Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2022

Eksamenrooster Junie 2022

KULTUUR

Eisteddfod Sang beoordeling

Die voorlopige datum vir die Eisteddfod Sang beoordeling is 11 Junie in ons skoolsaal. Tye is nog nie beskikbaar nie. Hou solank die datum oop.

Eisteddfod: Spraak

Die datum vir Eisteddfod Spraak is 3 en 4 Junie by ons skool. Sommige onvoorbereide leesitems sal die 26ste Mei plaasvind. Spesifieke tye vir onderskeie ouderdomme en items sal gekommunikeer word sodra die organiseerders dit finaliseer.

SPORT

Skaak vir graad 1 & 2

Daar sal vanaf Donderdag, 19 Mei, 'n tweede oefensessie vir graad 1 en 2 wees.

Dinsdae:

Graad 1
13:15 - 13:45

Graad 2
13:15 - 14:15

Donderdae:

Graad 1
13:15 - 13:45

Graad 2
13:15 - 14:15

Landloop kommunikasie

Alle ouers wat graag landloop kommunikasie wil ontvang, moet asb. hierdie kort GOOGLE FORM invul (indien jy nog nie het nie). Vul dit ook in indien jou kind(ers) net soms aan wedlope gaan deelneem en/of oefeninge gaan bywoon.

ALGEMEEN

Verpligte winterdrag

Vanaf Maandag, 16 Mei, is winterdrag vir leerders verpligtend. Kontak gerus vir Eda wat die klerebank bestuur indien julle enige items benodig (jvrklerebank@gmail.com) of plaas bestellings aanlyn.

Veiling 2022 - kaartjies

Daar is nog net 7 veiling kaartjies beskikbaar. Indien jy nog die veiling wil bywoon, kontak asseblief so spoedig moontlik vir Esna Boshoff (esnaboshoff@gmail.com) of Coreen Scholtz (coreen.scholtz@gmail.com).

Kliek HIER om die veiling advertensie te sien.

Dringende versoek vanaf die Skoolhoof: Laatkommery

Graag neem ek die vrymoedigheid om julle as ouers/voogde vriendelik te versoek om jul kinders betyds soggens by die skool te besorg. Covid-19 protokolle is alreeds die afgelope tyd drasties verslap en ons is amper terug pre-Covid tyd. Dalk besef julle dit nie, maar deur jou kind soggens laat by die skool af te laai, maak hulle angstig en op die lange duur belemmer dit hul akademiese ontwikkeling. Dinsdae begin die skool reeds om 07:40, want dan het ons ‘n saalperiode waar die hele skool toegespreek word. Dit is in ‘n skoolkonteks ‘n baie belangrike periode waar ek onder andere die geleentheid kry om met al die leerders en opvoeders gelyktydig te praat en ‘n boodskap vir die week te bring. Baie dankie by voorbaat vir julle samewerking om te verseker jul kinders daag betyds vir skool op.

Sensusopname

Die onderwysdepartement doen 'n beroep op alle ouers / voogde om die sensusopname vir hul gesinne in te vul. Lees asb. die onderstaande brief en volg die skakel indien jy nog nie aan die sensusopname deelgeneem het nie. Voltooi dit asb. voor 14 Mei. Dit is baie belangrik vir onder andere die begroting vir die komende tydperk.

Vrydae oliebolle verkope

Die graad 7-leerders verkoop oliebolle op Vrydae as deel van hulle fondsinsameling. Die Karri-toep sal vanaf Maandag, 2 Mei, vir bestellings oopgestel word.

TERUGVOER

ATKV-Redenaars op 7 Mei

Die volgende leerders het Saterdag, 7 Mei, te Hoërskool Jan van Riebeeck aan ATKV-redenaars se eerste uitdunronde deelgeneem. Hierdie leerders het baie lank aan hul toesprake geoefen. Ons is dankbaar dat julle ons skool so mooi verteenwoordig het!

Graad 1 - 3
Thomas Holtzhausen
Pieter Rademeyer
Chris Derksen
Bella Naylor
Olivia Blackmore
Mila Malan
Jacques du Toit

Graad 4 - 5
Sabine Barnard
Abigail Fourie
Elisabet Marais
Sophia Derksen
Karu Rademeyer
Michaan Naylor
Ano Marx
Isabella Marais

Graad 6 - 7 (voorbereide en onvoorbereide toesprake)
Annabel Potgieter
Zuletha Ferreira
Luja Marx
Adele Holtzhausen
Francois Joubert

Ons wag nog vir die uitslae en sal dit binnekort bekend maak.

Rugby teen Vredekloof op 11 Mei

Op Woensdag, 11 Mei, het ons rugby teen Laerskool Vredekloof gespeel. Die seuns het hulle besonderse talent ten toon gestel en dit was 'n goeie dag vir ons Jannies.

Uitslae is as volg:

o/7 wen 8-2 en wen 4-0
o/8 verloor 2-1 en wen 4-0
o/9 wen 20-10
o/11 wen 22-0
o/13 wen 14-12

Dankie aan al ons ouers wat ons daar ondersteun het en baie geluk aan hierdie spanne.

Netbalwedstryde 9 & 11 Mei

Ons netbalspanne het hierdie week 2 wedstryde gespeel. Ons moes ons wedstryde van Maandag, 4 Mei, skuif as gevolg van netbalproewe wat op 4 Mei plaasgevind het. Ons spanne het Maandag teen Curro Durbanville weg gespeel. Die uitslae is as volg:

o/7 A wen 13 -1
o/8 A wen 6-2
o/8 B verloor 0-6
o/9 A wen 6-1
o/9 B wen 4-0
o/10 A wen 11-0
o/10 B wen 10-1
o/11 A gelykop 5-5
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 16 -0
o/12 B wen 15-0
o/13 A wen 33-2
o/13 B wen 8- 2

Op Woensdag, 11 Mei, het ons spanne teen Curro Century City tuis gespeel. Die uitslae vir die dag is as volg:

o/7 A wen 5-0
o/7 B gelyk 1-1
o/8 A wen 15-0
o/9 A wen 21-0
o/10 A wen 23-0
o/11 A wen 16-2
o/11 B wen 12-0
o/12 A wen 25-0
o/13 A wen 34 - 0
o/13 B wen 15-0

Ons kan sien dat die afgelope jaar en 'n half wat ons skool voortgegaan het met ons aangepaste sportprogram ons spanne baie goed gedoen het. Ons spelers het steeds blootstelling aan verskeie vaardighede gehad terwyl baie ander skole geen sport beoefen het nie. Baie dankie aan al ons onderwysers en afrigters wat soveel ekstra tyd en energie ingesit het.

Top skole vir o/13 Netbal

Die 0/13 A-span het Dinsdag, 10 Mei, aan die eerste rondte van die Top Skole by Laerskool Gene Louw deelgeneem. Ons het teen sterk kompeterende skole gespeel. Dit was vinnige netbal van 6 minute aan ‘n kant. Die dogters het baie karakter gewys en nie opgegee tot die fluitjie geblaas het nie. Dit was ses moeilike wedstryde. Ons is ongelukkig nie deur na die volgende rondte nie, maar het beslis die lekkerste en beste gees van die dag gehad. Baie van hierdie skole se dogters speel deur die jaar ook aksienetbal wat ‘n voordeel vir hulle op die buite baan is. Graag moedig ons weer ons ouers aan om hul dogters by aksienetbal betrokke te maak. Julle kan enige tyd vir Linde Liebenberg in die verband kontak. Baie dankie aan juffrou Sharon Mabena wat die spanbestuurder was en juffrou Shahneé Felix wat ons skeidsregter vir die dag was. Ons waardeer wat julle doen vir die sport.

Baie geluk aan die volgende spelers wat as spelers van die verskeie wedstryde aangewys is: Katya Morris, Sophia Liebenberg, Emke van Wyk, Liza Hitge en Nell von Lieres.

Die tellings was as volg:
Gene Louw 4 -10
Kenridge 3 -8
Table View 9-4 (wen)
Durbanville 2-14
Welgemoed 4-1 (wen)
Eversdal 4-10

Baie dankie aan ons 0/13-mammas wat ons bederf het met waterbottels, sokkies en scrunchies.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Vir die eerste keer in 6 weke het ons weer ‘n vol Maandag tot Vrydag-week agter die rug met al die langnaweke wat mekaar as lekker meevallertjies opgevolg het. Die week voel egter skielik besonders lank en ‘n mens kan dit amper aan jou lyf voel. Ek glo ons skoolgemeenskap het ook sommer lekker hul vere reggeskud om weer gewoond te raak aan al die verskeie sport- en kultuuraktiwiteite wat by die skool plaasvind. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons ouers/voogde hartlik te bedank wat die afgelope tyd wedstryde, toernooie, redenaars en musiekkonserte getrou bygewoon het om hul kinders en spanne te ondersteun. Dit is lekker om te sien hoe julle die geleenthede saam met jul kinders terdeë geniet. Die betrokkenheid van ouers, die omgee en kameradie onder leerders en ouers staan uit soos ‘n paal bo water. Dit is vir my ‘n groot voorreg om aan stuur te staan van ‘n skool wat hul waardes in alle opsigte met trots uitleef.

Baie dankie aan al ons ouers wat Dinsdagaand, 10 Mei 2022, die insiggewende inligtingsessie van Carla de Beer rakende hoe om veilig op sosiale media te verkeer wanneer dit by selfies, seksklets, kuberboelie en privaatheid kom, bygewoon het. Die vraag is, hoe gevaarlik is die gebruik van sosiale media, nie net vir ons as volwassenes nie, maar ook vir ons kinders? Daar is nuwe wetgewing wat selfs vir ons jong kinders gevolge inhou. Hierdie debat bestaan reeds baie jare. Vandat die televisie ons sitkamer betree het, wou ouers weet vir hoe lank op ‘n slag hul kinders toegelaat mag word om televisie te kyk, waarna hulle mag kyk en of die skerm as my kinderoppasser mag optree sodat ek net ‘n bietjie kan ontspan. Dit is egter vandag kinderspeletjies in vergelyking met die magdom toegang tot toestelle wat ons kinders kan gebruik. Ons het vandag toegang ook tot verskeie toeps, aanlynspeletjies en sosiale platforms. Die Covid-19 inperking het ons kinders ook gedwing om meer van die internet en sosiale media gebruik te maak as ooit tevore. Ons besef ook dat die gebruik van selfone, tablette, ander toestelle en natuurlik die gepaardgaande tegnologie deel van ons kinders se verwysingsraamwerk geword het. Dit hoef nie noodwendig altyd negatief te wees nie, maar daar is ernstige gevare aan verbonde soos kuberboeliery, webtuistes wat nie geskik vir kinders is nie en natuurlik heeltemal te veel skermtyd wat weer tot ander probleme kan lei. Die tweede vraag is, wat moet ons as ouers/voogde in die verband doen? Ek wil by Carla aansluit en aanbeveel dat dit fundamenteel belangrik is dat ons as ouers/voogde meer betrokke by ons kinders se gebruik van sosiale media raak en met hulle daaroor gesels. Moet beslis nie net op die gevare fokus en die heeltyd ‘n preek afsteek nie, maar fokus eerder dat die regte gebruik van sosiale media lekker en voordelig kan wees. Boesem hul vertroue in en tree op as mentor deur miskien saam met hulle ook nuuskierig te wees oor verskillende sosiale media platforms. Praat met hulle oor die gevare en die korrekte gebruik daarvan, eerder as om die heeltyd te preek. Maak verder asb. ook seker dat alle veiligheidsprotokol op die verskeie platforms geïmplementeer is.

Weer eens baie geluk aan al ons wintersportspanne met die puik uitslae van die afgelope week. Ons kan regtig trots wees dat ons met heelwat groter skole kompeterend op die sportveld kan wees. Baie dankie aan al ons opvoeders en buite-afrigters wat met soveel passie afrig en seker maak dat ons Jannies in die proses ook sport geniet. Groot dankie aan die sportkantoor onder leiding van Leon Hanekom wat seker maak ons Jannies kry genoeg wedstryd- en toernooiblootstelling. Die weeklikse vordering van ons spelers is duidelik sigbaar.
Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling van Dalai Lama rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

"We need to cultivate a universal responsibility for one another and the planet we share".

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte vir ons skaakspan vanmiddag teen Luzoko tuis asook ons o/12-netbalspan wat môre aan die Laerskool Panorama se o/12-toernooi deelneem.

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies van 13 Mei 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet