Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Meneer Beets verjaar!

Ons geliefde skoolhoof verjaar eerskomende Sondag, 28 Januarie. Meneer Beets, dankie dat elke liewe Jannie vir jou belangrik is! Jy moet lekker verjaar. ‘n Paar gr. 6’e het die spesiale gedig saamgeflans!

Aan die beste meneer waarvoor enige kind kon vra… Vir meneer Beets op sy verjaarsdag

Meneer Beets is die beste hoof,
hy sal hom altyd vir ons afsloof!
Hy sal vir almal groet,
maak nie saak, stout of soet!

Ons is altyd welkom in sy kantoor,
al voel hy soms goor.
Meneer is BAIE goed in gholf,
maar sy seun verkies ‘n krieketkolf.

Hy loer altyd in,
ons Jannies voel soos een groot gesin!
Meneer is altyd daar vir ons,
selfs wanneer ons ‘n netbalbal bons!

Hy trek altyd netjies aan,
selfs al staan hy op die tennisbaan!
Hy gee altyd wyse woorde in die saal;
daarom sal die gees nooit daal!

Meneer sal vir ons ‘n myl draf,
maar ongelukkig sluit ons nou af.
Ons skryf hierdie brief,
want vir Meneer is ons ongelooflik lief!

Met baie liefde van al die Jannies

VIR AANDAG

Kalenders 2024

Maak asb. seker dat jy die nuutste kalenders met jou eie gesinchroniseer het. Ons verwyder Maandag, 29 Januarie 2024, die ou Google-kalenders en jy sal daarna nie meer toegang hê nie.

Volg asseblief die instruksies hier onder om te verseker dat jy altyd op hoogte is van die nuutste en korrekte datums van al ons skoolaktiwiteite.

HOE OM OP DIE NUWE KALENDERS IN TE TEKEN
  • Volg die skakel na die bladsy op ons webtuiste.
  • Kopieer die skakel van die toepaslike kalender.
  • Volg die stappe in die instruksies op die webblad om die skool se kalender met jou tipe kalender te sinchroniseer.
Google Calendar gebruikers

Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder:
  • Maak die Google kalender oop.
  • Soek die kalender wat jy wil verwyder in die menu links onder.
  • Beweeg die muis na die kalendernaam.
  • Kliek die kruisie wat verskyn.
Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder:
  • Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar.
  • Maak die Google kalender oop.
  • Kliek op die strepies (menu)
  • Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af.
iCalendar gebruikers (Apple)

Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder:
  • Maak die iCalendar oop.
  • Kliek op die kalender-ikon links-bo.
  • Regskliek op die kalender wat jy wil verwyder en kies "delete".
Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder:
  • Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar.
  • Maak die iCalendar oop.
  • Kliek op “Calendars” aan die onderkant van die skerm
  • Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af.
Outlook gebruikers (Microsoft)

Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder:
  • Soek die kalender in die menu links onder.
  • Kliek op die drie kolletjies langsaan die kalendernaam.
  • Kies "remove".
Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder:
  • Kliek op die Calender-ikon onderaan jou Outlook-toep.
  • Kliek op die kalender-ikon links bo.
  • Kies die settings ikon langsaan die kalender.
  • Kies "remove shared calendar".

Taak- en Toetsroosters

Onderwysers gaan in die vervolg alle taak- en toetsdatums op die taak- en toetsroosters (kalenders) laai. Die kalenders is beskikbaar in die webtuiste se menu onder Take en Toetse (op jou rekenaar sal dit in die boonste menu wees). Om dit te sync met jou kalender, kies die relevante graad se kalender en kliek op Teken in bo-aan vir verdere instruksies en die skakel. Jy kan ook hierdie skakel volg vir instruksies.

Geruite rompies Graad 4 - 7

  • Ons is bewus daarvan dat die geruite rompies baie nou gesny is en nie gemaklik oor dogters se heupe aantrek nie. Die nuwe rompies wat ons inkry, gaan ritssluiters hê en vir dieselfde prys as voorheen verkoop word.
  • Ons kry slegs 'n klein bietjie rompies op 'n slag, want dit word afgelewer soos wat dit klaar gemaak is. Dit verkoop dus vinnig uit nadat ons weer voorraad gekry het. Indien jy spesiaal by die werk moet afvat of lank in die ry staan vir 'n rompie, maak asb. eers aanlyn seker of daar wel nog voorraad is in die nommer wat jy wil koop voor jy die moeite doen om in die ry te staan.
  • Onthou asb. dat indien jy 'n kennisgewing gestel het op iets wat uit voorraad is, dit nie beteken dat daardie item vir jou gereserveer is nie. Dit is slegs 'n kennisgewing. Indien jy op die skakel in die e-pos kennisgewing kliek en dit sê die item is uit voorraad, beteken dit in die tyd wat jy die e-pos gekry het en op die skakel gekliek het, die item(s) weer verkoop is.
  • Wees asb. geduldig terwyl ons wag vir die rompies. Dogters het nog toestemming om hul skort te dra totdat ons aan almal rompies kan verskaf. Ons laai die voorraad wat ons stuk-vir-stuk kry sodat sommige ouers al gehelp kan word. Indien ons sou wag vir als om eers te kom voor ons dit op die stelsel laai, sou dit nog 'n hele rukkie wees voor enigeen 'n rompie kon koop. Wees asb. geduldig wanneer jy uitmis op 'n rompie waarvan daar net 'n bietjie by ons aangekom het.
By voorbaat dankie vir julle geduld en verstaan.

AKADEMIE

Wenke vir Huiswerk

Liewe Ouer/Voog

Die terug-skool-toe-seisoen het aangebreek, en ons wil julle hartlik verwelkom! Lapa-uitgewers gee hierdie oulike wenke vir huiswerk aangesien hulle ons leerders inspireer om tuis 'n liefde vir leer te kweek. Hulle is gereed om julle te ondersteun op hierdie reis ...

Hallo, grootskool!
  • Laat jou kind elke dag dieselfde tyd op dieselfde plek in dieselfde volgorde huiswerk doen – dit skep sekuriteit wat hulle laat ontspan en makliker leer.
  • Moenie huiswerk tussen kosmaak en ander aktiwiteite doen nie. Eerder ’n halfuur van jou volle aandag as ’n uur se verdeelde frustrasie.
  • Die onderwyser is jou en jou kind se vennoot. Hulle gaan baie makliker leer en vinniger vorder as hul weet julle drie werk as ’n span saam.
  • Reageer stiptelik op boodskappe of versoeke van die skool af. Dit gee jou kind ekstra sekuriteit en wys dat jy werklik in hom/haar belangstel. Dit bring ook mee dat hulle hul samewerking wil gee en hul bes wil doen.
  • Kontak gereeld die onderwyser en vind uit hoe jou kind vorder en of daar iets is wat jy tuis kan doen om sy/haar vordering in die klas te vergemaklik.
  • As jy nie met die onderwyser saamstem nie, bespreek dit met hom/haar. Moenie jou kind se onderwyser voor hulle kritiseer nie. Dit veroorsaak dat hy/sy gespanne is in die klas.
  • Wees geduldig. Jou kind ontwikkel nog. Wat jou kind vandag nie kan doen nie, draf hy/sy dalk oor ’n maand kaf. Elke kind ontwikkel fisiek, emosioneel en intellektueel teen hul eie tempo. Ons vergeet dit so maklik en breek in die proses ’n kind se selfvertroue, liefde vir hul medemens en hul begrip van die groot wêreld daarbuite af, wat weer sy vordering benadeel.

KULTUUR

Senior Koor Oefentye 2024

Neem asb. kennis van die senior koor se oefentye hierdie jaar:

Woensdae
07:30 - 08:15

Donderdae
07:45 - 08:15

SPORT

Ouer-en-Kind Sportdag

Sien asb. hierdie dokument vir die reëlings. Kontak gerus vir Rashard indien daar enige vrae is: sport@jvrprim.co.za | WhatsApp 067 3118914

Veranderinge op die Buitemuurse Sportprogram

  • Neem asb. kennis dat alle o.7 - o.9-krieket die eerste kwartaal op die Conradieveld gaan plaasvind en nie meer op die skool se veld nie.
  • Daar is ook ‘n verandering in die gr. 4 – 7-swemtye. Tye het verander van 14:15 – 15:15 na 14:15 – 15:00.
  • Volg hierdie skakel vir die nuutste Buitemuurse Sportprogram.

Atletiek: Dinsdag, 6 Februarie

Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees.

Die volledige program sal volgende week beskikbaar wees.
  • Alle atlete moet asb. Dinsdag reeds om 07:30 in hul atletiekklere by die skool aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word.
  • Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal 'n ingangsfooi van R20.
  • Daar is geen parkering by die hoërskool nie, dus vra ons dat enigiemand wat die dag wil bywoon van publieke vervoer of Uber gebruik maak.
  • Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees.
  • Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en -hoed.
  • Ons wens vir elke atleet sterkte toe.
  • Sien die PDF vir die name van die deelnemers.

Gholfdag: 14 Maart 2024

  • Registrasie sluit 23 Februarie.
  • Stuur die bewys van betaling aan Rashard om jou bespreking te verseker.
  • Gebruik asb. jou naam en Gholfdag as verwysing wanneer jy in die skool se rekening inbetaal.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy 'n gaatjie of enige pryse wil borg.
  • Daar is slegs 12 4-balle beskikbaar.
  • Die kostes sluit in baanfooie en 'n ete na die tyd.
  • Gholfkarretjies is bespreek en is vir jul eie rekening.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy enige vrae het: sport@jvrprim.co.za | 067 311 8914

ALGEMEEN

Welwillendheid: Ou skoolklere

Aan die einde van 2023 het ons ‘n groot hoeveelheid ou skoolklere aan verskeie skole geskenk wat behoeftig is. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae tot hierdie insameling gelewer het.

Ons wil graag hiermee voortgaan sodat ons skool ander skole kan ondersteun. Stuur asb. enige ou skoolklere wat nie meer gedra word nie direk na my kantoor. Stuur gerus ook skoolskoene wat te klein is sodat dit ook geskenk kan word.

Afsnydatum: 2 Februarie 2024

By voorbaat dankie, Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za)

Jannies vir Jesus

Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 - 07:45 in die saal plaas. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk of een van die onderwysers 'n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling oggend van die week. Alle gr. 1-7-leerders en hul ouers is welkom! 'n Spesiale dankie aan Isabella en Izzy in gr. 7 wat aangebied het om te help met die tegniese aspek. Ons het ook 'n Jannies vir Jesus WhatsApp-groep binne die skool se Community gestig waarby ouers kan aansluit en so ook toestemming gee dat hul kind(ers) dit kan bywoon.

Selfbeeld teenoor selfvertroue - is daar 'n verskil?

“Jy is uniek en spesiaal… Jy kan enige iets bereik as jy regtig wil…”

Bekende woorde vir elke ouer. Maar, ten spyte van hierdie voortdurende pogings van ouers se kant af om hul kinders beter oor hulself te laat voel, word ‘n ouer byna daagliks gekonfronteer met ‘n moedelose, ongelukkige kind wat voel hy of sy is nie goed genoeg nie.

Daar is ongelukkig min bewyse dat hierdie voortdurende gerusstelling deur ‘n ouer enige verskil gaan maak in hoe kinders hulself gaan beleef wanneer hulle – weg van hul ouers - met hindernisse, teleurstellings en uitdagings gekonfronteer word.

Navorsing bevestig dat werklike selfvertroue slegs gekweek kan word wanneer jy jou kind toelaat om sélf oplossings te vind en om sélf hindernisse in die oë te kyk. Dit is híérdie kinders wat uiteindelik (al is die ouers nie daar nie) die wêreld kan trotseer. Soms is dit al manier hoe kinders hul eie persoonlike sterkpunte kan leer ken.

Kinders met selfvertroue weet hulle mag misluk, maar glo ook in hul eie vermoë om “terug te bons” en weer te probeer. Natuurlik geskied hierdie veerkragtigheid binne ‘n raamwerk van betrokke en ondersteunende ouers.

Moedig dus jou kind van kleins af aan om hul omgewings te verken, in hulself te glo en as hulle val, op te staan, knieë af te stof en aan te gaan.

- MARIKE BADENHORST, OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Roomysverkope Vrydag, 2 Februarie 2024

TERUGVOER

Jannies presteer by Cape Town Tennis

7 Jannies is gekies vir die A en B-spanne by Cape Town Tennis Capping. Baie geluk aan die volgende leerders:

Rafa Lamprecth, Jeanne van Heerden en Stella Lamprecht (oud-Jannie) - A-span
Amelie van der Walt, Ané Swanepoel, Adriaan Wessels en Gustav van der Linde - B-span

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 26 Januarie 2024

Met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal is alle skoolaktiwiteite in volle swang.

Op Maandag, 22 Januarie 2023, het die somerbuitemuurse program amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde rakende die opkoms van leerders wat aan die verskillende somersportkodes deelneem. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief te wees deur aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet.

Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 23 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het:
  • Delmar Benecke
  • Leah de Kock
  • Izzy du Plessis
  • Ruben Eksteen
  • Jeanne Koen
  • Anna Louw
  • Michaan Naylor
  • Karu Rademeyer
  • Emma Snijders
  • Bailey Thomson
  • Frank van der Walt
  • Willem Vorster
  • Stella Zulch
Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkie te behartig. My beste wense vergesel hulle vir die belangrike rol wat hulle as leerderleiers by ons skool gaan speel.

Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Dinsdag, 23 Januarie 2024, bygewoon het, hartlik bedank en gelukwens met die opkoms. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel van ‘n spesiale skoolgemeenskap wat omgee, te wees. Laat my toe om ons OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span hartlik te bedank vir die puik reëlings en harde werk wat die sukses van die aand verseker het. Die samesyn was kosbaar en die positiewe ‘gees’ onder die ouers/voogde was amper tasbaar. Die doel van die aand was natuurlik om inligting oor jou kind/ers se nuwe graad ouers/voogde oor te dra, asook om die personeel bekend te stel. Ek dink almal stem saam dat die funksie absoluut die regte geleentheid was om die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Ek glo ouers/voogde het ook die geleentheid gebruik om mekaar beter te leer ken, veral die graad 1-ouers asook al die nuwe ouers en daardeur nuwe vriendskappe te bewerkstellig.

Die pret en samesyn vir die week het egter nie by Dinsdagaand gestop nie, dus glo ek dat ek weer almal môre tydens die Ouer- en Kindsportdag by die Conradieveld sal sien. Laasjaar was dit vir die eerste keer aangebied en dit was ‘n reuse sukses. Ouers/voogde en kinders word op die dag in spanne van 6 lede gedeel wat bestaan uit 3 volwassenes en 3 kinders. Julle kan aan sokker, mini-krieket, ‘tag-rugby’ en veldnetbal deelneem. Neem gerus deel, geniet die dag saam met jou kind/ers en indien jy bekommerd is oor ‘n ‘ou’ besering, ons gaan spesiaal van professionele noodhulp gebruik maak. Daar sal ook heerlike koffie, eet- en drinkgoed te koop wees. By voorbaat dankie dat julle die dag gaan ondersteun. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes gaan optree asook registrasies en die snoepieverkope gaan hanteer.

Baie geluk aan Susan (nasorg) wat vandag verjaar, ons wens vir haar ‘n geseënde nuwe lewensjaar toe!

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor die lewe en groei-ingesteldheid deur George Bernard Shaw en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Life is not about finding yourself.
Life is about creating yourself"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet