Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

2024 Beheerraadsverkiesing vir Termyn 2024 - 2027

Neem asb. kennis dat ons slegs vyf benoemingsvorms vir die 2024 Beheerraadsverkiesing teen die sperdatum van 04 Maart 2024 ontvang het. Daar is net vyf vakatures vir die ouerkomponent van die Beheerraad daarom hoef die volgende nie meer plaas te vind nie:
  • Die eerste benoemingsbekragtigingvergadering op Dinsdag, 05 Maart 2024, om 18:00 in die saal hoef, nie meer te geskied nie.
  • Daar sal ook nie meer op Maandag, 18 Maart 2024 gestem hoef word nie.
Dus baie geluk aan die volgende ouers wat die 2024 - 2027 ouerskomponent van die Beheerraad sal verteenwoordig:
  1. Merwe Scholtz
  2. Susan van der Walt
  3. Marié Cruywagen
  4. Stephen Hitchcock
  5. Hugo van den Heever
My beste wense vergesel hulle en ek sien baie uit om die volgende drie jaar saam met hulle die skool na nog hoër hoogtes te lei.

Vriendelike Groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Fotodag: 12 Maart 2024

  • Klasfoto's
  • Individuele foto's
  • Familiefoto's - broers en susters word saam afgeneem. Indien julle so 'n foto wil hê, kan leerders na die saal gaan sodra daar afgekondig word dat familiefoto's geneem gaan word.
  • Kleredrag: Nuwe JvR-kleredrag. Dogters wat nog nie die nuwe rompies het nie, mag hul skorts dra.

Jan Kas Tweedehands

Jan Kas verkoop tweedehandse skoolklere!

Hoe dit werk:
  • Ouers wat tweedehandse klere het wat te klein is vir hul kind(ers) en bereid is om dit aan die skool te skenk, kan die gewaste klere na Jan Kas toe bring of saam met leerders skool toe stuur (na Suzaan Coetzee se kantoor toe). Merk asb. die sak waarin jy dit stuur met "donasie" indien moontlik.
  • Tweedehandse items wat nog in 'n goeie toestand is, sal deur die skool teen 'n laer prys aan ouers verkoop word.
    • Dit sal op die aanlyn winkel wees, gemerk as tweedehandse klere (kies gerus die Tweedehandse-filter) om te sien watter items en groottes tweedehands beskikbaar is.
    • Ouers kan dit dan aanlyn of fisies in die winkel kom koop.
    • Tweedehandse klere kan ongelukkig nie omgeruil word nie.
    • Ouers aanvaar dat tweedehandse items moontlik 'n haakplekkie of merkie op kan hê.
    • Kyk asseblief uit vir die titel en simbool wat tweedehandse items van nuwe items onderskei.
  • Klere wat a.g.v. hul toestand nie verkoop kan word nie, sal op ander maniere hergebruik word.
  • Ons is besig om 'n platform te ontwikkel, waar ouers items wat hulle nie wil skenk nie, maar eerder verkoop, kan adverteer. Ander ouers kan dan met die verkoper in verbinding tree om reëlings te tref vir die koop daarvan. Meer besonderhede hieroor sal later volg.

ALGEMEEN

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Straatkos-kompetisie - kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip 'n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • "Quad" speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees!

Kaperjolle Wit Olifant-tafel:
Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Verdere besonderhede verskyn in volgende week se nuusbrief!

Jan Kas: Skoonmaak van vlekke op wit van hemde

Ons het twee weke gelede 'n nuusbrokkie in die nuusbrief geplaas oor middels wat kan help om vlekke of merke uit die wit van die skool-/sporthemde te kry. Ons het nog 'n paar produkte getoets en het gevind dat hierdie produk die beste gewerk het - Blixem Water Base Degreaser. Dit is tans op TakeAlot teen 'n spesiale prys beskikbaar.

Welwillendheid 2024

Indien jy belangstel om by die skool se welwillendheid betrokke te raak of te help, sluit gerus by die welwillendheid-groep in die WhatsApp Community aan wat ons binnekort gaan skep. Die doel van die komitee is om te help met welwillendheidprojekte en om op die groep reëlings te tref indien behoeftige leerders van ons skool iets benodig.

Roomysverkope: 15 Maart 2024

Jannies Karwas: 19 Maart 2024

  • Welwillendheid Fondsinsameling
  • 19 Maart 2024
  • 09:00 - 12:00
  • @ Laerskool JvR Nuwe Kerkstraatparkeerarea
  • R100 per motor / R40 net vir vensters
  • Slegs SnapScan, geen kontant

Lion's Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 15 Maart, skool toe gebring word.

Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir hul foute te aanvaar?

Jou kind het ‘n fout gemaak of iets verkeerd gedoen. Wat is vir hulle dié ergste? Om dit te erken en bereid te wees om die gevolge te dra. Ongeag jou pogings om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, mag hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd aan dink nie:
  • Vrees vir kritiek/verwerping: Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg.
  • Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie.
  • Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy nie kans sien nie.
  • Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat mag volg – skaamte, skuldgevoelens/ verleentheid – vir die kind nét te veel om te hanteer. Om die blaam te verskuif, gebruik hulle hierdie verdedigingsmeganisme om nié hierdie uitdagende emosies in die oë te kyk nie.
So, wat kan ons as ouers doen sodat ons kinders gemakliker kan sê: “Ek is jammer?”
  • “Normaliseer” foute: Vir jou kind om eerlik met jou te wees en te aanvaar hulle het ‘n fout gemaak, moet hulle glo om foute te maak, is aanvaarbaar. Gesels met jou kind en wees eerlik oor die foute wat jý gereeld maak en hoe jý daarop reageer.
  • “Stop. Begin weer”: Wanneer jou kind reageer met verskonings, ontkennings en argumente, probeer dalk hierdie eenvoudige tegniek: “Stop. Kom ons begin van vooraf.” Help hulle om te besef dat al wat hulle hoef te doen, is om verskoning te vra, dit agter hulle te sit en aan te gaan. Dit sal die gewoonte kweek om te aanvaar iets kán skeefloop, maar jy het altyd weer ‘n kans om dit nie weer te doen nie.
  • Soek saam met hulle na beter opsies: ‘n Kind wat kan aanvaar hy/sy mag foute maak, het gewoonlik ouers wat openlik hieroor kan praat en saam met hulle kinders kyk na ander maniere om die probleem op te los. Probeer:“ Ek verstaan hoekom jy dit gedoen het, maar wat dink jy kan jy volgende keer anders doen?
  • “Back off a little”: Soms is dit net nodig om terug te staan sodat jou kind uit sy/haar foute leer. Dit is dikwels die enigste manier hoe jou kind kan leer om ander opsies te oorweeg.
Marike Badenhorst

TERUGVOER

Tennisuitslae: 21 Februarie - 6 Maart 2024

Die afgelope twee weke het ons Seuns B en Gemengde B-span ons skool in verskeie wedstryde verteenwoordig. Die spelers toon uitstaande sportmangees en positiwiteit gedurende uitdagende wedstryde. Ons is trots op elke speler wat die skool se naam hoog hou gedurende hul spel met uitstaande gedrag op die tennisbaan.

Die uitslae beloop soos volg:
  • 21 Februarie 2024
    Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1
  • 21 Februarie 2024
    Seuns B vs. Laerskool Welgemoed, verloor 0-6.
    Gemengde B span vs. Laerskool CBC Parklands, verloor 0-6.
  • 28 Februarie, 2024
    Seuns B vs. Laerskool Mikro, verloor 2-4.
  • 6 Maart 2024
    Seuns A vs. Laerskool van Riebeeckstrand, verloor 5-1.
WP-Tennisnuus

Jeanne van Heerden (o.12A), Stella Pansegrouw (o.12A), Ané Swanepoel (o.13B), Amelie van der Walt (o.12B) en Gustav van der Linde (o.13B) het die naweek van die 1-2 Maart aan die 2024 Synergy Toernooi deelgeneem waar hulle die Wes-Kaap verteenwoordig het. Die uitslae is soos volg:
  • WP A-spanne
    o.11 A – 2de plek (Silwer) 1 punt verskil
    o.12 A – 1ste plek (Goud)
    o.13 A – 2de plek (Silwer)
  • WP B-spanne
    o.11 B – 2de plek (Silwer)
    o.12 B – 2de plek (Silwer)
    o.13 B – 3de plek (Brons)

Skaakuitslae: 2-3 Maart 2024

Ons leerders het 2 en 3 Maart aan die tweede rondte van die skaak WP-proewe deelgeneem. Chris Derksen, Emma Snijders en Christina du Toit dring na die volgende rondte deur waar hulle die WP sal verteenwoordig. Baie geluk, Jannies!

Netbaluitslae teen Parow-Oos: 6 Maart 2024

Die eerste liga wedstryd van die seisoen het begin! Baie geluk aan elke span.
0.7 A - verloor 0-2
0.7B - verloor 0-2
0.8A - verloor 1-3
0.8B verloor 0-2
0.9A wen 16-0
0.9B verloor 3-8
0.10A wen 5-3
0.10B gelykop 2-2
0.11A verloor 6-7
0.11B wen 5-1
0.12A wen 16-2
0.12B wen 5-2
0.13A wen 13-11
0.13B wen 10-5

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 8 Maart 2024

Ons gr. 7’s en 5’e het vanaf 28 Februarie – 01 Maart 2024 en die gr. 6’e vanaf 04 – 06 Maart die jaarlikse en gewilde skoolkampe bygewoon. Die gr. 5 – 7-leerders het die skoolkampe terdeë geniet en kon seker nie wag om al die interessante kampstories met julle as ouers/voogde en die ander gesinslede te deel nie. Natuurlik was hulle doodmoeg van die min slaap, die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons junior stadsjapies heerlik die natuur verken terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leiereienskappe. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het verseker hul ouers/voogde se smaaklike en tuisgemaakte kos asook die gemak van hul ouerhuise gemis. Ek glo hulle waardeer en is ook sommer weer van vooraf dankbaar vir al die wonderlike voorregte wat hulle baie keer as vanselfsprekend aanvaar.

Die afgelope naweek het ons o.13A-rugbyspan aan die Hoërskool Hopefield Rugbydag op Saterdag, 02 Maart 2024, deelgeneem. Ons seuns het puik gevaar en wen beide wedstryde teen Jurie Hayes Primêr 20 – 5 asook 10 – 5 teen Hopefield Primêr. Wel gedaan, seuns en baie geluk aan ons afrigters, mnre. Erick en André, met die voorseisoenprestasies. Julle maak ons trots. Ons wens vir julle ‘n suksesvolle seisoen toe en mag dit vandag en môre goed tydens julle deelaname aan die Bulfees te Porterville gaan. Ons mini-krieketspanne (o.8 & o.9) het op Saterdag, 02 Maart, aan ‘n toernooi te Laerskool Tableview deelgeneem. Die o.8’s het vyf van die 6 wedstryde gewen en die o.9’s het 4 van die 6 wedstryde gewen. Wel gedaan aan ons spelers asook juffrouens Helene en Naomi.

Na afloop van die WP-Atletiekkampioenskappe wat op 28 Februarie 2024 tydens ‘n snikhete dag te Dal Josafat (Paarl) plaasgevind het, is dit net Delmar Benecke van ons 9 leerders wat deelgeneem het om WP-kleure tydens die byeenkoms te verwerf. Ons wens vir Delmar sterkte toe wat môre, 09 Maart, aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe te Dal Josafat deelneem. Tydens die byeenkoms neem atlete vanaf WP, Boland en Suid-Kaap deel om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer. Ons hou vir Delmar styf duimvas dat hy vir sy gunsteling 800m baanitem suksesvol sal wees en dus sy Wes-Kaap Kleure vir atletiek verwerf!

Verlede Vrydag het ons jaarlikse Junior Swemgala plaasgevind en ons grondslagfase-swemmers was spreekwoordelik soos visse in die water terwyl hulle luidkeels deur hul ouers/voogde, grootouers en maats aangemoedig is. Die junior swemgala bly maar altyd vir my ‘n hoogtepunt, veral omdat die gr. 1-leerders vir die eerste keer ‘n geleentheid kry om aan ‘n formele skoolswemgala deel te neem. Hierdie week het die wintersportbuitemuurse program ook afgeskop wat die eerste netbal-ligawedstryde op Woensdag, 06 Maart, tuis teen Parow-Oos ingesluit het. Die fiksheidsvlakke van beide skole se netbaldogters is beslis met die aanvang van die seisoen beproef. Ons spanne het puik gevaar en laat my toe om ons eerste netbalspan asook hul afrigter, juf. Ischké, hartlik geluk te wens met hul puik oorwinning van 13 – 11 in ‘n titaniese stryd. Baie dankie aan aan al die netbaljuffrouens en –afrigters, my beste wense vergesel julle vir die komende seisoen.
Dit is dan presies ‘n jaar gelede dat ons amptelik vanaf die Google Workspace na Microsoft Education emigreer het met die fokus op MS Teams om ons leer en onderrig verder te komplimenteer. Ek glo en verstaan dat die spesifieke verandering nie noodwendig deur almal in ons skoolgemeenskap omhels is nie, maar dit is werklik ‘n riem onder die hart om die omvang van vordering te sien wat in ‘n relatiewe kort tydperk vermag is. Ek is baie trots op ons opvoeders wat ‘n kwartaal weg is van ‘n volledige nuwe kurrikulum vir grade 4 – 7. Laat my toe om hulle hartlik te bedank vir die harde werk en toewyding om kwalitieit digitale leermateriaal te ontwikkel. Die leermateriaal is ‘lewendig’ m.a.w. dit is hedendaags en kan maklik aangepas word soos die wêreld verander en ontwikkel sodat ons, ons leerders kan voorberei vir ‘n wêreld waar die pas van verandering voortdurend toeneem. Ons poog verder om die vervlegting van leer (blended learning) met tradisionele onderrigmetodes in die klas toe te pas. Tegnologie maak beslis vernuwende onderwys meer haalbaar, onder andere weens die feit dat ons leerders tans grootword binne die paradigma van tegnologie. Ons visie is dat tegnologie ‘n kragtige instrument is om interaktiewe leer in die klas moontlik te maak asook leerervarings buite die mure van die klaskamer te skep. Vir seker is ons nog nie waar ons presies wil wees met die kurrikulumontwikkeling en aanwending van tegnologie in die klaskamer nie, maar ek is voorwaar trots op die ongelooflike vordering wat ons gemaak het om die leerervaring vir ons leerders te verbeter en opwindend te maak.

Laat my ook toe om die volgende ouers geluk te wens wat deel van die nuwe Beheerraad vir die ampstermyn 2024 – 2027 uitmaak:
  • Merwe Scholtz
  • Marié Cruywagen
  • Susan van der walt
  • Stephen Hitchcock
  • Hugo van den Heever
Soos ek die afgelope week met julle via ons WhatsApp Communities gedeel het, is daar slegs vyf vakatures vir ons ouers om op die Beheerraad te dien en daar was slegs vyf benoemings teen die sperdatum van 04 Maart 2024 om 13:00 vir die Beheerraadsverkiesing Dit beteken dat ons nie hoef voort te gaan met die formele verkiesing op 18 Maart nie. Die personeelverkiesing tot die Beheerraad het op Dinsdag, 05 Maart, plaasgevind en graag wens ek die volgende personeellede geluk met hul insluiting:
  • Marinda Brink (verteenwoordig opvoeders)
  • Andri de Villiers (verteenwoordig opvoeders)
  • Hannes Muller (verteenwoordig die nie-opvoeders)
Ek dien ex officio as Skoolhoof op die Beheerraad en sien baie uit om saam met die nuwe Beheerraad ons trotse skool na nog hoër hoogtes te lei.

Graag sluit ek af en fokus ek nog steeds op groei-ingesteldheid met ‘n bekende aanhaling deur deur Jamie Paolonetti en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Limitations only lives in our minds'’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Email Marketing Powered by MailPoet