Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - UITGESTEL: Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die Beheerraad se eerste amptelike beheerraadsvergadering vir die jaar is Maandagaand gehou om te verseker dat ons trotse skool 2022 soomloos aanpak en van krag-tot-krag sal gaan. Graag wil ek by voorbaat ons Voorsitter, Merwe Scholtz, en die ouerkomponent van die beheerraad naamlik Izelle Venter (onder-voorsitter), Esri Marais, Marié Cruywagen, Andries Viljoen en Marili Thomson (Tesourier) hartlik bedank vir hul waardevolle insette asook die kosbare tyd wat hulle spandeer om die funksionaliteit van ons spogskool te verseker.

Op Dinsdag, 8 Februarie 2022, het 50 van ons atlete by Hoërskool Kampsbaai aan die Interskole Atletiekbyeenkoms wat deur die Duitse skool gereël is, gaan deelneem. Ons atlete het baie goed gevaar met 37 atlete wat na die volgende rondte vorder. Sien die uitslae onder die Sport afdeling in die nuusbrief. Dit was so jammer dat weens omstandighede buite ons beheer julle as ouers/voogde nie die byeenkoms kon bywoon nie. Ek het wel waargeneem dat van ons ouers vinnig ‘n plan gemaak het om vanuit ‘n ‘strategiese’- en hoër hoogte die byeenkoms op ‘n afstand dop te hou. Baie dankie aan ons opvoeders wat as beamptes opgetree het asook Razelle en Shahneé wat die administrasie van die hele byeenkoms hanteer het.

Op Woensdag, 9 Februarie, het verskeie tenniswedstryde asook ‘n o/11-krieketwedstryd plaasgevind. Graag wil ek die ouers/voogde komplimenteer wat die wedstryde weer so getrou begin bywoon om ons Jannies te ondersteun. Soos Rudi Badenhorst vir my Woensdag tydens die o/11-krieketwedstryd teen Laerskool Kampsbaai gesê het: "Wat ‘n voorreg om as ‘n ouer weer na ‘n lang tydperk langs die sportveld te kan wees." Ons is so dankbaar dat ons Jannies weer aan sportwedstryde en byeenkomste kan deelneem waar hulle dikwels onwetend belangrike lewenslesse leer. Sport is nie net goeie oefening nie, maar dit lei ook tot gesonde emosionele welstand wat kinders in die algemeen gelukkiger maak. Wees verseker dat ons vanjaar uit ons pad sal gaan om vir ons Jannies die geleenthede te skep om hul sporttalente uit te leef. Die ‘oordoen’ van die tennisbane langs die swembad is amper voltooi en ons behoort binnekort daarvan gebruik te maak. Behoorlike dreinering is ook ingesit om te verseker dat vog nie weer onder die oppervlakte opbou nie.

‘n Pluimpie vir ons afrigters is dat ons vanjaar 6 spanne vir die tennisliga ingeskryf het. Ek rig ‘n vriendelike versoek dat julle as ouers/voogde ons met die vervoer van veral die tennisspanne na en van die verskillende plekke kan help. Tenniswedstryde geskied op Woensdae saam met o/11-krieketwedstryde wat ongelukkig so deur die onderskeie unies bepaal word. Verder vind tenniswedstryde tuis en sover as die noordelike voorstede plaas wat dit logisties moeilik maak om al die spelers betyds by die verskillende plekke te kry. Baie dankie by voorbaat vir hierdie hulp.

Dit is dan ook vir my aangenaam om te deel dat die getalle by die nasorg vanjaar weer mooi opgetel het. Baie dankie aan Madri en haar span wat uit hul pad gaan om die nasorg lekker vir ons nasorgleerders te maak. Ek weet hulle beplan heelwat meer interessante aktiwiteite om die nasorgleerders te vermaak.

Vandag geskied die senior swemgala en ek glo ons Jannies gaan dit baie geniet.

Graag sluit ek af met die volgende woorde rakende dankbaarheid:

"Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak. Die pad na vrede loop deur die land van dankbaarheid."

Geniet die naweek!

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Versoek: Parkering

Ons versoek dat niemand op die bus se parkering op die agterste veld onder die bome stop nie. Die skool se bussies moet dan in die son staan en dit is nie ideaal nie. Dankie vir julle samewerking!

Valentynsdag: verkope & sivvies

  • Maandag, 14 Februarie, hou ons valentynsdagverkope!
  • Daar sal pouse 'n verskeidenheid lekkernye, geskenkies en bederfies wees om te koop.
  • Leerders kan op hierdie dag gratis sivvies aantrek.
  • Dit is alles ten bate van die fondsinsameling vir ons somersokkie op 17 Maart 2022.

Vraag en Antwoord-blad op die webtuiste

Besoek gerus ons Vraag & Antwoord-blad op die webtuiste. Dit is beskikbaar onder die MyJvR opskrif in die menu. Ouers kan die soekfunksie gebruik om iets op die webtuiste op te spoor en ook inligting en video's onder die Gereelde Vrae-afdeling sien. Daar word binnekort nog bygevoeg, so hou die spasie dop!

Jannies Nasorg

Ons moedig graag ons ouers/voogde aan om hul kinders by die nasorg in te skryf. Die nasorg, onder leiding van Madri Greyling, bied ‘n veilige plek vir leerders om hul skooldag af te sluit.  Die nasorgaktiwiteite is uitgebrei om dit nog lekkerder vir leerders te maak.

Die nasorgspan ken elke leerder op die naam en koördineer daagliks leerders om hul sport- en buitemuurse aktiwiteite betyds by te woon.  Daar is Maandag tot Donderdag aparte huiswerkklasse vir graad 1, graad 2 en dan vir graad 3 - 7-leerders sodat die druk op ouers en leerders laatmiddag/vroegaand minder is. Ouers kan net by die huis seker maak dat hul kind/ers die werk verstaan. Ons is ook baie trots op Madri aangesien sy aan die einde van laasjaar die finale vakke vir haar B.Ed (Grondslagfase) graad geskryf het en binnekort haar onderwysgraad sal ontvang. Sy inkorporeer nou groot- en fynmotoriese beweging en ander opvoedkundige metodes om huiswerk meer interessant te maak asook om die vaslegging van werk te verseker.

Die nasorgspan maak elke dag vir leerders ‘n toebroodjie en van hierdie jaar af is elke dag se broodjie anders. Op hierdie stadium geniet die kinders die toebroodjies so baie, dat van hulle skoon vies raak as mamma of pappa hulle voor hulle ham- en kaasbroodjie kom haal!

Daar is aan die begin van die jaar nuwe speelgoed aangekoop en die leerders het nou baie “hula hoops” en balle om buite mee te speel. Daar is ook verf en ander kunsprodukte aangekoop en leerders doen een keer ‘n week ‘n kunsaktiwiteit. Een van ons ouers, Ronel Allewell, bied elke Vrydagmiddag vir ons nasorgleerders ‘n jogaklas aan. Die kinders geniet dit ongelooflik baie en ons wil sommer van die geleentheid gebruik maak om haar vir haar tyd te bedank. 

Indien jy jou kind vir nasorg wil inskryf, kontak gerus vir Madri Greyling by nasorg@jvrprim.co.za. Sien ook HIER die nasorgblad op ons webtuiste.

Fotodag: Dinsdag, 1 Maart

Dinsdag, 1 Maart is dit fotodag.

Die volgende foto's sal geneem word:
  • Individuele foto's
  • Boetie- en sussie foto's
  • Beheerraadfoto
  • Biblioteekmonitors
  • Suidoosterredaksie
  • OOV
Reëlings:
  • Kleredrag: Leerders dra hul gewone wit JvR-skoolhemp (plat kraag met wapen op die sak) met hul grys kortbroek en donkerblou rompie, wit en grys sokkies met skoolskoene.
  • Daar sal GEEN LO-lesse op hierdie dag wees nie.
  • Leerders moet asb. betyds wees. Ons begin reeds om 08:00 met die foto's.
  • Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon is.

KULTUUR

Hulp met konsert 2022

Ons hou weer hierdie jaar konsert! Indien jy graag by die konsertreëlings betrokke wil raak, kliek HIER en vul die vorm in om ons in kennis te stel waar of op watter manier jy sal kan help. Dankie!

Emma van Biljon presteer in musiekeksamen

Emma van Biljon in Graad 6 het Trinity se Graad 1-dwarsfluiteksamen met eervolle vermelding geslaag. Sy het begin met dwarsfluitlesse net voor die grendeltydperk in 2020 begin het en het vir omtrent 1 en 'n halwe jaar aanlyn lesse ontvang. Dit is 'n puik prestasie, veral om op hierdie manier 'n splinternuwe instrument te bemeester. Baie geluk, Emma!

SPORT

Inskrywings vir Welgemoed skaaktoernooi: 19 Februarie

Laerskool Welgemoed bied weer hul jaarlikse skaaktoernooi aan. Indien jou kind(ers) graag aan die toernooi wil deelneem, voltooi asb. die registrasievorm deur die skakel te volg en stuur asb. vir juffrou Raché de Goede (rache@jvrprim.co.za) 'n e-pos sodat ons 'n lys kan saamstel. Welgemoed beheer die inskrywings en ons het dus nie toegang tot die lys nie. Kliek HIER vir meer inligting oor die skaaktoernooi.

HS JvR-Bergfietsklub

Beste Bergfiets-entoesias

Hoërskool JvR het verlede jaar ’n weldoener gehad wat in privaatkapasiteit die vaardigheidsessies, soos aangebied deur BreakAway Rides, se kostes gedra het om ons laerskoolkinders bloot te stel aan bergfiets en om die Hoërskool-bergfietsbaan bekend te stel.

Die kwartaallikse fooi, wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck se bergfietsklub bestuur word, sal vanaf hierdie jaar R550 per kwartaal beloop. Dié bedrag sal die afrigters se kostes dek.

Ons het op Vrydag, 21 Januarie 2022, begin met ons eerste vaardigheidsessie vir 2022. Die vaardigheidsessies vind elke Vrydag van 14:30 tot 16:00 op HS JvR se bergfietsbaan in De Hooplaan, Tamboerskloof, plaas.

Elke kind sal ’n minimum van 8 x 1.5uur sessies per kwartaal se vaardigheidslesse ontvang. Hierdie lesse word deur BreakAway Rides se afrigters aangebied.

Die fietsryers sal elke Vrydag in 2 groepe verdeel word en die afrigters sal die kinders indeel by óf die ‘nipper’-groep vir beginners, óf die ‘junior’-groep vir meer gevorderde fietsryers.

Ons sal deur die loop van die jaar ook ’n addisionele na-ure kursus aanbied waar die fietsryers vaardighede aangeleer word om hulle eie fietse te diens.

Indien jy bevestig dat jou kind by ons klub vir 2022 wil aansluit, voltooi asseblief die skakel hier onder.

SLUIT AAN BY DIE BERGFIETSKLUB

Vriendelike groete

Karien Zulch
karien.zulch@janvanriebeeck.co.za

Atletiekuitslae: Interskole byeenkoms

Volg die skakel vir die uitslae: Interskole Atletiek

Tenniswedstryde, 9 Februarie

Op Woensdag, 9 Februarie, het vyf van ons tennisspanne op verskeie bane wedstryde gespeel. Dit het met die meeste van ons baie goed gegaan.

Noord-liga
Seuns o/13A: verloor 1 - 5
Dogters o/13A: verloor 0 - 6. Klara Maree het 'n uitstekende wedstryd gespeel. Haar enkels het omtrent 'n uur geduur met 2 wedstrydpunte vir albei. Zane (van Gene Louw) is in die Top 30 van die WP-ranglys en Klara Maree het haar goed laat werk vir haar (Zane) se 6-5 wen.
Gemengde D-span: wen 5-1

Table View-liga
Gemengde 1ste span wen 6-1
Gemengde 2de span wen 5-1

O/11 A-Krieketwedstryd, 9 Februarie

Baie geluk aan Frank van der Walt, kaptein van die o/11 A-krieketspan en sy span wat gister hulle eerste wedstryd van die nuwe seisoen gewen het. Ruben Eksteen is aangewys as Speler van die Wedstryd. Hy het in die kolf- en boulbeurt uitgeblink.

Die nuwe o/11-spelers het hul ook goed van hul taak gekwyt. Ben Esterhuyse het 7 lopies afgestaan na 2 beurte, Noah Thau 2 lopies na 1 beurt en Willem Vorster ook 2 lopies na 1 beurt.

Ons is baie trots op hierdie manne en is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 11 Feb 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet