Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15
11 Mei, 2024 - Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS) 00:00-23:59
11 Mei, 2024 - Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS) 00:00-23:59
11 Mei, 2024 - Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar 00:00-23:59




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

ALGEMEEN

Simon van Dyk slaan prys los!

Ons het vroeër die jaar berig oor Simon van Dyk wat 'n derde prys in Storiewerf se skryfkompetisie losgeslaan het. Lees gerus sy storie wat tans op Storiewerf se webwerf verskyn. Ons is ongelooflik trots op jou, Simon!

Storiewerf: Rooi oë in die nag

KULTUUR

Musieklesse 2022

Indien daar nuwe leerders is wat belangstel in klavier- of blokfluitlesse vir 2022, doen asb. skriftelik aansoek by juf. Groenewald by helecia@jvrprim.co.za. Daar sal 'n paar plekkies volgende jaar oop wees.

Barbara Schreuder Dansskool

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL BIED AAN:
"AMERICAN BALLET: PERFORMANCE AWARDS"

Kom ondersteun ons JvR-dansers asb. en geniet die pragtige oorspronklike Ballette van Mignon Furman. Sidwell Roman (AAB Ballet eksaminateur) is ons beoordelaar.

Saterdag, 13 November 2021, om 13:30 in JvR skoolsaal
Toegang: R60 vir volwassenes, R40 kinders

Die volgende dansers gaan deelneem aan die gewilde Ballet kompetisie. Sterkte dansers en geniet!

PRE 1
Zada Schlebusch, Natalie Lawson, Kelly Jacobs, Miekela Myburgh

LEVEL 1
Heidie van Heerden, Olivia Lemmer, Noah Karusseit

LEVEL 2
Jana v Gijsen, Lea Loubser, Bardot Dettmer, Sadie Gillmer, Danielle Fourie, Bella Naylor, Quinn du Toit, Anabella Boshoff, Gabriella Buckenham, Ella Grey

LEVEL 4
Kerala Allewell, Karlien vd Walt, Klara Steyn, Michaan Naylor, Lea v Dyk, Isabella Marais, Daniella Boshoff

LEVEL 5
Emma Liebenberg, Lumarie Fourie, Juliette Visser, Amelie Visser, Lara Basson

Een van ons oud-dansers, Mia Neethling, het die naweek by die KunsteKaap (ArtsCAPE) as "Wendy"
in die produksie Peter Pan opgetree. Ons is baie trots op haar!

SPORT

Swemklere vir LO

Gr.3-7 leerders moet asb. hul swemklere en swemkeppies vir die week van 8 - 12 November vir LO skool toe bring.

Jannies vaar uitstekend by Inter-sone byeenkoms

Verskeie Jannies het die afgelope naweek, 30 Oktober - 1 November, aan die Inter-sone tennis byeenkoms deelgeneem. Baie van ons spelers het vir die Suidelike span gekwalifiseer en het teen spelers van die Sentraal-sone gespeel.
Adriaan Wessels, Nils le Roux, Gustav van der Linde, Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het die o/10-groep saam met spelers van ander skole verteenwoordig. Adriaan en Nils het die meeste van hul enkelspel wedstryde gewen, asook al hul dubbelspel wedstryde. Stella Pansegrouw en Ané Swanepoel het ook baie goed gevaar en al hul wedstryde gewen. Die dogters se span wen dan ook algeheel van die 4 sones (Noord, Oos, Suid en Sentraal) van die byeenkoms en ontvang goue medaljes. Van ons ouer spelers moet nog hulle Inter-Sone byeenkoms voltooi en ons wens vir hulle baie sterkte toe.
Nadat die spelers aan die Inter-Sone byeenkomste deelgeneem het, word hulle gekies vir die Kaapse Metro (voorheen bekend as WP) proewe wat in Desember plaasvind.

Jannies presteer by HSH Aflosbyeenkoms, 28 Oktober

Op Donderdag, 28 Oktober, is 32 van ons atlete deur mnr. Leon Hanekom en mnr. André Lourens vergesel wat aan Hopefield se aflosbyeenkoms deelgeneem het. Ons spanne het oor die algemeen uitstekend gevaar en elke keer onder die top 5 geëindig. Vir die meeste ouderdomme was daar twee finale wat gehardloop is en die finale posisies is deur tyd bepaal. Volg die SKAKEL vir al die uitslae van die dag.
Ons o/13-seuns het stof in die ander skole se oë geskop en met die eerste plek weggestap! Baie geluk julle vier (Alexander Benecke, Fredrich Erasmus, Danny Newton en Taniel Webber)! Ons sien uit na ons Kleure-sportbyeenkoms aan die einde van die jaar en is opgewonde om ons eie atlete dan weer in aksie te sien.

O/11 interne krieketwedstryd, 3 November

Die 0/11's het Woensdag, 3 November, 'n krieketwedstryd teen mekaar gespeel. Hulle is in twee spanne verdeel, Engeland vs Pakistan.
 
Die spanne was soos volg:

Pakistan:
Dawid-Wiese Viljoen (K); Frank vd Walt; Liam Schmidt; Ruald Naude; Delmar Benecke; Liam Joubert; Kai Allewell; Conrad Slabber en Shaye Schwartz.
Engeland:
Conrad Bezuidenhout(K); Ruben Eksteen; Pierre-Jaque Smit; Adriaan Wessels; Marais Groenewald; Schalk van Niekerk; Johan Symington; Willem Vorster; Stephan Holtzhausen en Nicholas Vermeulen.

Pakistan het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Hulle kry Engeland vir 56 lopies uit. Pakistan het met gemak die 56 lopies afgeslaan en wen die dag. Dawid-Wiese is aangewys as speler van die wedstryd met 40 lopies nie uit nie en Liam Joubert as bowler van die dag met 5 paaltjies.

Delmar Benecke het ook 2 paaltjies geneem, Dawid-Wiese Viljoen 2 paaltjies en Pierre-Jaque Smit 2 paaltjies.

Die gees was hoog en die seuns het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers wat kom ondersteun het. Ons maak gou weer so. 

Nina Lubbe kompeteer by Goju Kai nasionale kampioenskap

Nina Lubbe in Gr.5F neem Saterdag aan die Goju Kai Nasionale kampioenskap as 'n lid van die WP-span deel. Sy neem aan die Kata, Kumite en die Unison Kata items deel.

Deelnemers het die geleentheid om by dié toernooi te kwalifiseer om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aan die internasionale Karate-Do Goju Kai kampioenskap in Japan in 2022, gaan deelneem.

Die dogter saam met haar op die foto is Saoirse Abrahams. Sy is deel van die Unison Kata span. In Unison neem drie spanmaats deel en Nina is die kaptein van hul span.

Sy doen reeds karate vandat sy 5-jaar oud is en het tans ‘n bruinbelt. Baie sterkte Nina!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 5 Nov

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
MailPoet