Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Kopluise - Feb 2024

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.

Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is.

Wenke:
  • Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop.
  • Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop ‘n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak.
  • Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe.
  • Dit help ook om ‘n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam.
  • Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly het.

Oplaai van Nasorgleerders

Ons versoek dat ouers van die agterste hek (Kerkstraat) gebruik maak om hul kinders in die middae te kom haal. Ouers / voogde kan agter parkeer of self afstap nasorgsentrum toe om hul kind te gaan haal, of jy kan vir die sekuriteitswag vra om jou kind via die “walkie talkie” te laat roep. Indien die sekuriteitswag jou kind laat roep, sal die nasorgpersoneel jou kind vergesel of opstuur na die afdakkie toe.

Ouers kan ongelukkig nie by die Kloofstraathek inry nie. Dit veroorsaak ‘n groot verkeersopeenhoping indien ouers voor by die skool probeer inkom aangesien daar net een in- en uitgang is. Hierdie hek is slegs vir personeel en besoekers aan die skool.

Baie dankie vir almal se samewerking.

KULTUUR

Senior Koorkamp 16 - 17 Februarie

Ons Senior Koor het ’n heerlike koorkamp om na uit te sien in Februarie. Dit vind op 16 en 17 Februarie by die skool plaas. Die program skop Vrydagmiddag met ’n oefensessie in die skoolsaal vanaf 14:30-16:00 af waarna die leerders kan huis toe gaan. Saterdagoggend begin die kooroefening stiptelik om 08:00 en ons sal teen 12:00 klaar wees. Die kinders kan hulle swemklere die Saterdag inpak en uitsien na ’n lekker fees by die swembad wat 11:00-12:00 sal plaasvind.

Vrydag, 16 Februarie: 14:30 - 16:00
Saterdag, 17 Februarie: 08:00 - 12:00

SPORT

Wintersport Ouerinligtingsaand - 13 Februarie 2024

  • 18:30 in die saal.
  • Ons sal tydens hierdie sessie algemene inligting met betrekking tot die wintersportprogram met ouers deel.
  • Alle ouers / voogde wie se kind(ers) aan 'n wintersport deelneem, moet asb. die sessie bywoon.

ALGEMEEN

Jan Kas - Graad 3 - 7-tasse

Ons gewone skooltasse vir graad 3 - 7 is tans uit voorraad. Ons gaan moontlik binnekort 'n paar inkry, maar nie noodwendig al genoeg om almal wat vir 'n tas wag te kan help nie. Indien jy nie langer kan wag vir 'n tas nie, kan jy enige ander skooltas wat donkerblou is in 'n winkel koop.

Ons het intussen 'n paar Ramble-rugsakke ontvang. Dit is 'n duurder tas en het 'n twee jaar waarborg vanaf die datum wat die skool dit aangekoop het. Dit is op Jan Kas beskikbaar of jy kan dit tydens winkelure kom koop.

Valentynsdagverkope - 14 Februarie 2024

  • 14 Februarie tydens 1ste pouse in die vierkant
  • Produkte en verskeie lekkernye word verkoop
  • Ten bate van graad 7-fondsinsameling

Hoërskool Jan van Riebeeck Opedag - 27 Feb 2024

TERUGVOER

Jannies deel van Kaapstad Opera-kinderkoor

Drie Jannies, Karu Rademeyer, Abi Fourie en Jacob Venter, is onlangs ingesluit in die splinternuwe Kaapstad Opera-kinderkoor.

Dié groep het die groot voorreg gehad om saam met die professionele Kaapstad Opera-geselskap in die pragtige Maynardville-buitelugteater in hul vertoning, ‘Puccini in the Park’, op te tree. Hulle is ook deel van die operaproduksie, ‘Suor Angelica / Gianni Schicchi’, wat volgende week by die Kunstekaap Teater te sien is.

Ons wil ook vir Karu gelukwens met haar verkiesing as een van die vier lede van die nuwe ‘Children’s Board of Directors’ vir Kaapstad Opera.

Netbalkliniek terugvoer: 26-28 Jan. 2024

Die graad ses en sewe netbalmeisies het 26 tot 28 Januarie ‘n netbalkliniek bygewoon. Dit is deur die ervare netbalafrigter, tannie Patrys, aangebied. Dit was verskriklik lekker en ons sal dit nooit vergeet nie. Ons het baie spanwerkoefeninge gedoen - nie net op die baan nie, maar ook in die swembad.

Ons is baie dankbaar dat ons hierdie netbalkliniek kon bywoon. Baie dankie aan al die onderwysers wat dit moontlik gemaak het. ‘n Spesiale woord van dank aan tannie Patrys wat ver gereis het. Sy het vir ons baie geleer en ons gaan definitief alles wat ons geleer het goed kan toepas in die komende netbalseisoen.

- Geskryf deur Karu Rademeyer, gr. 7S

Swemuitslae: 2 Febr. 2024

Ons swemmers het Vrydag, 2 Februarie, aan die swemgala by die Duitse Skool deelgeneem. Laerskool Jan van Riebeeck het derde plek uit vier skole behaal. Wel gedaan aan al ons swemmers wat deelgeneem het!

Delmar Benecke en Karu Rademeyer het ook die afgelope naweek aan die Cape Town Bryan Button-kwalifiserende swemgala by die Universiteit van Wes-Kaapland deelgeneem:

Delmar
100m-rugslag: 1ste
100m-vryslag: 3de
200m-IM: 2de
50m-rugslag: 1ste

Karu
50m-borsslag: 1ste
100m-borsslag: 5de
50m-vlinderslag: 2de
100m-vryslag: 7de

Baie geluk Karu en Delmar - dit wil gedoen wees!

Skaakterugvoer: 3 Febr. 2024

'n Hele paar van ons leerders het Saterdag aan die opsionele individuele skaak WP-proewe deelgeneem. Die meeste van ons leerders wat deelgeneem het, dring deur na die volgende rondte. Ons wag met groot opwinding om te hoor wie amptelike uitnodigings vir die volgende rondte ontvang!

Tennisuitslae: 3 Febr. 2024

Die tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop toe ons eerstespan aan ‘n dubbelstoernooi te Laerskool Kenridge deelgeneem het. Vier skole het aan hierdie toernooi deelgeneem; Laerskole Kenridge, Jan van Riebeeck, Hermanus en Worcester. Die spelers het puik gevaar. Adriaan Wessels en Rafa Lamprecht het 2de plek behaal in die seuns dubbels A-groep en Stella Zulch en Ané Swanepoel het 2de plek behaal in die dogters dubbels B-groep. Laerskool Jan van Riebeeck het 'n 3de plek behaal. Baie geluk, Jannies!

Atletiek Interskole-uitslae: 6 Febr. 2024

Dinsdag, 6 Februarie, het 60 van ons atlete aan die jaarlikse Interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde deelgeneem. Daar was 9 skole wat op die dag teen mekaar deelgeneem het: Jan van Riebeeck, Kampsbaai, Duitse Skool, Reddam, Tamboerskloof, Sea Point, St. Cyprians, Kronendal en Houtbaai Internasionaal.

Die weer het saamgespeel en dit was 'n ideale dag vir atletiek. Die dag het glad verloop en ons atlete het hulle puik van hul taak gekwyt. Ons het op 'n hoogtepunt afgesluit en amper skoonskip gemaak met al die aflosse. Ons het ook op die dag die meeste punte verower en sodoende die interskole gewen. Die top 3 skole was:
  1. Jan van Riebeeck met 486 punte
  2. Kampsbaai met 413 punte
  3. Duitse Skool met 366 punte
Slegs die top twee atlete vir enige baanitem (uitsluitend 0.8 en 0.9) en die beste prestasie in die velditems kwalifiseer om deur te gaan na die Zone-kampioenskappe.

Ons atlete wat deurgaan is:
Cato Terblanche, 80m, 100m, 1200m en gewigstoot
Willem Viljoen, 70m H, 80m en 1200m
Maia du Toit, 70m H
Rafa Lamprecht, 70m H
Jack Dawes, 75m H en 150m H
Daniella Boshoff, 75m H en 200m H
Arjen Faling, 100m
Delmar Benecke, 200m, 200m H en 800m
Ellen van Heerden, gewigstoot
Jana Olivier, gewigstoot en diskus
Frank van der Walt, gewigstoot, spiesgooi en diskus
Carter Schoeman, gewigstoot
Jeanne van Heerden, gewigstoot en diskus
Stella Zulch, spiesgooi
Dylan Daniels, spiesgooi
Stella Pansegrouw, 150m H
Cara Stoltz, 150m H
Stephan Brink, 150m H
Michaan Naylor, 200m H
Dane Botha, 100m
Volg die skakel vir volledige uitslae.

Ons wens die atlete alle sterkte toe met die volgende rondte wat op 21 Februarie by Vygieskraal te Athlone plaasvind.

Krieketuitslae: Febr. 2024

Baie geluk aan al die krieketspelers met die volgende uitslae:
  • o.7 wen met 9 lopies teen Herzlia
  • o.8 wen met 18 lopies teen Herzlia
  • o.9 wen met 18 lopies teen Reddam
  • o.11 A verloor met 61 lopies teen Ottohub
  • o.11 B verloor met 8 paaltjies teen Pinelands North
    • Luke Sieberhagen met boulsyfers van 3 beurte 2 paaltjies vir net 4 lopies

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 9 Februarie 2024

Tydens die inligtingsaand van 23 Januarie en na vele gesprekke met verskeie ouers/voogde kom ek tot die besef dat die meeste ouers/voogde salig onbewus is oor die beginsel van Groei-ingesteldheid ('Growth Mindset') by die skool. Ons het groei-ingesteldheid alreeds in 2023 by die skool uitgerol en wil vanjaar dit verder beklemtoon en ontwikkel. Laat my dus toe om in ‘n neutedop die beginsel van groei-ingesteldheid te verduidelik. Pas dit gerus in julle gesinslewe toe. Dit het juis begin met ‘n mens se eie gedagtes veral as sukses jou die gedurig ontwyk. Mense met ‘n vaste-ingesteldheid ("Fixed Mindset") glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee jy gebore word en dat dit nie kan verbeter nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal kan baasraak. Hierdie tipe mense omhels uitdagings, volhard deur struikelblokke, leer uit kritiek en soek inspirasie in ander se suksesse.

Ons doel met groei-ingesteldheid is juis om ons leerders en personeel te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, insluit. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word. Dus wil ek versoek om jou kind/ers onder jou wakende oog ‘n kans te gee om ‘n bietjie, maar tog verantwoordelik te waag en selfs te misluk terwyl hulle nog jonk is sodat die spreekwoordelike groei-ingesteldheid se ‘spiere’ kan oefen. Vertel vir jou kinders dat bekendes soos Albert Einstein, Walt Disney, Steve Jobs, Michael Jordan en Oprah Winfrey verskeie mislukkings ervaar het, voordat hulle sukses behaal het. Hulle het egter nooit tou opgegooi of weggestap van hul drome nie. ‘n Mens leer dikwels die belangrikste lewenslesse wanneer jy misluk. Ek sê gereeld vir ons sportspanne dat ‘n mens eintlik net iets leer wanneer jy eers verloor. Kollektief moet ons, ons kinders leer dat om te verloor of te misluk deel van die lewe is. Ons moet eerder fokus dat ons nie verloor nie, maar eerder daaruit leer m.a.w. jy verloor nie, jy leer net!
Op Saterdag, 03 Februarie, het ons o.13A-tennisspanne (seuns & dogters) aan Laerskool Kenridge se tennistoernooi (dubbelspel) deelgeneem. Ons tennispselers het puik gevaar. Baie geluk aan die volgende spelers:
  • Ané Swanepoel & Stella Zulch behaal 2de plek (silwer) van hul B-dubbelsgroep.
  • Adriaan Wessels & Rafa Lamprecht behaal 2de plek (silwer) van hul A-dubbelsgroep.
Op Dinsdag, 06 Februarie 2024, het die interskole atletiekbyeenkoms te HS Jan van Riebeeck se velde plaasgevind. Ons atlete het puik gevaar en 19 atlete is deur na die volgende rondte. Baie geluk aan Jana Olivier wat die o.13 gewigstoot vir dogters gewen en die rekord verbeter het. Sy het egter drie maal in 6 gooie haar eie rekord verbeter. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie. Baie dankie aan mnr. Leon en sy span vir al die puik reëlings. Julle maak ons baie trots! Die afgelope week het daar ook verskeie tennis- en krieketwedstryde plaasgevind. Die sportprogram is in volle swang en ek versoek al ons leerders om aan ten minste een somersport deel te neem.
Baie dankie aan juf. Andri wat op Dinsdagaand, 06 Februarie 2024, die inligtingsessie rakende redenaars met al ons belangstellende leerders en hul ouers aangebied het. Redenaars leer die leerders om hul verbale- en nie-verbale kommunikasievaardighede te verbeter, effektiewe navorsing te doen, denkprosesse te ontwikkel om mense van hul standpunt te oortuig en laaste maar nie die minste nie, help dit met selfvertroue.

Soos julle bewus is, beplan ons om aktief vanaf 2024 musiek en kultuur te promoveer deur die musiek- en kultuurspyskaart uit te brei. Ons wil graag ons leerders ook aan ander musiekinstrumente blootstel, dus was ons baie opgewonde toe ons nuwe musiekinstrumente (saksofone & viole) by die skool afgelewer is. Kontak gerus juf. Rolene (nuwe Hoof van musiek en kultuur) indien jou kind in musiek belangstel en musiekonderrig wil ontvang.
Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Sherman Finesilver en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Don’t worry about failure,
worry about the chances you miss when you don't even try’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet