Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

3 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 (TUIS) 00:00-23:59
3 April, 2024 - Skool heropen 00:00-23:59
3 April, 2024 - Winter buitemuurs begin 00:00-23:59
5 April, 2024 - Warren Stoman (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
6 April, 2024 - Felicity Beerwinkel (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
6 April, 2024 - Netbal: o.10A-toernooi LS Durbanville 00:00-23:59
8 April, 2024 - Jana Nel (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
8 April, 2024 - Ouerbesoeke 00:00-23:59
8 April, 2024 - Skool verdaag vroeër: 12:45 (gr. 1-3), 13:00 (gr. 4-7) 12:45-13:00
8 April, 2024 - Beheerraadvergadering 18:00-19:00
9 April, 2024 - Ouerbesoeke 00:00-23:59
9 April, 2024 - Marlize ter Borg (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
9 April, 2024 - Algemene Kennis-toets 07:45-08:15
9 April, 2024 - Skool verdaag vroeër: 12:45 (gr. 1-3), 13:00 (gr. 4-7) 12:45-13:00
10 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
10 April, 2024 - Interne Redenaarskompetisie 08:00-10:00
11 April, 2024 - Interne Redenaarskompetisie 08:00-10:00
12 April, 2024 - Hokkie: o.13 Seuns & Dogters Toernooi Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG) 00:00-23:59
12 April, 2024 - Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
12 April, 2024 - Landloopwedloop: Zwaanswyk Academy 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2022

Eksamenrooster Junie 2022

KULTUUR

Musiek: Kitaarkonsert & Unisa-eksamens

Kitaarkonsert:

Onthou asb. van die kitaarkonsert in die skoolsaal op 11 Mei om 18:00. Kaartjies is R50 en word by die deur verkoop.

Unisa-eksamens:

Alle betalings, soos deur die musiekonderwysers met ouers gereël, moet teen 12 Mei op die Karri-toep betaal wees. Dit sal vanaf 4 Mei op Karri betaalbaar wees.

Eisteddfod: Spraak

Die datum vir Eisteddfod Spraak is 3 en 4 Junie by ons skool. Sommige onvoorbereide leesitems sal die 26ste Mei plaasvind. Spesifieke tye vir onderskeie ouderdomme en items sal gekommunikeer word sodra die organiseerders dit finaliseer.

Eisteddfod Sang beoordeling

Die voorlopige datum vir die Eisteddfod Sang beoordeling is 11 Junie in ons skoolsaal. Tye is nog nie beskikbaar nie. Hou solank die datum oop.

ALGEMEEN

Fotobestellings: aanlyn

Jy sal nou foto's op die aanlynplatform kan bestel en betaal indien jy nie met die koevertjies bestel het nie. Die sluitingsdatum vir aanlynbestellings is 11 Mei. Daarna sal jy steeds aanlyn kan bestel, maar sal self die afleweringkostes moet betaal.

Kliek HIER vir die Lunchbox Photography webtuiste. Indien jy vir 'n wagwoord gevra word, tik in JVR2020.

Indien 'n foto nie daar verskyn nie of jy enige ander vrae het, stuur gerus 'n e-pos na ischke@jvrprim.co.za.

Verlore Goedere - Kaperjolle

Sien die onderstaande foto's van verlore goedere wat by Kaperjolle agter gebly het. As enige van die items aan jou behoort, stuur 'n e-pos aan biblioteek@jvrprim.co.za.

Kalender

Indien jy 'n inskrywing op die skool se kalender sien waaroor jy meer inligting wil hê, kliek gerus op die inskrywing. Indien daar meer inligting daaroor beskikbaar is en op die webtuiste lê, sal die skakel in die beskrywing verskyn.

Kliek HIER vir instruksies om die kalenders met joune te sinchroniseer (beskikbaar vir Google, Apple en Outlook kalenders).

Sosiale Media Praatjie: 10 Mei

Onthou asb. van die baie belangrike praatjie rakende die gevare van sosiale media en die effek wat dit op ons kinders het. Carla de Beer (kollega van Emma Sadleir) spreek ons ouers/voogde en personeel op Dindag, 10 Mei, om 18:00 in Hoërskool Jan van Riebeeck se saal toe. Kaartjies is @R50 op Karri beskikbaar. Die leerders se sessie tydens skooltyd is verniet.

Vrydae oliebolle verkope

Die graad 7-leerders verkoop oliebolle op Vrydae as deel van hulle fondsinsameling. Die Karri-toep sal vanaf Maandag, 2 Mei, vir bestellings oopgestel word.

Veiling 2022

TERUGVOER

Horizon-Wiskundekompetisie

Verlede kwartaal het al ons graad 5-7 leerders aan die eerste rondte van die Horizon-Wiskundekompetisie deelgeneem. Na afloop van die rondte het 87 leerders na die tweede rondte deurgedring. Die leerders is:

Graad 5: Stephan Holtzhauzen, Anna Louw, Michaan Naylor, Conrad Slabber, Hila Hertzog, Frank van der Walt, Mari Steyn, Sophia Derkson, Ano Marx, Adriaan Bredenkamp, Bernardo Oosthuizen, Willem Vorster, Delmar Benecke, Ané Swanepoel, Adriaan Wessels, Phillip van Rooyen en Jana Olivier.

Graad 6: Ben Fouché, Kai Allewell, Karlien van der Walt, Lida-Mari Bosman, Katia van Wyk, Stella Lamprecht, Willem Burger, Stephan Malan, Ruben Oosthuizen, Johan Symington, Anabelle Koen, Marais Groenewald, Mieke Huysamen, Samuel Wolff, Dawid-Wiese Viljoen, Gemma de Vries, Eddie Quixley, Jana Maree, Lisa van As, Liza Hertzog, Jacques Viljoen, André Marais, Mia Smith, Jan-Willem Silvis, Annabel Potgieter, Sofia Newton, Mieke Nel, Mieke Bezuidenhout, Calla van Vreden, Neil Heyns, Shaye Schwartz, Carmen Barnard en Kai-Daniel Roodt.

Graad 7: Mia Janse van Rensburg, Liza Hitge, Nicolaas Grutter, Adan Eksteen, Dewald Buitendag, Noah Blomerus, Mia Cruywagen, Susan Burger, Markus de Ridder, Mïlla Joubert, Luja Marx, Owen Wiese, Kate Mouton, Samuel Ward, Adele Holtzhausen, Lea Basson, Mia Boshoff, Robyn Lister, Francois Joubert, Thomas Boshoff, Lara Basson, Paul-Philip Grobler, Elsabé Scholtz, Sinead Victor, Lea de Ridder, Cara Swanepoel, Lola Henderson, Helene Greeff, Werner Steyn, Daniel Welgemoed, Chloe Nikiforos, Anna Dawes, Benjamin Cronjé, Stella Bojé, Luan Kotze, Waldo Engelbrecht en Gustav Pansegrouw.

Die volgende rondte vind Saterdag, 14 Mei, te Laerskool Jan van Riebeeck plaas. Alle leerders moet reeds om 08:30 aanmeld. Die vraestelle sal om 09:00 geskryf word en leerders kan weer om 10:30 gehaal word.

Baie geluk en baie sterkte aan al die leerders met die volgende rondte.

Rugby teen Mamre Primêr, 4 Mei

Die rugbyspanne het Woensdag, 4 Mei, vir die eerste keer die kwartaal op Hamlet RFC se velde gedraf om teen Mamre Primêr te speel. Dit was 'n groot voorreg om vir die eerste keer die jaar ons o/9 en o/11-rugbyspanne op die veld te sien. Die o/9-span het hulle eerste rugbywedstryd in blou en oranje gespeel vandat Covid in 2020 ons almal se planne 'n bietjie om ver gegooi het. Hulle het ongelukkig verloor. Die o/11-span het uitstekend gevaar en kon die bordjies verhang teen Mamre met 'n telling van 15-7. Die dag is afgesluit met die o/13-span wat ongelukkig verloor het in 'n wipplank stryd met 34-26.

Ons is trotse Jannies en glo dit gaan 'n goeie winter vir hierdie spelers wees!

Hokkiewedstryde teen Vredelust, 5 Mei

Ons seuns- en dogterspanne het op Donderdag, 5 Mei, teen Laerskool Vredelust gespeel. Die dogters se wedstryde was weg en die seuns het tuis gespeel.

o/9A-seuns: gelyk 1-1
o/9A-dogters: wen 5-0
o/10A-seuns: wen 3-0
o/10A-dogters: wen 7-0
o/11A-seuns: wen 5-0
o/11A dogters: wen 4-1
o/12A-seuns: wen 3-0
o/12A-dogters: wen 2-0
o/13A-seuns: wen 1-0
o/13A-dogters: wen 3-0

Ons spanne het baie goed gevaar en ons is opgewonde om hulle deur die seisoen dop te hou. Dankie aan almal wat ons spelers weekliks kom ondersteun!

Jannies presteer by Wilson Tennistoernooi

Van ons leerders het in April aan Wilson tennistoernooie deelgeneem en baie goed gevaar. Op Sondag, 24 April, het Adriaan Wessels, Nils le Roux en Gustav van der Linde aan die vierde toernooi in die o/12 A-seunsgroep deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar en soos volg op die ranglys geëindig:

2de - Adriaan Wessels
3de - Nils le Roux
11de - Gustav van der Linde

Gustav en Adriaan het ook op Woensdag, 27 April, aan die dubbelstoernooi vir o/12 deelgeneem en as die wenners weggestap. Baie geluk manne!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Alhoewel die week korter is as gevolg van die afgelope langnaweek het daar heelwat sportwedstryde die afgelope week plaasgevind asook nog rugby-, hokkie-, netbal en skaakwedstryde wat vandag en môre geskied. Ons is stadig maar seker besig om die spreekwoordelike ‘Covid-juk’ af te skud deur weer aan normale sportaktiwiteite sonder enige drakoniese inperkings deel te neem. Ons leerders het die afgelope 2 weke puik op die sportvelde presteer en die ding wat my die meeste trots maak, is ons Jannies wat op en af van die sportveld deurlopend ‘n baie goeie en gesonde sportmangees handhaaf. Dit is lekker om te sien hoe ons leerders die wintersportaktiwiteite geniet en terselfde tyd onbewustelik ‘n waardevolle lewensles kry van hoe om in spanverband te funksioneer asook om te leer om mekaar te verdra, probleme op te los en om ‘n kollektiewe doelwit te bereik. Sport bly darem ‘n belangrike opvoedingsmiddel en ons beoefen dit op ‘n mededingende grondslag, maar ook op die beginsel van ontspanning en genot.
Sondag, 8 Mei, is natuurlik Moedersdag wat ‘n spesiale dag is waarop moederskap jaarliks regoor die wêreld gevier word. Moedersdag word in Suid-Afrika sowel as die V.S.A., Australië, China, Japan en Indië altyd op die 2de Sondag van Mei gevier. Alhoewel Moedersdag alreeds in antieke tye deur die Grieke en Romeine gedurende feeste gevier is, is die oorsprong van Moedersdag soos wat ons dit vandag ken, alles te danke aan die Amerikaanse kampvegter vir vroue, naamlik Anna Jarvis. Sy het na haar eie ma se dood in 1905 met ‘n veldtog begin om moeders te vereer vir die belangrike rol wat hulle in die samelewing speel. Dus doen ek ‘n beroep op ons skoolgemeenskap dat ons op Sondag, 8 Mei, Moedersdag in alle vorme van moederskap en die spesiale mense in ons lewens wat ons help vorm het in wie ons vandag is, eer. Ek glo dat al ons Moeders asook ons kosbare Oumas op die spesiale dag tot in die afgrond bederf gaan word.

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om een van ons opvoeders, naamlik Warren Stoman, hartlik geluk te wens wat onlangs sy BCom-graad (Hons) in bedryfsielkunde behaal het. Welgedaan, Warren, ons is baie trots op jou!

Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling van Gene Bedley rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

"Responsibility finds a way, Irresponsibility finds excuses"

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte vir al ons sportspanne wat vanmiddag en môre deelneem.

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 5 Mei

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet