Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Kennisgewing van Skoolgeld en Begrotingsvergadering vir 2024: 6 November 2023

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 06 November 2023, om 18:00 in die Biblioteek sal plaasvind.

Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 23 Oktober 2023, tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. lndien jy belangstel om die 2024 begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.

Vind asb. aangeheg die amptelike kennisgewing van die 2024 begrotingsvergadering.

Vriendelike groete,
Naas Beets

Klerebankkennisgewing: Klerebank sluit van 29 Sept. - 30 Okt. 2023

Die Klerebank sluit Vrydag, 29 September, en sal eers weer op Maandag, 30 Oktober, heropen. Geen bestellings of aankope sal dus gedurende hierdie tyd aanvaar word nie. Wees asseblief gerus dat klere by jou afgelewer sal word indien jy reeds klere bestel of betaal het. Die skool gaan die Klerebank oorneem en is tans besig om die konsertstoor te omskep in die nuwe Klerebank. Dankie aan Eda wat vir ‘n hele ruk gesorg het dat ons leerders met die regte skooldrag geklee is.

KULTUUR

Koorfees, 17 Oktober: Reëlings

Onthou dat albei ons kore volgende week Dinsdagaand, 17 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Table View Laerskool deelneem.

Die tyd is 19:00, maar ons kore sal reeds om 17:00 daar moet wees om vir die massakoor te oefen. Onthou dat die verkeer uit die stad laatmiddag baie erg is, so ry maar vroeg. Reël asb. onderling vervoer indien julle nie self daar kan wees nie.

Ouers wat kaartjies op die Karri-toep gekoop het, sal dit hierdie week ontvang. Die kaartjies is baie klein. Moet dit nie verloor nie!!!

Indien julle nog kaartjies wil koop, kan julle by juffrou Helecia koop.

Kleredrag:
  • Alle koorlede dra die nuwe kortmou sporthempie.
  • Almal dra hul sweetpakbroeke.
  • Dra wit tekkies (of naaste aan wit).
  • Bring jou sweetpaktop (oud of nuut) om voor die tyd bo-oor aan te trek ingeval dit koud is. Ons gaan wel sonder dit optree.
  • Indien jy nie die regte kleredrag het nie, probeer asb. by 'n maat leen.

SPORT

LS Kampsbaai Swemgala: 20 Oktober 2023

Ons het vir die eerste keer vir ‘n swemliga ingeskryf waar ons swemmers aan meer galas gaan begin deelneem.
  • Volgende Vrydag, 20 Oktober, neem ons swemspan by Laerskool Kampsbaai deel.
  • Die dag begin om 15:00 en sal om 16:00 klaar wees.
  • Dit is ‘n aflosgala vanaf o.7 tot o.14.
  • Sien die program vir al die items en die name van elke kind wat gaan deelneem.
  • Die finale program met alle reëlings sal Maandag, 16 Oktober, uitgestuur word.
  • Ons sien uit na die eerste gala van die nuwe seisoen.

Gholfdag: 14 Maart 2024

ALGEMEEN

Fotodag kleredrag (Buitemuurs): 24 Oktober 2023

Neem asb. kennis dat daar hier en daar veranderinge gemaak is nadat dit einde verlede kwartaal in die nuusbrief verskyn het.

Jannies vir Jesus: Kwartaal 4 2023

Die kwartaal se Jannies vir Jesus begin weer volgende Donderdagoggend, 19 Oktober, om o7:15 in die saal. Almal is welkom!

Roomysverkope op Vrydae

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

TERUGVOER / PRESTASIES

Oud-Jannies tot verskeie leerderrade verkies

‘n Skool se trots lê vir seker by sy leerders. Daar is iets baie spesiaal wat gebeur sodra ons terugvoer rakende oud-leerders ontvang. Ons spog vandag met leerders wat in 2019 hul graad 7-jaar by ons voltooi het en tot verskeie hoërskole se leerderrade vir 2024 verkies is. Weer eens ‘n bewys dat ‘n Afrikaanse skool glad nie leerders beperk nie, maar eerder die geleenthede bied om teen hul eie tempo te ontwikkel. Ons is baie trots op elkeen van hierdie leerders wat hul skool op verskeie vlakke van leierskap sal ondersteun. Wees Jouself, liewe oud-Jannie!

HS JvR – Hoofleier (Mari Swanepoel), Hoofdogter (Liezel Snijders), Onderhoofseun (Peet Karsten). Ander leerderraadslede: Lisa Best, Zazzie Henderson, Daniella Coetzee, Layla Erasmus, Josephina Hellman en Darren Cloete.
HS Rondebosch – Bernard Lombaard (leerderraadslid)
St. Cyprians – Jacomien van der Westhuizen (onderhoofdogter)

Podiumpret Redenaars – finale ronde uitslae

Vier van ons leerders het aan die finale ronde van Podiumpret deelgeneem. Riley Smyth en Sabine Barnard het aanlyn deelgeneem (video opnames) terwyl Karu en Pieter Rademeyer tydens die vakansie in die Paarl hul stem laat hoor het! Al vier deelnemers het in die kategorie “Afrikaans Redenaarstoespraak – Ervare” deelgeneem.

Hier volg die uitslae:
Graadwenners se name word op ‘n plaatjie geskryf en in die tuin van die Afrikaanse Taalmonument geplant – sedert 2016 word sprekers met hierdie prestasie vereer. Baie geluk aan Karu Rademeyer met hierdie groot prestasie!

Unisa klaviereksamens: Uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend in hulle Unisa Klaviereksamens gevaar het. Dit wil gedoen wees!

Olivia Blackmore, Voor-Graad 1, 85%
Stella Zulch, Graad2, 86%
Sabine Barnard, Graad 2, 92%
Ella Grey, Voor- Graad 1, 92%
Frank van der walt, Graad 1, 74%
Daniella Boshoff, Voor-Graad 1, 91%
Mari Steyn, Voor-Graad 1, 93%
Neill Ferreira, Graad 1, 91%

Jannies tree op in Matilda Jr

Wêla Kapela produksies bied aan Matilda Junior by die Toneelhuisteater in Shortmarketstraat net om die draai van die skool. Kom kyk hoe tien van ons leerders in die musiekblyspel skitter. Dit skop die 19de Oktober om 15:30 af. Kaartjies beloop R100 en is op Quicket beskikbaar.

Moet dit nie misloop nie!

Die leerders wat optree:

Mia Bothma
Sophia Derksen
Pieter Stef Bothma
Isla Jooste
Hannah Louw
Quin du Toit
Mia Botha
James Botha
Ella Gray
Ruben Jansen van Rensburg

Nina Lubbe presteer in Karate

Nina Lubbe het weer haar WP-kleure in Goju Kai Karate verwerf en sy neem die 14de Oktober aan die WP-toernooi in die Paarl deel. Dit is deel van die “opbou” na die Wêreldkampioenskappe wat gedurende 2025 in Tokyo plaasvind. Baie geluk, Nina. Sterkte met die toernooi wat voorlê. Ons is trots op jou!

Stella Pansegrouw presteer in Tennis

Stella Pansegrouw het gedurende die vakansie die nuus van Cape Town (WP) Tennis ontvang dat sy 5de in die o.11-groep is. Baie geluk, Stella. Ons is trots op jou!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 13 Oktober 2023

Dit is my wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ‘n heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is slegs 10 weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind.

Die somersport buitemuurse program het alreeds op Dinsdag, 10 Oktober, met mening afgeskop en maak ons gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooi en –byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Ek glo julle stem met my saam dat Moeder Natuur maar so spoedig moontlik die somer kan toelaat om Kaapstad en omgewing oor te neem veral na die lang en koue winterweer.

Maak asseblief seker dat jy en jou kind/ers op Saterdag, 02 Desember, beskikbaar sal wees vir die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms (baanitems) wat te HS Jan van Riebeeck se sportveld aangebied sal word. Hou die spasie weekliks dop vir meer inligting in die verband.

Graag wil ek weer Laerskool Anton van Wouw se koortoer hartlik bedank wat ons op die laaste dag van die vorige kwartaal besoek het. Hulle het ons spesiaal in die skoolsaal kom vermaak met ‘n puik optrede as deel van die laaste skooldag se saalprogram. Hierdie uitstekende koor bestaan uit 67 leerders wat ‘n koortoer vanuit Pretoria na Kaapstad onderneem het. Laerskool Anton van Wouw is ook soos ons ‘n Afrikaansprekende skool met ongeveer 800 leerders en hulle is geleë aan die agterkant van die Brooklyn-mall te Pretoria.
Die afgelope vakansie is daar hard gewerk om seker te maak die volgende bouprojekte word so spoedig moontlik afgehandel:
  • Huppelland – die opgradering van die klubhuis, aanbou van ‘n personeelkamer, personeeltoilette, terapiekamers, biblioteek asook ‘n kantoor vir Louise.
  • Ons is tans besig om die ‘ou’ klerebank na die opgradeerde konsertstoor aan die voorkant van die skool te skuif. Die nuwe naam vir die klerebank is Jan Kas. Ons beplan om vanaf 30 Oktober amptelik te open en ‘n effektiewe diens aan ons leerders en ouers te lewer. Verdere inligting in die verband sal binnekort verskyn.
Baie geluk aan die volgende leerders wat puik tydens die WOW-spelfees (nasionale rondte) op 07 Oktober te Stellenbosch gevaar het:
  • Graad 1: Wrensch Silvis (8ste)
  • Graad 5: Katryn Silvis (2de) en Amelie van der Walt (6de)
  • Graad 6: Isabella Marais (15de)
Julle maak ons baie trots!

Graag wil ek ook die volgende musiekleerders gelukwens met hul puik uitslae na afloop van die Unisa-Klaviereksamens. Dit wil gedoen wees!
  • Olivia Blackmore
  • Stella Zulch
  • Sabine Barnard
  • Ella Grey
  • Frank van der Walt
  • Daniella Boshoff
  • Mari Steyn
  • Neill Ferreira
Graag sluit ek af met die volgende bekende aanhaling van Pele en wens ek vir julle ‘n wonderlike kwartaal en naweek toe.

“Success is no accident. It is hard work and perseverance, learning, studying, sacrifice and most of all, love of what you are doing or learning to do.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet