Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 19 Januarie 2024

‘n Hartlike welkom terug by ons trotse skool. Groot opwinding saam met hoë energievlakke het op Woensdagoggend, 17 Januarie 2024, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie, geheers. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad ontvang en sonder trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om ook al ons leerders en ouers/voogde te verwelkom, blad te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie asook die opwindende jaar wat voorlê.
Laat my toe om veral ons nuwe leerders en ouers/voogde hartlik by die LS Jan van Riebeeck-familie te verwelkom. Ek weet julle sal sommer vinnig inskakel en deel word van ‘n dinamiese en omgee-skoolgemeenskap. Ons is baie trots om te sê ons het ‘n goeie skool en as nuwe ouers/voogde sal julle dit nou eerstehands ervaar. Vir my is 'n goeie skool soos 'n gesonde en ‘n pragtige boom. Soos dit groei, sink dit sy wortels diep in die plaaslike en vrugbare grond; dit pas by die omliggende klimaat en plantegroei aan; sy takke verdik vir ondersteuning en versprei vir maksimum blootstelling aan die son. Dit maak sy eie kos; dit genees sy eie wonde; en op sy tyd bring dit vars blare, bloeisels en vrugte voort. Mag ons spreekwoordelik vir nog baie jare ‘n gesonde boom wees waar ons seker maak die boom kry genoegsame skoon water, voldoende kunsmis en alle dooie takke word sorgvuldig gesnoei sodat daar nuwe en sterk takke sal groei om die skool te ondersteun.

Ek vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n Geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Sterkte ook met al die nuwe jaar voornemens! Volgens nuttelose statistieke in die verband, volhou slegs 15% van mense aan hul nuwe jaar voornemens, maar dalk bewys ons hulle vanjaar verkeerd.

Dit is dan ‘n riem onder die hart om met julle te deel dat al ons personeel veilig terug is na die lang vakansie, uitgerus en gereed om jul kinders te onderrig en te ondersteun om te verseker dat elke Jannie sy/haar skooljaar terdeë sal geniet. Ons streef daarna dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik teen die tempo waarteen elke leerder individueel ontwikkel. Laat my ook toe om die volgende nuwe personeel asook waarnemende personeel hartlik by die JvR-familie te verwelkom:
  • Rolene van Zyl (Hoof: Kultuur en Musiek)
  • Anika le Roux (Gr. 4)
  • Mariëtte Herholdt (Gr. 3 – aflos in Michelle Compion se plek)
  • Anene Loots (Gr. 2 – aflos in Maricqe Coetzer se plek)
  • Lize Terblanche (Gr. 1)
  • Michelle Eeken (Gr. 1 – aflos in Nicola Potter se plek)
  • Liezel Theron (Gr. R)
  • Madri Greyling (Gr. 00 – aflos in Magdel Fourie se plek)
  • Carla Basson (Gr. 00)
  • Lia-Marié Mudini (Huppelland: Nasorghoof)
Maak asseblief seker dat jy volgende week op Dinsdagaand, 23 Januarie 2024, vanaf 18:00 die bekendstellingsfunksie en inligtingsaand by die skool bywoon sodat julle ook al jul kinders se nuwe opvoeders asook ander nuwe personeel kan ontmoet. Die program vir die aand werk as volg:
  • 18:00 – Inligtingsgesprek met klasonderwyser in die klaskamer soos deur opvoeders gereël. Benut assseblief dié geleentheid om jou kind se leeromgewing te sien en die roetines/ stelsels binne-in die klas te verstaan. Ons gaan ook die akademiese verwagtinge vir die graad deurgee. Die opvoeders moet egter direk na afloop van die vergadering in die saal wees vir die bekendstellingsfunksie. Individuele afsprake sal op ‘n latere stadium met ouers gemaak word sodra die basislynassesserings voltooi is.
  • 18:45 – Almal verdaag saal toe vir ons algemene inligtings- en bekendstellingsvergadering. Na afloop van die bekendstellingsfunksie sal heerlike etes geniet word. Ek sien baie uit na die heerlike samewyn.
Neem asseblief kennis dat ons vanjaar weer vroeër met ons sportoefeninge begin. Die atletiekspan het alreeds vanaf Woensdag, 17 Januarie, begin oefen ter voorbereiding van die Interskole atletiekbyeenkoms wat op 06 Februarie plaasvind. Die somersport-buitemuurse program skop dan amptelik op Maandag, 22 Januarie 2023, af. Hou asseblief Saterdagoggend, 27 Januarie 2024, oop waartydens ons ‘n informele ouer-kind sportdag by die Conradieveld gaan aanbied. Daar sal ook heerlike verversings te koop wees. Die doel hiervan is om pret saam met jou kind te hê terwyl ouers ook die geleentheid kry om sommer mekaar beter te leer ken en saam die jaar behoorlik af te skop met lekker geesvang en opwinding.

Die musiekprogram skop ook op Maandag, 22 Januarie 2024, onder leiding van juf. Rolene van Zyl, nuwe hoof van Musiek en Kultuur, af. Kontak gerus vir juf. Rolene indien jou kind musiekonderrig wil ontvang of in musiek belangstel. Ons poog om vanjaar aktief die kultuur-spyskaart vir ons leerders uit te brei asook om met Hoërskool Jan van Riebeeck in dié verband saam te werk. Nuwe musiekinstrumente waaraan ons leerders vanaf vanjaar blootgestel gaan word, sluit onder andere die saksofoon in.

Dit is dan ook my voorreg om met julle te deel dat ons beplan om vanjaar ons leerontwikkelingsentrum onder bestuur van juf. Marietjie op te gradeer en uit te brei om ons leerders met spesifieke uitdagings beter te ondersteun en te bemagtig. Dit behels onder andere die sentralisering van ondersteuningsdienste in een gang met meer moderne en goed toegeruste lokale waar ons al die terapeute en leerontwikkelingspersoneel akkommodeer. Stephen Hitchcock (argitek en ouer by ons skool) is tans besig om die planne en kosteberaming te finaliseer.

Deel van die projek behels ook die installering van spesiale tafeltjies en stoeltjies wat op strategiese plekke in die gange geplaas is, waar leerders met toestemming van hul onderskeie opvoeders, kan gaan sit en op hul eie werk of lees. Dus kan ‘n leerder wat op ‘n stadium die klassituasie angstig ervaar daar gaan sit en onder toesig van sy opvoeder voortgaan met sy/haar werk. Hierdie tafels en bankies is dan ook ideaal vir die gebruik deur tutors/fasiliteerders wat gedurende skooltyd leerders akademies ondersteun. Die hele leerderontwikkelingsprojek word moontlik gemaak deur Mari Kushner en haar ma Annalise Basson. Ek wil graag hulle asook Whitey Basson hartlik bedank vir die ruim borgskap asook die passie waarmee hulle help om saam met Stephen die projek te bestuur. Baie dankie Mari en Annalise vir julle kosbare tyd, betrokkenheid en die ongelooflike passie om ‘n verskil in kinders se lewens te maak.
Graag sluit ek af met die volgende aanhaling van deur Ralph Waldo Emerson rakende nuwe jaar voornemens en wens julle ‘n wonderlike en voorspoedige 2024 toe. Geniet saam met jou kind/ers hul nuwe graad en leerervaring. Mag julle ‘n heerlike naweek geniet.

"Always do what you are afraid to do".

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Ouerinligtingsaand, 23 Januarie

Dinsdagaand, 23 Januarie, om 18:00 is ons Ouerinligtingsaand.
  • Ouers gaan 18:00 by hul kinders se klasse bymekaarkom en beweeg daarna na die saal vir die inligtingsessie.
  • Oudergewoonte sal Stan se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan-kroeg beskikbaar wees.
  • Kosbestellings is op Karri beskikbaar en moet ten laaste teen Vrydag, 19 Januarie, geplaas word.

Jan Kas tasse & rompies

Dankie vir almal se geduld in die lang rye by Jan Kas hierdie week! 'n Paar belangrike kennisgewings:
  • Die graad 3-7-skooltasse is bestel. Ons kry moontlik binne die volgende twee weke ongeveer 20 tasse, maar die res eers later. Indien julle nie so lank kan wag vir 'n tas nie, is julle welkom om enige ander tas wat so naby aan donkerblou as moontlik is, te koop. Julle kan ook 'n alternatief gebruik terwyl julle vir die skooltasse wag.
  • Rompies graad 4-7: Ons is besig om vir die rompies wat nuut gemaak word, ritssluiters in te sit. Daar gaan wel moontlik 'n effense prysverskil wees. Ons weet dat baie dogters nog nie 'n rompie kon koop nie. Wees asb. gerus dat julle nog die LO-klere mag dra tot ons genoeg rompies kon vervaardig en versprei.
  • Indien jy ekstra Woolworths-sakke tuis het, oorweeg asb. om dit vir Jan Kas te skenk. Indien jy jou Jan Kas-aankope in 'n Woolworths-sak ontvang het, stuur dit ook gerus terug skool toe na Suzaan se kantoor of na Jan Kas tydens winkelure.

WhatsApp Communities

Baie dankie aan almal wat reeds by die skool se WhatsApp Community en relevante groepe aangesluit het. Indien jy nog nie die skakel na die Community gekry het nie, stuur gerus vir Suzaan 'n boodskap (suzaan@jvrprim.co.za OF 067 435 4050) Neem asb. kennis van die volgende:
  • Ons gaan ouderdomsgroepe vir sportsoorte skep.
    • Die groepe gaan oop wees vir tweerigtingkommunikasie.
    • Die sportvorms wat ouers moet invul om aan te dui of hul kind(ers) aan 'n wedstryd gaan deelneem, sal op die hoofgroep van die betrokke sport gestuur word.
    • Enige vervoerreëlings wat tussen ouers en onderwysers getref moet word of vrae van ouers kan op die ouderdomsgroepe vir die sport gekommunikeer word.
    • Moet asb. nie onnodige boodskappe hierop stuur nie. Slegs kommunikasie wat relevant is tot die betrokke groep sal toegelaat word. Indien ouers versuim om hierdie reël na te kom, sal hulle tydelik van die groep verwyder word.
  • Daar is ook klasgroepe vir graad 5 - 7 geskep. Sluit asb. so gou moontlik hierby aan.
  • Indien jy 'n vraag het, gaan asb. na die relevante WhatsApp-groep en kliek op die groepnaam om die inligting te sien. Stuur gerus 'n persoonlike boodskap vir die onderwyser wat 'n admin op die groep is (e-pos of WhatsApp). Ons gaan vinniger kan antwoord as die boodskap dadelik by die regte persoon uitkom.

AKADEMIE

Taak- en Toetsroosters

Onderwysers gaan in die vervolg alle taak- en toetsdatums op die taak- en toetsroosters (kalenders) laai. Die kalenders is beskikbaar in die webtuiste se menu onder Take en Toetse (op jou rekenaar sal dit in die boonste menu wees). Om dit te sync met jou kalender, kies die relevante graad se kalender en kliek op Teken in bo-aan vir verdere instruksies en die skakel. Jy kan ook hierdie skakel volg vir instruksies.

KULTUUR

Ballet by Huppelland

Nuwe aanstelling in musiekdepartement: Rolene van Zyl

Rolene van Zyl het die leisels by Helecia oorgeneem. Rolene het haar BMus (Musiek), BMus Honeurs (Musiek) en MMus (Kamermusiek) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Sy het baie ervaring in die onderrig van klasmusiek en het al by verskeie skole musiek onderrig, onder andere Bishops, St. Cyprians, Herzlia en Hoërskool Jan van Riebeeck.

Rolene is opgewonde om die musiekdepartement, asook ons skool se kultuuraanbieding en -spyskaart, verder te ontwikkel en uit te bou. Sy is opgewonde om nuwe instrumente tot ons musiekaanbieding te voeg, asook om opwindende musiek- en kultuurprojekte aan te pak. In 2024 kan leerders deur die musiekdepartement inskryf om klavier, kitaar, saksefoon en viool te speel. Volg gerus hierdie skakel vir die inskrywingsvorm.

SPORT

Somer Buitemuurse Sportprogram 2024 Kwartaal 1

thumbnail of Buitemuurse-program 2024

ALGEMEEN

Nasorg: Aansoekvorm en kontakbesonderhede

Volg hierdie skakel om jou kind vir Nasorg 2024 in te skryf: Inskrywingsvorm

Die nasorgpersoneel het werkselfoonnommers en versoek dat ouers hul daarop kontak (WhatsApp of WhatsApp Call). Stoor asb. ten minste twee nasorgpersoneellede se nommers:

Dolinda - 0793965971
Felicity - 0794766927
Ursula - 0792804885
Susan - 0793582579

TERUGVOER

Jannies presteer in Mondelinge Kommunikasie-eksamen

Karu Rademeyer en Sophia Derksen (gr. 7) het in Oktober verlede jaar die Suid-Afrikaanse Spraak- en Dramakollege se nasionale Mondelinge Kommunikasie-eksamen afgelê en die uitslae is vandeesweek ontvang.

Dié twee Jannies het reeds vanaf Januarie 2023 tydens ’n weeklikse les vir hierdie praktiese eksamen begin voorberei en dit saam met die junior dramagroep van die Hoërskool Jan van Riebeeck afgelê.

Die vlak waarop hul ingeskyf is, Intermediêr Graad 1 (Sophia) en Intermediêr Graad 2 (Karu), is dus reeds op die gr. 8 & 9-hoërskoolleerders se vlak.

Die eksamen behels ’n program wat elke leerder aanbied en die volgende insluit: ’n voorbereide demonstrasie of praatjie oor ’n interessante onderwerp, die voorlees en bespreking van ’n boek, improvisasie-standpunt of groepverhaalkuns, vrae en besprekings oor die aanbieding en dan het die onderskeie groepe ’n 20 minute-dramaprogram met ’n spesifieke tema aangebied.

Baie geluk aan die Jannies met puik uitslae behaal:

Sophia Derksen – Intermediêr Graad 1 – 91%
Karu Rademeyer – Intermediêr Graad 2 – 89%

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet