Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Kalenders 2024

Die skool skakel Januarie 2024 oor na ons nuwe aanlyn kalenders.

Volg asseblief die instruksies hier onder om te verseker dat jy altyd op hoogte is van die nuutste en korrekte datums van al ons skoolaktiwiteite.

HOE OM OP DIE NUWE KALENDERS IN TE TEKEN
  • Volg die skakel na die bladsy op ons webtuiste.
  • Kopieer die skakel van die toepaslike kalender.
  • Volg die stappe in die instruksies op die webblad om die skool se kalender met jou tipe kalender te sinchroniseer.
Google Calendar gebruikers

1. Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder:
  • Maak die Google kalender oop.
  • Soek die kalender wat jy wil verwyder in die menu links onder.
  • Beweeg die muis na die kalendernaam.
  • Kliek die kruisie wat verskyn.
2. Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder:
  • Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar.
  • Maak die Google kalender oop.
  • Kliek op die strepies (menu)
  • Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af.
iCalendar gebruikers (Apple)

1. Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder:
  • Maak die iCalendar oop.
  • Kliek op die kalender-ikon links-bo.
  • Regskliek op die kalender wat jy wil verwyder en kies "delete".
2. Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder:
  • Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar.
  • Maak die iCalendar oop.
  • Kliek op “Calendars” aan die onderkant van die skerm
  • Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af.
Outlook gebruikers (Microsoft)

1. Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder:
  • Soek die kalender in die menu links onder.
  • Kliek op die drie kolletjies langsaan die kalendernaam.
  • Kies "remove".
2. Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder:
  • Kliek op die Calender-ikon onderaan jou Outlook-toep.
  • Kliek op die kalender-ikon links bo.
  • Kies die settings ikon langsaan die kalender.
  • Kies "remove shared calendar".

WhatsApp Communities

  • Indien jy sukkel om by die skool se WhatsApp Community aan te sluit d.m.v. die skakel wat in Skooler gestuur is, stuur asb. 'n WhatsApp aan Suzaan se skool WhatsApp-nommer sodat sy die skakel na die Community direk vir jou kan aanstuur: 0674354050
  • Sodra jy by die Community aangesluit het, sal dit in jou WhatsApp chats lê. Jy kan ook die Community in WhatsApp oopmaak deur op die Communities-ikon bo-aan (Android) of onderaan jou skerm (iPhone) te kliek. Die ikon is egter nie in WhatsApp Business beskikbaar nie.
Android:
iPhone:
  • Indien jy graag 'n boodskap per WhatsApp aan 'n onderwyser wil stuur, gaan asb. na die groep waarby daardie onderwyser betrokke is en kyk in die groep se besonderhede vir sy/haar nommer. Die onderwysers is die Admins in die relevante groepe. Baie onderwysers het 'n skool selfoonnommer en verkies om daarop boodskappe vanaf ouers te ontvang eerder as hul privaat WhatApp. Respekteer dit asb. deur eerder die nommer van die onderwyser wat in die Community is, te gebruik.
  • Vir verdere riglyne, volg gerus die skakel.

Jan Kas oop twee dae voordat skool in 2024 open

Jan Kas sal in 2024 op die 15de Januarie oopmaak, twee dae voordat die skool vir leerders open.

Die tye vir die 15de en 16de Januarie is as volg:
  • 15 Jan 2024: 08:00 - 12:00
  • 16 Jan 2024: 07:00 - 12:00
*Daar is heelwat ouers wat wag vir graad 4-7 rugsakke, rompies en hemde. Dit sal volgende jaar wanneer die winkel oopmaak, beskikbaar wees.

Vanaf Woensdag, 17 Januarie 2024, sal die winkel weer volgens die normale ure beskikbaar wees:
  • Maandae: 07:00 - 08:30
  • Dinsdae: 13:00 - 14:30
  • Woensdae: 07:00 - 08:30
  • Donderdae: 13:00 - 14:30

Program volgende week: 11 & 12 Desember 2023

Maandag, 11 Des:
  • Sivviedag
  • 07:45 - gr. 7-saalbyeenkoms vir Gr. 2-7-leerders (gr. 7-ouers welkom)
  • 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) - skool verdaag
Dinsdag, 12 Des:
  • Sivviedag
  • 07:45 - skool begin
  • Leerders ontvang vorderingsverslae (rapporte)
  • 10:30 - skool sluit vir alle leerders
  • Nasorg soos normaal

KULTUUR

Nuwe aanstelling in musiekdepartement: Rolene van Zyl

Soos almal weet, tree Helecia Groenewald na 42 jaar aan die einde van dié jaar, af. Ons wil Helecia salueer en uit die diepte van ons harte bedank vir die uitstekende diens wat sy gedurende haar tyd by die skool gelewer het. Sy het geweldig baie leerders positief aangeraak en het ‘n liefde vir musiek by ons leerders gekweek. Ons waardeer opreg haar toegewydheid, lojaliteit, omgee en alles wat sy vir Laerskool Jan van Riebeeck gedoen het!

Rolene van Zyl neem in Januarie die leisels by Helecia oor. Rolene het haar BMus (Musiek), BMus Honeurs (Musiek) en MMus (Kamermusiek) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Sy het baie ervaring in die onderrig van klasmusiek en het al by verskeie skole musiek onderrig, onder andere Bishops, St. Cyprians, Herzlia en Hoërskool Jan van Riebeeck.

Rolene is opgewonde om die musiekdepartement, asook ons skool se kultuuraanbieding en -spyskaart, verder te ontwikkel en uit te bou. Sy is opgewonde om nuwe instrumente tot ons musiekaanbieding te voeg, asook om opwindende musiek- en kultuurprojekte aan te pak. In 2024 kan leerders deur die musiekdepartement inskryf om klavier, kitaar, saksefoon en viool te speel. Volg gerus hierdie skakel vir die inskrywingsvorm.

SPORT

Gholfdag: 14 Maart 2024

ALGEMEEN

Skoolfooie 2024

Volg die skakel vir die skoolfooie van 2024.

Jan Kas: Geruite rompies

Ons versoek dat daar asseblief geen onnodige spanning oor die rompies moet wees nie. Die geruite rompies is in die vervaardigingsproses. Die skool gee 'n maand grasie aan die begin van volgende kwartaal vir graad 4-7-dogters om hul skorts te dra terwyl ouers dan tyd het om die rompie aan te koop. Baie dankie vir die geduld.

Vakansiesorg Des 2023 / Jan 2024

Sien gerus die vorm vir meer inligting en vul jou besonderhede in indien jy daarvan gebruik wil maak. Vakansiesorg is die volgende datums beskikbaar:
  • 13 en 14 Desember 2023
  • 18 - 22 Desember 2023
  • 8 - 16 Januarie 2024

TERUGVOER

Chrystal Conradie presteer in yskaats

Chrystal Conradie het die afgelope naweek aan die Yskaats WP-Kampioenskappe deelgeneem en 'n tweede plek behaal. Baie geluk, Chrystal! Wat 'n ongelooflike prestasie!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 1 Desember 2023

Hierdie afgelope week was weereens propvol opwindende aktiwiteite wat onder andere prysuitdelings, atletiek, "sing-songs", "water slides", klas- en graadpartytjies, ens. ingesluit het.

Hierdie week het die jaarlikse prysuitdelings onderskeidelik vir graad 4 tot 7 plaasgevind. Graag fokus ek eers op die graad 4 en 5-prysuitdelings aangesien die saktyd vir die weeklikse nuusbrief te vroeg in die week is, om ook die prysuitdelings vir graad 6 en 7 in te sluit. Ek sal wel in volgende week se nuusbrief daaroor terugvoering gee. Die graad 4 en 5-prysuitdelings het op ‘n manier informeel, maar tog uiters stylvol plaasgevind. Prysuitdelings is op beste van tye ‘n sensitiewe en kontroversiële onderwerp van bespreking en ek wil julle die waarborg gee dat ons as skoolbestuur baie begrip daarvoor het. Ek glo dat ons skool die erkenningsproses so verfyn het dat ons dit regkry om erkenning aan presteerders te gee sonder om die ander leerders te na te kom. Ons neem dit egter nog ‘n stappie verder en gee vir elke leerder ‘n persoonlike en unieke erkenning in die saal. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as ‘n laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê. Daar was baie hoogtepunte tydens die prysuitdelings, maar opvallend was die leerders se toejuiging tydens die bekendmaking van die akademiese presteerders. Baie van die top 10 akademiese leerders was aangenaam verras met die aankondiging van hul name en het dit glad nie verwag nie. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien dat ons leerders mekaar se prestasies vier en dit is so spesiaal wat ons skool op nog ‘n manier uniek maak. Hierdie trotse oomblikke sal ek verewig koester en bevestig net weer dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning is op die voorwaarde dat ‘n skool waardegedrewe moet wees en ‘n spesiale etos van omgee en respek omhels.
Op Sondagaand, 04 Desember, om 19:00 het beide ons junior- en senior kore vir die tweede agtereenvolgende naweek tydens kerssangdienste opgetree en die keer in die pragtige NG Kerk, Drieankerbaai. Beide kore het hul puik van hul taak gekwyt en weereens ons ouers/voogde en al die Drieankerbaai kerkgangers betower met die sing van pragtige kersliedere. Baie dankie aan ons mammas wat gehelp het om ons leerders as Josef, Maria, die wyse manne en engele aan te trek wat die aand verder ekstra spesiaal gemaak het.
Op Woensdag, 06 Desember, het die velditems van ons jaarlikse kleure-atletiek by die Hoërskool se velde plaasgevind. Baie dankie aan mnr. Leon vir al die puik reëlings asook ons personeel wat toegewyd hul stasies beman en ons atlete aangemoedig het. Graag wil ek ons ouers/voogde bedank wat tyd by die werk afgeknyp het om die dag te ondersteun en luidkeels hul kind/ers aan te moedig om net hul beste te doen. Die pragtige uitsig vanaf die hoërskool se velde met die ikoniese Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel as agtergrond het beslis gehelp om almal se gemoed te lig en die jaar op ‘n hoë noot af te sluit.
Laat my ook toe om Gerhard Conradie hartlik te bedank wat die afgelope week sy span mense gestuur het om die mini-sportveld agter die skool kompos asook ‘n bolaag sand toe te dien. Baie dankie Gerhard, ons het groot waardering.
Volgende week is die laaste skoolweek vir 2023 en sluit die skool op Dinsdag, 12 Oktober, vir almal om 10:30. Ek hoop en vertrou dat almal vandag se kleure-atletiek (baanitems) sal geniet. Ek sien uit om julle daar te sien.

Graag sluit ek af soos oudergewoonte met my bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Roy T. Bennet oor dankbaarheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“When one has a grateful heart,
Life is so beautiful!’’


Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet