Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Jan Kas: Geruite rompies

Ons versoek dat daar asseblief geen onnodige spanning oor die rompies moet wees nie. Die geruite rompies is in die vervaardigingsproses, maar sal moontlik nie betyds weer voordat Jan Kas vir voorraadopname en vakansie op Donderdag, 7 Desember, sluit nie. Die skool gee 'n maand grasie aan die begin van volgende kwartaal vir graad 4-7-dogters om hul skorts te dra terwyl ouers dan tyd het om die rompie aan te koop. Sodra die geruite rompies aanlyn beskikbaar is, sal Suzaan 'n kennisgewing uitstuur om almal in te lig. Baie dankie vir die geduld.

Kommunikasie 2024

Dit is vir ons belangrik om op ‘n tydige en gerieflike wyse met ouers te kan kommunikeer, daarom kondig ons graag die volgende reëlings t.o.v. kommunikasie vir 2024 aan:
  • Met die volledige implementering van Teams by die skool en die uitbreiding van funksionaliteit in WhatsApp, is besluit om die gebruik van Skooler aan die einde van 2023 op te skort.
  • Die skool het reeds ons eie WhatsApp Community, Ls JvR, geskep. Dié WhatsApp Community, tesame met ‘n aantal WhatsApp-groepe, sal vanaf 11 Desember as amptelike kommunikasiekanaal gebruik word om aankondigings, dringende kennisgewings en reëlings t.o.v. sportoefeninge, wedstryde, optredes e.d.m. aan ouers te kommunikeer. Skooler sal steeds tot einde van die kwartaal gebruik word terwyl ouers kans het om by die WhatsApp Community aan te sluit. Moet asb. nog nie Skooler van jou selfoon af verwyder nie.
Om by die skool se WhatsApp Community-groepe aan te sluit, volg asb. hierdie stappe:
  1. Gaan in op Skooler en volg die WhatsApp Community-skakel wat later vandag in die Algemeengroep beskikbaar gaan wees.
  2. Sluit aan by die skool se Community.
  3. Jy sal outomaties deel wees van die Announcement-groep waarop ons algemene afkondigings sal maak. Niemand sal jou selfoonnommer in hierdie groep kan sien nie.
  4. Jy gaan 'n lys van groepe sien waarby jy ook kan aansluit. Kies die relevante groepe en kies die opsie "request to join". Jou versoek sal met tyd aanvaar word, wees asb. geduldig indien jy nie onmiddellik tot die groep toegelaat word nie. Neem kennis dat jou selfoonnommer wel vir ander ouers sigbaar sal wees in die groepe waarby jy aansluit. Wanneer jy by groepe in die Community aansluit, gee jy toestemming dat die ouers in daardie groep jou nommer mag sien.
  5. Onthou dat hierdie groepe vir 2024 geskep is. Moet asb. nog nie by klasgroepe aansluit totdat jy weet in wie se klas jou kind volgende jaar is nie.
  6. Dit is ouers verantwoordelikheid om by die skool se WhatsApp Community en die relevante groepe wat onder dit val, aan te sluit.
  7. Alle groepe is gestel op eenrigting-kommunikasie en ouers sal dus nie nou op enige groepe boodskappe kan stuur nie. Dit sal verander sodra daar 'n behoefte in 'n groep ontstaan vir ouers om met mekaar reëlings te tref.
  8. Daar is 'n "Create Group"-opsie in die Community. Ouers sal egter nie groepe binne die Community kan stig nie en dit sal slegs as 'n versoek by die administrateurs van die Community uitkom. Moet dus asb. nie op "Create Group" kliek nie.
Riglyne tot Kommunikasie

Onderhewig aan ondernemings rondom redelikheid en respek vir die reg op privaatheid, geld die volgende riglyne vir kommunikasie tussen ouers en onderwysers:
  • Onderwysers is formeel beskikbaar vanaf 07:00 - 18:00 gedurende weeksdae om ouers se oproepe en boodskappe te beantwoord. Slegs in noodgevalle kan buite hierdie ure gekommunikeer word.
  • Neem in ag dat personeel nie noodwendig onmiddellik beskikbaar gaan wees om boodskappe te beantwoord nie. Onderrig in die klas en afrigting op die sportveld geniet voorkeur. Indien daar 'n dringende versoek gedurende hierdie tyd is, kan ouers die skool se ontvangs kontak om 'n boodskap te los.
  • Onderwysers sal binne 24 uur op boodskappe en navrae reageer.
  • Onderwysers sal ouers wat versoek het om by ‘n groep aan te sluit binne 24 uur aanvaar.
  • Die skoolhoof is beskikbaar indien daar 'n krisis is.
  • Vertroulike inligting behoort per e-pos gekommunikeer te word en nie per WhatsApp nie.
  • Minstens een ouer/voog per gesin moet deel wees van die skool se WhatsApp Community.
  • Die volgende is aanvaarbare vorme van kommunikasie tussen ouers en onderwysers:
    • E-pos;
    • WhatsApp na amptelike skoolnommers soos in die Community aangedui;
    • Telefoonoproep;
    • Afspraak in persoon.
  • Die volgende vorme van kommunikasie met die skool en onderwysers word nie toegelaat nie:
    • WhatsApp stemnotas;
    • Onderwysers betrek by privaatgroepe wat deur ouers gestig is.

AKADEMIE

Boekverkope: 4 & 5 Desember 2023

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope!
  • Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op 4 en 5 Desember) in die biblioteek plaasvind.
  • Stuur asseblief 'n geldjie saam indien leerders belangstel om 'n boek te koop.
  • Beide kontant en kaartbetalings, sowel as SnapScan word aanvaar.
  • Die tye is as volg:
    • Maandag, 4 Desember, 09:30-14:00
    • Dinsdag, 5 Desember, 07:00-14:00.
Ons sien baie uit!

KULTUUR

Kooroptrede Drieankerbaai NG Kerk: 3 Desember 2023

Onthou asb. van ons laaste kooroptrede hierdie Sondagaand, 3 Desember, om 19:00 by Drieankerbaai NG Kerk (Hoofweg, Drieankerbaai).
  • Albei kore tree op.
  • Wees so 18:45 daar.
  • Koorlede dra weer WIT en sit by hul ouers.
Verlede week was pragtig, kom ons maak weer so!

Dit is my laaste kooroptrede by Laerskool Jan van Riebeeck na 41 jaar, nogal 'n hartseer gedagte vir my! Dankie vir julle getroue ondersteuning al die jare.

Helecia Groenewald

SPORT

Atletiek: 6 & 8 Desember 2023

Volgende week, 6 en 8 Desember, vind ons jaarlikse kleure-atletiek op Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas.

Sien alle inligting rakende die twee dae in die program.

Opgewondenheid heers aangesien die blou- en oranjespan reeds vir twee weke hul verskeie liedjies oefen om die ander span lekker gas te gee.

Ouers/voogde, julle word uitgenooi om solank aflosspanne bymekaar te maak sodat die middag op 'n lekker hoë noot kan afsluit.

Kom geniet twee fantastiese atletiekbyeenkomstes saam met ons.

ALGEMEEN

Datum wat skool sluit & Program

Neem asseblief kennis dat die skool op Dinsdag, 12 Desember, sluit en nie soos beplan op Woensdag, 13 Desember, nie. Die amptelike vakansiedag wat op 15 Desember is, veroorsaak dat skole genoodsaak word om een dag vroeër te sluit aangesien daar van onderwyspersoneel verwag word om twee dae nadat die skool gesluit het, admin te voltooi. Nasorg sal soos normaal tot op 17:15 plaasvind. Geen skool of nasorg op/vanaf Woensdag, 13 Des. nie.

Volg die skakel vir die volledige organisasie en skooltye van die laaste twee weke van skool.

Graad 4 - 7 Prysuitdeling 2023

Prysuitdelings is ‘n kontroversiële onderwerp wat ons met die grootste respek by ons skool probeer hanteer. Ons neem dit baie ernstig op om vir elke leerder in die skool erkenning d.m.v. ‘n sertifikaat te gee. Ons poog om wel deurdagte besluite te neem deur leerders aan te moedig terwyl ons ook toekennings wil gee. Net soos by Sport en Kultuur wil ons ook graag spesiale erkenning aan ons leerders gee wat daagliks hul bes doen om ons skool se kernbesigheid, Akademie, ernstig op te neem en op hierdie gebied te presteer. Dis vir leerders belangrik dat ouers hulle ondersteun afgesien van jou eie ervaring van prysuitdelings, daarom nooi ons alle ouers uit om die onderskeie gr. 4 – 7-prysuitdelingsgeleenthede soos hier onder uiteengesit, by te woon. Tydens hierdie geleenthede word die Top 10 Akademiese prestasies per graad aangekondig saam met die eerste drie plekke in Tale en Wiskunde. Hiermee probeer ons motiveer en aanmoedig. Ons weet ook dat dit uiters belangrik is dat die leerders in klasverband aanwys wie hulle dink die maat was wat die jaar hul deel gedoen het, daarom dat daar drie baie spesiale, geliefde toekennings toegeken word nl.
  • Klasburger van die jaar - klas stem
  • Mees vasberade leerder - klas stem
  • Onderwyserstoekenning - onderwyserskeuse
Prysuitdelings:
  • Graad 4 – Dinsdag, 5 Des., 9:00
  • Graad 5 – Dinsdag, 5 Des., 11:00
  • Graad 6 – Donderdag, 7 Des., 9:00
  • Graad 7 – Donderdagaand, 7 Des., 18:00
Dankie vir die ondersteuning. Ons sien uit om jou by hierdie spoggeleentheid te sien.

Vakansiesorg Des 2023 / Jan 2024

Sien gerus die vorm vir meer inligting en vul jou besonderhede in indien jy daarvan gebruik wil maak. Vakansiesorg is die volgende datums beskikbaar:
  • 13 en 14 Desember 2023
  • 18 - 22 Desember 2023
  • 8 - 16 Januarie 2024

Welwillendheidsprojek vir 1ste kwartaal 2024

Die skool gaan volgende kwartaal skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole skenk. Kan julle asb. alle bruikbare ou skryfbehoeftes na die eksamen na juffrou Marietjie se klas toe stuur. Baie dankie!

Kennisgewing: Woonstelblokontwikkeling

Liewe Ouer/Voog

Neem asseblief kennis van die onderstaande boodskap van die "Friends of Tamboerskloof Association" (FOTA)

FOTA wil graag belanghebbendes in die area bewus maak van die voorgestelde ses verdieping woonstelblok-ontwikkeling "The Aloe" bo die “Swiss Tennisclub” op die hoek van Leeukop en Quarry Hill. Julle kan meer inligting oor die projek en die beswaarproses kry by https://tinyurl.com/fotadocs.

Neem asseblief kennis dat alle besware teen 11 Desember aangeteken moet word.

Baie dankie vir julle dringende aandag.

TERUGVOER

Louis Hofmeyr en John Gillmer presteer in Rugby

Louis Hofmeyr en John Gillmer het Saterdag die Hamiltons Rugbyklub se toekenningseremonie bygewoon. Louis is as die o.8 speler van die jaar aangewys en John die beste o.13 agterlynspeler van die jaar.

Baie geluk, manne! Ons is trots op hierdie wonderlike prestasies van julle!

Delmar presteer in Swem

Delmar Benecke het die naweek van 25-26 November aan die Cape Town Aquatics (CTA) se WP-kampioenskap as lid van die Vineyard Swemklub deelgeneem.

Delmar het baie goed gevaar en wen die volgende:

100m rugslag - goud seuns o.12
100m vryslag - silwer seuns o.12

Hy swem persoonlike beste tye vir albei sy items. Baie geluk, Delmar! Dis 'n wonderlike prestasie.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 1 Desember 2023

Met dagbreek vanoggend besef ek met ‘n skok dat dit vandag die eerste dag van Desembermaand is en dit beteken dat Kersfees om die draai is! Waar het die kosbare tyd so vinnig heen gevlieg? In terme van die skool is die antwoord voor die hand liggend: dit was ‘n besondere jaar, ‘n besige jaar propvol opwindende akademiese-, kulturele- en sportaktiwiteite, en wanneer daar ook pret betrokke is, dan vlieg tyd behoorlik verby!

Gister het die finale eksamens vir die gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n sug van verligting gegee, want huishoudings kan weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek graag vir julle die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Ek was so bevoorreg om self die afgelope week aktief by die modereringsproses betrokke te wees. Baie dankie aan ons onderwysers wat so deeglik die antwoordstelle merk om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is wat ons benodig vir die prysuitdelings vir gr. 4 en 5 wat op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember, plaasvind.

Ek het begrip dat prysuitdelings altyd kontroversieël sal wees, maar wees verseker dat die skool prysuitdelings met die grootste respek en omsigtigheid hanteer. Net soos ons weekliks erkenning aan sport- en kultuurprestasie in die saal en nuusbrief gee, wil ons ook graag erkenning vir leerders wat akademies hard werk en presteer gee, want akademie is darem ons kernbesigheid. Ons neem deurdagte besluite rakende die proses van erkenning aan presteerders gee sonder om die ander leerders te na te kom. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê.

Op Sondagaand, 26 November, om 19:00 het beide ons junior- en senior koor in die pragtige NG Tamboerskloof Kerk tydens die jaarlikse kerssangdiens opgetree. Beide kore het hul puik van hul taak gekwyt en al die kerkgangers betower met hulle pragtige kersliedere. Dit was nog een van daardie trotse oomblikke wat ek die afgelope jaar ervaar en weereens besef het wat ‘n wonderlike voorreg ek het om as skoolhoof van dié merkwaardige skool op te tree. Ons sien baie uit na nog ‘n kerssangdiens, die keer by die Drieankerbaai, NG Kerk wat op Sondagaand, 03 Desember, om 19:00 plaasvind. Indien jy die eerste kerssangdiens uitgemis het, dan is dit nou jou kans om dit eersterangs te ervaar. Sien julle Sondagaand.
Op Dinsdag, 28 November, het die gr. 4-leerders Engels geskryf en kon hulle soos hul gunsteling karakter uit hul letterkundeboek (The Foolish King) skool toe aantrek. die gr. 4-leerders het pragtig gelyk en spoggerig in hul kostuums rondgeloop. Baie dankie juf. Marianne vir die wonderlike inisiatief! Dit maak eksamen pret en help sommer ook om in die proses eksamenangs te verminder.
Ons skoolgemeenskap het werklik so baie om voor dankbaar te wees, dus sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Antonia Montoya oor dankbaarheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek sonder enige eksamenstres saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“Find gratitude in little things
and your well of gratitude will never run dry.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet