Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Kommunikasie 2024

Dit is vir ons belangrik om op ‘n tydige en gerieflike wyse met ouers te kan kommunikeer, daarom kondig ons graag die volgende reëlings t.o.v. kommunikasie vir 2024 aan:
  • Met die volledige implementering van Teams by die skool en die uitbreiding van funksionaliteit in WhatsApp, is besluit om die gebruik van Skooler aan die einde van 2023 op te skort.
  • Die skool het reeds ons eie WhatsApp Community, Ls JvR, geskep. Dié WhatsApp Community, tesame met ‘n aantal WhatsApp-groepe, sal vanaf 11 Desember as amptelike kommunikasiekanaal gebruik word om aankondigings, dringende kennisgewings en reëlings t.o.v. sportoefeninge, wedstryde, optredes e.d.m. aan ouers te kommunikeer.
Hou gerus die volgende nuusbrief dop vir verdere reëlings.

Ou skool- en sportdrag

Indien daar enige ou skool- en sportdrag nog iewers in die huis is, sal dit gaaf wees indien dit voor 25 Nov. na Marinda Brink se kantoor geneem word aangesien hierdie skoolklere aan die einde van November met ‘n spesiale geleentheid na ‘n geskikte skool in Namibië gestuur word. Hierdie skooltjie is werklik besonder behoeftig. Die gemeenskap is so afhanklik van enige bydraes dat ons met ‘n geruste hart ons klere aan hulle wil skenk. Ons beskou dit as nog ‘n welwillendheidsprojek. Maak asseblief seker dat die klere skoon en netjies is sodat dit vinnig aan leerders versprei kan word.

Graad 1-3 Prysuitdelings 2023

Prysuitdeling vir graad 1-3-leerders vind Donderdag, 23 November 2023, in die skoolsaal plaas.

Graad 1 – 08:30
Graad 2 – 10:00
Graad 3 – 12:00

Netjiese skooldrag is ‘n vereiste. Ouers is baie welkom om die spesiale geleenthede by te woon.

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2023

Skooltye tydens die eksamen

Die skool sal vir die duur van die eksamen tot Dinsdag, 12 Desember, vroeër verdaag:
  • 13:00 - Graad 1-3
  • 13:15 - Graad 4-7
  • Bus vertrek om 13:15

KULTUUR

Drama-tye tydens eksamentyd

Liewe Drama-ouers

Die tye is vir die eksamentyd aangepas sodat dit almal pas.
  • Maandag: 13:30 - 14:30 gr. 1-3, geen drama vir gr. 4-7
  • Woensdae: 13:00 - 14:00 gr. 1-3, geen drama vir gr. 4-7
  • Vrydae: 13:00 - 14:00 vir gr. 4-7, geen drama vir gr. 1-3
  • Ons drama-afsluiting is Dinsdag, 12 Desember, 18:00 - 19:30 vir Huppelland, gr. 1-3 en gr. 4-7
Baie dankie en sterkte vir die laaste gedeelte van die jaar!

Cape Town Children's Choir: Oudisies

Kooroptredes Nov. & Des. 2023

Ons volgende twee optredes is die Kerssangdienste. Neem kennis dat ALBEI kore optree. Hou asb. die datums oop:

Sondagaand, 26 November, 19:00 - Tamboerskloof, NG Kerk
Sondagaand, 3 Desember, 19:00 - Drieankerbaai, NG Kerk

Koorlede sal albei aande WIT dra en nie skoolklere nie.

ALGEMEEN

Karri-donasie vir terrein-, nasorg- en snoepiepersoneel

Indien jy graag ‘n kersdonasie d.m.v. Karri vir die terrein-, nasorg- en snoepiepersoneel by die laerskool wil bydra, is jy welkom. Die Karri-insameling maak binnekort oop.

Aanlyn fotobestellings: Buitemuurse foto's 2023

Welwillendheidsprojek vir 1ste kwartaal 2024

Die skool gaan volgende kwartaal skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole skenk. Kan julle asb. alle bruikbare ou skryfbehoeftes na die eksamen na juffrou Marietjie se klas toe stuur. Baie dankie!

Jan Kas-reëlings

Noudat Jan Kas in volle werking is (fisiese asook aanlyn winkel), kan ons met trots en entoesiasme sê dat almal welkom is om die nuwe klerewinkel te besoek. Kom pas gerus aan om seker te maak dat jy die regte grootte koop.
  • Alle klere sal voor die einde van die jaar beskikbaar wees insluitend die langverwagte geruite rompie (gr. 4-7-dogters) wat maak dat die nuwe skooldrag vir alle leerders vanaf 17 Januarie 2024 vir gr. 1-7 verpligtend sal wees.
  • Maak asseblief seker dat jy ingelig is oor die klere (veral die skoene!) wat gedra mag word. Tekkies vir gr. 4-7-leerders sal slegs by sportdrag (LO) gedra word. Dit wil sê dat swart skoolskoene vir dogters en seuns van gr. 4-7 verpligtend sal wees indien jou kind nie kaalvoete of plakkies verkies nie.
  • Sien gerus die skakel na die aanlyn winkel om seker te maak van alle variasies van skool- en sportdrag wat gedra mag word. Indien jy sukkel om op die aanlyn winkel in te teken of meer inligting wil hê, volg gerus hierdie skakel.
  • Jan Kas (aanlyn- en fisiese winkel) sluit vir voorraadopname en vakansie op Donderdag, 7 Desember, en open weer op Maandag, 15 Januarie 2024.
  • Stuur asseblief alle ou skool- en sportdrag skool toe aangesien ons dit alles vir ‘n skool in Namibië sal sluit. Dit kan by Marinda Brink afgelewer word.
Ons nuwe skooldrag vertoon pragtig en leerders is soveel gemakliker met die uniform.

Ons waardeer jou ondersteuning om ons skool uitmuntend te hou.

TERUGVOER

Tennisuitslae: 4 November 2023

Ons tennisspelers het aan ‘n sones tennistoernooi deelgeneem. Meer as 40 spelers regoor die streek het aan hierdie toernooi deelgeneem. Ons skool se spelers het uitstekende plekke vir hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal. Ons is trots op elkeen van julle wat deelgeneem het!

Dogters o.11: Stella Pansegrouw & Jeanne van Heerden 1ste plek
Dogters o.12: Ané Swanepoel 1ste plek
Dogters o.11: Ameli van der Walt 1ste plek
Seuns o.12: Adriaan Wessels 1ste plek
Seuns o.10: Rafa Lamprecht 3de plek

Swemgala-uitslae: 10 November 2023

Verlede Vrydag, 10 November, het ons o.9 – o.13-leerders aan ‘n aflosgala by die Duitse skool deelgeneem. Borsslag, rugslag, vryslag en die wisselaflosse het op die dag plaasgevind.

In totaal was daar 38 items en 6 skole wat deelgeneem het. Ons leerders het as volg geëindig:

1ste: 13
2de: 9
3de: 14
4de: 2
5de: 0
6de: 0

Dit is uitstekende uitslae en ons is trots op elke swemmer.

Vandag sluit ons af met die finale gala van die jaar te Laerskool Kampsbaai.

Krieketuitslae: 15 November 2023

0.11A krieket het Woensdag, 15 November, teen laerskool Kampsbaai op die Conradieveld gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste veldwerk te doen.
Kampsbaai 84/3 na 15 beurte
Luke Willows 2/14 na 3 beurte
JVR 85/3 na 15 beurte
Ben Esterhuyse 35*
Jack Dawes 7*

Baie geluk aan Luke Willows en Ben Esterhuyse wat aangewys is as spelers van die wedstryd. JvR wen met 7 paaltjies.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 17 November 2023

So kom week 6 van die laaste kwartaal tot ‘n einde met die gr. 7’s wat vandag met hul finale eksamen by die laerskool afskop met die skryf van Wiskunde. Die jaar het besonders vinnig verby gesnel en as ‘n mens vinnig daaroor wil reflekteer, wonder ek dadelik hoe is dit moontlik dat dit al amper weer Kersfees kan wees. Die jaar was besonders besig, maar tog was dit ‘n suksesvolle jaar met hope opwinding en sukses. Die somersportbuitemuurse program maak ook vandag klaar met die aflosgala wat by Laerskool Kampsbaai plaasvind. Gedurende die eksamen gaan ons voort met sportoefeninge, maar dit geskied in skooltyd. Ons leerders geniet dit terdeë om tydens die eksamen en veral na afloop van die skryf van ‘n vraestel ‘n bietjie uit die klas te kom om aan ‘n sportaktiwtiteit deel te neem. Dit help ongelooflik baie vir die leerders om die onnodige eksamenangs dikwels onbewustelik onder beheer te kry asook om die eksamenervaring in ‘n positiewe lig te sien.

Ons leerders se merkwaardige deelname en prestasie op kulturele- en sportgebied hierdie afgelope jaar staan uit soos ‘n paal bo water en dit terwyl hul ‘arme’ ouers/voogde onder druk was om al die logistieke reëlings uit te werk en seker te maak hul kinders daag betyds by al die verskillende geleenthede op. Daarvoor salueer ek julle as ouers/voogde asook al die personeel en afrigters wat instrumenteel was tot die suksesvolle skepping van ‘n gesonde sportkultuur by ons skool binne ‘n relatiewe kort tydjie. Daardeur sê ek nie dat ons nou ‘n sportskool wil word nie, maar eerder dat ons onderneem om in die toekoms voort te bou om geleenthede vir ons leerders te skep om te ontwikkel. Graag gebruik ek die voorbeeld van die aflosgalas wat die afgelope kwartaal vir die eerste keer plaasgevind het. Dit was so lekker om verlede Vrydag te sien hoe ons swemmers die aflosgala by die Duitse Skool geniet het. Opvallend vir my was die kameraderie tussen al ons swemmers, selfs tussen seuns en dogters. Dit was werklik ‘n trotste oomblik vir my as skoolhoof om te ervaar hoe die Jannies vir mekaar omgee en vir mekaar uitkyk.

Die lading van al die ‘einde van die jaar'-departementele administrasie beperk ongelukkig my tyd om al die somersportwedstryde by te woon. Gelukkig kon ek op Woensdag, 15 November, ‘n draai by die tennis tuis maak waar ons dogters o.13A teen LS Kenridge o.13A 4 – 2 gewen het asook by die o.11A-kriektspan wat hul laaste wedstryd teen LS Kampsbaai o.11A in ‘n spannende stryd gewen het. Baie geluk aan ons o.13A-dogterspan met die puik oorwinning asook aan juf. Iscké en haar o.11A-krieketspan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het.
My dankbaarheidsbeker loop verder oor as ek sien hoe die vierkant weekliks esteties ‘mooier’ en ‘mooier’ word. Ek wonder nog of julle kan onthou hoe die ‘ou’ vierkant gelyk het? Kom loer gerus en aanskou hoe die voorheen slegs beton-, steen- en ‘harde’-omgewing binnekort in ‘n pragtige lushof gaan verander. Verder probeer ons orals die skoolterrein estieties mooier maak. Graag deel ek dan ook die goeie nuus dat ons hierdie afgelope week begin het om die ablusieareas vir ons inwonende terreinpersoneel op te gradeer. Ek sal julle op hoogte hou soos die projek vorder. Ons wil juis met die opgradering verseker dat ons lojale terreinpersoneel met die nodige respek behandel word deur vir hulle en hul gesinne die nodige ablusie- en wasgeriewe te skep.
Ek word daagliks deur die verjaardag-leerders tot in die afgrond bederf met heerlike soet- en/of eetgoed. Ek maak dan altyd ‘n ophef van die geleentheid om hul verjaardae vir hulle ekstra spesiaal te maak deur vir ‘n spesiale verjaarsagplakker en ‘n klein lekkertjie te gee. Op Vrydag, 10 November, is ek deur die gr. 7-tweeling, Jana en Klare Maree, saam met hul ma met ‘n smaaklike ‘doughnut’ bederf om hul dertiende verjaardag te vier. My beste wense vergesel hulle vir hul nuwe lewensjaar.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Roy. T. Bennet oor positiewe denke. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende of familie geniet.

“Don’t be pushed around by the fears in your mind.
be led by the dreams in your heart.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet