Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

17 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Totius (WEG) 00:00-23:59
18 April, 2024 - Hokkie Seuns: CBC St John's (WEG) 00:00-23:59 at CBC St John's
18 April, 2024 - Hokkie Dogters: CBC St John's (TUIS) 00:00-23:59
18 April, 2024 - Mardry Wright (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
18 April, 2024 - Kleiduifskietkompetisie 00:00-23:59
19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Uitstappie vir IP-Musiekleerders 11:00-12:00
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Akademiese rooster Dinsdag, 3 Mei

Neem kennis dat die skool Dinsdag, 3 Mei, 'n Maandagrooster sal volg. Die buitemuurs sal egter soos normaal voortgaan soos op 'n gewone Dinsdag.

Eksamenrooster: Junie 2022

Eksamenrooster Junie 2022

KULTUUR

HS JVR HAIRSPRAY VERHOOGPRODUKSIE BY BAXTER

Kliek HIER vir meer inligting rondom HS JvR se betrokkenheid. Kliek op die advertensie om kaartjies op Web Tickets te koop.

ALGEMEEN

Vrydae oliebolle verkope

Die graad 7-leerders verkoop oliebolle op Vrydae as deel van hulle fondsinsameling. Die Karri-toep sal vanaf Maandag vir bestellings oopgestel word.

Lootjies vir fondsinsameling

Veiling 2022

TERUGVOER

Netbalwedstryde: 25 April

Die o/7 - o/13 dogters het op Maandag, 25 April, hul eerste wedstryde vir die liga teen Edgemead gespeel. Daar het groot opwinding geheers en dit het met die meeste van ons spanne baie goed gegaan. Ons publiseer nie die o/7 & o/8-spanne se uitslae nie.

Hier volg die uitslae:
o/7A wen
o/7B verloor
o/8A wen
o/8B verloor
o/9A wen 18 -2
o/9B wen 11-0
o/9C gelyk 1-1
o/10A wen 9-2
o/10B wen 12-0
o/11A wen 9-1
o/11B wen 7-0
o/12A wen 8-2
o/12B wen 8-3
o/12C wen 4-3
o/13A wen 26-5
o/13B gelyk 2-2
o/13C wen 4-0

Hokkiewedstryde: 28 April

Ons seuns- en dogterspanne het op Donderdag, 28 April, teen Laerskool Gene Louw gespeel. Die dogters se wedstryde was tuis en die seuns het weg gespeel.

o/9A-seuns: wen 1-0
o/9B-seuns: verloor 0-2
o/9A-dogters: wen 8-1
o/9 B-dogters: gelyk 1-1
o/10A-seuns: wen 7-0
o/10A-dogters: gelyk 1-1
o/10B-dogters: wen 2-1
o/11A-seuns: wen 8-0
o/11A-dogters: wen 4-0
o/12A-seuns: wen 2-1
o/12A-dogters: wen 3-0
o/13A-seuns: verloor 0-4
o/13A-dogters: gelyk 0-0

Ons o/13-dogterspan het verlede Vrydag, 22 April, 'n wedstryd teen Elkanah House op hul astro velde gespeel en 0-1 verloor.

Dis baie lekker om te hoor dat ons spelers se ouers opgewonde is oor die hokkie en graag meer daaroor wil weet.

Suidelike distrik o/13-rugbyproewe

Adan Eksteen, Albert Griesel en Werner Steyn is gekies om deel te neem aan die Suidelike distrik o/13-rugbyproewe wat Dinsdag, 26 April, by Hamiltons RFC plaasgevind het. Na afloop van die proewe is Werner Steyn gekies om een van die Suidelike distrik-spanne by die volgende rondte proewe te verteenwoordig.

Baie geluk aan hierdie spelers en sterkte aan Werner!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo dat almal op Saterdag, 23 April 2022, die Kaperjolle terdeë geniet het. Dit was my en my vrou se eerste Kaperjolle en wat ‘n ongelooflike ervaring om saam met hierdie pragtige skoolgemeenskap ‘n wonderlike pretdag van samesyn te geniet. Die kos en lekkernye was uit die boonste rakke en ek is seker dat selfs indien iemand soos die bekende koskenner, Bertus Basson van ‘In die Sop’ hierdie geleentheid bygewoon het, sou hy selfs iets by ons bedrewe sjefs geleer het. Baie dankie aan die ouers wat ek nog nie amptelik ontmoet het nie, wat sommer op die dag hulle aan my kom voorstel het. Opvallend is die positiewe gees, omgee en samehorigheidsgevoel onder ons ouers/voogde. Dis ‘n riem onder die hart dat julle as ouers soveel omgee, betrokke by jul kinders se leer en onderrig is en in dieselfde asem baie trots op die skool is. Baie geluk aan die volgende spanne wat in die top 3-plekke geëindig het en wisseltrofees tydens die ‘oor die kole-kompetisie’ ontvang het:

1. SA-uitstalling deur die onderwyserspan van juf. Maricqe
2. Karoo Classic deur nog ‘n onderwyserspan van juf. Anja
3. Griekse uitstalling van Rudi en Oloff.

Die beste geesbeker het aan Kees se span (Uruguay) gegaan. Ek sal my van my taak kwyt indien ek nie Ria Hertzog en haar OOV-span hartlik bedank wat so hard gewerk het om die dag se sukses te verseker. Die groot sukses is verseker te danke aan toewyding en spanwerk.
Soos julle weet, is die komende naweek weer eens ‘n langnaweek met Werkersdag wat op 1 Mei gevier word. In die Suid-Afrikaanse konteks het Werkersdag 'n baie lang en interessante geskiedenis. Werkersdag het wêreldwyd begin toe Australiese klipkappers in Victoria 'n massastilstand op 21 April 1856 onderneem het as deel van die agt-uur werksdagbeweging. Dit het 'n jaarlikse herdenking geword, wat Amerikaanse werkers geïnspireer het om hul eerste massastaking te hê. Dus is 1 Mei gekies om Internasionale Werkersdag te vier ter herdenking van die 1886 Haymarketaangeleentheid in Chicago. Dit het egter sedertdien ontwikkel tot 'n viering van die historiese pogings van werkers internasionaal om solidariteit tussen die werkende klas mense te vestig in hul stryd om billike indiensnemingstandaarde te bekom. Dus vra ek dat ons ook op die spesifieke Werkersdag ons onderwysers en ondersteuningspersoneel se veerkragtigheid, deursettingsvermoë, hul gewilligheid en vermoë om aan te pas by 'n voortdurend veranderende opvoedkundige landskap, en die toewyding waarmee hulle kennis oordra aan ons Jannies, te vier.

Die wintersportprogram loop in volle swang en verskeie wedstryde het reeds plaasgevind. Baie geluk aan ons hokkiespanne wat 7 van die 11 wedstryde op 21 April 2022 teen Elkanah House gewen het. Baie geluk ook aan ons netbalspanne wat 13 van die 17 wedstryde teen Laerskool Edgemead weg op 25 April 2022 gewen het (2 wedstryde was gelykop). Ons o/13A-span het onder andere 26 - 5 gewen. Baie dankie en geluk aan al ons afrigters en spelers met die puik vertonings.

Ek sluit dan met die volgende bekende aanhaling van Winston Churchill af rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

"The price of greatness is responsibility"

Geniet ‘n wonderlike langnaweek.

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 29 April 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet