Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

3 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 (TUIS) 00:00-23:59
3 April, 2024 - Skool heropen 00:00-23:59
3 April, 2024 - Winter buitemuurs begin 00:00-23:59
5 April, 2024 - Warren Stoman (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
6 April, 2024 - Felicity Beerwinkel (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
6 April, 2024 - Netbal: o.10A-toernooi LS Durbanville 00:00-23:59
8 April, 2024 - Jana Nel (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
8 April, 2024 - Ouerbesoeke 00:00-23:59
8 April, 2024 - Skool verdaag vroeër: 12:45 (gr. 1-3), 13:00 (gr. 4-7) 12:45-13:00
8 April, 2024 - Beheerraadvergadering 18:00-19:00
9 April, 2024 - Ouerbesoeke 00:00-23:59
9 April, 2024 - Marlize ter Borg (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
9 April, 2024 - Algemene Kennis-toets 07:45-08:15
9 April, 2024 - Skool verdaag vroeër: 12:45 (gr. 1-3), 13:00 (gr. 4-7) 12:45-13:00
10 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
10 April, 2024 - Interne Redenaarskompetisie 08:00-10:00
11 April, 2024 - Interne Redenaarskompetisie 08:00-10:00
12 April, 2024 - Hokkie: o.13 Seuns & Dogters Toernooi Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG) 00:00-23:59
12 April, 2024 - Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
12 April, 2024 - Landloopwedloop: Zwaanswyk Academy 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Hierdie week sluit ons met die besige somersportprogram af waartydens baie sportwedstryde plaasgevind het. Volgende week begin ons met wintersport. Verskeie wedstryde en sportdae is vir kwartale 1 en 2 geskeduleer. Ek kan net soos julle nie wag om ons sportspanne aan te moedig nie.

Vrydag, 4 Maart, het ons die jaarlikse junior swemgala aangebied. Selfs die weer het op dié spesiale dag mooi saam gespeel met toeskouers wat luidkeels ons Grondslagfase swemmers toegejuig het. Graag bedank ek ons ouers/voogde wat tyd afknyp om hul kind(ers) tydens sportaktiwiteite te ondersteun. Al wys die kinders dit nie, is julle teenwoordigheid tydens sportbyeenkomste kosbaar vir hulle. Baie dankie ook aan almal wat die klasbraai op Vrydagaand, 4 Maart, bygewoon het. Die lekker kuier en gesellige samesyn is kosbaar en ‘n tradisie wat ons vir nog lank sal omhels.

Die afgelope week was die fokus primêr op ons kernbesigheid, naamlik akademie. Grondslagfase het die eerste week van hul assesseringsweek suksesvol voltooi terwyl die intersenfase elke Vrydag tydens toetsperiode hul assessering vir die kwartaal aflê. Ek maak graag van die geleentheid gebruik om die opvoeders hartlik te bedank vir die handhawing van hoë akademiese standaarde. Die hoeksteen van ons suksesvolle kurrikulumbestuur sluit onder andere assesserings in wat deeglik beplan en opgestel word. Daarna volg dit ‘n effektiewe modereringsproses en elke formele assessering word deur my afgeteken. Laerskool Jan van Riebeeck was nog altyd bekend as ‘n skool wat se hoë akademiese standaarde ononderhandelbaar is en op hierdie manier van ander skole onderskei word. Baie dankie dat julle jul kinders tydens die assesseringsweke en deurlopede assessering ondersteun.

Op Dinsdag, 8 Maart, het Juffrou Michelle vir ons Grondslagfase ‘n insiggewende en praktiese boodskap oor ons waarde van die maand, naamlik Omgee tydens ons weeklikse saalbyeenkoms gelewer. Tydens die saalbyeenkoms het ons ook vir die eerste keer pragtige sertifikate vir die ‘Jannies van die Week’ oorhandig. Hierdie inisiatief is deur juffrou Nicola geïnisieer om ons Grondslagfase-leerders erkenning te gee wat werklik ons kernwaardes daagliks uitleef sonder dat die juffrouens dit vra. Trots het die volgende leerders saam met my op die verhoog verskyn:
  • Noa Rademan
  • Jan-Jurie Fourie
  • Kitty Partner
  • Christopher Hoffman
  • Cailyn Visser
  • Damian Daniels
  • Julia Schincariol
  • Louis Greeff-Cronjé
‘n Dringende versoek rig ek graag aan ieder en elk: Kyk mooi na jou skool- en sportklere asook persoonlike besittings wat skool toe gebring word. Indien jou kind met ander kinders se tasse, klere, ens. by die huis opdaag, stuur dit asseblief die volgende oggend reeds saam met hom/haar terug skool toe (verlore goedere). Die meeste van ons leerders se klere en persoonlike items is gemerk. Baie dankie vir jou samewerking in die verband.

Laat my asseblief toe om spesiaal vir Sophia Liebenberg (gr. 7) sterkte toe te wens vir môre se Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms in die Paarl. Sophia is ons enigste leerder wat vanjaar WP Klere vir atletiek verwerf het en sy gaan môre aan verspring en spiesgooi deelneem. Sophia, ons is baie trots op jou! Sterkte ook aan ons o/13A-rugby- en netbalspanne wat die naweek aan die Bulfeestoernooi te Porterville deelneem.

Ek sluit dan af met die volgende aanhaling rakende die skool se waarde van die maand, naamlik OMGEE:

"Te dikwels onderskat ons die krag van ‘n glimlag, vriendelike woorde, ‘n oor wat luister, ‘n opregte kompliment, of die kleinste bietjie omgee, alles wat die potensiaal het om iemand se lewe heeltemal te verander."

Geniet die naweek!

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Die Hanekoms verwelkom 'n nuwe gesinslid

Die geboorte van 'n baba bly nou maar net 'n wonderwerk. Ons is baie opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons Jannies-familie te verwelkom! Baie geluk aan die trotste pappa en mamma wat verlede Woensdag, 2 Maart, hul babadogtertjie verwelkom het. Ons weet dat sy sommer baie pret en vreugde aan die Hanekom-gesin sal voorsien.

Somersokkie: Stof jou dansskoene af!

Alle Gr.5 - 7-Jannies word na ons skitterende 'disco' dans op Donderdag, 17 Maart 2022, genooi!
Tyd: 18:00 - 21:30

Kaartjies is op die Karri-toep teen R60 beskikbaar.
Kaartjies sluit 'n worsrolletjie en 'n koeldrank in.

Die snoepie sal die aand oop wees.

Verlore Goedere Uitstalling

Alle verlore goedere sal Woensdag, 23 Maart, vanaf 12:30 - 15:30, agter die skool onder die bome uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie teen Donderdag, 24 Maart, opgeëis is nie, sal vir fondse aan die tweedehandse klerebank geskenk word. Alle ander verlore items sal vir welwillendheid geskenk word.

Versoek:
Maak asb. seker jou kind(ers) se items is duidelik gemerk met hul naam, van en korrekte klas. Items wat by die tweedehandse klerebank gekoop word, moet ook asseblief oor gemerk word. Duidelik gemerkte items kan makliker aan hul eienaars terugbesorg word.

Vir enige navrae stuur gerus vir Annami Gerber 'n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za.

Aansoek om hoërskooltoelating Graad 8 vir 2023

Ons wil graag alle graad 7-ouers/voogde aanmoedig om so gou as moontlik vir hoërskole vir 2023 aansoek te doen. Alle aansoeke moet deur die Wes-Kaapse Department van Onderwys se aanlynstelsel gedoen word en aansoeke kan vanaf Maandag, 14 Maart, tot Vrydag, 15 April, ingedien word. Die stelsel sal jou toelaat om 3-5 skole van jou keuse aan te dui, maar onthou asseblief om jou aansoek met die nodige ondersteunende dokumentasie op te volg soos elke skool se toelatingsbeleid verreis. Besoek gerus die Departement se webtuiste hier om aansoek te doen.

Gr.00 Aansoeke

Ons herinner julle graag dat aansoeke vir 2023 vir nuwe leerders oop is. Onthou asseblief om betyds vir gr. 00 aansoek te doen en laat weet enige ander belangstellende ouers buite die skool. Ons sluitingsdatum is einde Maart.

Groete

Die Huppellandspan

Kaperjolle 2022

Dis weer tyd om heerlik op 23 April 2022 op die skoolgronde saam te kuier. Merk solank die datum op jou kalender sodat julle nie uitmis nie. Ons het julle kostalente by die Oor-Die-Kole kompetisie nodig. Kliek op die GOOGLE FORM vir al die inligting en om in te skryf. Vul asb. die Google Form voor 25 Maart 2022 in om jou land/span in te skryf. Kontak vir Martie Viljoen 084 601 5640 | martie.viljoen7@gmail.com of Ria Hertzog 082 320 3288 | oov@jvrprim.co.za met enige vrae.

KLEIDUIF KOMPETISIE

Waarde vir die kwartaal: Omgee

Projek: Welwillendheid

Ons waarde vir die maand is - OMGEE! Ons wil die kwartaal omgee vir diere in nood deur vir hulle kos in te samel. Die projek wat ons wil ondersteun is LEAPS - Lamberts & Elands Animal Protection Services.

LEAPS is ‘n geregistreerde diere welsynsorganisasie wat die belange van diere in nood in die Elandsbaai en Lambertsbaai areas op die hart dra.

Jy is welkom om die onderstaande items saam met jou kind na hul registerklasse toe te stuur.

Wenslysie:

Hondekos (droog en blikkies/pakkies)
Katkos (droog en blikkies/pakkies)
Vlooi en bosluis behandeling

Lekker om te hê:

Speelgoed vir honde
Komberse

Ons wil by voorbaat baie dankie sê dat julle saam met ons omgee vir ons troeteldiere.

Paaseiers

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in 'n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Woensdag, 23 Maart, skool toe gebring word.

AKADEMIE

Ouerbesoeke, 6 & 7 April

Volgende kwartaal is daar weer 'n geleentheid vir ouers/voogde om leerders se onderwyser(s) te kom sien. Om 'n afspraak te maak, kliek HIER of op die foto hier onder om die vorm in te vul. Volg asb. hierdie stappe wanneer jy die vorm invul:
  1. Kies die fase waarin jou kind is.
  2. Kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak en kliek "Next".
  3. Kies slegs een tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies "No more options" sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar 'n kansellasie is.
  4. Kliek "Submit". Die tyd wat jy gekies het, is jou afspraak - dit is nie voorlopig nie.
  5. Jy sal 'n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, gaan kyk gerus in jou "Spam".
  6. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op "Submit another response".
  7. Indien jy die tyd wil verander, gaan in by die bevestiging e-pos en kies "Edit response" of vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).
  8. Vir enige vrae, stuur 'n e-pos aan Suzaan of kontak die betrokke registeronderwyser.

Navorsingsprojek: Funda Wande Evaluasie

Ons is so bevoorreg om deel van 100 ander skole te wees wat aan 'n navorsingsprojek (Funda Wande Intervensie Evaluasie) deelneem. 10 Lukrake leerders in graad 4 en 7 is Maandag, 7 Maart, deur eksterne beamptes uit hul klasse onttrek om eksterne evaluasie af te lê. Geen voorbereiding was hiervoor nodig nie. Graad R en 1 sal op Dinsdag, 22 Maart, ook hieraan deelneem. Ons is baie bly dat ons met hierdie navorsing kan help.

Rubik-kubus beoordelaars

Willem Vorster en Frank van der Walt is kranige Rubik-kubus spelers. Sondag, 6 Maart, was hulle beoordeelaars in 'n SA-kompetisie wat plaaslik by Hoërskool Seepunt plaasgevind het en is deur speedcubes.co.za aangebied.

Dit was 'n interessante dag met baie opwinding waar spelers van regoor Suid-Afrika verskillende kubusse opgelos het - 2x2, 3x3, 4x4, pyraminx en selfs 3x3 geblinddoek!

Dit is die twee se fokus om volgende keer self as spelers deel te neem.

KULTUUR

Drama: Tye verander

Die Maandag dramales sal vanaf eerskomende Maandag, 14 Maart, as volg verander:

Graad 1 - 3 (Maandag)
14:30 - 15:30

Graad 4 - 7 (Maandag)
15:30 - 16:30

Die tye word aangepas om deelnemers aan wintersport te akkommodeer. Die tyd op Woensdae vir graad 1-3 bly dieselfde, maar die volgende verandering sal geld:

Graad 4 - 7 (Woensdag)
15:00 - 16:20

Die Vrydag-tye bly dieselfde.

Musiekkonsert: 22 Maart

Ons herinner julle graag aan die musiekkonserte in die saal op Dinsdag, 22 Maart:

Graad 1 en 2 - 08:30
Graad 3 - 10:30

Almal is welkom om dit by te woon.

Eisteddfod: Sang 2022

Dit is tyd vir Eisteddfod sang-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Junie. Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor. Skryf asb. in voor of op Donderdag, 17 Maart. Betalings kan d.m.v. Karri gedoen word. Sien die inskrywingsbrief vir meer inligting.
EISTEDDFOD-Sang-2022 preview

SPORT

Winter buitemuurse program vir 14 - 17 Maart

Die somer sportprogram kom op Donderdag, 10 Maart, tot 'n einde. Ons begin vanaf Maandag, 14 Maart, tot Donderdag, 17 Maart, met die winterprogram. Gebruik hierdie week die geleentheid om te bepaal hoe die winterprogram werk en besluit daarvolgens waaraan jou kind(ers) wil deelneem.

Die weer is nog lekker warm en ons bied dus vir die graad 1 & 2-leerders die geleentheid om steeds te swem. Ouers moet egter kennis neem dat daar nie 'n onderwyser van die skool die sessies sal bywoon nie. Dit sal slegs die afrigters van Aqua Crazy wees. Graad 1 & 2-leerders hoef nie vir hierdie sessies te registreer nie. Hulle kan net kom vir die oefening. Leerders wat egter geïdentifiseer is vir die Learn 2 Swim-groep sal ongelukkig nie die sessies kan bywoon nie, slegs leerders wat kan swem, kan dit bywoon.

Kliek op die voorskou vir die program:
Winter Buitemuurse Sportprogram 2022

Inligting vir privaat swemlesse by Aqua Crazy

'n Boodskap en meer inligting van ons nuwe swemafrigters:

"We would like to congratulate all JvR children that participated in the Junior gala event. We are so proud of all our little swimmers. We wish to continue with the growth of the swimmers within the school and as such we will be opening slots during PT times for private swimming lessons. If interested, please follow the link and enrol today for the swimming fun: Aqua Schools

The fee for the classes will be R130 per class during their hour PT period. If parents wish to bring the swimmers themselves after school hours, we have opened slots on Tuesdays and Saturdays. You can enrol for these classes by simply going to the link: Aqua Swim Classes

For more advance swimmers, we would recommend our Aqua Crazy Club which will train every day, with a compulsory of two lesson per week to participate in gala events and/or increase fitness capabilities. The academy fee will be a monthly cost of R900, with an additional once off fee of R1700 for swim kit and R100 annual registration. If swimmers wish to compete professionally, a fee of R580 annually will be needed. Aqua Crazy Club, Junior Squad will be training from 15:00 - 16:00 Mon - Fri and senior squad from 17:00 - 18:00 Mon - Fri. If interested, please contact us via email at info@aquacrazy.co.za for an assessment.

Should you have any further questions or problems with enrolment - please do not hesitate to pop us a mail, we are happy to help or visit our website for more information: www.aquacrazy.co.za

We are crazy excited to see what opportunities and little swimmers this branch will bring to our team of craziness. We look forward to growing this branch and adding it to the family tree."

O/9 Krieketwedstryde vir kwartaal 1

Wat 'n ongelooflike, spesiale en fantastiese krieketseisoen. Die 0/9 krieket-Jannies was baie bevoorreg om hierdie seisoen vyf wedstryde te kon speel.
 
Vir ons eerste wedstryde het ons aan die Hugo Rust-Krieketfees te Hoërskool Boland Landbou deelgeneem. Dit was 'n opwindende dag wat afgeskop het met 'n busrit tot in Wellington. Die spelers het hulle soos ware sportmanne gedra en het die skool se waardes op die sportveld uitgeleef. Ons eerste wedstryd van die dag was teen Hugo Rust. Ons het slegs 'n paar paaltjies nodig gehad om die wedstryd te wen, maar het ongelukkig verloor. Die Jannies het egter hul koppe hoog gehou en met trots van die veld af geloop. Die volgende wedstryd was teen Wynland. Die Jannies het hulle sokkies opgetrek en die wedstryd met 9 lopies gewen. Hulle het elkeen 'n medalje vir deelname aan die dag in die saal ontvang.
 
Op 28 Februarie het ons weer 'n kans gekry teen Llandudno. Span 1 speel gelykop met 35 lopies elk te danke aan Annabella Boshoff wat die wedstryd met 'n paaltjie op die laaste bal red. Span 2 het ongelukkig daardie wedstryd met drie lopies verloor. 1 Maart het ons by Groenpunt Krieketklub teen Reddam House ASB gespeel. Hier het een span gewen en die ander een het ongelukkig verloor. Die Jannies het die seisoen goed afgesluit toe hulle op die 8 Maart teen Herzlia Highlands by Groenpunt Krieketklub speel. Span 1 het met ses lopies gewen en span 2 met 36 lopies.
 
Ons wil Sports Hub bedank wat die seisoen vir die spelers geleer het van hakhoue, "long barriers" en blokhoue. Die Jannies het die seisoen baie geniet en sowaar op 'n hoogtepunt afgesluit.

Krieket O/11 A

Die 0/11 A-krieketspan het 'n ongelooflike lekker seisoen gehad. Die manne het Woensdag hulle laaste wedstryd teen Ottoman's klub gespeel en dit was omtrent 'n naelbyt wedstryd.

Ottoman's het eerste gekolf en teken 86 lopies aan na 20 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Jack Dawes het drie pragtige vangskote gevat terwyl Delmar Benecke weer die kolwers laat verstaan het wie is baas met 2 paaltjies vir 15 lopies na 4 beurte. Vincent Oosthuizen neem ook 1 paaltjie vir 13 lopies na 4 beurte, Nils le Roux neem 1 paaltjie vir 15 lopies na 3 beurte en Ruben Eksteen neem 1 paaltjie vir 18 lopies na 3 beurte.

JvR het tweede gekolf en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Ruben Eksteen het 11 lopies bygedra en dit was Delmar Benecke en Ben Esterhuyse se rustigheid wat die wedstryd vir ons gewen het. Delmar Benecke het 49 nie uit aangeteken. Hy is ook vir die tweede keer as speler van die wedstryd aangewys.

Baie geluk, Delmar, jy het goeie karakter gewys en koelkop gebly toe die paaltjies begin val.

Dankie aan al die ouer(s) wat die seisoen die manne langs die veld ondersteun het.

Ons wil ook dan baie geluk sê aan Delmar Benecke, Adriaan Wessels en Ruben Eksteen wat in die WP-krieketspan opgeneem is. Geluk, manne! Ons is baie trots.

Dapper Stappers herinnering

Sien gerus verlede week se nuusbrief of kliek HIER vir die nuusbrokkie i.v.m. kwartaal 2 se twee dag stap in die Boesmanskloof.
  • Almal wat saam stap, moet verkieslik al ten minste 'n langerige dagstap vantevore gedoen het.
  • Kinders onder 10 is welkom, mits hulle al 'n stap gedoen het en jy seker is hulle sal nie halfpad moed opgee nie.
  • Die bedrag betaalbaar sal binnekort op Karri gelaai word vir almal wat die vorm ingevul het. Jy sal op hierdie manier jou plek verseker.
  • Kliek HIER vir die vorm.

WP Nipper Champs

Dit was verlede naweek WP Nipper Champs wat in Clifton aangebied is. Die Jannies wat deelgeneem het, het vreeslik goed presteer en het almal tot Clifton se eerste plek in die kompetisie bygedra.

Delmar Benecke het 4 goue, 1 silwer en 1 brons medaljes gewen. Hy was ook die Victor Lodorum vir seuns o/11. Hy gaan van 21 - 24 Maart aan die SA-lewensreddingkompetisie te Port Elizabeth deelneem. Welgedaan, Delmar! Sterkte met die SA-kompetisie!

Ons is so trots op ons Jannies se bydraes. Baie geluk, Julle!

Die Jannies wat deelgeneem het, is:
Delmar Benecke
Bailey Thomson
Dax Liversage
Kai Allewell

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 11 Maart 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet