Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die einde van die akademiese week bring ons by die begin van ‘n hele klompie opeenvolgende langnaweke wat ‘n heerlike meevallertjie is. Natuurlik is die komende langnaweek, Paasnaweek, en die afgelope weke het ons honderde paaseiers ingesamel wat ons aan die Lions Gemeenskapsorganisasie geskenk het om ‘n klein verskilletjie in die lewens van behoeftige kinders te maak. Net as jy gewonder het waar die gebruik van paaseiers vandaan kom, haal ek graag die volgende aan:

Paaseiers het ‘n baie lang geskiedenis en die gebruik het reeds voor die geboorte van Jesus begin. Eiers was nog altyd gesien as die simbool van ‘n nuwe lewe. Soos wat die Christendom versprei en gegroei het, is die eier al meer gesien as ‘n teken van Jesus se opstanding uit die graf. Die gebruik om eiers van sjokolade te maak, het in die 19e eeu in Frankryk en Duitsland begin. Die eerste sjokolade-eiers wat op groot skaal gemaak is, was deur Cadbury’s in Engeland. Gebruik gerus ‘n hol (leë) paaseier om vir jou kind te leer dat die graf leeg was, soos wat die eier binne leeg is, en dat Jesus lewe.

Die week het ons ook amptelik afgeskop met die wintersportprogram. Verlede Vrydag het ons o/13-hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n toernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Alhoewel die uitslae nie na wense was nie, het ons spelers dit vreeslik geniet. Op Saterdag, 9 April 2022, het ons o/10-netbalspan aan ‘n o/10-toernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem. Ons dogters het die toernooi puik afgeskop en die eerste wedstryd teen Laerskool Vredekloof met ‘n telling van 13 -1 te wen. Die o/10-span het verder op die dag puik gevaar deur 3 van hul 4 wedstryde te wen. Baie geluk aan die spelers en die afrigters, naamlik Juffrouens Bibi en Suné wat hulle vergesel het.
Verder skop ons die week af met ‘n opwindende besoek deur Ivan Botha, bekende akteur, regisseur en skrywer op Maandag, 11 April. Hy het ‘n spesiale aanbieding vir die Graad 7’s in die saal gelewer wat hoofsaaklik oor Afrikaans en Drama gehandel het. Ivan is ook ‘n ouer by ons en het soveel moeite gedoen om vir die Graad 7’s te verduidelik wat die vermaakliksheidsbedryf behels asook die loopbaanmoontlikhede daaraan verbonde. Hy is ook ‘n groot voorstaander van lees en het ook hierdie spesifieke passie met hulle gedeel. Baie dankie, Ivan, vir jou kosbare tyd en die besonderse wyse van jou aanbieding om dit vir die Graad 7‘s interessant en relevant te maak. Baie dankie, Marinda, vir die wonderlike inisiatief en reëlings. Op hierdie manier streef ons daarna om akademie te verryk en word vakke graag geïntegreer om ‘n puik geleentheid vir leer te skep.
Week 2 sluit dan verder nog kultuuraktiwiteite in met die interne redenaarskompetisie vir Gr.2 - 7-leerders wat vanaf 11 - 13 April geskied het. Ons leerders is so talentvol en praat met die grootste gemak voor die gehoor om hul standpunt met verskeie argumente suksesvol te verdedig. Ek is nog steeds stom geslaan met ons leerders se puik redenaarsvermoë, die selfvertroue en die spitsvondigheid. Hou so vol! Ons is baie trots op julle en baie dankie, Juffrou Andri, vir die puik reëlings hieraan verbonde.
Graag wil ek ook vir Marc Jooste (Gr.1-ouer en argitek) wat my help met ‘n estetiese projek om die ingang van die skool (voorkant/voorportaal van die saal), langs die nasorg wat toegang gee tot die snoepie en saal te verfraai. Die beoogde kostes beloop ongeveer R60 000 en indien jy as ouer/voog ‘n finansiële bydrae tot die projek wil maak, kontak my gerus per e-pos (skoolhoof@jvrprim.co.za), by voorbaat dankie. Ons is baie trots op ons pragtige en historiese skoolgebou, maar vergeet dikwels dat dit 100 + 1 jaar oud is, wat dus gereelde onderhoud en opgradering vereis.

Ek sluit dan af met die volgende inligting rakende die Paasnaweek:

"Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar. In die Christelike geloof vier dit die opstanding van Jesus Christus wat op die derde dag na Sy kruisiging uit die dood opgestaan het. Op hierdie grootste van Christenfeeste, vind daar verskeie oorlewerings van antieke seremonies plaas. Paasfees, die paashaas en paaseiers is eeue ouer as die Christendom oor na jou hart."

Geniet ‘n wonderlike en geseënde Paasnaweek en indien julle reis, wees asseblief veilig.

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

AKADEMIE

Gr. 4 - 7-Boekverkope & Gasspreker

Tydens 26, 28 en 29 April sal daar boekverkope in die skool se biblioteek gehou word. Leerders sal deur die loop van die week 'n geleentheid kry om na die boeke te kom kyk. Die spesifieke dag waarop jou kind se klas die boekverkoping bywoon, sal nader aan die tyd deurgegee word. Boeke kan met kontant of 'n bankkaart (debiet/krediet) gekoop word.

Ouers/voogde is welkom om smiddae na skool boeke vir hul kinders te koop. Sien onderstaande tye waartydens boekverkope vir ouers/voogde beskikbaar sal wees:
Dinsdag, 26 April: 14:00 - 14:30
Donderdag, 28 April: 14:00 - 16:00

De Wet Hugo-praatjie

Die gewilde jeugskrywer, De Wet Hugo, kom Dinsdag, 26 April, met alle graad 4-7-leerders gesels. Sy boeke sal ook by die boekuitstalling te koop wees. De Wet Hugo sal na afloop van die praatjie beskikbaar wees om boeke vir leerders te teken.

ALGEMEEN

Veiling 2022

Dit is weer veilingtyd! Na die afgelope twee jaar se uitdagings, is ons baie opgewonde oor die opkomende veiling wat op Saterdag, 4 Junie 2022, plaasvind.

Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse vir die uitsluitlike voordeel van die skool in en is daarop toegespits om die skool uit te bou en te verbeter en nie om die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met vorige jare se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak:
  1. Verhitting van die swembad
  2. 2 x beurse vir diversiteitsleerders
  3. 5 x matriekbeurse vir Huppelland-assistente
  4. 2 x beurse vir Huppelland-assistent onderwyssertifikate
  5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres
  6. iMadiba installasie
  7. Aankoop van hokkietoerusting
  8. Plavei van Huppelland-parkeerarea
  9. Stortgeriewe vir onderwysers
  10. Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal
  11. Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang
  12. Toelaag vir biblioteek
  13. Toelaag vir personeelkamer
  14. Nuwe bankies by laerskool
  15. Algemene opknapping van deure en vensters
  16. Tennisbane is oorgedoen
  17. Leerlinge se badkamers is opgeknap
  18. ‘n Nuwe 35 sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, is aangekoop
  19. Huppelland se asbesdak is vervang
  20. Die laerskool se muur aan die nasorg se kant is gebou
  21. Verf & opgradering van die saal
  22. Verf van skool aan die binnekant
Vir meer inligting aangaande die trust, volg asseblief die SKAKEL.

Soos dit duidelik blyk uit die bogenoemde, word die ingesamelde fondse goed aangewend en word die veilingopbrengs aangewend vir projekte wat andersins nie gedoen sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om hieraan deel te neem.

Indien jy nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking maak.

Betaling van die kaartjies sowel as skenkings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust
Bank: Investec
Rekening Nr: 10011436695
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling of enige verdere navrae moet asseblief aan coreen.scholtz@gmail.com of esnaboshoff@gmail.com gestuur word.

Klerebank: Voorraad wat die einde van die maand beskikbaar is

  • Skooltruie groottes 26 en 28
  • 44 Dtex Opaque Tights
  • Hokkiekouse grootte 13-3 en grys skoolkouse grootte 9-12
  • Het Ramble rugsakke in voorraad. Die goedkoper een is eers weer in Julie beskikbaar.
  • Skoolbaadjies en Graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur.
  • Hiermee die skakel om die 100 jaar feeshemp aanlyn te koop.
    • 12 jaar hemde is uit voorraad en wil bepaal of ons aan nog ‘n minimum bestelling kan voldoen.
  • Indien julle nog iets vir winter benodig, bestel asb. aanlyn.
  • Indien julle van groottes wil seker maak, kom asseblief na die klerebank voor skool op Maandae en Woensdae of na skool op Dinsdae en Donderdae.

Verlore Goedere proses

Sien hier onder die proses wat met verlore goedere by die skool gevolg word. Die skool kan ongelukkig nie vir swak-, verkeerdelik of ongemerkte items verantwoordelik gehou word nie. Ons poog wel om gemerkte verlore goedere, so spoedig moontlik aan hul eienaars terug te besorg.

Proses:
  1. In die eerste periode op 'n Woensdag en Donderdag word gemerkte verlore items (wat op die tafel beland het) aan leerders terugbesorg.
  2. Alle items wat nie gemerk is nie, word in die kaste gepak.
  3. Aan die einde van die kwartaal, word alle swak / verkeerdelik gemerkte / ongemerkte items wat in die kaste is, by die verlore goedere-uitstalling beskikbaar gestel.
  4. Alle items wat nie op die dag van die uitstalling geëis word nie, word geskenk.
Ongelukkig hoop verlore goedere vanaf Donderdagoggende na Woensdagoggende op. Indien die verlore item nie in die kaste of op die verlore goedere tafel is nie, is ouers welkom om 'n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za te stuur.

Fotobestellings

  • Die leerders het reeds hul fotokoeverte ontvang.
  • Vul asb. alle besonderhede op die koevert in en stuur dit terug skool toe.
  • Leerders kan die koevert(e) inhandig by hul registeronderwyser.
  • Foto's kan nog nie aanlyn bestel word nie. Verdere inliging hieroor sal later deurgegee word.
  • Laaste dag vir fotobestellings d.m.v. die koevert is Donderdag, 21 April.

Waarde vir die kwartaal

Hierdie kwartaal behandel ons die waarde Verantwoordelikheid en die kleur is groen.

Die simbool vir Verantwoordelikheid is 'n spekboom.

Ons fokus op drie afdelings:
  • Ek is verantwoordelik vir my skoolwerk (myself)
  • Ek is verantwoordelik vir sekere take by die huis
  • Ek/ons is verantwoordelik vir die aarde/my omgewing

Oranjerivierroei 2023

Alle Graad 6-ouers/voogde

Ons wil solank aan die Oranjerivier roeitrip vir die Graad 7's van 2023 begin reël. Daar is 'n voorlopige bespreking vir vroeg in die Aprilvakansie. Alle ouers met kinders in graad 6 moet asb. die vorm invul, selfs al gaan julle nie saam roei nie.

GOOGLE FORM

Roomysverkope

Die graad 7-leerders gaan drie roomysverkope hierdie kwartaal hou as deel van hul fondsinsameling vir hul afskeid aan die einde van die jaar. Die roomyse sal teen R10, R15 en R20 verkoop word.

Datum van volgende verkope:
Vrydag, 22 April

Inligtingsessie: Kinders & Sosiale Media

Hierdie sessie word gratis vir graad 5 - 7 leerders tydens skoolure aangebied. Ouers kan R50 op Karri betaal om dit op 10 Mei om 18:00 by te woon.

TERUGVOER

O/10-netbaltoernooi: 9 April

Ons was een van 15 skole wat Saterdag, 9 April, aan 'n o/10-netbaltoernooi in Durbanville deelgeneem het. Met net twee oefensessies agter die rug, het ons Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog gehou.

Ons het Vredekloof 13-1 gewen en ook vir Table View en Bellville-Noord behoorlik laat les opsê. Dit was slegs Renish teen wie ons net-net verloor het. Amelie van der Walt het 'n sertifikaat vir die speler van die dag uit die JvR-span, ontvang.

Dit was regtig 'n heerlike dag en ons sien 'n blink toekoms vir ons o/10-netbalspanne.

Dankie Juffrou Alberts en Juffrou Janse van Rensburg wat die dag saam met ons spandeer het. Ook 'n spesiale dankie aan Juffrou Bambiso wat so mooi met ons geoefen het. Ons belowe om julle hierdie jaar nog baie trots te maak.

- Geskryf deur Stella Pansegrouw Gr.4M

o/13 Hokkie voorbereidingstoernooi: 8 April

Die o/13-hokkieseuns en -meisies het aan Van Riebeeckstrand se hokkie voorbereidingstoernooi op Vrydag, 8 April, deelgeneem. Ten spyte van moeilike teenstanders soos Paarl Gimnasium, Beaumont en Van Riebeeckstrand het die spelers nie terug gestaan nie en beslis hul beste gegee. Die spelers het dalk nie op die telbord gewen nie, maar hulle het goeie sportmangees getoon en as wenners van die hokkieveld afgestap. Die spelers het baie geleer en terselfde tyd die spel baie geniet. Ons is trots op dié Jannies!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 14 April 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet