Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
22 April, 2024 - Graad 1-3 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Vandag heers daar groot opwinding by die skool, aangesien skole vandag in die Wes-Kaap vir ‘n kort, maar welverdiende vakansie sluit. Kwartaal 1 was propvol verskeie sport-, kultuur- en pretaktiwiteite geskeduleer. Vir die eerste keer in 2 jaar kon ons Jannies weer aan somersportwedstryde, byeenkomste, galas en konserte deelneem waar ouers, voogde, oumas en oupas teenwoordig kon wees. Ons kernbesigheid, naamlik Akademie, het beslis nie stil gestaan nie en daar is sommer hard in die klasse gewerk om die nodige doelwitte vir die kwartaal te bereik. Vandag ontvang al ons leerders ‘n rapport waarin daar erkenning vir hul harde werk en toewyding gegee word. Graag wil ek al die Jannies en die opvoeders wat onderskeidelik so getrou en hard gewerk het, hartlik gelukwens met die puik akademiese uitslae. Ek is so trots en ‘n dankbare skoolhoof van die puik skool!

Laat my dan ook toe om die volgende Gr.7-leerders (alfabeties) hartlik geluk te wens met die aankondiging van die Top Tien Akademiese Presteerders vir kwartaal 1 tydens vanoggend se saalbyeenkoms:
  • Lara Basson
  • Lea Basson
  • Liza Hitge
  • Adelé Holtzhausen
  • Luja Marx
  • Kate Mouton
  • Elsabé Scholtz
  • Cara Swanepoel
  • Nell von Lieres
  • Owen Wiese
Ahoewel die laaste week van die kwartaal slegs 4 dae lank was, het daar die volgende klompie pretaktiwiteite plaasgevind:
  • Op Dinsdag, 22 Maart 2022, het die grondslagfase leerders ons heerlik in die saal tydens die Gr. 1 - 3 musiekkonsert vermaak. Baie dankie aan al die ouers, voogde en grootouers wat hul kosbare tyd afgestaan het om hul kinders/kleinkinders tydens die vrolike musiekkonsert te ondersteun. Ons leerders is so talentvol, vol selfvertroue en nie eers die groot verhoog en gehoor kon hulle intimideer nie.
  • Op Woensdag, 23 Maart 2022, het ons Graad 1’s die ikoniese Tafelberg besoek en hul gate uit geniet terwyl hulle en die opvoeders die pragtige uitsig van bo-op die berg oor ons pragtige Moederstad aanskou het.
  • Op Donderdag, 24 Maart 2022, was dit weer die kwartaallikse markdag en kon leerders hul entrepreneurskapvaardighede gebruik terwyl daar aan heerlike eetgoed gesmul is.
  • Wintersportvaardigheidsklinieke: Is vanaf 22 - 24 Maart in skooltyd aangebied. Die leerders het dit terdeë geniet.
Verlede Donderdagaand, 17 Maart, kon die Gr. 5 - 7-leerders ook vir die eerste keer na ‘n lang tyd weer ‘n sokkie in ons skoolsaal bywoon. Ons Jannies het omtrent uitgehaal met hul kleredrag en het spoggerig by die skool opgedaag, gereed vir die groot partytjie.
Graag wil ek die personeel hartlik bedank vir hul harde werk, passie en toewyding die afgelope kwartaal. Kwartaal 1 word gekenmerk as ‘n baie besige kwartaal wat dan ook die modus operandi vir die res van die jaar bepaal. Baie dankie dat julle altyd bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop tot voordeel van ons Jannies. Suksesvolle skole word gekenmerk deur aktiewe ouerbetrokkenheid en ‘n effektiewe Beheerraad. Dus wil ek vir julle as ouers/voogde hartlik bedank dat julle altyd die belange van ons skool op die hart dra. Groot dankie aan Merwe Schotz (Voorsitter van die Beheerraad) en die Beheerraadslede vir hul kosbare tyd en insiggewende insette tydens die kwartaal om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck van krag-tot-krag gaan.

Ek sluit af en hiermee wens ek vir julle ‘n lekker ontspanne vakansie toe en indien jullie reis, wees asseblief veilig. Ek sien uit om almal weer op Dinsdag, 5 April, terug te verwelkom wanneer die skool vir kwartaal 2 heropen.

My aanhaling vir die vakansie deur Eleanor Browne:
"Rus en selfversorging is so belangrik. As jy tyd neem om jou gees aan te vul, kan jy ander met oorloop bedien. Jy kan nie uit ‘n leë houer dien nie."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Die Suidooster 2022: Kwartaal 1

Die Suidooster 2022: Kwartaal 1

Strategiese Vraelys 2021: Terugvoer

Beste Ouers/Voogde

Met die einde van 2021 se dolheid, het ons nooit die strategiese vraelys se opsomming aan julle kommunikeer nie. Baie dankie vir julle deelname – dit is lekker om sulke gemoedelike en oop kommunikasie met ouers te hê.

Hier is dit nou: Ons is vreeslik bly om te kan sê ons kinders is steeds gelukkig in die skool en dat ons ouers veral tevrede was met hoe die pandemie hanteer is. Dit is veral verblydend dat ouers nie bekommerd is oor hul kinders se akademiese vordering nie – ten spyte van die pandemie.

Daar is egter ‘n paar kwessies wat die skoolbestuur se aandag getrek het en waaraan die skoolbestuur reeds aandag gee:
  • Die skoolroosterkompleksiteite verhoed dat daar meer tyd gewy kan word aan isiXhosa – nietemin gaan ‘n nuwe aksieplan geloods word. Ander vakke soos kodering, kuns en drama word ook afgeskeep – dit word ook in ag geneem.
  • Diversiteit en geloofsblootstelling aan ander gelowe is volgens heelwat ouers problematies. Ten spyte van goeie vordering wat meer diverse personeel-aanstellings betref, het die pandemie ander inisiatiewe gekortwiek. Daar is planne vir die komende jaar en ouers wat by sulke inisiatiewe betrokke wil raak, moet asseblief hul hand opsteek om deel te word van die diversiteitskomitee – kommunikasie sal eersdaags via die nuusbrief versprei word. Tegelykertyd is ons vrywillige en buite-skoolure groep Jannies vir Jesus weer volstoom aan die gang.
  • Ouers het aangedui dat kommunikasie rondom nie-akademiese probleme soms moeilik is. Registeronderwysers bly die eerste kontakpunt. As jy steeds nie tevrede is nie, kontak asseblief ons skoolhoof Naas Beets.
  • Sommige ouers blyk verward te wees rondom presies watter aktiwiteite die skool aanbied. Alles is in die ouerhandleiding, die nuusbrief asook die webwerf beskikbaar. Kontak asseblief die registeronderwyser as jy in die donker is.
  • Boeliegedrag is vir die skoolbestuur ‘n netelige kwessie omdat daar reeds goeie sisteme in plek is om dit so bes moontlik te hanteer. Sien asseblief ons boeliebeleid op die webwerf. Ons wil ouers aanmoedig om dadelik kontak te maak met hul klasonderwysers sodra daar enige boeliegedrag bespeur word.
  • Die gebruik van Google Classroom was tydens die pandemie ‘n lewensredder, maar deesdae is ouers verward oor hoe dit gebruik moet word. Graadhoofde sal met elke graad kommunikeer presies oor hoe die tegnologie gebruik word en hoe dit leerders raak.
  • Onderwysers is van nuuts af versoek om huiwerige leerders aan te moedig om te kom gesels as hul nie werk verstaan nie. Daar is ook sowat twee jaar gelede besluit om sekere vakke se vraestelle (Afrikaans, Engels en Wiskunde) vanaf Graad 4 vir ouers huis toe te stuur (dit geld vir toetse en die Junie-eksamens). Hierdie antwoordstelle moet deur ‘n ouer/voog onderteken word en dan weer terug skool toe gestuur word. Alle ander vraestelle kan by oueraande besigtig word en ouers is uiteraard welkom om enige tyd onderwysers te kontak as hul onraad vermoed. Ouers/voogde moet tegelykertyd vrymoedigheid neem om te eniger tyd met onderwysers te skakel.
  • Wat infrastruktuur betref, bly die op-en-aflaai ‘n beslommernis. Ouers moet asseblief onthou om so gou moontlik deur die area te beweeg en stadig te ry. Infrastruktuur is hoog op die bestuur se agenda. Ons sal deurlopend daaroor kommunikeer.
  • Kliek HIER vir die opsomming van die strategiese vraelys.
Ons sien uit na ‘n goeie verdere 2022 saam met julle!

Beste wense,
Die Skoolbestuur

Fotobestellings

  • Die leerders het reeds hul fotokoeverte ontvang.
  • Vul asb. alle besonderhede op die koevert in en stuur dit terug skool toe.
  • Leerders kan die koevert(e) inhandig by hul registeronderwyser.
  • Foto's kan ook aanlyn bestel word. Kliek op hierdie skakel.
  • Laaste dag vir fotobestellings is Vrydag, 22 April.

"Funky Pants" dag by die nasorg

Op Vrydag, 8 April 2022, kry die nasorgleerders die geleentheid om bietjie pret te hê met 'n "Funky Pants" Vrydag. Alle ingeskrewe nasorgleerders mag op daardie dag skool toe kom met hulle wildste, woeste, malste en heel 'funky'-ste broek en moet hul eeufeeshempie hierby aantrek.

Klerebank

Dankie aan almal wat winterbestellings betyds geplaas het. Indien nog iets vir die winter benodig, bestel asb. so spoedig moontlik aanlyn. Daar is die afgelope jaar tekorte in sekere materiale en ons verwag toenemende prysverhogings hierdie jaar.

Hiermee die skakel om die skoolbaadjie aanlyn te koop.

Skoolbaadjies en graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur.

Winterskoolklere:
  • Loer gerus in die ouerhandleiding en webtuiste vir meer inligting of kom na die Klerebank.
  • Langmouhemp sonder ‘n sakwapen met ‘n das.
  • Kan ‘n trui of skoolbaadjie met embleem bo-oor dra.
  • Langbroeke
  • JvR grys kouse OF swart ondeursigtige broekiekouse
  • Sportklere ('JvR' gemerk) bly dieselfde reg deur die jaar.
  • Bestellings vir hokkiekouse en WEDSTRYDHEMDE (hokkie en netbal) moet geplaas word voor die skool sluit.
Klerebanktye:
  • 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae
  • 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae, maar nie wanneer die skool vroeër uitkom nie.
Merk van items:
  • Dit veroorsaak geweldige frustrasie onder die vrywilligers as items nie gemerk is nie of onduidelik gemerk is met selfs ‘n enkele letter.
  • Party name is onleesbaar uitgewas of het name op van kinders wat nie meer in die skool is nie.
  • Skenkings moet asseblief nie in kaste geprop word nie. Stuur na ontvangs of na die Klerebank.
  • Gaan asseblief alle items dringend by die huis na en merk dit goed.

Ouerbesoeke, 6 & 7 April

Volgende kwartaal is daar weer 'n geleentheid vir ouers/voogde om leerders se onderwyser(s) te kom sien. Om 'n afspraak te maak, kliek HIER of op die foto hier onder om die vorm in te vul. Volg asb. hierdie stappe wanneer jy die vorm invul:
  1. Kies die fase waarin jou kind is.
  2. Kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak en kliek "Next".
  3. Kies slegs een tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies "No more options" sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar 'n kansellasie is.
  4. Kliek "Submit". Die tyd wat jy gekies het, is jou afspraak - dit is nie voorlopig nie.
  5. Jy sal 'n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, gaan kyk gerus in jou "Spam".
  6. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op "Submit another response".
  7. Indien jy die tyd wil verander, gaan in by die bevestiging e-pos en kies "Edit response" of vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).
  8. Vir enige vrae, stuur 'n e-pos aan Suzaan of kontak die betrokke registeronderwyser.

SPORT

Swemgala Uitslae 2022

Swemgala uitslae 2022-01

Winter Buitemuurse Sportprogram 2022

2022-Buitemuurse-program - Winter sportprogram (2)-1

Twee Jannies gekies vir die Wes-Kaap Weskus aksienetbalspan

Ons wil graag vir Sophia Liebenberg en Liza Hitge baie sterkte toewens. Hulle is beide vir die Wes-Kaap Weskus aksienetbalspan gekies en gaan vanaf 18-23 Maart die span in Gauteng by die Little League Inter-Provincial toernooi verteenwoordig. Sophia is ook gekies om as spankaptein op te tree. Baie geluk julle en baie sterkte!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 25 Maart 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet