Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Jan Kas-versoek

Ons wil graag dit sover moontlik vermy om plastieksakke vir Jan Kas-klerebestellings aan te koop. Indien julle ekstra swart Woolworths sakke tuis het, stuur dit gerus saam skool toe. Die registeronderwyser sal dit na Jan Kas stuur. Baie dankie!

Klerebankkennisgewing: Klerebank sluit van 29 Sept. - 30 Okt. 2023

Die Klerebank sal eers weer op Maandag, 30 Oktober, heropen. Geen bestellings of aankope sal dus gedurende hierdie tyd aanvaar word nie. Wees asseblief gerus dat klere by jou afgelewer sal word indien jy reeds klere bestel of betaal het. Die skool gaan die Klerebank oorneem en is tans besig om die konsertstoor te omskep in die nuwe Klerebank. Dankie aan Eda wat vir ‘n hele ruk gesorg het dat ons leerders met die regte skooldrag geklee is.

Fotodag kleredrag (Buitemuurs): 24 Oktober 2023

Neem asb. kennis dat daar hier en daar veranderinge gemaak is nadat dit einde verlede kwartaal in die nuusbrief verskyn het.

Kennisgewing van Skoolgeld en Begrotingsvergadering vir 2024: 6 November 2023

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 06 November 2023, om 18:00 in die Biblioteek sal plaasvind.

Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 23 Oktober 2023, tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. lndien jy belangstel om die 2024 begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.

Vind asb. aangeheg die amptelike kennisgewing van die 2024 begrotingsvergadering.

Vriendelike groete,
Naas Beets

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2023

SPORT

LS Kampsbaai Swemgala: 20 Oktober 2023

Ons het vir die eerste keer vir ‘n swemliga ingeskryf waar ons swemmers aan meer galas gaan begin deelneem.
  • Vrydag, 20 Oktober, neem ons swemspan by Laerskool Kampsbaai deel.
  • Die dag begin om 15:00 en sal om 16:00 klaar wees.
  • Dit is ‘n aflosgala vanaf o.7 tot o.14.
  • Sien die program vir al die items en die name van elke kind wat gaan deelneem.
  • Die finale program met alle reëlings sal Maandag, 16 Oktober, uitgestuur word.
  • Ons sien uit na die eerste gala van die nuwe seisoen.

ALGEMEEN

Bok-Vrydag

Ter ondersteuning van die Springbokke by die Rugby Wêreldbeker, mag leerders volgende Vrydag groen met geel sivvies aantrek.

Roomysverkope op Vrydae

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

TERUGVOER

Nina Lubbe presteer in Karate

Nina het die afgelope naweek aan die Goju Kai Karate WP-Kampioenskappe deelgeneem en twee silwermedaljes in haar oudersdomgroep verower- een vir Kata en een vir Kumite. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Nina!

Abigail presteer in Gimnastiek

Abigail Fourie het tydens die skoolvakansie aan SA's Gimnastiek in Johannesburg deelgeneem en algeheel 4de in die 0.11-afdeling geëindig. Dis 'n ongelooflike prestasie. Baie geluk, Abigail!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 20 Oktober 2023

Uiteindelik daag die somer na ‘n lang afwesigheid in die Moederstad op. Die lekker warm weer is die spreekwoordelike balsem vir die siel, veral na die baie lang en koue winter. Die nuwe seisoen bevestig weereens die prag en praal van Oktober-maand in ons wonderlike land - vra maar vir die digter C. Louis Leipoldt met sy alombekende gedig dat Oktober-maand die mooiste, mooiste maand is:

‘Viooltjies in die voorhuis -
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!’

Vandag is dit weer "#Bok-Friday". Die Springbokke se soeke na glorie loop beslis volgens die ‘Rassie-plan’ al was dit ‘n naelskraap oorwinning met 29 – 28 oor die Franse Hane tydens die titaniese kwarteindstryd op Sondagaand, 15 Oktober. Hierdie senutergende wedstryd het elke Bok-ondersteuner kersregop laat sit met veral die laaste 2 minute wat soos 20 minute gevoel het. Die Bokke het dalk nie hul beste spel op die dag gelewer nie, maar hulle was steeds genadeloos op verdediging en het in die proses die Franse se harte gebreek. Môre sit hulle hul wêreldbeker-rugbyveldtog teen Engeland tydens die semi-finale in Parys te Stade de France voort. Dit is dus belangrik dat jy vandag op "#Bok-Friday" en môre jou Springboktrui, of ‘n Springbok t-hemp, net iets groen en goud met trots sal aantrek om die Bokke te ondersteun. Mag die Bokke die naweek die Pommies wys waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het. "Go Bokke Go. Together we are stronger!"

Op Dinsdag, 17 Oktober, het die jaarlikse matrieksaal tydens die weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind waartydens ons alle oud-Jannies wat vanjaar in matriek is, uitgenooi het om die spesiale saal by te woon. Die doel van die matrieksaal is om vir die graad 7’s van 2018 wat vanjaar in verskeie skole in hul matriekjaar is, weer bymekaar te kry, hulle so ‘n bietjie terug te neem in tyd, erkenning te gee vir die belangrike rol wat hulle as oud-leerders in die skool gespeel het en af te sluit deur vir hul sterkte vir die komende nasionale eksamen asook hulle toekoms toe te wens. Ek ken nie persoonlik die spesifieke oud-Jannies nie, maar in ‘n baie kort rukkie het ek gou besef die voorreg wat ons het om met kwaliteit leerders en indirek met merkwaardige ouers/voogde te kan werk. Baie dankie Pieter Rademeyer (Skoolhoof van HS Jan van Riebeeck) dat jy ook die spesiale saal bygewoon het om jou matrikulante te ondersteun! Baie dankie Marinda vir die spesiale boodskap wat jy aan hulle deurgegee het en mag hulle altyd groot droom deur net hulself te wees. Vir seker gaan hulle volgende jaar diep spore trap waar ookal hulle hulsef mag bevind.
Ons junior- en senior kore het op Dinsdagaand, 17 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Laerskool Tableview gaan deelneem. Beide ons kore het hul puik van hul taak gekwyt met hul uitstekende optredes en keuse van liedere. Hulle het hulself lekker ingeleef en vloeiend gesing met sorgvuldige aandag aan dinamiese kontraste. Baie dankie en geluk aan Helecia, ons dirigent vir beide kore, asook Ben wat albei kore uitstekend met die klavier begelei het. Om ‘n koor af te rig, is uitdagend, want dit behels dat elkeen se individuele sangstem ontwikkel moet word om uiteindelik ‘n eenheid in klank te vorm. Dit was vir seker die beste wat ek beide kore nog ooit hoor sing het. Dit was ‘n voorreg om na hulle te luister en maak my ongelooflik trots op hulle en ons wonderlike skool.
Hierdie week het die eerste wedstryde vir tennis en krieket afgeskop en vanmiddag neem ons aan ‘n swemgala te Laerskool Kampsbaai deel terwyl ons môre aan ‘n o.13A-tennistoernooi te Laerskool Welgemoed deelneem. My beste wense vergesel al ons spelers en mag julle die somersportgeleenthede terdeë geniet.

Ons Jannie-familie het gister twee baba's ryker geword. Magdel Fourie by Huppelland en haar man, Wynand, het 'n dogtertjie ryker geword en Maricqe en Cambel Coetzer 'n seuntjie. Baie geluk! Mag Karli en George baie vreugde en geluk aan julle gesinne bring!

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende bekende aanhaling van Oprah Winfrey. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet met die Springbokke wat ons gaan trots maak.

“If you look at what you have in life,
You always have more.
If you look at what you don’t have,
You will never have enough.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet