Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
22 April, 2024 - Graad 1-3 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Wêreldboekedag 08:00-14:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Week 6 het sommer lekker flink afgeskop met ‘n baie besige sportprogram. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe al ons Jannies aktief aan die verskillende sport- en kultuuraktiwiteite by die skool deelneem. Na 2 jaar is die kinders se belangstelling om aan die buitemuurse program deel te neem op ‘n ‘nuwe’ energieke vlak. Dit herinner ons dat ons vir jare die normale funksionering van die samelewing as selfsprekend aanvaar het en groot was die ontnugtering met die koms van 'n wêreldwye pandemie.

Hierdie afgelope week het ons Jannies aan verskeie krieket- en tenniswestryde asook die subsone atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Ek is so trots om aan te kondig dat van die 37 atlete wat daar op Woensdag, 23 Februarie, deelgeneem het, gaan 15 atlete deur na die distriksbyeenkoms wat op Saterdag, 26 Februarie, te Vygieskraal plaasvind. Ek verwys graag na die res van die nuusbrief. Ons o/13-krieketspanne het die afgelope week twee wedstryde gespeel. Ek wil nie graag leerders uitsonder nie, maar ek sal my van my taak kwyt indien ek nie melding maak van Werner Steyn (Gr. 7) wat op Dinsdag, 22 Februarie, ‘n ongelooflike kolfbeurt tydens ‘n T20-wedstryd weg teen Laerskool Parklands gehad het. Hy het ’n blitsige 102 lopies van slegs 54 balle aangeteken waarop iemand soos AB de Villiers ook baie trots sou wees. Baie geluk aan Adan Eksteen wat ook 57 lopies tydens die wedstryd geslaan het en soos julle kan aflei, het ons met ‘n allemintige 188 lopies gewen. Welgedaan aan meneer Warren en sy span, julle maak ons baie trots! Ons 6 tennispanne het ook die week goed gevaar en gaan van krag-tot-krag. Op Saterdag, 19 Februarie, het ons skaakspelers aan Laerskool Welgemoed se individuele skaaktoernooi deelgeneem. Baie geluk aan Bella Naylor wat die beste dogtersprys gewen het. Ons is baie trots op jou, Bella. Baie geluk aan al ons sportleerders en afrigters wat ons skool so mooi verteenwoordig.
Dinsdag, 22 Februarie 2022, was natuurlik ‘n baie unieke dag, want dit is Palindroomdag. Dit beteken dat die datum presies dieselfde bly al lees jy dit van links na regs of van regs na links. Hierdie 8-syfer Palindroomdae is uiters skaars. In die vorige eeu was daar geen, maar hierdie eeu is daar 29 as jy die datum skryf met eers die dag, dan die maand en dan die jaar.

Ek, juffrou Izel en die leerderraad het die wonderlike voorreg gehad om saam met 9 ander laerskole se leerderrade op Donderdag, 24 Februarie, ‘n heerlike Leierskapontbyt te Hoërskool Jan van Riebeeck by te woon. Die ongelooflike funksie is in die pragtige tuin voor die Welgemeend gehou met die voormalige Springbokkaptein, Corné Krige, as die gasspreker. Sy insiggewende toespraak het oor leierskap gehandel en sy nederigheid het ‘n groot indruk op al die jong leiers en almal teenwoordig gemaak. Hy het ons almal uitgedaag om die beste van jouself elke dag te wees en mense te inspireer dat daar hoop is. Ons land hunker so na hoop en dit maak sy boodskap so treffend. Wees elke dag jouself soos ons leuse sê, maar wees die beste van jouself elke dag - dan gaan ons ‘n groot verskil maak. Baie dankie Karien Zulch en die skoolhoof, mnr. Pieter Rademeyer, vir die uitnodiging en baie geluk met ‘n puik funksie waarop julle baie trots kan wees. Dit was so lekker om ons oud-leerders en verlede jaar se Gr.7-leerders weer in aksie te sien.
Ek doen ‘n beroep op ouers/voogde en au pairs wat kinders agter by die skool vanuit "New Church" kom aflaai en optel, om asseblief so te parkeer dat die ’rooi rybaan’ te alle tye nie geblokkeer word nie. Indien jy vroeg arriveer en daar wil wag tot jou kind opdaag, parkeer asseblief so dat die vloei van verkeer nie belemmer word nie. Ons vra ook dat kinders asseblief vinnig ("drop and go") afgelaai en opgetel word om die vloei van die verkeer te verseker. Daar is verskeie motorbestuurders wat die afgelope tyd nie hulle samewerking gegee het nie en onnodig ouers/voogde warm om die kraag gemaak het. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.

Op daardie noot wil ek afsluit met die volgende aanhaling deur Jonathan Garcia-Allen oor verdraagsaamheid:

"Verdraagsaamheid is die irriterende gevoel dat ander mense op die ou end reg kan wees."

Geniet die naweek en sterkte aan almal betrokke by sport oor die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Fotodag: Dinsdag, 1 Maart

Dinsdag, 1 Maart is dit fotodag.

Die volgende foto's sal geneem word:
  • Individuele foto's
  • Boetie- en sussie foto's
  • Beheerraadfoto
  • Biblioteekmonitors
  • Suidoosterredaksie
  • OOV
Reëlings:
  • Kleredrag: Leerders dra hul gewone wit JvR-skoolhemp (plat kraag met wapen op die sak) met hul grys kortbroek en donkerblou rompie, wit en grys sokkies met skoolskoene.
  • Daar sal GEEN LO-lesse op hierdie dag wees nie.
  • Leerders moet asb. betyds wees. Ons begin reeds om 08:00 met die foto's.
  • Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon is.

HS JvR Kaas-en-Wyn, 3 Maart 2022

HS JvR hou Afrikaans-week en bied 'n heerlike kaas-en-wyn aand op Donderdag, 3 Maart, om 18h00 aan. Dit is 'n inisiatief wat ons graag met die Laerskool saamdoen!

Jannies vir Jesus: Begin Donderdag, 3 Maart

Na amper twee jaar van inperkings gaan ons weer Jannies vir Jesus hervat! Hierdie projek is in 2019 geloods om ons Jannies die geleentheid te gee om hul geloof uit te leef. Vrywillige Jannies het lekker saam gesing en na 'n kort boodskap geluister. Ons is baie opgewonde dat die Groote Kerk ook hierdie jaar betrokke gaan raak. Ds Marietjie Steyn of hul jeugwerker (wat binnekort aangestel word) of 'n onderwyser sal die boodskap behartig. Ons beoog ook om ons gr.7's en entoesiastiese kitaarspelers by die aanbieding te betrek.

Ons nooi alle gr.1-7-leerders en hulle ouers uit om betrokke te raak!
Wanneer? Elke Donderdagoggend (Begin 10 Maart)
Waar? Skoolsaal
Tyd? 07:15 - 07:40

Rig alle navrae aan lucia@jvrprim.co.za

Stof jou dansskoene af!

Alle Gr.5 - 7-Jannies word na ons skitterende 'disco' dans op Donderdag, 17 Maart 2022, genooi!
Tyd: 18:00 - 21:30

Kaartjies sal vanaf Maandag, 28 Februarie, op die Karri-toep teen R60 beskikbaar wees.
Kaartjies sluit 'n worsrolletjie en 'n koeldrank in.

Die snoepie sal die aand oop wees.

Kaperjolle 2022

Dis weer tyd om heerlik op 23 April 2022 op die skoolgronde saam te kuier. Merk solank die datum op jou kalender sodat julle nie uitmis nie. Ons het julle kostalente by die Oor-Die-Kole kompetisie nodig. Kliek op die GOOGLE FORM vir al die inligting en om in te skryf. Vul asb. die Google Form voor 25 Maart 2022 in om jou land/span in te skryf. Kontak vir Martie Viljoen 084 601 5640 | martie.viljoen7@gmail.com of Ria Hertzog 082 320 3288 | oov@jvrprim.co.za met enige vrae.

AKADEMIE

Navorsing in Rekenaarlokaal

Ons rekenaarlokaal is in die middae vanaf 14:15 tot 15:00 vir leerders beskikbaar om navorsing vir take te doen, prente te soek of om take te voltooi. Maak van hierdie diens gebruik indien julle nie / nie genoeg rekenaars by die huis het nie of as jou kind(ers) beter gaan werk in 'n klaskamer opset. Suzaan Burger hou toesig. Laat weet ook gerus indien julle 'n spesiale reëling wil tref, bv. as 'n leerder langer wil bly om 'n taak klaar te maak: suzaan@jvrprim.co.za

KULTUUR

Eisteddfod 2022 Inskrywings

Dit is weer tyd vir Eisteddfod-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Mei. Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor.
  • Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 4 Maart.
  • Whatsapp asb. die inskrywingsvorm na 072 014 8234 (Jana)
  • Kostes beloop: R65 per inskrywing.
  • Sluitingsdatum vir betaling is 12 Maart.
  • Betalings word deur die Karri-app gedoen.
  • Geen laat inskrywings word aanvaar nie.
Sang- en Musiekinskrywings

Inskrywings vir sang en musiek moet later in wees. Die Karri-toep sal later hiervoor oopmaak. Sang- en musiekinskrywings word deur die musiekpersoneel bepaal. Ouers sal gekontak word.

Lees die VORM vir die kategorieë en vul dit in om in te skryf.

SPORT

Sportnavrae

Neem asb. kennis dat Razelle Hanekom (Sportbestuurder) vanaf 17 Februarie vir die volgende 4 maande met kraamverlof gaan. Stuur dus asb. enige sportnavrae nog steeds na sport@jvrprim.co.za wat deur Leon Hanekom vir die tydperk hanteer sal word. Maak asb. seker julle ''cc'' ook die spesifieke sportkodehoofde (sien lys onder) in om effektiewe kommunikasie te bewerkstellig.

Sportkodehoofde (Somer):
Baie dankie vir julle dringende aandag.

Welkom aan ons nuwe swemafrigters - Aqua Crazy

Julle het dalk gesien dat daar heelwat nuwe gesigte by die swembad tydens die skool se oefensessies die laaste paar weke is. Ons het verskeie swemafrigters vir onderhoude genooi en vir hulle die geleentheid gebied om prakties met ons leerders te werk. Na verskeie onderhoude is ons baie opgewonde om die span van Aqua Crazy by ons te verwelkom! Hulle het vir ons 'n kort beskrywing oor hulself gestuur:

Good day Jan Van Riebeeck parents/guardians
We are pleased to be on board and part of the JvR family. We would like to extend our greatest gratitude for the opportunity to further improve the quality of the swimming program and the swimming ability of the children. To build and grow the swimming program within the school, we will be offering private swimming classes to all JvR students. Classes will be made available during each PT period and after hours between 15:00 - 18:00 and Sat 09:00 - 13:00.

Furthermore, students who have grown within our individual and group lessons can enrol in the swimming club to improve stamina and endurance. We are excited to see what the future holds for all our little swimmers.

Contact us via info@aquacrazy.co.za or WhatsApp 083 765 6521
Visit our website: https://www.aquacrazy.co.za/

Kontak hulle gerus vir meer inligting.

Junior Swemgala reëlings vir 4 Maart

Die Junior Swemgala vind op Vrydag, 4 Maart, plaas. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings vir die dag oordra.
  • Ons sal om 09:00 afskop met die eerste item.
  • Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Hulle sal mooi moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word.
  • Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Die beleid is dat swemmers asb. met die skool se swembroek moet swem. Indien hulle nie een vir die dag kry nie, gaan ons die vergunning maak dat hulle 'n donkerblou swembroek mag dra. Pak asb. droë onderklere in.
  • Indien 'n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet die feeshempie en 'n blou skort / kortbroek dra.
  • Kinders mag nie om die swembad of deur die skool hardloop nie anders verloor hulle span punte.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie 'n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie. Vir die Junior gala behoort ons rondom 12:00 klaar te maak.
  • Leerders kom gewone tyd skool toe en mag eers aan die einde van die gala huis toe gaan. Ons vra dat ouers ons asb. hiermee ondersteun en nie enige leerders voor die einde van die gala sal huis toe neem nie.
  • Ouers en buiteafrigters is welkom om die gala by te woon.
  • Kliek op die foto vir die itemlys.
Kleuregala program 2022 - Itemlys Gr 1-3

Tenniswedstryde 22 & 23 Febr.

Ons 5 tennisspanne het hierdie week lekker gewoeker.

Op Dinsdag, 22 Februarie, het twee van ons spanne as gevolg van die atletiek wat Woensdag plaasgevind het, gespeel. Die uitslae is as volg:

Noord-liga: Seuns A verloor 2-4 teen Durbanville A-seuns.

Table View-liga: Seuns A wen 4-2 teen CBC St. John's A-seuns. Hierdie manne het ook die geleentheid gekry om op ons twee splinternuwe bane te speel. Hulle het dit natuurlik vreeslik geniet.

Woensdag, 23 Februarie, het drie van ons spanne gespeel. Die uitslae is as volg:

Noord-liga: Dogters A verloor 0-6 teen Durbanville A Dogters.

Gemengde o/13 span wen 6-0 teen Curro Brackenfell.

Table-View Liga: Gemengde 1ste span verloor 1-5 teen Elkanah House Senior.

Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week vergesel.

o/11A-Krieketwedstryde - 23 Februarie

Die o/11 A-span het Woensdag, 23 Februarie, 'n vriendskaplike wedstryd teen Van Riebeeckstrand gespeel. JvR het eerste gekolf en het 86 lopies na 15 beurte aangeteken. Ben Esterhuyse en Jack Dawes het 'n pragtige vennootskap aan die gang gehad.

Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 8 paaltjies. Ben Esterhuyse het 'n pragtige paaltjie geneem. Hy was ook aangewys as speler van die wedstryd. Baie geluk, Ben. Ons is so trots.

Atlete lewer hul beste

Woensdag het 34 van ons atlete aan die Semi-kampioenskappe te Vygieskraal deelgeneem. Dit was 'n heerlike dag en die byeenkoms het glad verloop. Ons atlete het uitstekend presteer.

Die uitslae is as volg:

Ashlyn-Beth Alexander (1ste diskus)
Sophia Liebenberg (1ste spiesgooi, 1ste verspring en 2de 200m)
Helene Greeff (4de 1 500m en 4de 200m hekkies)
Anna Viljoen (2de hoogspring)
Delmar Benecke (1ste 1 200m en 1ste verspring)
Nils le Roux (1ste 1 200m, 1ste verspring en 2de 70m hekkies)
Ané Swanepoel (1ste 1 200m)
Francois Boshoff (2de hoogspring)
Dawid-Wiese Viljoen (2de 75m hekkies)
Sofia Newton (3de 75m hekkies en 1ste 150m hekkies)
Sebastian Senekal (1ste gewigstoot)
Cara Stoltz (1ste 70m hekkies en 1ste verspring)
Jean Petrie (4de 200m en 4de 200m hekkies)
Albert Griesel (3de 800m)
Liza Hitge (1ste hoogspring)
Jeanne van Heerden (2de gewigstoot)
Mari Steyn (4de 1 200m en 1ste hoogspring)
Leo Conradie (3de 1 200m)

Al hierdie leerders neem Saterdag aan die distrikbyeenkoms te Vygieskraal deel. Ons wens vir hulle alle sterkte toe.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 25 Feb 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet