Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) o.7-o.13 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) o.7-o.13 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Groot was die opwinding op Vrydag, 11 Februarie, met die aanbied van die jaarlikse senior swemgala. Die weer was absoluut perfek en ons leerders was so in hul noppies om hul geliefdes langs die swembad te sien wat hul luidkeels aangemoedig het om net hul beste te doen. Vir so ‘n lang tyd was daar geen toeskouers toegelaat nie en dit was net ongelooflik hoe ‘n groot verskil die teenwoordigheid van ouers, voogde, oumas en oupas tydens die swemgala gemaak het. Weer eens besef ‘n mens die massiewe negatiewe impak wat Covid-19 op ons lewens gemaak het. Ons is egter dankbaar dat ‘n bietjie van normaliteit teruggekeer het en mag ons net verder daarop bou en nie toelaat dat die pandemie ons onderkry nie. Lees gerus meer onder die sportafdeling in die nuusbrief van die uitslae en die bekerwenners.
Vrydagoggend, 11 Februarie, het die Gr.1’s as ‘klinker’-superhelde skool toe gekom. Dit was groot pret en als deel om op ‘n praktiese wyse die klinkers vir die Gr.1’s te demonstreer en vinnig het hulle geleer dat ‘n mens nie sinne sonder klinkers kan bou nie. Baie dankie aan al die Gr.1-opvoeders wat ook in hul superheld-uitrustings opgedaag het. Graag wil ek vir Mika van der Walt (Gr.1-leerder) hartlik bedank wat na afloop van die geleentheid, sonder dat ‘n juffrou vir haar gevra het, al die papiere wat rondgelê het gaan optel het en dit in die vullisdromme gegooi het. Sy het dan ook tydens die Grondslagfase se saalbyeenkoms op Dindag, 16 Februarie, die Jannie van die week-toekenning ontvang vir die pragtige voorbeeld wat sy vir ons almal gestel het. Ons is baie trots op jou, Mika!
Week 5 het verder afgeskop met Valentynsdagvieringe op Maandag, 14 Februarie, want Februarie is mos die maand van die LIEFDE. Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van ‘n antieke Romeinse fees waar St. Valentyn blykbaar ‘n romeinse martelaar was, maar dit nou daar gelaat. Volgens navorsers is die gewildste ontvangers van valentynskaartjies onderwysers, kinders en vroue. Baie dankie aan al die Jannies wat pragtige kaartjies vir my en die opvoeders gemaak het. Dit is baie kosbaar. Baie interessant dat 85% van aankope van kaartjies deur vroue gedoen word. Vir die romantikus is dit ‘n heerlike dag om hul geliefde behoorlik te bederf en vir die ander is dit dalk bloot net ‘n kommersiële klug om mense van hul broodnodige geld te beroof. Hoe dit ookal sy, ons leerders en personeel het almal pienk en/of rooi aangetrek en het pragtig gelyk om die dag van liefde en omgee saam te vier. Ek hoop en vertrou dat die liefdesdag vir jou en jou geliefde baie spesiaal was.
Graag sluit ek met die volgende woorde rakende die liefde af:

"Liefde moenie ‘n geheim wees nie. As jy vir iemand lief is, maak seker dat hulle dit weet ."

Geniet die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Roomys verkope

Vrydag, 25 Februarie, gedurende eerste pouse verkoop die sosiale komitee roomyse! Pryse wissel tussen R10 - R20. Onthou om 'n geldjie skool toe te stuur!

KLEIDUIF KOMPETISIE

IMG-20220214-WA0008.jpg

KULTUUR

Musiekkonserte Gr.1-3

Ons skop die jaar af met twee musiekkonserte deur die Gr.1-3-leerders. Vir die jonger leerders sal dit dalk die heel eerste keer op 'n verhoog wees en maak dit 'n baie spesiale geleentheid (al is dit net dalk 3 nootjies!). Ouers is welkom om die geleentheid by te woon.

Teken solank die datum aan:

Dinsdag, 22 Maart (net na die langnaweek)

Gr.1 en 2 - 08:30

Gr.3 - 10:30

Hulp met konsert 2022

Ons hou weer hierdie jaar konsert! Indien jy graag by die konsertreëlings betrokke wil raak, kliek HIER en vul die vorm in om ons in kennis te stel waar of op watter manier jy sal kan help. Dankie!

SPORT

Sportnavrae

Neem asb. kennis dat Razelle Hanekom (Sportbestuurder) vanaf 17 Februarie vir die volgende 4 maande met kraamverlof gaan. Stuur dus asb. enige sportnavrae nog steeds na sport@jvrprim.co.za wat deur Leon Hanekom vir die tydperk hanteer sal word. Maak asb. seker julle ''cc'' ook die spesifieke sportkodehoofde (sien lys onder) in om effektiewe kommunikasie te bewerkstellig.

Sportkodehoofde (Somer):
Baie dankie vir julle dringende aandag.

Vriendskaplike aksienetbalspan vir o/11 - o/13

Heelwat van ons leerders het gedurende die af-seisoen begin om aksienetbal te speel en ons kan duidelik die verskil in hul spel sien. Een van ons o/13-mammas het aangebied om die span te bestuur.
Die span bestaan uit verskeie spelers en roteer gereeld omdat almal nie elke week beskikbaar is nie. Die wedstryde vind Maandae tussen 17:00 - 18:00 by Montague Gardens se Aksienetbalbane plaas.

Enige o/11 - o/13 netbalspelers wat belangstel om deel van die groep te word, kan vir Linde Liebenberg direk by 083 564 1170 kontak.

Junior Swemgala reëlings vir 4 Maart

Die Junior Swemgala vind op Vrydag, 4 Maart, plaas. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings vir die dag oordra.
  • Ons sal om 09:00 afskop met die eerste item.
  • Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Hulle sal mooi moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word.
  • Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Die beleid is dat swemmers asb. met die skool se swembroek moet swem. Indien hulle nie een vir die dag kry nie, gaan ons die vergunning maak dat hulle 'n donkerblou swembroek mag dra. Pak asb. droë onderklere in.
  • Indien 'n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet die feeshempie en 'n blou skort / kortbroek dra.
  • Kinders mag nie om die swembad of deur die skool hardloop nie anders verloor hulle span punte.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie 'n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie. Vir die Junior gala behoort ons rondom 12:00 klaar te maak.
  • Leerders kom gewone tyd skool toe en mag eers aan die einde van die gala huis toe gaan. Ons vra dat ouers ons asb. hiermee ondersteun en nie enige leerders voor die einde van die gala sal huis toe neem nie.
  • Ouers en buiteafrigters is welkom om die gala by te woon.
  • Kliek op die foto vir die itemlys.
Kleuregala program 2022 - Itemlys Gr 1-3

Senior swemgala uitslae: 11 Februarie

Op Vrydag, 11 Februarie, kon ons vir 'n slag 'n volwaardige Senior swemgala aanbied. Dit was 'n wonderlike geleentheid waar onderwysers, ouers en kinders weer saam goeie weer en uitstekende swemtalent kon waardeer. Baie dankie aan almal wat die dag deelgeneem het en elke ouer, oom, tannie, oupa, ouma en afrigter wat ons swemmers ondersteun het.

Baie geluk aan die volgende bekerwenners:
  • Lisa-Marie Marais Beker (Junior dogter): Stella Pansegrouw
  • Marie Louise Lubbe Beker (Junior seun): Delmar Benecke
  • Hattingh Beker (Senior dogter): Sophia Liebenberg
  • Riëtte van Reenen Beker (Senior seun): Daxton Liversage
Ons bied op Vrydag, 4 Maart, die Junior swemgala aan en sal daarna die Kleurspanwenners aankondig. Volg gerus die skakel vir die dag se uitslae van die top 6 per item.

Dapper Stappers: Gereelde vrae

  • Ons gaan stap een keer per kwartaal 'n lekker roete saam met leerders in Gr.4-7 en hul ouers.
  • Indien die gesin 'n jonger boetie of sussie het wat graag wil saam stap, is hulle welkom mits hul ouers saam gaan.
  • Indien daar ouers is wat graag betrokke by die reël van die stappe wil raak en lekker idees vir roetes het, stuur 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.
  • Die uitnodiging word as 'n Google Form per e-pos aan ouers met kinders in Gr.4-7 gestuur.
  • Hierdie kwartaal stap ons op 26 Februarie die Kromrivierroete net na die Hugenote Tonnel. Indien iemand nie die Google Form ontvang het nie, maar graag wil saam stap, stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.

O/11-Krieketwedstryde: 16 Februarie

Hierdie week het ons twee o/11-spanne gehad wat wedstryde gespeel het en ons is baie opgewonde om te sien dat ons getalle vir krieket so mooi groei!

Die o/11 A-span het teen SASC (5) se span op die Conradieveld gespeel en met 9 paaltjies gewen. Die kaptein van die wedstryd was Ruben Eksteen. Hy het al vroeg in die dag begin planne maak vir sy span deur die weer dop te hou en strategieë te beplan.

Ons o/11 B-span het teen Herzlia Highlands op hulle velde gespeel. Herzlia het 100 lopies aangeteken en ons teken 106 lopies aan en wen die dag met 6 lopies. Ouers kon weer die wedstryde bywoon en dit was lekker om hulle ook langs die veld te hê. Baie dankie aan Juffrou Ischké Felix en Juf. Sharon Mabena wat saam met die afrigters die spanne vergesel het.

Tenniswedstryde: 16 Februarie

Al ses ons tennisspanne het op Woensdag, 16 Februarie, aan verskeie wedstryde deelgeneem. Die uitslae was soos volg:

Noord-liga
Seuns o/13 A verloor 0 - 6 teen Welgemoed o/13 A-Seuns
Dogters o/13 A verloor 0 - 6 teen Welgemoed o/13 A-Dogters
Gemengde D-span wen 4-2 teen Vredekloof Gemengde A

Table View-liga
Gemengde 1ste span gelyk 3-3 teen Rallim
Gemengde 2de span wen 5-1 teen CBC St. John's
Seuns A verloor 1-5 teen Elkanah House Senior

Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week vergesel.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 18 Feb 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet