Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Klasbraai: 23 Februarie 2024

Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat op Vrydagaand, 23 Februarie, vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan vier!

Beheerraadverkiesing: Kiesersrolbrief 16 Febr. 2024

thumbnail of 2024 BR VERKIESING – BRIEF AAN OUERS OOR KIESERSROL 16 FEB 2024
Volg gerus die skakel vir die kiesersrolbrief vir belangrike datums en inligting.

Veiling: 1 Junie 2024

Liewe Ouers/Voogde,

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die naderende 2024 veiling aankondig! Merk asseblief Saterdag, 1 Junie, op jul kalenders en maak 'n plan om hierdie jaarlikse sosiale hoogtepunt by te woon!

Soos altyd, speel die veiling 'n sleutelrol in die finansiering van ons skool, wat bydra tot die handhawing van die hoë standaarde wat ons so trots maak. Dit is danksy sulke fondsinsamelings dat ons onder andere oor die laaste twee jaar vir elke leerder in graad 5 en 6 'n splinternuwe skootrekenaar kon verskaf, asook die vierkant behoorlik kon opgradeer tot 'n pragtige lushof.

Ons doen 'n hartlike beroep op elke ouer/voog om, waar moontlik, 'n handjie by te sit. Elke bydrae, hetsy groot of klein, maak 'n merkbare verskil. Of dit nou 'n kunswerk is, 'n naweekwegbreek by 'n vakansiehuis, etes by vooraanstaande restaurante, of selfs 'n bottel van jou gunsteling drank, jou skenking kan help om ons veilinglotte nog meer aantreklik te maak.

As jy in enige hoedanigheid kan bydra, hetsy deur skenkings of deelname, kontak asseblief Anna Blackmore by 083 386 4057 of Michelle Forsyth by 066 353 0108. Ons waardeer elke bydrae en sien uit na 'n suksesvolle fondsinsamelingsgeleentheid.

Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning en toewyding aan ons skool.

Vriendelike groete,
Die 2024 Veilingskomitee

AKADEMIE

ATKV DigiSpel-kompetisie

Die Jannies (gr. 1-7) is welkom om in te skryf vir die ATKV se gewilde digitale spelkompetisie - DigiSpel. Hierdie spelkompetisie vind aanlyn plaas.

Bestudeer die deelnemersgids deeglik indien jou kind belangstel.

Daar is nog nie 'n spesifieke datum bekendgestel waarop die kompetisie gaan plaasvind nie. Kostes beloop R120 per inskrywing. Jy kan die inskrywingsfooi deur middel van die Karri-toep betaal. Ons sal na aanleiding van die betalings op Karri die leerders inskryf. Die sluitingsdatum vir betalings op die Karri-toep is 1 Maart 2024.

Kontak Ilse-Marié Holtzhausen (Afrikaanse vakhoof) vir navrae: ilsemarie@jvrprim.co.za

KULTUUR

Koorkamp: 16 - 17 Febr. 2024

Die koorkamp is om die draai en ons kan nie wag om die nuwe koormusiek met die leerders te deel nie. Ons is seker hulle gaan dit sommer baie geniet!

Ek deel graag enkele punte van belang:
  • Datum en Tyd:
    Vrydag, 16 Februarie, 14:30 - 16:00
    Saterdag, 17 Februarie, 08:00 - 12:00
  • Plek: Skoolsaal
  • Kleredrag: Informeel en gemaklik. Pak swemklere, handdoek, en sonskerm in vir Saterdag.
Ons vra dat elke ouer asseblief middagete vir jou kind sal inpak vir Vrydag. Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08:00, en ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan tussen ons oefensessies. Pak gerus ‘n klein peuselhappie en genoeg water in. Die snoepie is nie oop nie en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat nie.

Ons sluit die naweek se oefen af op ‘n feestelike noot met ‘n lekker kuier by die swembad en vars waatlemoen vir almal. Daar is ook ‘n lewensredder by die swembad om die veiligheid van al ons leerders te verseker.

Ons vra ook dat ouers hul kinders betyds sal optel na afloop van ons oefeninge: Vrydag om 16:00 en Saterdag om 12:00. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik.

Ons sien uit na ‘n heerlike naweek! Vra gerus indien daar onsekerhede is.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za

SPORT

Wintersport Inligtingsaand Samevatting

thumbnail of Wintersport Inligtingsaand Samevatting 13 Febraurie 2024
Volg gerus die skakel vir die dokument wat al die inligting rondom wintersport wat by die inligtingsaand op 13 Februarie met ouers gedeel is.

Gholfdag: 14 Maart 2024

  • Registrasie sluit 23 Februarie.
  • Stuur die bewys van betaling aan Rashard om jou bespreking te bevestig.
  • Gebruik asb. jou naam en Gholfdag as verwysing wanneer jy in die skool se rekening inbetaal.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy 'n gaatjie of enige pryse wil borg.
  • Daar is slegs 12 4-balle beskikbaar.
  • Die kostes sluit baanfooie en 'n ete na die tyd in.
  • Gholfkarretjies is bespreek en is vir jul eie rekening.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy enige vrae het: sport@jvrprim.co.za | 067 311 8914

Kleiduifskietkompetisie: 18 April 2024

Datum: 18 April 2024
Waar: Valley Gun Club, Agter Paarl
Kostes: R10 000 per span van 5 persone
Kontak: karla@alivefoundation.co.za
Ten bate van Alive Foundation en Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust.

ALGEMEEN

Roomysverkope: 23 Febr. 2024

Roomysverkope: 23 Febr. 2024

Iets om te probeer om jou kind te kalmeer

Om ‘n kind wat ‘n woedeuitbarsting het, te kalmeer sonder om sélf kwaad te raak, is ‘n uitdaging. Daar is wel ander maniere wat ‘n ouer kan probeer om sy of haar kind te kalmeer.
  • In plaas van: "'n Kind wat al so groot is soos jy, tree nie meer soos ‘n baba op nie…"
    Probeer: "Grootmense voel ook soms soos jy nou voel. Dit is okay. Dit gaan weer verby…"
  • In plaas van: "Moenie wáág om dit te doen nie!"
    Probeer: "Jy mág kwaad raak, maar ek gaan nie toelaat dat jy iemand seermaak nie! Ons moet mekaar veilig hou …"
  • In plaas van: "Moenie so moeilik wees nie!"
    Probeer: "Dit is ‘n moeilike een. Kom ons kyk of ons dit nie saam kan probeer oplos nie!"
  • In plaas van: "Jy is onmoontlik!"
    Probeer: "Ek kan sien jy sukkel hiermee…"
  • In plaas van: "Hou op om so te kla!"
    Probeer: "Kan jý aan ‘n oplossing dink?"
  • In plaas van: "Gaan onmiddellik na jou kamer toe!"
    Probeer: "Ek wag hier by jou totdat jy beter voel en reg is vir ‘n drukkie…"
MARIKE BADENHORST
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

TERUGVOER

Tennisuitslae: 7 Febr. 2024

Ons tennisspelers se uithouvermoë was Woensdag, 7 Februarie, getoets toe hulle hul eerste wedstryd vir die seisoen aangepak het. Die spelers se positiwiteit en geesdrif het hul toegelaat om die spel te geniet asook foute te herken en daaruit te kan leer. Die resultate beloop soos volg:

Noord-liga:

Seuns A verloor teen Eversdal 1-5
Seuns B verloor teen Eversdal 0-4
Gemengde A verloor teen Totius 0-4
Dogters A gelykop teen Eversdal 3-3
Dogters B verloor teen Eversdal 1-5

Table View-liga:

Gemengde B verloor teen Van Riebeeckstrand 2-4

Tennisuitslae: 14 Febr. 2024

Geluk aan al die tennisspelers met hul mooi uitslae:

Noord-liga:
Seuns A vs. Laerskool Curro Durbanville, wen 4-2
Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1
Gemeng A vs. Laerskool Brackenfell, gelykop 3-3
Dogters A vs. Laerskool Curro Durbanville, wen 5-1
Dogters B vs Laerskool Boston, wen 5-1

Table View-liga:
Gemeng B vs Laerskool van Riebeeckstrand, gelyk 3-3

Oud-Jannies Adan Eksteen en Mia Janse van Rensburg presteer

Twee oud-leerders van JvR wat Hoërskool Pinelands toe is, Adan Eksteen en Mia Janse van Rensburg, het toekennings gekry vir ‘n bo 85% gemiddeld in 2023. Net 11 leerders in totaal het hierdie prestasie bereik. Baie geluk, ons is baie trots op julle!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 16 Febr. 2024

Op Vrydag, 09 Februarie 2024, het ons weereens ‘n suksesvolle senior swemgala aangebied. Moeder natuur het hierdie keer besluit dat alhoewel die temperature die afgelope tyd rekordhoogtes bereik het, sy nie haar samewerking gaan gee nie. Die kwik het skaars 24 grade C bereik, maar die koeler weer en kouer swembadwater het nie ons entoesiastiese swemmers teruggehou nie. Baie geluk aan die onderstaande swemmers wat na afloop van die gala die volgende bekers ontvang het:
  • Junior dogterswemmer (o.10 & o.11) vir die jaar: Ellen van Heerden
  • Junior seunswemmer (o.10 & o.11) vir die jaar: Daniel van den Berg
  • Senior dogterswemmer (o.12 & o.13) vir die jaar: Bailey Thomson
  • Senior seunswemmer vir (o.12 & o.13) die jaar: Delmar Benecke
Laat my ook toe om al ons ouers, voogde, oumas en oupas wat die gala bygewoon het om hul kind/ers en kleinkinders te ondersteun, hartlik te bedank. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons ouers, voogde en grootouers ons leerders in alle opsigte ondersteun. Baie dankie aan mnr. Leon wat die gala gereël het asook ons Hoof van Swem, juf. Izél saam met al die ander personeel wat as beamptes opgetree het. Graag wil ek een van ons ouers uitsonder, naamlik Christo Benecke, wat elke jaar bereid is om as tydhouer op te tree. Baie dankie, Christo, ons waardeer jou tyd!

Op Dinsdagaand, 13 Februarie, het ons vir die eerste keer ‘n wintersportinligtingsaand in die saal aangebied. Die opkoms van ouers was verblywend en ek wil spesiaal die 71 ouers/voogde wat die inligtingsessie bygewoon het, hartlik bedank vir hul teenwoordigheid, insette en betrokkenheid. Die doel van die vergadering was om vroegtydig inligting en reëlings rakende die 2024 wintersportprogram met ouers/voogde te deel asook om ouers/voogde aangesig-tot-aangesig te versoek om al die sportdae, -toernooie en -wedstryde te eerbiedig deur te beplan om veral die spesifieke sportnaweke eerder tuis te bly asook om nie kinderpartytjies op sportdae/wedstryde/toernooie te reël nie. Ons sportadministrateurs en -afrigters is meer as toegewydheid om ons leerders legio geleenthede te bied, maar ons het die inkoop en ondersteuning van ons ouers/voogde nodig. By voorbaat dankie vir julle ondersteuning in die verband en geniet elke oomblik saam met jou kind/ers op die sportveld.

Op Woensdag, 14 Februarie 2024, het ons leerders en personeel saam Valentynsdag gevier. Die dag het onder andere afgeskop met al ons leerders en personeel wat spesiaal in ‘iets’ rooi, pienk en/of wit getooi was. Die valentynsdagverkope tydens eerste pouse was ‘n spreekwoordelike WENNER en ‘n reuse sukses. Dit is met groot entoesiasme en opwinding deur die leerders ondersteun. Baie dankie aan juff. Mardry, Charlene, Raché en Andri wat die vierkant so mooi verfraai het asook tydens eerste pouse met die verkope gehelp het. Baie dankie aan al ons ouers/voogde vir al die wonderlike Valentynsdagitems wat te kope was.
Tradisioneel word Valentynsdag gevier waar geliefdes hul liefde vir mekaar bewys deur geskenke, blomme of kaartjies aan mekaar te gee. Ek besef dat die dag tipies kommersieel van aard is, maar tog is dit belangrik vir ons leerders om ‘n dag van liefde en omgee te vier. Dit sluit op ‘n manier by een van ons kernwaardes, naamlik OMGEE aan. Ons kinders word groot in ‘n era en wêreld waar alles resultaatgedrewe en materialisties van aard is. Ons vergeet dat ons kosbaarste kommoditeite nie in die bank is nie en dat liefde alle kwaad oorwin. Ek hoop en vertrou dat julle ook op Valentynsdag tot in die afgrond bederf is, julle jul geliefdes bederf het en mag ons nooit die krag van liefde en vergifnis onderskat nie. Ek daag ons skoolgemeenskap uit om daagliks liefde en omgee uit te leef om die wêreld ‘n beter plek te maak. Veral in Suid-Afrika waar mense geweldig swaar kry en onder baie moeilike omstandighede leef. Net ‘n bietjie omgee, empatie en liefde sal die wêreld se verskil maak.

Laat my asseblief toe om die bekende "gospel"-sanger, Trevor Sampson, saam met sy orkes (Leon & Barleon Jaftha) hartlik te bedank vir hul puik optrede Donderdagoggend, 15 Februarie, vanaf 07:15 – 07:45 (tydens Jannies vir Jesus-tyd) in die saal. Groot dankie aan Duane Coetzee, ‘n oud-ouer van die laerskool, wat die optrede moontlik gemaak het. Baie dankie ook aan al die Jannies, ouers/voogde en personeel wat dit vrywillg bygewoon het, asook juf. Lucia vir al die reëlings.
Ek is so opgewonde en trots om die volgende rakende die kodering en robotika-onderrig met julle deel: Die graad 6’e is tans besig met kodering en programmering van toestelle wat die vogtigheid van grond kan bepaal en aandui of plante, bome, blomme, gras of struike besproeiing moet ontvang. Die leerders moes self die kodering doen om die toestel in staat te stel om die grondvogtigheid te bepaal. Hulle het die toestelle in my kantoor op my kantoorplante kom toets, en dit werk. Wel gedaan, juf. Suné, met die harde werk wat jy by kodering en robotika insit. Die leerders geniet hul gate uit.
Baie dankie aan juf. Rolene en mnr. Ben wat vandag en môre ‘n koorkamp by ons skool aanbied om ons senior koor verder te ontwikkel en voor te berei vir toekomstige optredes. Die koorkamp behels ook lekker pretaktwiteite en ek glo die koorleerders gaan dit tereë geniet.

Ongelukkig moet ek nou my nuusbrief vir die week afsluit, maar soos oudergewoonte met ‘n inspirerende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Eleanore Rooseveldt en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“The future belongs to those that believes in the beauty of their dreams’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet