Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Jan Kas is oop!

Ons is baie opgewonde om uiteindelik die skool se klerewinkel, Jan Kas, bekend te stel! Neem kennis van die volgende reëlings:
  1. Die klerewinkel se tye is as volg:
    • Maandae: 07:00 - 08:30
    • Dinsdae: 13:00 - 14:30
    • Woensdae: 07:00 - 08:30
    • Donderdae: 13:00 - 14:30
  2. Die klerewinkel sal nie buite hierdie ure oopmaak nie, ook nie op spesiale versoek nie. Respekteer asb. hierdie tye.
  3. Jy kan ook items op ons aanlyn winkel bestel:
    • Aanlyn Klerewinkel: Jan Kas
    • Om die items in jou "mandjie" te koop, moet jy inteken. Ons het reeds alle ouers geregistreer. Teken in met dieselfde wagwoord as jou myJvR en JvR Kiek wagwoord. Jy kan ook die "wagwoord verloor" opsie kies om 'n nuwe wagwoord op te stel. Neem kennis dat jou myJvR en JvR-Kiek wagwoord nie ook sal verander indien jy jou Jan Kas-wagwoord verander nie.
    • Jy sal slegs kan bestel indien daar voorraad is.
    • Indien 'n item uit voorraad is, kan jy die opsie kies om 'n kennisgewing te kry sodra die item weer in voorraad is.
    • Bestellings sal binne 2-3 dae aan jou kind gegee word.
    • Sodra jou kind die bestelling gekry het, sal jy 'n e-poskennisgewing ontvang om te sê dat dit afgelewer is.
    • Indien jy iets wil omruil wat jy bestel het, moet jy dit asb. binne 7 dae doen of ten minste met Jan Kas kontak maak indien jy nie binne 7 dae by die winkel gaan uitkom nie.
    • Indien jy iets omruil waarvan die nuwe item duurder is, sal jy die verskil in die winkel moet betaal.
    • Indien jy iets omruil waarvan die nuwe item goedkoper is, sal die verskil in jou Jan Kas-beursie gaan lê.
    • Jy kan geld in jou Jan Kas-beursie laai vir maklike transaksies in die toekoms. Neem kennis dat daar 'n 3.4% transaksiefooi is wanneer jy geld in jou beursie laai. Indien daar geld in jou beursie lê, kan jy ook jou kind tydens winkelure stuur om iets aan te pas en uit jou Jan Kas-beursie te koop.
  4. Indien jy nie by die winkel kan uitkom nie en onseker is van 'n grootte, stuur jou kind tydens die ure wat die winkel oop is om iets te kom aanpas.
  5. Enige bestellings wat voorheen by Eda geplaas is, moet steeds deur Eda aan jou gelewer word. Jan Kas hanteer slegs bestellings wat vanaf 30 Oktober geplaas is.
  6. Indien jy enige vrae het, stuur 'n e-pos aan jankas@jvrprim.co.za. Daar is nie 'n telefoonnommer vir Jan Kas nie, kommunikasie sal slegs per e-pos geskied.

Jan Kas-versoek

Baie dankie aan ouers wat reeds Woolworths sakke na die Jan Kas winkel gestuur het, dit werk baie goed!

Ons wil graag dit sover moontlik vermy om plastieksakke vir Jan Kas-klerebestellings aan te koop. Indien julle ekstra swart Woolworths sakke tuis het, stuur dit gerus saam skool toe. Die registeronderwyser sal dit na Jan Kas stuur. Baie dankie!

Kennisgewing van Skoolgeld en Begrotingsvergadering vir 2024: 6 November 2023

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 06 November 2023, om 18:00 in die Biblioteek sal plaasvind.

Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 23 Oktober 2023, tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. lndien jy belangstel om die 2024 begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.

Vind asb. aangeheg die amptelike kennisgewing van die 2024 begrotingsvergadering.

Vriendelike groete,
Naas Beets

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2023

KULTUUR

Kooroptredes Nov. & Des. 2023

Ons volgende twee optredes is die Kerssangdienste. Neem kennis dat ALBEI kore optree. Hou asb. die datums oop:

Sondagaand, 26 November - Tamboerskloof, NG Kerk
Sondagaand, 3 Desember - Drieankerbaai, NG Kerk

Koorlede sal albei aande WIT dra en nie skoolklere nie.

Redenaars 2024

Indien leerders in graad 2 - 7 belangstel om aan die redenaarsprogram van 2024 deel te neem, moet hulle ‘n brief by juffrou Andri de Villiers (gr. 6) kry of hierdie skakel volg om dit oop te maak en die strokie onderaan in te vul en skool toe te bring. Alle inligting rakende die redenaarsprogram word in die brief uiteengesit.

Daar is reeds briewe hierdie week uitgedeel.

Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos na: andri@jvrprim.co.za

SPORT

Swemgala: 10 November 2023

Volgende Vrydag, 10 November, neem ons by die Deutsche Schule aan ‘n swemgala deel.
  • Die gala begin om 14:30 en sal ongeveer om 16:00 klaar wees.
  • Die leerders sal om 13:45 vanaf die skool vertrek.
  • Sien asb. die volledige program met elke leerder wat swem se naam.

ALGEMEEN

Prysuitdeling: Gr. 4 - 7 Veelsydigheid of besonderse prestasie op sport- en kulturele gebied

Alle leerders wat besonderse prestasies behaal het of veelsydigheid toon op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die VORM en handig die vorm en bewyse van prestasies (hardekopieë) teen Vrydag, 19 November, by juf. Lucia de Jager in. Leerders het hierdie week die vorm ontvang.

Roomysverkope op Vrydae

TERUGVOER

Jan Kas se naam

Hila Hertzog en Ruben Eksteen is verantwoordelik vir ons nuwe JvR-klerewinkel se oulike naam: Jan Kas

Baie geluk julle twee en baie dankie vir julle bydrae tot Jan Kas!

Tennisuitslae: 18 Oktober - 1 November 2023

JvR se tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop. Die skool het vanjaar 42 optimistiese en toegewyde leerders wat vir ons skool se span speel. Ons skool is hierdie kwartaal vir twee verskillende ligas ingeskryf waarvan drie spanne in elke liga Laerskool Jan van Riebeeck se naam hoog hou. Die 18de en 25ste Oktober en 1ste November het ons tennisspelers aan verskeie wedstryde deelgeneem. Daar was in totaal elf wedstryde en sewe van die wedstryde is oortuigend gewen. Daar was sommige ‘ralleys’ wat uitdagend was, maar ons leerders het kop gehou en was ‘n voorbeeld van uithouvermoë. Wel gedaan aan elke speler. Ons is trots op julle!

Krieketuitslae: 26 Oktober 2023

0.13A-krieket het Donderdag, 26 Oktober, teen Kampsbaai gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te boul.

Kampsbaai teken 89 lopies aan. John Gilmer en Ruben Oosthuizen neem elkeen 2 paaltjies. JvR jaag die lopies in 12 boulbeurte af. Conrad Bezuidenhout teken 48* aan. JvR wen met 10 paaltjies. Baie geluk, Jannies!

Krieketuitslae: 31 Oktober 2023

0.11A-krieket het Dinsdag, 31 Oktober, teen Pinehurst in Groenpunt gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Ons teken 98 lopies aan na 15 beurte met die verlies van 3 paaltjies. Pinehurst het 2de gekolf en kon slegs 61 lopies aanteken na 15 beurte met die verlies van 9 paaltjies. Daar was 'n paar pragtige vangskote en die paaltjies het omtrent vinnig geval. JvR wen die wedstryd met 37 lopies. Ben Esterhuyse is as speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk, Ben!

Die volgende spelers het baie goed gedoen:

Ben Esterhuyse: 29 lopies
Rafa Lamprecht: 17 lopies nie uit
Jack Dawes: 10 lopies na 3 beurte en 2 paaltjies
Vincent Oosthuizen: 17 lopies na 3 beurte en 1 paaltjie
Phumi Salimani: 11 lopies na 3 beurte en 1 paaltjies
Luke Willows: 2 lopies na 1 beurt vir 2 paaltjies
Rudi Badenhorst: 2 lopies na 1 beurt vir 2 paaltjies.

Ons is baie trots op die manne.

Krieketuitslae: 1 November 2023

0.11B krieket het Woensdag, 1 November, teen Turfhall Primary gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf.

JvR 44/4 na 15 beurte
Francois 12*

Turfhall 46/2 na 9 beurte
John Bremridge 7/1 na 3 beurte
Francois Boshoff 4/1 na 1 beurt

Andries Gouws en Kyle Meissenheimer het ook twee pragtige vangskote gevang.
Speler van die wedstryd: Francois Boshoff
JvR verloor met 8 paaltjies.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 3 November 2023

November het onverwags sy opwagting gemaak met Oktober wat as gevolg van die rugby- en krieketwêreldbeker net te vinnig verby gesnel het. Ek glo dat na die Springbokke se naelskraap oorwinning in die finaal teen die All Blacks om as wêreldkampioene bekroon te word, moet ons van nou af in Suid-Afrika die maand Oktober na Boktober herdoop. Die Bokke het beslis die vermoë om die land te verenig soos niemand anders kan nie. Hulle bewys weereens dat uitnemendheid in ons land moontlik is en dat ons almal daarna moet streef!

Ek dink almal stem saam dat die Bokke se laaste 3 wedstryde om elke keer met net een punt te wen, werk nie vir ‘n stoere bokondersteuner se senuwees nie. Ek glo die rugbywêreld wag al sedert 1995 vir die klassieke finaal tussen die magtige All Blacks en die Springbokke. Die Springbokke het vir seker die moeilikste pad na die finaal gehad, maar tog het hulle volhard om die eerste span in die geskiedenis te word wat die gesogte titel vir ‘n 4de keer te kon inpalm. Merkwaardig is dat hulle die gesogte titel vir 2 jaar agtereenvolgens kon verdedig en die indrukwekkende Webb Ellis-trofee weer terug na Suid-Afrika kon bring. Die Springbokke leer ons almal groot lewenslesse met hul voete plat op die aarde en ‘n nederige kaptein, Siya Kholisi, wat saam met sy span tot die bittereinde baklei het vir hul land. Soos Rassie gesê het: hulle speel nie vir hulle self nie, maar vir elke Suid-Afrikaner wat elke dag soveel buitengewone uitdagings moet trotseer. Wel gedaan, Bokke! Julle staan vir eenheid en nederigheid en maak elke Suid-Afrikaner so trots!

Verlede Vrydag, 27 Oktober, was Hoërskool Jan van Riebeeck se jaarlikse gholfdag wat op die idilliese Atlantic Beach gholfoord aangebied is. Die puik georganiseerde dag is deur heelwat van ons laerskoolouers ook bygewoon. Die gholfbaan is in ‘n puik kondisie as gevolg van die goeie winterreën. Die laerskool se gholfspan is deur myself, Warren, Rashard en die bekende sportster, Herschelle Gibbs verteenwoordig. Dit was ‘n groot voorreg om Herschelle te kon ontmoet en dan nog 18 putjies gholf saam met hom te kon speel. Hy is voorwaar ‘n legende en kan omtrent enige sport met groot gemak speel.
Die opwinding was groot op Maandag, 30 Oktober, met die amptelike opening van Jan Kas (die nuwe klerewinkel). Die opening behels dan ook die bekendstelling van Jan Kas se aanlyn aankoop platform wat deur Marié Cruywagen ontwerp en geskep is vir ons ouers/voogde se gerief. Dit maak aankope soveel makliker en soomloos. Juf. Suzaan, baie dankie dat jy vir ons Jan Kas met ‘n vriendelike glimlag gaan bestuur. Baie geluk aan Hila Hertzog en Ruben Eksteen wat met die gepaste naam Jan Kas vorendag gekom het na afloop van ‘n kompetisie onder die gr. 6-leerders om met ‘n kreatiewe naam vir die nuwe klerewinkel na vore te kom.
Ek herinner weer en nooi al ons ouers/voogde na die jaarlikse begrotingsvergadering uit wat op Maandag, 06 November, om 18:00 in die biblioteek plaasvind. Tydens hierdie belangrike vergadering word die skoolfooie vir 2024 bekragtig asook die 2024 begroting amptelik deur ouers/voogde goedgekeur.

Verder nooi ek ook al ons ouers/voogde uit om na die vierkant wat oor die afgelope naweek pragtig verfraai is, te kom kyk. Ons beplan om dit oor tyd in ‘n pragtige lushof te omskep waar leerders en personeel tydens pouses kan gaan sit en heerlik ontspan asook om daar buitelug-funksies aan te bied.
Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling rakende tyd. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet en nou moet ons ons volle gewig agter die Proteas gooi. Stel julle voor ons wen beide die rugby- en krieketwêreldbekers in dieselfde jaar, dan gee president Cyril ons seker ‘n hele week af.

"Tyd is te stadig vir die wat wag,
te lank vir die wat treur,
te kort vir die wat haastig is,
maar vir die wat liefhet , staan tyd stil om dankbaar te wees."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet