Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Aflospersoneel vir onderwysers op kraamverlof

Ons is so bevoorreg om twee JvR-babas hierdie jaar nog by ons laerskool te verwelkom – dié van Maricqe Coetzer en Michelle Compion (albei gr. 3-onderwysers). Ons het gedurende kwartaal 4 dus twee aflosonderwysers in hierdie twee onderwysers se klasse. Ons is dankbaar dat Anéne Loots ingestem het om in Maricqe en Marlize ter Borg in Michelle se klasse af te los. Ons het heelpartye onderhoude gevoer om geskikte onderwysers vir hierdie spesifieke klasse te vind.

Dan is dit ook lekker om te noem dat Laerskool Jan van Riebeeck (ingesluit Huppelland) hul onderwysers die geleentheid bied om by en van mekaar te leer. ‘n Derde juffrou by LS JvR (dié keer by Huppelland – Magdel Fourie, Hasieklas) verwag haar baba in Oktober en ons het besluit dat Madri Greyling (LS JvR se nasorghoof) die geskikte kandidaat sal wees om in Magdel se plek af te los. Madri is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met hope energie wat die uitdaging met ope arms omhels. Ons is baie dankbaar vir haar entoesiasme. Dit beteken dat Dolinda Mfulo tydelik as nasorghoof sal instaan totdat Magdel in 2024 weer by Huppelland aansluit.

Ons wens die mammas wat op kraamverlof gaan baie sterkte en vreugde toe. Ons vergeet ook glad nie van die onderwysers wat tydelik in hul plekke aflos nie - baie sterkte. Ons sien uit om elkeen beter te leer ken.

Skooltye: 26 - 29 September 2023

  • Dinsdag, 26 September: Skool verdaag normale tye
  • Woensdag, 27 September: Skool verdaag normale tye
  • Donderdag, 28 September: Skool verdaag vroeër
    • 12:45 (Gr. 1 - 3)
    • 13:00 (Gr. 4 - 7)
  • Vrydag, 29 September: Skool sluit
    • 10:30 (Gr. 1 - 3)
    • 10:45 (Gr. 4 - 7)

KULTUUR

Laaste dramales kwartaal 3: 2023

Vrydag, 22 September, is die laaste dramales vir kwartaal 3. Ons sien baie uit na volgende kwartaal en hoop almal kan die vakansie lekker rus. Dankie vir 'n heerlike kwartaal 3.

Groete, Jana

Koorfees: 17 Oktober 2023

Albei ons kore tree 17 Oktober om 19:00 by die Weskus Koorfees op. Onthou om kaartjies op Karri te koop!
  • Dit word hierdie jaar by Laerskool Table View aangebied.
  • Kaartjies is op die Karri-toep teen R80 te koop.
  • Kinders onder 3 wat op hul ouers se skote sit, kry gratis toegang.
  • Ons skool kry slegs 'n beperkte aantal kaartjies, so gou spring!!
  • Die afsnydatum vir kaartjie-aankope is 27 September.

ALGEMEEN

Markdag: 28 September 2023

Markdag vind Donderdag, 28 September, plaas en dit is die gr. 4 - 6-leerders se beurt om verkope te doen. Graad 7's het verlede week hul Markdag gehad.
  • Tafels kan teen R15 per tafel op die Karri-toep bespreek word.
  • Tafelbesprekings sluit Dinsdag, 26 September.
  • Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie.
  • Verkope sal vanaf 11:45 tot 12:30 geskied.

Verlore Goedere-uitstalling: 27 September

Alle verlore goedere wat nog nie afgehaal is nie, sal op Woensdag, 27 September, vanaf 07:15 - 15:30 in die biblioteek uitgestal word. Kom kyk asseblief indien daar iets is wat jy verloor het!

Fotodag kleredrag (Buitemuurs): 24 Oktober 2023

Klerebank van 1 - 20 Okt. 2023 gesluit

Die klerebank sal vanaf 1 – 20 Oktober vir alle aankope (aanlyn en in persoon) gesluit wees. Tydens hierdie periode neem die skool die voorraad by Eda oor en die nodige stelsels en strukture word in plek gestel om skooldrag maklik aan almal beskikbaar te stel. Ons waardeer elkeen se geduld met hierdie proses. Ons sal nader aan die tyd alle ander besonderhede bekendstel.

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

The World Needs a Father CT: 13 - 15 Oct 2023

Kliek HIER vir meer inligting en vir die vorm wat jy kan voltooi indien jy belangstel.

Skole Spogblad insetsel in Die Burger

TERUGVOER

Silwervaring toneelfees 2023

Baie geluk aan die leerders wat verlede Saterdag, 16 Sept., aan die Silwervaring toneelfees by Laerskool Bastion deelgeneem het. Ons het die toekenning vir beste teks gewen. Die volgende sertifikate is ontvang:
Goud: Regie, Ensemble, Neil Heyns, Zadie Loubser, Chrystal Conradie, Samuel Wolff en Eddie Quixley.
Silwer: Emma Jonker, Sophia Fourie, Dino Burger en Nevieke Bender.

Baie geluk aan almal betrokke!

Stella Pansegrouw presteer in Gimnastiek

Stella het haar Westelike Provinsie kleure vir Level 5 Gimnastiek ontvang. Sy is genooi na die SA Gym Games wat op 4 Oktober 2023 in Pretoria plaasvind. Sy het in haar vault 'n 3de plek behaal, wat 'n ongelooflike goeie prestasie is. Baie geluk, Stella! Ons is trots op jou.

Eisteddfoduitslae: Klavier

Baie geluk aan Stella Zulch met haar silwer medale vir die afdeling Klavier Gr 6 by die afgelope Afrikaanse Eisteddfod. Ons is baie trots op haar!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Oom Steyn - LS JvR se Legende

Oom Steyn is ons skool se opregte legende! Vir 26 jare het oom Steyn gesorg dat ieder en elk (Huppelland en Laerskool) aangery is tot waar nodig vir uitstappies, sport, toere, ens. Hy was bankier en regterhand vir soveel van ons wat al jare by die skool betrokke is. Ja, leerders het gereeld na oom Steyn as die skoolhoof verwys as bewys van die respek wat hy by soveel mense afgedwing het. Die man met die sterk handdruk wat so gereeld na ‘n vakansie vir elke klas kom groet het en so mooi vir elke onderwyser gevra het hoe ons vakansie was – soveel liefde en mooi is in oom Steyn se hart. Ons sê finaal vir oom Steyn op Vrydag, 29 September, totsiens waar hy ‘n wel verdiende aftrede sal geniet. Alles wat mooi is vir die nuwe lewensfase wat vir jou voorlê!

Geagte Ouers / Voogde - 22 September 2023

Vandag is dit weer "#Bok-Friday". Die Springbokke se soeke na glorie loop beslis volgens plan met hul reuse oorwinning van 76 – 0 teen Roemenië. Die Bokke sit hul wêreldbeker-rugbyveldtog die naweek op Saterdag, 23 September, voort teen Ierland in Parys te Stade de France. Dit gaan ‘n titaniese stryd wees om te bepaal watter span as die wenner van poel B gaan wees. Saam met "#Bok-Friday" vier ons as skool ook Erfenisdag wat op Sondag, 24 September, plaasvind. Dit is dus belangrik dat jy vandag weer "#Bok-Friday" en Erfenisdag ten volle ondersteun deur jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp, net iets groen en goud of iets tradisioneel met trots aantrek om die Bokke en ons pragtige land te ondersteun. Mag die Bokke die naweek die Iere wys dat die Iere dalk die gunstelinge mag wees, maar die Bokke hou nie van verloor nie en nog minder hou hul ondersteuners daarvan!

Ons land spog met ‘n magdom kulture en ‘n mengelmoes van mense. Daarom vier ons jaarliks op 24 September Erfenisdag. Tydens die spesiale openbare vakansiedag vier ons as trotse Suid-Afrikaners ons kultuur en ons erfenis. Kom ons gebruik die dag om as ‘n trotse nasie ons wonderlike land, sy pragtige mense, diere en natuurskoon te waardeer. Erfenisdag is juis in 1996 ingestel om die kultuur en die unieke diversiteit van ons Reënboognasie te vier! Jy kan op die spesiale dag self besluit gebaseer op jou taal, kultuur en herkoms om iets te doen om jou eie erfenis te vier, asook om die geleentheid te gebruik om meer oor ander kulture en hul kosbare erfenis te leer. Omhels gerus die spesiale dag al is dit net met ‘n smaaklike vleisie op die kole.

Kwartaal 3 is besig om einde se kant toe te staan en akademies word dié kwartaal vir grade 4 tot 7 veral met take gekenmerk. As skoolhoof is ek in die gelukkige posisie dat die leerders graag by my kom spog met hul uitmuntende take. Die kwaliteit en detail van die take asook die kreatiwiteit wat daarmee gepaard gaan laat my dikwels sprakeloos. Wel gedaan aan al die leerders en onderwysers met die puik take en projekte wat die afgelope kwartaal afgehandel is.
Vandag eindig die buitemuurse program vir kwartaal 3. Baie geluk aan juf. Shahneé se o.13A-seunshokkiespan wat Vrydagaand, 15 September, die hokkietoernooi te Elkanah House gewen het. Liam Joubert het ‘n spesiale toekenning vir die meeste doele aangeteken, ontvang. Graag wil ons ook vir Jana Maree bedank wat die span as gevolg van beserings en siekte uitgehelp het. Dit was baie braaf en dapper van haar om teen die seunspanne te speel.

Ons skool se toneel- en dramagroep onder leiding van juf. Jana het die naweek van 15 – 17 September aan die Silwervaringfees te Laerskool Bastion deelgeneem. Hulle het puik gevaar en ons leerders het met die louere weggestap. Ons skool het ook die prys vir die beste teks gewen. Baie geluk aan die volgende leerders asook juf. Jana. Julle maak ons baie trots:

Zadie Loubser
Eddie Quixley
Neil Heyns
Dino Burger
Chrystal Conradie
Emma Jonker
Nevieke Bender
Samuel Wolff

Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling deur die ikoniese Madiba rakende erfenis. Ek wens vir julle ‘n wonderlike langnaweek toe. Geniet die meevallertjie en mag die Bokke wen!

“Our rich and varied cultural heritage
has a profound power
to help build our nation’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet