Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 20 Maart 2024

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang.

Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef.

Ons het op Donderdag, 14 Maart 2024, ons jaarlikse gholfdag te Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie unieke "links-tipe" gholfbaan is geleë tussen die Atlantiese Oseaan en die Rietvleirivier. Die gholfbaan is relatief plat met min bome en dit bied baie uitdagings vir die gemiddelde gholfer, veral as die Suidooster sy spreekwoordelik tande wys met die see en die strandmeer wat aan die meeste gate grens. Verder is daar sewe pragtige watergate wat wag om al die ‘skewe’ gholfballe op te eis. Die asemrowende uitsig vanaf die meeste bowwe oor Tafelbaai met die ikoniese Tafelberg, Duiwelspiek, Seinheuwel en Leeukop as agtergrond is skilderagtig en daarom bied dit werklik 'n unieke gholfervaring! Baie dankie aan al ons ouers wat die gewilde dag ondersteun het asook vir die wat vir borgskappe pa gestaan het. Laat my toe om mnr. Rashard hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n puik gholfdag. Baie dankie aan Ria Hertzog wat mnr. Rashard met die reëlings bygestaan het. Baie geluk aan die volgende wenspan (almal ouers by ons skool) wat hul titel vir ‘n 2de agtereenvolgende jaar suksesvol verdedig het:
  • Oloff Sieberhagen (kaptein)
  • Louis Boshoff
  • Jake Rennie
  • Adriaan Theron
Indien jy hierdie wonderlike gholfervaring en samesyn vanjaar gemis het, maak gerus vroegtydig met mnr. Rashard kontak, want 2025 se gholfdag gaan nog groter wees.

Ons wil ook vir mnr. Pieter Rademeyer en sy span van Hoërskool Jan van Riebeeck hartlik bedank wat ons leerderraad vir ‘n leierskapontbyt en motiveringspraatjie op Vrydagoggend, 15 Maart, om 07:45 te Welgemeend genooi het. Die spesiale funksie is deur verskeie laerskole se leerderrade bygewoon.

Vandag ontvang elke leerder ook hul skoolrapport om erkenning te gee aan hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Dit was ‘n groot voorreg om elke rapport te kon teken met ‘n baie kort persoonlike boodskappie vir elke leerder. Graag wil ek vir al ons leerders en onderwysers spesiaal gelukwens en hartlik bedank vir die kollektiewe poging tot die suksesvolle akademiese-, kulturele- en sportprestasies tydens kwartaal 1. Vandag is ook die Top 10 akademiese presteerders (slegs gr. 7) vir kwartaal 1 aangewys. Baie geluk aan die volgende leerders wat elkeen ‘n spesiale sertifikaat ontvang vir hul harde werk en toewyding:
  • Delmar Benecke
  • Daniella Boshoff
  • Izzy du Plessis
  • Hila Hertzog
  • Jeanne Koen
  • Anna Louw
  • Michaan Naylor
  • Jessica Schincariol
  • Emma Snijders
  • Ané Swanepoel
Die laaste week en 'n half van die kwartaal is tradisioneel altyd propvol opwindende aktiwiteite wat die onderstaande ingesluit het:
  • Somersokkie vir gr. 5 – 7-leerders op Woensdagaand, 13 Maart, in die skoolsaal.
  • Podiumpret Redenaars op Donderdag, 14 Maart.
  • Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 15 Maart.
  • Gr. 2- uitstappie na Spar (entrepreneurs-uitstappie)
  • Gr. 3-uitstappie op die Rooibus op 15 Maart.
  • Studiekursusse vir gr. 4 – 7-leerders se laaste sessie het op Saterdag, 16 Maart, by die skool plaasgevind. Baie dankie aan juff. Marietjie en Sharon vir die ongelooflike en waardevolle sessies.
  • Gr. 1 - 3-musiekkonserte het onderskeidelik op Maandag, 18 Maart, asook gr. 4 en 5-musiekkonserte op Dinsdag, 19 Maart, in die saal tydens skooltyd plaasgevind. Baie dankie aan al die ouers/voogde asook oumas en oupas wat die gewilde konserte kom ondersteun het. Dit is altyd kosbaar. Baie dankie aan juff. Rolene, Estelle, Helecia, Lara en mnre. Ben, Shaun en Paul vir hulle aandeel in dié verband. Graag wil ek ons nuwe Hoof van Musiek en Kultuur, naamlik juf. Rolene, hartlik bedank en komplimenteer met al die wonderlike inisiatiewe wat sy alreeds binne ‘n kort rukkie van stapel gestuur het om musiek en kultuur by ons skool te promoveer en uit te brei. Hou die spasie van musiek en kultuur dop. Daar gaan baie opwindende aktiwiteite vanjaar plaasvind!
  • Die Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘paashase’ het saam met hul skoolhoof ons skool op Maandag, 18 Maart, besoek en paaseiers aan ons leerders uitgedeel. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer en sy leerderraad vir die groot bederf. Die besoek het natuurlik baie opwinding onder die graad 1’s veroorsaak.
  • Gr. 6’e het op Maandag, 18 Maart, ‘n leierskapkursus bygewoon wat deur Lead4Life by ons klubhuis aangebied is.
  • ‘n Suksesvolle Markdag is op Dinsdag, 19 Maart 2024, gehou.
  • Welwillendheid Jannies-Karwasprojek is op Dinsdag, 19 Maart, tydens skooltyd aangebied waar leerders ons ouers en personeel se motors gewas het ten bate van liefdadigheid. Baie dankie juf. Marietjie wat in beheer van die projek gestaan het asook al die ouers wat gehelp het.
  • Ons gr. 7’s vertrek vanaf 21 – 26 Maart op hul jaarlikse Oranjeriviertoer. Baie dankie aan Wilhelm Hertzog wat aan die stuur van sake staan. Ons wens vir julle ‘n veilige reis toe en ons kan nie wag om al die stories te hoor en die foto’s te sien nie. Geniet dit en wees veilig!
Vandag is daar ook ‘n bietjie hartseer by die skool aangesien ons van mnr. Warren Stoman afskeid geneem het. Mnr. Warren het ‘n pos as ‘n operasionele bestuurder in die privaatsektor aanvaar en begin reeds 01 April 2024 in die pos. Ons wens hom alle sukses en voorspoed toe en mag hy sy nuwe loopbaanhoofstuk terdeë geniet. Ons gaan hom baie mis en wil hom hartlik bedank vir die harde werk en toewyding, maar ook veral die verskil wat hy in die leerders se lewens gemaak het. Gelukkig vir ons gaan hy nog steeds help met rugbyafrigting vir die res van die jaar. Baie geluk aan mnr. André Lourens wat dan mnr. Warren se gr. 7-pos oorneem. Dan wil ek graag ook mnr. Keenan Faro verwelkom wat vanaf 08 April die Liggaamlike Opvoedingspos sal behartig. Ons beste wense vergesel beide mnre. André en Keenan vir die nuwe rolle wat hulle gaan vertolk. Hartlike welkom mnr. Keenan by die Jan van Riebeeck-familie en mag jy soos die res van die personeel baie vervulling ervaar met jou aanstelling en werk by ons dinamiese skool.

Ons skool sal altyd strewe om op alle gebiede (akademie, kultuur en sport) te verbeter en daarom het ons 2024 afgeskop met aanpassings en nuwe inisiatiewe om ons dienslewering aan ons skoolgemeenskap te verbeter. Om te verbeter, beteken ‘dinge’ moet anders gedoen word en verandering is noodsaaklik as ons wil aanhou groei, maar ek besef ook dat veranderinge veral vir die personeel angstig kan maak. Dus wil ek graag afsluit deur spesiaal vir al ons personeel, die EXCO en die Beheerraad hartlik te bedank vir hul harde werk, toewyding en passie om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck nie vanaf 2024 stagneer het nie, maar eerder van krag-tot-krag gegroei het om in die proses ons leergierige leerders verder te bemagtig om die toekoms met selfvertroue aan te pak en hul volle potensiaal te bereik.

Ek sluit dan af met ‘n bekende aanhaling van William Arthur Ward oor dankbaarheid die afgelope kwartaal en mag julle die komende vakansie terdeë geniet, lekker rus en ek wens vir almal ‘n geseënde Paasfeestyd saam met familie en vriende toe. Wees veilig waar ook al julle mag gaan en mag almal se spreekwoordelike batterye behoorlik herlaai word om ’n besige kwartaal 2 aan te pak.

"Gratitude can transform
Common days into thanksgivings
Turn routine jobs into joy, and
Change ordinary opportunities
Into Blessings!"
Attracts more positive things in your life.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

KULTUUR

ATKV-DigiKuns: Aanlyn Kunskompetisie

ATKV-DigiKuns bied ‘n aanlyn kunskompetisie aan. Die kompetisie is oop vir enigeen vanaf ouderdom vyf jaar. Hierdie jaar se tema is “Op Reis” en inskrywings sluit op 30 April 2024. Volg die skakel vir meer inligting.

Nuwe Kitaaronderwyser aangestel

Die Musiekdepartement stel graag ons nuwe kitaaronderwyser aan julle bekend. Meneer Brent Januarie het reeds in die eerste kwartaal by ons aangesluit, maar sal vanaf die tweede kwartaal meer leerders by die skool onderrig.

Brent is ‘n klassieke kitaarspeler by uitstek en is tans besig om sy MMus by Stellenbosch Universiteit te voltooi. Hy het ook ‘n groot liefde vir jazz en populêre musiekstyle, en tree gereeld saam met plaaslike musiekgroepe op. In sy kapasiteit as kitaaronderwyser, is mnr. Brent betrokke by Laerskool Rhenish in Stellenbosch. Ons sien baie uit daarna om hom meer by ons skool te sien en vir sy unieke bydrae tot die ontwikkeling van ons Musiekdepartement.

Kontak gerus vir juf. Rolene vir verdere navrae: rolene@jvrprim.co.za

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid vir ouers/voogde skep om hul kind(ers) se musiekonderwyser te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om met ouers/voogde te gesels oor hul kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, Eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag met ouers wil bespreek.

Ons nooi ouers/voogde daarom uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die tyd te bevestig sodat ons die nodige voorbereiding vir die ontmoeting kan tref. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie.

Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van kwartaal 2 hier te sien.

Ek lys ons musiekonderwysers se kontakbesonderhede:
  • Rolene van Zyl | rolene@jvrprim.co.za
  • Ben Reynecke | ben@jvrprim.co.za
  • Larah Eksteen | info@larah.co.za
  • Shannon Cook | shannonsjb@gmail.com
  • Paul Richard | paulrichard07041986@gmail.com
  • Brent January | brentjanuary1305@gmail.com
  • Estelle Slabber | eeslabber@gmail.com
  • Helecia Groenewald | helecia@gmail.com

SPORT

Somer Buitemuurse Sportprogram 2024

thumbnail of Somer Buitemuurse Sportprogram 2024

ALGEMEEN

Die Suidooster 2024 Kwartaal 1

thumbnail of SO 2024 Kwartaal 1

Ouerbesoeke: 8 en 9 April 2024

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.

Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)
Die bus sal om 13:10 vertrek.

Vakansiesorg: 22 Maart - 2 April 2024

thumbnail of VAKANSIESORG Maart-APRIL 2024
Volg asb. die skakel vir meer inligting en die inskrywingsvorm vir vakansiesorg.

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Straatkos-kompetisie - kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip 'n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • "Quad" speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees! Betaal vooraf die volgende op Karri:

Betaal teen Donderdag, 18 April:
  • R100.00 - Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg!
  • R230.00 - Kinder vermaak "combo" gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die "combo" van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg).
  • R80 - graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone
Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes:
  • R165.00 - Wagyu “smash” kaasburger met tjips
  • R150.00 - Panko gekrummelde hoenderburger en tjips
  • R150.00 - Falafel shawarma en tjips
  • R160.00 - Hoender shawarma en tjips
(Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.)

Kaperjolle Wit Olifant-tafel:
Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en 'n skakel na 'n WhatsApp-groep om in te skryf.

Kleiduifskietkompetisie: 18 April 2024

Datum: 18 April 2024
Waar: Valley Gun Club, Agter Paarl
Kostes: R10 000 per span van 5 persone
Kontak: karla@alivefoundation.co.za
Ten bate van Alive Foundation en Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust.

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Email Marketing Powered by MailPoet