrek vir die sportoefeninge.

TERUGVOER

Barbara Schreuder Dansskool: Eisteddfod

Die volgende 27 dansers van die Barbara Schreuder Dansskool tree hierdie week in Seepunt tydens die jaarlikse 2022 Cape Town Eisteddfod op. Dankie vir jul harde werk en toewyding! Geniet die geleentheid en lekker dans!

Graad 1: Christa-Bella Swart, Hanna Louw, Isla Jooste, Lua Groenewald, Lucy le Roux, Mia Bothma
Graad 2: Heidi v Heerden
Graad 3: Jana v Gijsen, Pieter Rademeyer, Ella vd Walt
Graad 4: Sadie Gillmer, Ella Grey, Gabriella Buckenham, Danielle Fourie
Graad 5: Daniella Boshoff, Michaan Naylor
Graad 6: Karlien vd Walt, Klara Steyn, Kerala Allewell
Graad 7: Lara Basson, Emma Liebenberg
Graad 8: Amelie Visser, Juliette Visser, Lumarie Fourie, Loche Mong
Graad 10: Marianne Nel

Gimnastiek: Kaapse Distrikte Proewe

Baie geluk aan die volgende leerders wat op 14 Mei aan die Kaapstad Distrikte Proewe vir gimnastiek deelgeneem het se prestasies.

Cara Stolz (graad 4C) behaal 2de plek en silwer medalje
Cara Nel (graad 4C) behaal 3de plek en brons medalje
Aiyana Alfredo (graad 3S) behaal 3de plek en brons medalje
Ella Jehle (graad 3E) behaal 3de plek en brons medalje
Anke Janse van Rensburg (Graad 2N) behaal 1ste plek en goue medalje
Ava van Zyl (graad 2S) behaal 3de plek en brons medalje

Hokkiewedstryde 12 Mei

Van ons seuns- en dogterspanne het op Donderdag, 12 Mei, onderskeidelik teen El Shaddai en St. Cyprians gespeel.

Wedstryde teen El Shaddai:
Seuns 0/9 verloor 0-1
Dogters 0/9 wen 9-3
Seuns 0/10 verloor 0-1
Seuns 0/12 wen 3-1
Dogters 0/12 gelykop 1-1

Wedstryde teen St. Cyprians:
Dogters 0/10 wen 3-0 teen Cannons Creek en 3-1 teen St. Cyprians
Dogters 0/11 wen 4-1
Dogters 0/13 verloor 0-1

Dit was nog 'n suksesvolle week en ons sien uit na volgende week se wedstryde teen Reddam, Durbanville.

Hokkiewedstryde, 19 Mei

Ons 0/9 en 0/10-seuns- en dogterspanne het Donderdag teen Reddam House Durbanville gespeel. Ons spanne het pragtig gespeel en baie goed presteer.

Dogters:

0/9A wen 8-0
0/10A wen 7-1

Seuns:
0/9A wen 2-0
0/10A wen 4-0

Volgende week speel al ons spanne teen Kenridge. Ons hou vir almal duimvas.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek voel vandag besonders geseënd en dankbaar weens die feit dat dit in alle opsigte relatief met die skool baie goed gaan. Ons kernbesigheid, naamlik akademie het weer onlangs met die bekendmaking van die 2021 WKOD se sistemiese uitslae bevestig dat ons baie trots kan wees op die akademiese standaard wat ons jaar in en jaar uit handhaaf. Effektiewe kwaliteitsbestuurpraktyke word gereeld hersien om te verseker dat ons Jannies kwaliteit onderrig en ondersteuning ontvang. Ons is werklik geseënd met passievolle opvoeders en ondersteuningspersoneel wat kollektief werk sodat ons Jannies hulle volle potensiaal kan bereik. Ons personeel loop die spreekwoordelike ekstra myl, want opvoeding is vir hulle ‘n passie eerder as ‘n beroep.

Die dankbaarheid loop ook verder oor as ek sien hoe goed dit met die skoolsport gaan, veral met die uitdagings as gevolg van die Covid-19 pandemie oor die laaste 2 jaar. Ek verwys nie net na die puik sportuitslae die afgelope tyd nie, maar ook na die ongelooflike deelname deur ons leerders aan al die geleenthede wat daar vir hulle geskep word. Ons leerders geniet die spansportaktiwiteite en raak skoon angstig as die weer begin dreig om oefeninge, wedstryde of toernooie in die wiele te ry. Sportkodes soos skaak en landloop is weer besig om momemtum te kry. Ek was aangenaam verras toe ek op Vrydagmiddag, 13 Mei, by die skaakwedstryde wat by ons skool in die biblioteek plaasgevind het, ingestap het. Ons gemengde o/11-skaakspan het die spesifieke middag wedstryde teen drie skole uit Gugulethu, naamlik Luzoko, Litha en Vukuhayne gespeel. Ons leerders het dit baie geniet en dit was ‘n riem onder die hart om te sien hoe vinnig hulle sommer onder mekaar maats gemaak het en mekaar oor die fynere kunsies van skaak touwys gemaak het. Hier het ons skaak gespeel teen kinders wat nie eers weet waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie en dit het ons almal opnuut weer laat besef hoe bevoorreg ons almal by Laerskool Jan van Riebeeck is.
Ons kultuuraktiwiteite met musiekonderrig, koor, redenaars en Eisteddfod is weer in volle swang. Daar heers groot opgewondenheid onder leerders en ouers met die deelname aan die Eisteddfod. Baie dankie aan Sean met die suksesvolle kitaarkonsert wat op Woensdagaand, 11 Mei, in die skoolsaal gehou is. Ons kultuurleerders is baie talentvol en hulle kry ook die geleentheid om ‘n item tydens ons saalbyeenkomste op Dinsdae te lewer. Juf. Helecia en mnr. Ben beplan verder weer ‘n heerlike musiekkonsert op 21 Junie waarna ons baie uitsien.

Ek wil nie graag leerders uitsonder nie, maar ek sal my plig versuim indien ek nie vir Sophia Liebenberg (graad 7) hartlik gelukwens met haar opname in die o/13 Wes-Kaap netbalspan nie. Sy gaan deelneem aan die interprovinsiale toernooi vanaf 25 - 29 Junie 2022 te Boksburg, Gauteng. Ons is baie trots op jou, Sophia, en ons wens vir jou en juf. Ischké, wat ook as skeidsregter tydens die toernooi gaan optree, sterkte toe.

Ek sluit dan met die volgende bekende aanhaling rakende dankbaarheid af:

"Dankbaarheid gee sin aan gister, gee vrede vir vandag en skep ‘n droom vir môre."

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte aan ons netbal- en rugbyspanne en hul afrigters wat môre by Laerskool F.D. Conradie te Prince Alfred Hamlet deelneem.

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies van 13 Mei 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet