Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Beheerraadverkiesing 2024: Benoemingsvorm

Liewe Gr. R - 7-Ouers,

Neem asseblief kennis dat julle toegang tot 'n benoemingsvorm (nominasies - Addendum B) het om 'n ouer(s) by die skool voor te stel wat bereid is om hom-/haarself beskikbaar vir die 2024 BR-Verkiesing te stel.

Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Neem ook asseblief kennis dat die benoemingsvorms (Addendum B) ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar is.

Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken:
  1. Voorsteller
  2. Sekondant
  3. Kandidaat
Baie dankie vir julle dringende aandag en aksie.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

AKADEMIE

Sistemiese Toetse 2023 Verslag

Ons gr. 3’s en 6’e van verlede jaar het ons weereens trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap leerders in gr. 3, -6 en -9 geskryf word. Dit is belangrik om altyd in ag te neem dat die leerders wat kwalifiseer vir konsessies, wat deur die WKOD goedgekeur word, saam met die res van die leerders hierdie toetse moet skryf. Hulle ontvang dus geen ondersteuning bv. voorlesers of transkribeerders soos wat hulle onder normale omstandighede tydens formele assesserings ontvang nie.

Vir die graad 3-leerders is tyd ‘n groot uitdaging tydens die sistemiese toetse. In die grondslagfase word daar geen tydsbeperking tydens formele assesserings toegepas nie. Wanneer leerders die sistemiese toetse skryf, word daar egter verwag dat hulle die toets binne ‘n uur voltooi. Ons resultate is indrukwekkend, al word die leerders onder druk geplaas.

Volg gerus hierdie skakel vir die uitslae.

KULTUUR

Musiekkonserte: 18 en 19 Maart 2024

Dit is amper tyd om musiekkonsert te hou! Op 18 en 19 Maart 2024 kry elke leerder wat ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om van die geleentheid gebruik te maak. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word.

Die konserte sal in klas- of graadverband plaasvind. Sien asseblief die datums en tye hier onder.

Ons nooi alle ouers uit om te kom luister en saam met ons jou kind se vordering te vier.
  • Maandag, 18 Maart: 08:00-08:30 Grade 1P, 1S, 1T, 2C, 2T
  • Maandag, 18 Maart: 08:45-09:15 Grade 2U en 3C
  • Maandag, 18 Maart: 09:30-10:15 Graad 3E en 3TB
  • Dinsdag, 19 Maart: 08:00-08:30 Graad 4C, 4H, 4LR
  • Dinsdag, 19 Maart: 08:45-09:15 Graad 5F
  • Dinsdag, 19 Maart: 09:30-10:15 Graad 5S en 5W

Konsert 2024

GROOOOOT opwinding!!!! Ons tema vir vanjaar se Skoolkonsert is SOMEWHERE OVER THE RAINBOW....

Dit beloof om 'n mallemeule van kleur, kostuums, toneelspel, pragtige danse en 'n opwindende storielyn te wees. Elke leerder gaan betrokke wees en ons sien alreeds baie uit wanneer die konsert in ons skoolsaal plaasvind die laaste twee weke voordat die skool vir die September-/Oktobervakansie sluit. Die finale datums sal binnekort bekend gemaak word.

Graag versoek ons ouerbetrokkenheid met voorbereiding van kostuums, dekor, voorportaal en vele meer. Ons sal spoedig 'n vorm uitstuur waarop ouers kan aandui waarby elkeen graag betrokke wil raak.

Duisende dankies, elke klein sandkorrel maak 'n baie groot woestyn.

SPORT

Wintersportprogram begin 4 Maart

thumbnail of Winterprogram 4 – 15 Maart 2024
Neem asb. kennis dat alle somersport Vrydag, 1 Maart, eindig en dat die Winterprogram reeds Maandag, 4 Maart, begin.
Die volgende spanne sal nog steeds wedstryde speel soos op die kalender aangedui: Mini-krieket en Tennis A-spanne. Tennisoefening in die oggende sal voortgaan tot 14 Maart. Volg die skakel vir die volledige winterprogram.

Dapper Stappers: 2 Maart 2024

Ons stap op Saterdag, 2 Maart, Kloof Corner op tot by die kontoerpad teen Tafelberg en dan tot by die grot, Andy's Cave. Indien jy graag saam wil stap, sluit gerus by die Dapper Stappers-groep in die WhatsApp Community aan. Hier volg meer inligting:
  • Begin ongeveer 09:00 stap (onderhewig aan verandering, afhangend van die weer)
  • Begin met 'n opdraende 1 km tot by die kontoerpad waarna ons 'n gelyke roete tot by Andy's Cave stap.
  • Alle leerders en ouers welkom, solank leerders wel al in die berg of bietjie verder gestap het en weet wat om te verwag.
  • Dis nie 'n moeilike roete nie, maar die opdraende aan die begin kan uitdagend wees.
  • Bring sonbrandroom en trek gepaste stapskoene en 'n hoed aan.
  • Pak genoeg water en peuselhappies.
  • Die vorm om aan te dui of jy wil saam stap en meer inligting is op die Dapper Stappers WhatsApp-groep gedeel.
Ek hoop om julle daar te sien!
Suzaan

ALGEMEEN

Lion's Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 15 Maart, skool toe gebring word.

Jannies Karwas: 19 Maart 2024

  • Welwillendheid Fondsinsameling
  • 19 Maart 2024
  • 09:00 - 12:00
  • @ Laerskool JvR Nuwe Kerkstraatparkeerarea
  • R100 per motor / R40 net vir vensters
  • Slegs SnapScan, geen kontant

Somersokkie gr. 5-7: 13 Maart 2024

  • Woensdag, 13 Maart 2024
  • In die skoolsaal
  • Graad 5-7-leerders welkom
  • Kaartjies op Karri teen R100 (ete ingesluit)
  • Snoepie beskikbaar

Veiling: 1 Junie 2024

Liewe Ouers/Voogde,

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die naderende 2024 veiling aankondig! Merk asseblief Saterdag, 1 Junie, op jul kalenders en maak 'n plan om hierdie jaarlikse sosiale hoogtepunt by te woon!

Soos altyd, speel die veiling 'n sleutelrol in die finansiering van ons skool, wat bydra tot die handhawing van die hoë standaarde wat ons so trots maak. Dit is danksy sulke fondsinsamelings dat ons onder andere oor die laaste twee jaar vir elke leerder in graad 5 en 6 'n splinternuwe skootrekenaar kon verskaf, asook die vierkant behoorlik kon opgradeer tot 'n pragtige lushof.

Ons doen 'n hartlike beroep op elke ouer/voog om, waar moontlik, 'n handjie by te sit. Elke bydrae, hetsy groot of klein, maak 'n merkbare verskil. Of dit nou 'n kunswerk is, 'n naweekwegbreek by 'n vakansiehuis, etes by vooraanstaande restaurante, of selfs 'n bottel van jou gunsteling drank, jou skenking kan help om ons veilinglotte nog meer aantreklik te maak.

As jy in enige hoedanigheid kan bydra, hetsy deur skenkings of deelname, kontak asseblief Anna Blackmore by 083 386 4057 of Michelle Forsyth by 066 353 0108. Ons waardeer elke bydrae en sien uit na 'n suksesvolle fondsinsamelingsgeleentheid.

Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning en toewyding aan ons skool.

Vriendelike groete,
Die 2024 Veilingskomitee

TERUGVOER

Skaakuitslae: Kwalifiseer vir WP-proewe

Die volgende leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die 2de ronde van die Skaak WP-proewe te Plumstead Hoërskool en Wynberg Seunskool op 2 en 3 Maart:
  • Kyle Meissenheimer
  • Larah Opperman
  • Emma Snijders
  • Chris Derksen
  • Christina du Toit
Baie geluk, Jannies!

Krieketuitslae: 27 en 28 Febr. 2024

Baie geluk aan al ons krieketspelers met die volgende puik uitslae.

27 Februarie 2024:

o.8A JvR teen Llundudno
JvR - 65/1
Llundudno - 39/2
JvR wen met 26 lopies

o.8B teen Houtbaai
JvR - 56/2
Houtbaai 43/3
JvR wen met 13 lopies

o.9A teen Llundudno
JvR - 47/4
Llundudno - 36/3
JvR wen met 11 lopies

28 Februarie 2024:

Kampsbaai kolf eerste en teken 120/3 aan na 15 beurte
JvR 120/2 na 15 beurte
Wedstryd eindig gelykop.

Baie geluk aan Damian Daniels wat 27* lopies bymekaar gemaak het.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 1 Maart 2024

Baie dankie aan al ons ouers/voogde, leerders en opvoeders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die gewilde klasbraai by die Conradieveld bygewoon het. Ouers/voogde en leerders het in groot getalle opgedaag, want die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Graag wil ek my dankbaarheid uitspreek, want met die ligging van ons sportveld met die ikoniese Tafelberg as agtergrond, die statige Leeukop en die bekende Seinheuwel wat ons omring, maak die Conradieveld ‘n idilliese sportgrond. Dit was vir die personeel ook heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Amptelik was dit ook ons gr. 1-ouers/voogde se eerste klasbraai en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is.

Ons skoolgebou en terrein is sedert Woensdag, 28 Februarie, baie stil aangesien ons gr. 7’s en 5’e weg is op kampe (onderskeidelik by Franschhoek en SOS). Ons gr. 7’s en 5’e is reeds vanaf Maandag so opgewonde en kon net nie meer wag dat Woensdag moes aanbreek nie sodat hulle na die kampe kon vertrek. Skoolkampe bied die ideale geleentheid om leerders uit ‘n bekende en gemaklike omgewing te neem en bloot te stel aan ‘n onbekende natuuromgewing wat gestruktureerd, veilig en vriendelik is. Terwyl hulle die natuur verken, word hul karakter gebou, kommunikasievaardighede verbeter, spanwerk verbeter en emosionele- en leiereienskappe ontwikkel, Dit is net ‘n wen-wen situasie vol tonne pret waar hulle beslis hulself kan wees en ander leerders beter gaan leer ken. Hulle gaan dus leer wat dit beteken om saam te werk en op die regte tye vir mekaar spasie te gee. Skoolkampe sal altyd ‘n onvergeetklike deel van ‘n leerder se skoolloopbaan wees, waar hulle dikwels bewustelik en onbewustelik waardevolle lewenslesse leer. Dit is natuurlik ook die gr. 5’e se eerste skoolkamp en ek glo dit het dalk ‘n paar mamma-harte angstig gemaak, maar wees verseker jou kind(ers) gaan baie pret hê en hulle is heel moontlik salig onbewus van die ouerverlange. Gaan bederf gerus die ‘kampers’ na afloop van hul terugkeer by die skool en ek glo hulle kan nie wag om hul nuwe kampervarings en avonture met julle te deel nie. Laat my ook toe om die opvoeders wat ons leerders tydens die skoolkampe vergesel het hartlik te bedank dat hulle so mooi na ons Jannies omgesien het.
Die WP-Atletiekbyeenkoms het op Woensdag, 28 Februarie, by die Dal Josaphat-stadion in die Paarl plaasgevind. Dit was ‘n snikhete dag met die temperatuur wat in die Paarl tot meer as 41°C gestyg het. Nege van ons atlete het deelgeneem en het alles in hul vermoë gedoen om WP-kleure vir atletiek te verwerf. Dit was so naby vir heelwat van ons atlete. maar ongelukkig het net een Jannie hierdie jaar WP-kleure vir atletiek behaal en dis niemand anders as Delmar Benecke nie. Delmar wen goud gemaklik vir die 800m o.13-seuns en verbeter sy beste tyd met 4 sekondes van 2:19 na 2:15. Baie geluk, Delmar, met die merkwaardige prestasie. Jy maak ons baie trots.
Sterkte aan o.13 A-rugbyspan wat môre, 02 Maart, aan die Hopefield Rugbytoernooi deelneem asook die leerders wat oor die naweek aan skaak WP-Proewe deelneem. Die volgende leerders gaan oor die naweek WP-tennis in die Synergy Cup vanaf 1 – 2 Maart verteenwoordig:
  • Jeanne van Heerden,
  • Stella Pansegrouw,
  • Ané Swanepoel,
  • Amelie van der Walt,
  • Gustav van der Linde,
  • Adriaan Wessels &
  • Rafa Lamprecht
Ons beste wense vergesel hulle en ons hou styf duimvas dat hulle hul onderskeie sportdoelwitte sal bereik.

Ek herinner julle ook dat die 2024 BR Verkiesing se benoemings van ouers wat bereid is om vir die Beheerraad te staan op Maandag, 04 Maart, om 13:00 sluit. Alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word.

Dit is vanjaar weer 'n skrikkeljaar en soos ons leerders vir jou sal vertel, is dit 'n jaar wat 'n ekstra dag aan die einde van Februarie bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Die woord skrikkel het sy oorsprong in oud-Nederlands se "schrikkelen" wat spring of oorslaan beteken. Die ou legende vertel dat ‘n vrou vir ‘n man op 29 Februarie die ‘groot’ vraag mag vra, maar sy moet dan ‘n broek aantrek, want in daardie dae het vrouens slegs rokke gedra. Sou die man dan nee sê vir die huweliksaanbod, moes hy haar ‘n soen gegee het. Dalk gebeur dit vandag nog steeds, maar dit is sommer net ‘n bietjie nuttelose inligting oor skrikkeljaar. Mag julle ‘n wonderlike en geseënde skrikkeljaar geniet.

Graag sluit ek af met die volgende bekende aanhaling deur John C. Maxwell oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Dreams don't work
unless you do’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet