Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooltye tydens die eksamen

Aangesien die graad 7’s reeds op Vrydag, 17 November, met eksamen begin, sal die skool vir almal vanaf Donderdagmiddag, 16 November, vroeër verdaag. Hierdie reëling sal tot Dinsdag, 12 Desember, geld.
  • 13:00 - Graad 1-3
  • 13:15 - Graad 4-7
  • Bus vertrek om 13:15

Aanlyn fotobestellings: Buitemuurse foto's 2023

Jan Kas-reëlings

Noudat Jan Kas in volle werking is (fisiese asook aanlyn winkel), kan ons met trots en entoesiasme sê dat almal welkom is om die nuwe klerewinkel te besoek. Kom pas gerus aan om seker te maak dat jy die regte grootte koop.
  • Alle klere sal voor die einde van die jaar beskikbaar wees insluitend die langverwagte geruite rompie (gr. 4-7-dogters) wat maak dat die nuwe skooldrag vir alle leerders vanaf 17 Januarie 2024 vir gr. 1-7 verpligtend sal wees.
  • Maak asseblief seker dat jy ingelig is oor die klere (veral die skoene!) wat gedra mag word. Tekkies vir gr. 4-7-leerders sal slegs by sportdrag (LO) gedra word. Dit wil sê dat swart skoolskoene vir dogters en seuns van gr. 4-7 verpligtend sal wees indien jou kind nie kaalvoete of plakkies verkies nie.
  • Sien gerus die skakel na die aanlyn winkel om seker te maak van alle variasies van skool- en sportdrag wat gedra mag word. Indien jy sukkel om op die aanlyn winkel in te teken of meer inligting wil hê, volg gerus hierdie skakel.
  • Jan Kas (aanlyn- en fisiese winkel) sluit vir voorraadopname en vakansie op Donderdag, 7 Desember, en open weer op Maandag, 15 Januarie 2024.
  • Stuur asseblief alle ou skool- en sportdrag skool toe aangesien ons dit alles vir ‘n skool in Namibië sal sluit. Dit kan by Marinda Brink afgelewer word.
Ons nuwe skooldrag vertoon pragtig en leerders is soveel gemakliker met die uniform.

Ons waardeer jou ondersteuning om ons skool uitmuntend te hou.

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2023

KULTUUR

Kooroptredes Nov. & Des. 2023

Ons volgende twee optredes is die Kerssangdienste. Neem kennis dat ALBEI kore optree. Hou asb. die datums oop:

Sondagaand, 26 November, 19:00 - Tamboerskloof, NG Kerk
Sondagaand, 3 Desember, 19:00 - Drieankerbaai, NG Kerk

Koorlede sal albei aande WIT dra en nie skoolklere nie.

Redenaars 2024

Indien leerders in graad 2 - 7 belangstel om aan die redenaarsprogram van 2024 deel te neem, moet hulle ‘n brief by juffrou Andri de Villiers (gr. 6) kry of hierdie skakel volg om dit oop te maak en die strokie onderaan in te vul en skool toe te bring. Alle inligting rakende die redenaarsprogram word in die brief uiteengesit.

Daar is reeds briewe hierdie week uitgedeel.

Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos na: andri@jvrprim.co.za

Barbara Schreuder Dansskool

Barbara Schreuder Dansskool bied aan: "American Academy of Ballet" Performance Awards 2023

Sondag, 12 Nov 2023, by JvR @10:30 vm
Kaartjies by die deure te koop
Almal welkom!

Ons beoordelaar is Laurence Kaplan, direkteur van AAB New York en Iain Mc Donald, bekende danser en lektor van Johannesburg.
Kom ondersteun ons dansers asb.! Die werk is pragtig en ons dansers is ons trots. Almal is al so opgewonde en het hard geoefen om hul beste voetjie voor te sit!

Ons dansskool se dansers is besonders en talentvol en styg uit in beide die American Academy of Ballet en Moderne genres.
Dit is prysenswaardig en deels weens heelwat individuele aandag en dat hulle in hanteerbare groepe op die perseel goeie opleiding ontvang.

Die nuwe CSE Modern Assessment 2023 en die Eisteddfod 2023 Moderne en Karakterdanse was goeie blootstelling en ondervinding en ons dansers het baie goed gevaar. Nou dans hulle die pragtige AAB Ballet op Sondag, 12 Nov., en ons is trots om deel the wees van hierdie Internasionale Program.

Dis 'n groot voorreg om ons dansers te kon afrig en motiveer en 'n groot eer om mnr. Kaplan te ontvang.

Die volgende 25 dansers het ingeskryf en neem deel aan die AAB Performance Awards. Voorspoed en volgende jaar hoop ons dat al ons dansers die geleentheid sal aangryp!

Gr. 1
Iris Caldeira, Sienna Kruger, Elia Zwane, Mika Ohlhoff en Klara Pfeiffer.
Gr. 2
Christa -Bella Swart, Mika vd Walt en Isla Jooste.
Gr. 3
Natalie Lawson enHeidi v Heerden.
Gr. 4
Solange Stevens en Jana v Gijsen.
Gr. 5
Ella Grey, Gabriella Buckenham en Danielle Fourie
Gr. 6
Larah Opperman, Jessica Schincariol, Michaan Naylor, Isabella Marais en Daniella Boshoff.
Gr. 7
Kerala Allewell en Karlien v d Walt.
Gr. 8/9
Emma Liebenberg, Lara Basson en Lumarie Fourie.

Soos hulle in kunskringe sê: "Break a leg!!"

SPORT

Swemgala Laerskool Kampsbaai: 17 November 2023

Vrydag, 17 November, sal die laaste gala vir die jaar wees. Ons sluit af met ‘n individuele gala by Laerskool Kampsbaai.

Sien asb. die volledige program van swemmers wat aan die gala gaan deelneem.

Finale reëlings sal Maandag, 13 November, aan al die leerders deurgegee word.

ALGEMEEN

Welwillendheidsprojek vir 1ste kwartaal 2024

Die skool gaan volgende kwartaal skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole skenk. Kan julle asb. alle bruikbare ou skryfbehoeftes na die eksamen na juffrou Marietjie se klas toe stuur. Baie dankie!

Prysuitdeling: Gr. 4 - 7 Veelsydigheid of besonderse prestasie op sport- en kulturele gebied

Alle leerders wat besonderse prestasies behaal het of veelsydigheid toon op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die VORM en handig die vorm en bewyse van prestasies (hardekopieë) teen Vrydag, 19 November, by juf. Lucia de Jager in. Leerders het hierdie week die vorm ontvang.

Roomysverkope op Vrydae

TERUGVOER

Tennisuitslae: 8 November 2023

Hierdie week het sestien van ons tennisspanspelers teen vier verskillende skole gespeel. Aloewel ons een uit die vier wedstryde gewen het, is ons trots op elke leerder wat die Jannie-naam verteenwoordig het. Hier volg die resultate:

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 10 November 2023

Groot was die opwinding op Vrydag, 03 November, vir leerders, ouers en personeel om die Bokke in die stad te gaan toejuig as deel van die Bokke se trofeetoer deur die Moederstad en die res van die land. Talle geesdriftige Suid-Afrikaners het in die stadskom saamgedrom en dit was ‘n riem onder die hart om te sien dat die Bokondersteuners omtrent elke kultuur van ons reënboognasie verteenwoordig het. Die Bokke het beslis die vermoë om alle Suid-Afrikaners van elke moontlike agtergrond, kultuur en geloof bymekaar te bring en te herenig met volkstrots. Die Bokke is die enigste span wat die Webb Ellis-beker op drie verskillende kontinente (Afrika, Asië en Europa) gewen het. As Suid-Afrkaners kan ons gerus onsself ‘n klop op die skouer gee, want ons veerkragtigheid staan wêreldwyd soos ‘n paal bo water uit. Dit is belangrik dat ons nou op die momentum bou en die Proteas ook ondersteun. Wie weet, dalk is ‘n dubbele wêreldbeker vir 2023 ons beskore.

Op Vrydag, 17 November, begin die finale eksamen vir die gr. 7’s. Die assesserings vir die Grondslagfase is reeds volstoom aan die gang. Vir die eerste keer skryf ons gr. 1’s en 2’s deurlopende assesserings en net die gr. 3’s volg ‘n amptelike rooster. Ek mag mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Dinsdag, 21 November, begin die gr. 4 – 6 leerders ook met hul eksamen en ek wens al ons leerders, ouers/voogde en personeel voorspoed toe. Eksamens verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as personeel te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat enige persoon snak na sy asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees. Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan:
  • Berei betyds voor. Help om saam met jou kind/ers betyds ‘n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd gee om ook te ontspan en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle genoeg slaap kry. Handhawing van ‘n roetine sal beslis help!
  • Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van stressors by die huis vir jou kind/ers om te leer.
  • Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting en vry van geraas.
  • Skep ‘n emosionele band met jou kind/ers dat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Vra vir hulle hoe die eksamen was en spreek positiewe woorde uit. Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel word nie.
  • Help jou kind/ers om ‘n gewoonte te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die dag inpak.
  • Vermy gejaagdheid en om op die nippertjie soggens voor die eksamen by die skool jou kinders af te laai, want dit maak leerders angstig.
So tussen die eksamen en die leer gaan die somersportprogram in skooltyd vir gr. 1 – 3-leerders voort terwyl die gr. 4 – 7 leerders slegs op atletiek gaan fokus a.g.v. die kleure-atletiek wat op Woensdag, 06 Desember, (Velditems) en Vrydag, 08 Desember, (baanitems) by die hoërskool se velde plaasvind. Die dirigente word ook die week aangewys en binne die kleurgroepe gaan daar lekker gesing en voorberei word.

Op Maandag, 06 November, het die jaarlikse begrotingsvergadering met ouers vanaf 18:00 in die biblioteek plaasgevind. Die 2024 begroting en verhogings van skoolfooie is soos volg goedgekeur:

Die 2024 skoolgelde is op R39 400 per GF-leerder en R40 400 per ISF-leerder vir die Laerskool, en Huppelland: R44 200 per leerder vir Graad R en R43 200 vir voor-Graad R vasgestel. Baie dankie ons Finansiële Bestuurder, Liesel Hammond, en ons Tesourier, Susan van der Walt, vir jul kosbare tyd en harde werk om ‘n uitstekende en effektiewe begroting vir finale goedkeuring te kon voorlê. Baie dankie aan die ouers/voogde wat die belangrike vergadering bygewoon het.

Hiermee wil ek ook ons ouers/voogde versoek om ernstig met jul kind/ers te praat oor die gebruik van sosiale media. Die onderwysers het die afgelope week onder my aandag gebring dat verskeie leerders mekaar op sosiale media platforms, veral TikTok en Snapchat aanvat, onvanpaste video’s maak en plaas asook onaanvaarbare dinge kwyt raak. Hierdie tipe sosiale media platforms is nie ouderdomsgepas vir ons leerders nie en alhoewel dit buite skoolure plaasvind, is ek bekommerd dat ouers/voogde dalk salig onbewus is dat hul kind/ers dit gebruik of jul toestemming daarvoor het. Ons beplan om net na die eksamen weer met ons leerders oor die gevare van sosiale media te praat.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Mary Lou Retton oor positiewe denke. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet en nou moet ons, ons volle gewig agter die Proteas gooi.

“If you stay positive
good things and
good people will be drawn to you’’.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet