Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

16 April, 2024 - Gr. 7-uitstappie: FAME-produksie by Fugard 00:00-23:59
16 April, 2024 - Algemene Kennis-toets 07:45-08:15
17 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Totius (WEG) 00:00-23:59
18 April, 2024 - Hokkie Seuns: CBC St John's (WEG) 00:00-23:59 at CBC St John's
18 April, 2024 - Mardry Wright (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
18 April, 2024 - Hokkie Dogters: CBC St John's (TUIS) 00:00-23:59
18 April, 2024 - Kleiduifskietkompetisie 00:00-23:59
19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Uitstappie vir IP-Musiekleerders 11:00-12:00
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Kaperjolle 2022 - Belangrike inligting

  1. Ingang is slegs deur Nuwe Kerkstraat se hek.
  2. GEEN parkering op die terrein beskikbaar nie. Parkeer in die strate rondom die skool of gebruik UBER. Adres vir UBER is 83 New Church Street.
  3. Toegang is gratis.
  4. Alle Karri-items wat aangekoop is, moet Saterdag by die inligtingstafel afgehaal word.
  5. Daar is verkope op die dag van kindercombo’s, Lekkergoedland, pannekoek, pizza, koffie, boereworsrolle, chip ‘n dip, snoepie en kroeg.
  6. Betaling op die dag met kontant of Snapscan.
  7. Snapscan verwysing is jou NAAM en VAN
  8. Oor-Die-Kole spyskaarte sal by elke land se stalletjie beskikbaar wees om jou met jou keuse te help. Skryf jou naam tussen 12:00 en 15:00 by jou gekose land se stalletjie op waar jy wil eet. Etes sal tussen 15:30 en 16:00 gereed wees.
  9. Sien die vloerplan hieronder.

KULTUUR

Klavier Eisteddfod

Inskrywings moet voor 29 April in wees. Karri is nou oop vir betalings. Slegs leerders wat deur musiekonderwysers aangewys word, mag vir Klavier Eisteddfod inskryf. Die fooie is op Karri. Let daarop dat fooie vir afdelings verskil. Maak by die musiekonderwyser seker waarvoor jou kind ingeskryf moet word.

SPORT

Landloop- en padloopbyeenkoms Hoërskool Jan van Riebeeck

Hoërskool Jan van Riebeeck nooi alle belangstellende atlete van LS JvR uit om hieraan deel te neem. Teken solank die datum aan. Inskrywingsvorms sal later volg.

ALGEMEEN

Klerebank: Voorraad wat die einde van die maand beskikbaar is

  • Skooltruie groottes 26 en 28
  • 44 Dtex Opaque Tights
  • Hokkiekouse grootte 13-3 en grys skoolkouse grootte 9-12
  • Het Ramble rugsakke in voorraad. Die goedkoper een is eers weer in Julie beskikbaar.
  • Skoolbaadjies en Graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur.
  • Hiermee die skakel om die 100 jaar feeshemp aanlyn te koop.
    • 12 jaar hemde is uit voorraad en wil bepaal of ons aan nog ‘n minimum bestelling kan voldoen.
  • Indien julle nog iets vir winter benodig, bestel asb. aanlyn.
  • Indien julle van groottes wil seker maak, kom asseblief na die klerebank voor skool op Maandae en Woensdae of na skool op Dinsdae en Donderdae.

Veiling 2022

TERUGVOER

Sistemies 2021: Graad 3 & 6 - verslag

Lees gerus deur die sistemiese verslag en uitslae vir graad 3 & 6 van 2021.

Dogters deur na Metro Noord-netbalproewe

Baie geluk aan Hila Hertzog (o/11), Stella Lamprecht en Mieke Nel (o/12) Sophia Liebenberg, Liza Hitge en Emke van Wyk (o/13) wat gekies is vir die Metro Noord netbalproewe. Die proewe vind die week van 2 Mei plaas. Baie sterkte!

*Sophia Liebenberg was nie beskikbaar vir die foto nie.

Hokkiewedstryde - 21 April

Op Donderdag, 21 April, het verskeie van ons leerders geskiedenis gemaak deur die eerste hokkie ligawedstryde in die skool se 101 bestaansjare te speel. Ons spanne het oor die algemeen baie goed gevaar. Die dogterspanne het weg gespeel en die seunspanne tuis teen Elkanah House. Die o/13-spanne het op astro gespeel wat vir ons spelers 'n bietjie van 'n aanpassing is. Nogtans is ons uiters trots op die spelers se entoesiasme en manier hoe hulle hierdie uitdaging te bowe gaan. Gaan loer gerus na die Kiek vir foto's.

0/9A-seuns: wen 1-0
0/9A-dogters: wen 3-1
0/10A-seuns: wen 5-0
0/10A-dogters: wen 11-0
0/10B-dogters: wen 4-0
0/11A-seuns: verloor 1-3
0/11A-dogters: verloor 0-1
0/12A-seuns: wen 1-0
0/12A-dogters: wen 1-0
0/13A-seuns: verloor 0-6

Die o/13-dogters speel eers vanmiddag hul wedstryd op die astroveld en ons wens vir hulle baie sterkte toe.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het ‘n heerlike Paasnaweek geniet en in die proses sommer ook lekker gerus en kwaliteit tyd saam met jul gesinne spandeer. ‘n Langnaweek is altyd ‘n lekker meevallertjie om die spreekwoordelike batterye ten volle te herlaai en ‘dinge’ te doen waarvoor ‘n mens normaalweg nie tyd voor kry nie. Die goeie nuus is dat daar binnekort nog ‘n langnaweek voorlê, maar of die Suid-Afrikaanse ekonomie dit op die stadium van die geveg nog verwelkom, is ‘n ander vraag.

Volgende week op 27 April 2022 vier ons Vryheidsdag. Hierdie openbare vakansiedag word jaarliks op 27 April herdenk ter herinnering aan ons pragtige land se eerste demokratiese nie-rassige verkiesing wat in 1994 plaasgevind het. Ons vier dus ons land se demokrasie op die spesiale dag. Baie gesinne braai dalk op die dag, ander vier dit met kunste en feeste. Sommige besoek interessante plekke wat die stryd teen demokrasie in Suid-Afrika eer, byvoorbeeld die besoek aan Robbeneiland, waar die ikoon Nelson Mandela gevange gehou was. Hoe ook al jy Vryheidsdag gaan vier, kom ons daag mekaar uit tot gemeenskaplike lojailteit teenoor ons land. Kom ons reik meer uit, gee meer om, het meer empatie en wees meer dankbaar. So dikwels is dit net lippetaal, maar ons vergeet dat die mag om dit te kan verander binne ons vermoë lê om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Op Donderdag, 21 April, het ons eerste hokkie-ligawedstryde vir die kwartaal plaasgevind en op Maandag, 25 April, vind die eerste liga-wedsryde vir netbal plaas. Ons wag nog egter vir die WP Rugby Unie om vir ons die rugbywedstryde se datumlys vir hierdie kwartaal te voorsien. Die jaarlikse kleiduif-skietkompetisie het ook op Donderdag, 21 April 2022, by die Valley Gun Club te Agter Paarl plaasgevind. Baie dankie aan ons hoofborg, naamlik Safari Outdoor (LJ le Roux), wat die dag moontlik maak. Graag wil ek vir Stephanie le Roux en Ria Hertzog hartlik bedank wat die gesogte dag reël. Reëlings was puik en die deelnemers het hul gate uit geniet. Sommige van ons het gou besef dat hierdie sportkode spesiale vaardighede en vernuf vereis wat jy nie sommer oornag kan aanleer nie.
Graag herinner ek julle aan môre se Kaperjolle wat vanaf 12:00 by die skool plaasvind. Kom ondersteun asseblief die pretdag met baie aktiwiteite vir kinders en smaaklike lekkernye om aan te smul. Hierdie fondsinsamelingsprojek word deur Ria Hertzog en haar OOV-span gereël en dit bied ons skoolgemeenskap ‘n ideale geleentheid om sommer lekker saam te kuier. Covid-19 het ons vir so lank van heerlike samesyn beroof.

Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling van Allanah Hunt rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

"It is only when you take responsibility of your life, that you discover how powerful you are."

Geniet ‘n wonderlike naweek en sien julle môre by die gewilde Kaperjolle.

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 22 April

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet