Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

KULTUUR

Senior Koorkamp 16 - 17 Februarie

Ons Senior Koor het ’n heerlike koorkamp om na uit te sien in Februarie. Dit vind op 16 en 17 Februarie by die skool plaas. Die program skop Vrydagmiddag met ’n oefensessie in die skoolsaal vanaf 14:30-16:00 af waarna die leerders kan huis toe gaan. Saterdagoggend begin die kooroefening stiptelik om 08:00 en ons sal teen 12:00 klaar wees. Die kinders kan hulle swemklere die Saterdag inpak en uitsien na ’n lekker fees by die swembad wat 11:00-12:00 sal plaasvind.

Vrydag, 16 Februarie: 14:30 - 16:00
Saterdag, 17 Februarie: 08:00 - 12:00

Redenaars: Inligtingsessie aan ouers - 6 Februarie

Indien jou kind hierdie jaar vir die eerste keer aan redenaars wil deelneem, woon asb. Dinsdagaand, 6 Februarie, om 18:00 - 19:00 'n belangrike inligtingsessie by die skool by. Die lokaal sal bevestig word.

Volg die skakel en vul asseblief die vorm in indien jy die sessie gaan bywoon.

SPORT

WhatsApp-boodskap vervang Sportvorms

Neem asb. kennis dat die sportvorms wat ouers invul om aan te dui of hul kind(ers) aan wedstryde gaan deelneem met 'n WhatsApp-boodskap in die relevante ouderdomsgroep van die sportsoort vervang word.
  • Ouers kan laat weet of hul kind(ers) speel of nie speel nie deur die boodskap lank in te hou en dan te reageer met 'n ???? of 'n????.
  • Daar sal ook 'n vervoeropname in die boodskap wees. Ouers kan die relevante opsie kies.
  • Maak asb. seker dat jy op die sportgroepe se ouderdomsgroepe in die Community is om hierdie boodskappe te ontvang. Join gerus indien jy nog nie deel is nie.

Atletiek Interskole te HS JvR - 6 Februarie 2024

Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole te Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees.
  • Alle atlete moet asb. Dinsdagoggend reeds om 07:00 in hul atletiekklere by die skool (laerskool) aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word.
  • Alle atlete neem deel in die oranje JvR-sporthemp.
  • Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal 'n ingangsfooi van R20.
  • Daar is geen parkering by die atletiekveld nie, maar wel op die Buysveld, bo die atletiekveld. Parkering kos R20.
  • Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees. Daar sal vervoer vir alle atlete wat terug skool toe moet gaan, wees.
  • Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en hoed.
Volg die skakel na die program.

Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe.

Ons wil spesiaal vir meneer Hanekom bedank wat baie ekstra ure ingesit het om die byeenkoms moontlik te maak.
thumbnail of Atletiek Interskole FINALE PROGRAM – 2024

Wintersport Ouerinligtingsaand - 8 Februarie 2024

  • 18:30 in die saal.
  • Ons sal tydens hierdie sessie algemene inligting met betrekking tot die wintersportprogram met ouers deel.
  • Alle ouers / voogde wie se kind(ers) aan 'n wintersport deelneem, moet asb. die sessie bywoon.

Senior Swemgala - 9 Februarie

Ouers is welkom om die swemgala op 9 Februarie by te woon.
  • Tyd: 09:30 - 14:00
  • Moedig asb. jou kind(ers) aan om deel te neem. Leerders hoef nie in te skryf nie, ons moedig massa deelname aan.
  • Alle leerders (deelnemers en toeskouers) kom met LO-klere skool toe.
  • Deelnemers moet hul eie swemkeppie en skoolswembroek OF gewone donkerblou swembroek hê.
  • Die uitslae sal gebruik word om leerders te identifiseer vir opkomende swemgalas.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak.
  • Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag
  • Die snoepie sal oop wees en daar sal 'n koffiestalletjie wees.
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Pak asb. vir deelnemers droeë onderklere, sonskerm en genoeg water in.
  • Geen leerder mag voor die einde van die gala huis toe gaan nie.

Gholfdag: 14 Maart 2024

  • Registrasie sluit 23 Februarie.
  • Stuur die bewys van betaling aan Rashard om jou bespreking te bevestig.
  • Gebruik asb. jou naam en Gholfdag as verwysing wanneer jy in die skool se rekening inbetaal.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy 'n gaatjie of enige pryse wil borg.
  • Daar is slegs 12 4-balle beskikbaar.
  • Die kostes sluit baanfooie en 'n ete na die tyd in.
  • Gholfkarretjies is bespreek en is vir jul eie rekening.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy enige vrae het: sport@jvrprim.co.za | 067 311 8914

ALGEMEEN

Roomysverkope - 9 Februarie

Roomysverkope - 9 Februarie

Valentynsdagverkope - 14 Februarie 2024

  • 14 Februarie tydens 1ste pouse in die vierkant
  • Produkte en verskeie lekkernye word verkoop
  • Ten bate van graad 7-fondsinsameling

Positiewe woorde kweek positiewe kinders

Die gesin is die eerste plek waar kinders hulself leer ken en begin voel hulle word aanvaar of nie. ‘n Ouer se reaksie op ‘n kind se emosies – al is dit intens - sal bepaal of die kind met gemak sy emosies in die toekoms gaan deel. Ons leer hulle dat geen emosie “reg” of “verkeerd” is nie, maar dit is ook ons “werk” om hulle te leer dat, hoewel alle emosies aanvaarbaar is, alle gedrág nie aanvaarbaar is nie. ‘n Moeilike taak om ‘n kind aanvaarbare reaksies te leer op die gevoelens wat hulle ervaar!

Ons is geneig om gedurig ons kinders se gedrag te korrigeer, want hoe anders gaan hulle leer? Dis egter moeilik om altyd kalm te bly en nie te laat deurskemer hoe jy werklik voel nie. Ons misluk soms. Ongelukkig word ‘n kind se gevoel van sekuriteit en selfwaarde dikwels direk gekoppel aan hoe ‘n volwassene optree en op wat hy of sy sê. ‘n Ouer se vermoë om hul eie emosies te hanteer asook hoe húlle verhoudings benader, bepaal dikwels die kind se optrede teenoor ander asook hoe hulle vriendskappe in die toekoms gaan hanteer.

Dit is onmoontlik om alle situasies ”korrek” te hanteer. Tog kan ons probeer om volgehoue positiewe terugvoer te gee. Hier is ‘n paar voorbeelde om op ‘n ander manier vir jou kinders te wys dat jy hulle waardeer en raaksien.

In plaas daarvan om vir jou kind te sê hy of sy is slim as hulle presteer, probeer:
  • “Ek kan sien jy het geoefen/ jou beste gedoen…”
  • “Ek is regtig trots op die keuse wat jy gemaak het om so hard te werk…”
  • “Wat ‘n kreatiewe manier om ‘n probleem op te los!”
  • “Ek waardeer die tyd wat jy ingesit het om vir hierdie toets te leer…”
Om ‘n kind se gevoel van selfwaarde te verhoog, kan ‘n mens dalk die volgende sê:
  • “Ek kan sien jy het baie tyd en moeite hieraan spandeer…”
  • “Het jy dit alles op jou eie gedoen?”
  • “Jy is regtig goed daarmee om probleme op te los…”
En om ‘n slag jóú kind onkant te vang, wat van:
  • “Ek is so bly jy is in my lewe…”’
  • “Ek is só trots op die mens(ie) wat jy besig is om te word!”
Hierdie manier van kommunikasie laat kinders voel hulle is suksesvol en dat jy hulle onvoorwaardelik liefhet. Probeer dit!

Marike Badenhorst
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Welwillendheid: Ou skoolklere

Aan die einde van 2023 het ons ‘n groot hoeveelheid ou skoolklere aan verskeie skole geskenk wat behoeftig is. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae tot hierdie insameling gelewer het.

Ons wil graag hiermee voortgaan sodat ons skool ander skole kan ondersteun. Stuur asb. enige ou skoolklere wat nie meer gedra word nie direk na my kantoor. Stuur gerus ook skoolskoene wat te klein is sodat dit ook geskenk kan word.

Afsnydatum: 2 Februarie 2024

By voorbaat dankie, Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za)

TERUGVOER

Ons Skoolhoof se trots

Baie geluk aan mnr. Beets en Sanelda met hul seun (Naas) se puik matriekuitslae! Dis voorwaar ‘n trotse oomblik wanneer ons skoolhoof se seun deur die premier van ons provinsie ‘n spesiale uitnodiging ontvang om na sy woning vir ‘n oorhandigingseremonie te kom. Ja, die skrif is aan die muur – Naas Beets (junior) is onder die Top 10-presteerders in die Wes-Kaap. Hy het 7 A’s gedurende die eksamen behaal. ‘n Mooi voorbeeld en inspirasie. Ons wens hom alle sterkte toe met die volgende fase op sy lewensreis.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 2 Februarie 2024

Februarie-maand het gister skielik sy onverwagse opwagting gemaak, want die aanbreek van 01 Januarie 2024 voel vir my soos gister. Seker soos ‘n mens bietje ouer word, kom ek weereens tot die besef dat tyd besonders vinnig verby vlieg en vir niemand wag nie. Dus indien jy vanjaar beplan om nog iets spesiaal te doen, moenie wag nie liewe vriende, doen dit sommer onmiddellik!

Graag wil ek almal hartlik bedank vir al die mooi verjaardagwense wat ek sedert Vrydag, 26 Januarie ontvang het. Ek het op Sondag, 28 Januarie verjaar, maar is reeds vanaf Vrydag, 26 Januarie, tot in die spreekwoordelike afgrond deur die leerders en personeel bederf. Ek wens julle as ouers/voogde kon die spesiale dag by die skool saam met my beleef. Dit was so kosbaar. Die leerders se opregte omgee en kreatiewe verjaarsdagwense, sal ek verewig koester.
Op Saterdag, 27 Januarie, is die tweede Ouer- en kindsportdag vanaf 07:30 by die Conradieveld aangebied. Ek kon ongelukkig eers vanaf 11:00 by die spesiale sportdag aansluit aangesien ek, Marinda en Raché vanaf 08:00 die oggend by die Oude Molen Tegniese Skool departementele opleiding moes ontvang. Dit was wonderlik om te sien dat selfs teen 11:00 die oggend, hoeveel ouers/voogde saam met hul kinders nog steeds aktief aan die sportdag deelgeneem het. Alhoewel dit sommer lekker warm was, het ons ouers/voogde en leerders met hope entoesiasme deelgeneem. Die opgewondenheid en gees was aansteeklik en almal het hul gate uit geniet. Dit is die ideale geleentheid vir leerders, ouers en personeel om sommer lekker gees te vang en die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes en spelers opgetree asook registrasies en die snoepieverkope behartig het.
Die opwinding was groot toe ons die skool se 103de bestaansjaar op Woensdag, 31 Januarie, kon vier. Leerders het smullekker roomyse op die warm dag ontvang. Die stigting van ons trotse skool is alles te danke aan Japie Louw. Hierdie jongeheer het meer as ‘n eeu gelede net eenvoudig geweier om in Engels skool te gaan en dit het tot die stigting van Laerskool Jan van Riebeeck gelei. Soos Japie en nog menigte wat na hom gevolg het, het hy vinnig ontdek dat hierdie besondere skool baie meer as net geleerdheid bied. Hier ontdek jy jouself! Hier leer jy wat dit beteken om net jouself binne ‘n veilige omgewing met gekoesterde waardes te wees. Mag Laerskool Jan van Riebeeck vir nog ‘n eeu voortbou op sy suksesse en altyd ‘n waardegedrewe omgewing koester waar ‘n kind nog kind kan wees.
Die afgelope week het ons ook met tenniswedstryde begin. Vanmiddag neem ons aan ‘n swemgala by die Duitse Skool deel asook aan mini-krieketwedstryde by Laerskool Kampsbaai. Môre neem ons o.13A-tennispanne (seuns en dogters) aan ‘n tennistoernooi te Laerskool Kenridge deel. Die sportprogram en –wedstryde is dus in volle swang en my beste wense vergesel al ons leerders en afrigters.

Op Dinsdag, 06 Februarie 2024, geskied die interskole atletiek by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde. Sterkte aan al ons atlete en afrigters. Baie dankie aan Leon Hanekom wat jaar-in en -uit aan die stuur van sake by die interskole staan.

Laat my ook toe om die skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, Pieter Rademeyer, en sy personeel hartlik geluk te wens met hul puik matriekuitslae van 2023. Hoërskool Jan van Riebeeck is weer uitgenooi na die nasionale merietetoekennings van SOS op 09 Februarie in Pretoria. Nie net haal hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar die gesogte lys nie, maar vier van hulle vakke haal die Top 20-lys van alle skole in die land naamlik:
  • Wiskunde: 13de in SA (2de van Afrikaanse skole)
  • Ingenieursgrafika en Ontwerp: 13de in SA (6de van Afrikaanse skole)
  • Afrikaanse Huistaal: 16de in SA
  • Fisiese Wetenskap: 17de in SA (4de van Afrikaanse skole)
Mag julle voortbou op al julle suksesse!

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor die lewe en groei-ingesteldheid deur Mahatma Ghandi en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“You must be the change that you want to see in the world!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet