Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Dringende Kennisgewing: Datum wat skool sluit & Program

Neem asseblief kennis dat die skool op Dinsdag, 12 Desember, sluit en nie soos beplan op Woensdag, 13 Desember, nie. Die amptelike vakansiedag wat op 15 Desember is, veroorsaak dat skole genoodsaak word om een dag vroeër te sluit aangesien daar van onderwyspersoneel verwag word om twee dae nadat die skool gesluit het, admin te voltooi. Nasorg sal soos normaal tot op 17:15 plaasvind. Geen skool of nasorg op/vanaf Woensdag, 13 Des. nie.

Volg die skakel vir die volledige organisasie van laaste twee weke van skool.

Kommunikasie 2024

Dit is vir ons belangrik om op ‘n tydige en gerieflike wyse met ouers te kan kommunikeer, daarom kondig ons graag die volgende reëlings t.o.v. kommunikasie vir 2024 aan:
  • Met die volledige implementering van Teams by die skool en die uitbreiding van funksionaliteit in WhatsApp, is besluit om die gebruik van Skooler aan die einde van 2023 op te skort.
  • Die skool het reeds ons eie WhatsApp Community, Ls JvR, geskep. Dié WhatsApp Community, tesame met ‘n aantal WhatsApp-groepe, sal vanaf 11 Desember as amptelike kommunikasiekanaal gebruik word om aankondigings, dringende kennisgewings en reëlings t.o.v. sportoefeninge, wedstryde, optredes e.d.m. aan ouers te kommunikeer.
Hou gerus die volgende nuusbrief dop vir verdere reëlings.

Graad 4 - 7 Prysuitdeling 2023

Prysuitdelings is ‘n kontroversiële onderwerp wat ons met die grootste respek by ons skool probeer hanteer. Ons neem dit baie ernstig op om vir elke leerder in die skool erkenning d.m.v. ‘n sertifikaat te gee. Ons poog om wel deurdagte besluite te neem deur leerders aan te moedig terwyl ons ook toekennings wil gee. Net soos by Sport en Kultuur wil ons ook graag spesiale erkenning aan ons leerders gee wat daagliks hul bes doen om ons skool se kernbesigheid, Akademie, ernstig op te neem en op hierdie gebied te presteer. Dis vir leerders belangrik dat ouers hulle ondersteun afgesien van jou eie ervaring van prysuitdelings, daarom nooi ons alle ouers uit om die onderskeie gr. 4 – 7-prysuitdelingsgeleenthede soos hier onder uiteengesit, by te woon. Tydens hierdie geleenthede word die Top 10 Akademiese prestasies per graad aangekondig saam met die eerste drie plekke in Tale en Wiskunde. Hiermee probeer ons motiveer en aanmoedig. Ons weet ook dat dit uiters belangrik is dat die leerders in klasverband aanwys wie hulle dink die maat was wat die jaar hul deel gedoen het, daarom dat daar drie baie spesiale, geliefde toekennings toegeken word nl.
  • Klasburger van die jaar - klas stem
  • Mees vasberade leerder - klas stem
  • Onderwyserstoekenning - onderwyserskeuse
Prysuitdelings:
  • Graad 4 – Dinsdag, 5 Des., 9:00
  • Graad 5 – Dinsdag, 5 Des., 11:00
  • Graad 6 – Donderdag, 7 Des., 9:00
  • Graad 7 – Donderdagaand, 7 Des., 18:00
Dankie vir die ondersteuning. Ons sien uit om jou by hierdie spoggeleentheid te sien.

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2023

KULTUUR

Kooroptredes Nov. & Des. 2023

Ons volgende twee optredes is die Kerssangdienste. Neem kennis dat ALBEI kore optree. Hou asb. die datums oop:

Sondagaand, 26 November, 19:00 - Tamboerskloof, NG Kerk
Sondagaand, 3 Desember, 19:00 - Drieankerbaai, NG Kerk

Koorlede sal albei aande WIT dra en nie skoolklere nie.

SPORT

Atletiek: 6 & 8 Desember 2023

Op 6 en 8 Desember vind ons jaarlikse kleure-atletiek op Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas.

Sien alle inligting rakende die twee dae in die program.

Ons sien uit na twee wonderlike dae van atletiek.

ALGEMEEN

Vakansiesorg Des 2023 / Jan 2024

Sien gerus die vorm vir meer inligting en vul jou besonderhede in indien jy daarvan gebruik wil maak. Vakansiesorg is die volgende datums beskikbaar:
  • 13 en 14 Desember 2023
  • 18 - 22 Desember 2023
  • 8 - 16 Januarie 2024

Welwillendheidsprojek vir 1ste kwartaal 2024

Die skool gaan volgende kwartaal skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole skenk. Kan julle asb. alle bruikbare ou skryfbehoeftes na die eksamen na juffrou Marietjie se klas toe stuur. Baie dankie!

Aanlyn fotobestellings: Buitemuurse foto's 2023

  • Bestel foto's aanlyn teen 24 November.
  • Webtuiste: Lunchbox Photography
  • Wagwoord: JVR2020
  • Indien jy die afsnydatum vir bestellings mis, kan jy steeds aanlyn bestel. Jy gaan wel net self vir die aflewering moet betaal.
  • Stuur gerus 'n e-pos indien jy enige vrae het: info@lunchboxphotography.co.za

TERUGVOER

Swemuitslae: 17 November 2023

Vrydag, 17 November, het ons deelgeneem aan ‘n individuele swemgala te Laerskool Kampsbaai.

Dit was ‘n wonderlike manier om die somerseisoen af te sluit en ons swemmers het fantasties gevaar. Daar was 6 skole wat teen mekaar deelgeneem het in 49 items. Die uitslae was as volg:

1ste: 14
2de: 14
3de: 16
4de: 2
5de: 3
6de: 0

Ons seunspan het vir die eerste keer die leeraflos gewen waar een swemmer per ouderdomsgroep vanaf o.7 - o.13 deelgeneem het. Ons het op die dag algeheel tweede geeïndig , slegs 11 punte agter Kampsbaai. Ons is trots op al ons swemmers!

Jannies neem deel aan Nippers

Hierdie jaar se Nippers-seisoen het in Oktober begin en daar is 'n hele paar Jannies wat vir die eerste keer by Clifton Surf Lifesaving Club aangesluit het.

Sondag was die seisoen se eerste geleentheid om vir kompetisies te kwalifiseer. Kwalifikasie sluit 'n swembad swemtoets, asook 'n mondelinge eksamen oor waterveiligheid en noodhulp in en daarna 'n hardloop/swem/hardloop aktiwiteit (tye en afstand volgens vlak).

Dit behels 'n 300m swemtoets (onder 8 min) vir vlak 1 (onder 9 en 10), 'n 400m swemtoets (onder 10 min) vir vlak 2 en 'n 400m swemtoets (onder 9 min) vir vlak 3.

Die volgende leerders het Sondag nuut gekwalifiseer op nuwe vlakke (Lea en Lukas vir die eerste keer):
Vlak 1: Lukas Loubser
Vlak 2: Lea Loubser
Vlak 3: Dax Liversage, Delmar Benecke en Bailey Thomson.

Daar is ander Jannies wat ook steeds deelneem/oefen wat nog nie vir kompetisies gekwalifiseer het nie. Ons is baie trots om die uithouvermoë en spangees te sien wat alreeds met hierdie maand se betrokkenheid by hulle gekweek het. Sondag is die seisoen se eerste kompetisie teen ander klubs.

Nippers fokus ook op gemeenskapdiens (strandskoonmaak en lewensreddingvaardighede).

Sterkte aan al die Jannies wat deelneem!

Barbara Schreuder Dansskool - Uitslae van AAB Ballet

Op Sondag, 12 Nov 2023, het ons dansers hul AAB Ballet met oorgawe gedans. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Die twee beoordelaars was baie beïndruk. Elke danser ontvang 'n pragtige sertifikaat en medalje.

Gradering:
Bronze Recognition of Participation
Bronze Distinction Recognition of Achievement
Bronze Double Distinction Very Satisvactory
Silver Good
Silver Distinction Very Good
Silver Double Distinction Almost Excellent
Gold Excellent (From Level 3 and higher)

Gr. 1
Iris Caldeira: Silver Double Distinction
Klara Pfeiffer: Silver Double Distinction
Sienna Kruger: Silver Double Distinction
Elia Zwane: Silver Double Distinction
Mika Ohloff: Silver Double Distinction
Gr. 2
Christa-Bella Swart: Silver Double Distinction
Mika vd Walt: Silver Double Distinction
Isla Jooste: Silver Double Distinction
Gr. 3
Natalie Lawson: Silver Double Distinction
Heidi v Heerden: Gold
Gr. 4
Solange Stevens: Gold
Jana v Gijsen: Silver Double Distinction
Gr. 5
Ella Grey: Silver Distinction
Gabriella Buckenham: Gold
Danielle Fourie: Silver Distinction
Gr. 6
Larah Opperman: Silver Distinction
Jessica Schincariol: Silver Double Distinction
Michaan Naylor: Silver Distinction
Isabella Marais: Silver
Daniella Boshoff: Silver Distinction
Gr. 7
Kerala Allewell: Gold
Karlien v d Walt: Gold
Gr. 8/9
Emma Liebenberg: Silver Double Distinction
Lara Basson: Silver Double Distinction
Lumarie Fourie: Silver Double Distinction

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 24 November 2023

Ons gr. 4 – 6-leerders het die afgelope week op Dinsdag, 21 November, ook met hul finale eksamens begin en dit eindig op Donderdag, 30 November. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar is gedurende die afgelope twee weke afgehandel, gemodereer en punte is verwerk. Hiermee wil ek ons toegewyde grondslagfase opvoeders en hul klasassistente hartlik bedank vir hul leeue-aandeel in die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar.

Die jaarlikse prysuitdelings vir die Grondslagfase het op Donderdag, 23 November, plaasgevind. Baie geluk aan al ons wonderlike grondslagfase leerders wat op die dag die nodige erkenning vir hul harde werk, toewyding en puik prestasies ontvang het. Julle is almal presteerders wat ons baie trots maak! Baie dankie aan al die ouers/voogde wat in groot getalle die onderskeie prysuitdelings bygewoon het en in die proses dit baie spesiaal vir hul kind/ers gemaak het. Prysuitdelings vir gr. 4 en 5 geskied op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember.

Op Donderdagaand, 16 November, om 18:00 het die inligtingsaand vir gr. 7-ouers van 2024 in die saal plaasgevind. Graag wil ek juf. Charlene (gr. 7-Graadhoof) en haar span hartlik bedank vir die puik aanbieding waartydens die onderskeie vakonderwysers aan die ouers voorgestel is, die gr. 7-kurrikulum met nuwe vakke is verduidelik, besprekings rakende kampe, sokkies, roomysverkope, fondsinsamelingsprojekte, konsert, afskeid aan die einde van die jaar, ens. is in detail hanteer. Ons ouers/voogde het die sessie baie insiggewend ervaar en met geruste harte uit die saal gestap met die wete dat hul kinders volgende jaar vir hul laaste laerskooljaar weer in goeie hande sal wees.

Baie geluk aan Louise en haar Huppellandspan met die uitstekende jaarlikse konsert wat op Vrydagaand, 17 November, in die skoolsaal plaasgevind het. Dit is beslis ‘n hoogtepunt op die Huppellandkalender en is so goed deur die ouers/voogde en familie ondersteun. Die leerders en hul onderskeie opvoeders het die afgelope twee weke baie hard geoefen om die sukses van die aand te verseker.

Ons is verder ook trots op Jan Kas met sy merkwaardige aanlyn aankope platform wat sedert die amptelike opening ongelooflik deur ons ouers/voogde ondersteun word. Ons is nou in ‘n posisie om ons nuwe gemaklike skooldrag onmiddellik aan ons leerders te voorsien. Suzaan kan amper nie voorbly met die bestellings nie en ons moes noodgedwonge nog voorraad bestel om ons ouers/voogde te bedien. Ek glo julle het ook die nuwe aanwysingsborde vir Jan Kas gesien wat beslis sal help sodat almal maklik hul pad na die ligging van ons nuwe klerewinkel sal vind.

Ons innige meegevoel gaan aan die familie van Charl Theron, voormalige voorsitter van ons Beheerraad, wat onverwags die week afgesterwe het. Mag ons gebede die familie tydens die moeilike tyd dra. Ons dink ook aan mnr. Oosthuizen in hierdie tyd, aangesien hy en Charl vir ‘n baie lang tyd ‘n hegte vriendskap gedeel het.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Mandy Hale oor die belangrikheid van ‘n positiewe gesindheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“A great attitude becomes a great day,
which becomes a great month,
which becomes a great year,
which becomes a great life.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet