Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

23 April, 2024 - Wêreldboekedag 08:00-14:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) - GEKANSELEER 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Dit is aangenaam om te rapporteer dat die sport- en kultuurprogram amper weer in volle swang is met verskeie wedstryde, byeenkomste en galas wat plaasvind. Opvallend is die dankbaarheid onder ons ouers/voogde dat ons leerders weer die geleentheid kry om aan sport- en/of kultuuraktiwiteite te kan deelneem.

Vir die eerste keer in 2 jaar gaan van ons Jannies weer opvoedkundige kampe bywoon. Groot was die opwinding en die energievlakke op Woensdagoggend, 2 Maart, toe ons gr. 5-leerders na die SOS-Kamp vertrek en die gr. 7’s na die Melkboskamp. Hierdie puik opvoedkundige kampe is ook ‘n verlengstuk van die skool en bied ‘n wonderlike geleentheid waar karakter gebou word, kommunikasievaardighede verbeter word asook die ontwikkeling van emosionele- en leiereienskappe. Wees verseker dat die kampe wat ons bywoon ‘n gestruktureerde, veilige en vriendelike omgewing vir ons leerders bied. Ek weet die gr. 5 en 7-Jannies gaan hul gate uit geniet en ek glo dat hulle nie kan wag om al die wonderlike stories en avonture wat hulle die afgelope 2 dae beleef het, met julle te deel nie.
Ek het ook die wonderlike voorreg om leerders se werk en/of projekte te sien wat hulle op ‘n daagliks basis by my mee kom spog. Ons leerders is ongelooflik talentvol en ek wens ek kan al die spogstukke en stories met julle deel. Dit is wonderlik om te sien dat ons leerders die vrywmoedigheid het om my kantoor te kom besoek, al is dit net om te groet, ‘n storie te deel of ‘n lekkertjie te vra - dit is so kosbaar! Dit is vir my belangrik dat die leerders moet weet daar is vir hulle ‘n oopdeurbeleid na die skoolhoof se kantoor. Meeste van ons het die skoolhoof se kantoor soos die pes vermy, want dit het altyd gepaard gegaan met ‘n negatiewe konnotasie. Vir my is dit egter belangrik dat ons leerders moet weet ek het baie deernis met hulle en ek stel opreg in elkeen van hulle se welstand belang. Die skool is my "happy place", want ek geniet my werk terdeë en dit is vir my ook belangrik dat die skool hulle "happy place" moet wees waar elkeen erkenning binne ‘n veilige leeromgewing ontvang.

Ek wil nie soos ‘n platespeler klink wat vasgehaak het nie, maar ek doen weer ‘n ernstige beroep op ouers/voogde en au pairs wat kinders agter by die skool vanuit "New Church" kom aflaai en optel om asseblief nie op die ‘aflaai en ry-sone’ te parkeer nie (sien bordjies). Hou asseblief te alle tye die ’rooi rybaan’ oop vir verkeer om te vloei. Indien jy vroeg arriveer en daar wil wag tot jou kind opdaag, parkeer asseblief in die parkeerareas en nie op die ‘aflaai en ry sone’ nie sodat die vloei van verkeer nie belemmer word nie. Ons vra ook dat kinders asseblief vinnig ("kiss and drop off") afgelaai en opgelaai word om die vloei van die verkeer te verseker. Ons is van die min skole waar ouers/voogde wel die voorreg het om hul kinders op die skoolperseel te kan af- en oplaai. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.

Op daardie noot wil ek afsluit met die volgende aanhaling rakende die skool se waarde van die maand, naamlik OMGEE:
"Liefde en omgee is verniet, jy kan dit elke dag uitdeel sonder dat dit ooit opraak. Dit kos nie ‘n sent nie, maar is goud werd."

Geniet die naweek en sien julle vanaand by die klasbraai wat vanaf 18:00 by die Conradievelde plaasvind.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Jannies vir Jesus: Begin Donderdag, 10 Maart

Na amper twee jaar van inperkings gaan ons weer Jannies vir Jesus hervat! Hierdie projek is in 2019 geloods om ons Jannies die geleentheid te gee om hul geloof uit te leef. Vrywillige Jannies het lekker saam gesing en na 'n kort boodskap geluister. Ons is baie opgewonde dat die Groote Kerk ook hierdie jaar betrokke gaan raak. Ds Marietjie Steyn of hul jeugwerker (wat binnekort aangestel word) of 'n onderwyser sal die boodskap behartig. Ons beoog ook om ons gr.7's en entoesiastiese kitaarspelers by die aanbieding te betrek.

Ons nooi alle gr.1-7-leerders en hulle ouers uit om betrokke te raak!
Wanneer? Elke Donderdagoggend (Begin 10 Maart)
Waar? Skoolsaal
Tyd? 07:15 - 07:40

Rig alle navrae aan lucia@jvrprim.co.za

Gr.00 Aansoeke

Ons herinner julle graag dat aansoeke vir 2023 vir nuwe leerders oop is. Onthou asseblief om betyds vir gr. 00 aansoek te doen en laat weet enige ander belangstellende ouers buite die skool. Ons sluitingsdatum is einde Maart.

Groete

Die Huppellandspan

Kaperjolle 2022

Dis weer tyd om heerlik op 23 April 2022 op die skoolgronde saam te kuier. Merk solank die datum op jou kalender sodat julle nie uitmis nie. Ons het julle kostalente by die Oor-Die-Kole kompetisie nodig. Kliek op die GOOGLE FORM vir al die inligting en om in te skryf. Vul asb. die Google Form voor 25 Maart 2022 in om jou land/span in te skryf. Kontak vir Martie Viljoen 084 601 5640 | martie.viljoen7@gmail.com of Ria Hertzog 082 320 3288 | oov@jvrprim.co.za met enige vrae.

Waarde vir die kwartaal: Omgee

Projek: Welwillendheid

Ons waarde vir die maand is - OMGEE! Ons wil die kwartaal omgee vir diere in nood deur vir hulle kos in te samel. Die projek wat ons wil ondersteun is LEAPS - Lamberts & Elands Animal Protection Services.

LEAPS is ‘n geregistreerde diere welsynsorganisasie wat die belange van diere in nood in die Elandsbaai en Lambertsbaai areas op die hart dra.

Jy is welkom om die onderstaande items saam met jou kind na hul registerklasse toe te stuur.

Wenslysie:

Hondekos (droog en blikkies/pakkies)
Katkos (droog en blikkies/pakkies)
Vlooi en bosluis behandeling

Lekker om te hê:

Speelgoed vir honde
Komberse

Ons wil by voorbaat baie dankie sê dat julle saam met ons omgee vir ons troeteldiere.

KULTUUR

Eisteddfod 2022 Inskrywings

Voordrag, Onvoorbereide Lees, Mimiek en Prosa

Dit is weer tyd vir Eisteddfod-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Mei. Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor.
  • Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 4 Maart.
  • Whatsapp asb. die inskrywingsvorm na 072 014 8234 (Jana)
  • Kostes beloop: R65 per inskrywing.
  • Sluitingsdatum vir betaling is 12 Maart.
  • Betalings word deur die Karri-app gedoen.
  • Geen laat inskrywings word aanvaar nie.
Lees die vorm vir die kategorieë en vul dit in om in te skryf.
Sang- en Musiekinskrywings

Inskrywings vir sang en musiek moet 19 Maart in wees. Die Karri-toep maak 4 Maart daarvoor oop. Sang- en musiekinskrywings word deur die musiekpersoneel bepaal. Ouers sal gekontak word.

SPORT

Dapper Stappers: Boesmanskloof, 28 & 29 Mei

Ons wil graag uitvind of daar genoeg belangstelling is om volgende kwartaal 'n twee dag stap te doen. Die roete begin in Greyton. Die stap is in die Boesmanskloof en volg dieselfde roete uit sodat 'n mens weer in Greyton eindig.

Kostes:

Permit - R50 per persoon per dag (m.a.w. R100 per persoon vir die 2 dae)
Verblyf - R300 per persoon (10 jarige ouderdom en op)

Datum:

Begin Saterdag, 28 Mei. Stap Sondag, 29 Mei , terug.
*Sport wat daardie naweek plaasvind kry voorkeur.

Afstand & Tydsduur:

12.5 km, 5-6 ure

Moeilikheidsgraad:

Gemiddeld, afhangend van jou fiksheidsvlak. Jy moes verkieslik al 'n langer dagstap gedoen het. Jy moet 'n rugsak met jou kos & klere saam vat. Daar is beddegoed by die huisies waar ons sal slaap. Die roete het 'n paar opdraendes aan die begin & einde van die stap, maar die grootste deel van die stap, is plat. In die middel van die roete is daar 'n groot swemgat en waterval om bietjie in af te koel.

Vorm:

Kliek HIER vir die vorm om in te skryf.

Navrae:

Kontak my gerus indien jy enige navrae het: suzaan@jvrprim.co.za
Volg hierdie SKAKEL vir foto's en inligting i.v.m. die verblyf.
Volg hierdie SKAKEL om meer oor die roete uit te vind.

Tweekamp: Twee Jannies word vir die WP-span gekies

Op Sondag, 27 Februarie, het twee van ons leerders, Delmar Benecke en Albert Griesel, aan die WP-tweekampbyeenkoms deelgeneem. Delmar (gr. 5) kom tweede en wen die silwer medalje vir die seuns 0/13. Albert Griesel (gr. 7) is ook gekies vir die WP-span. Delmar en Albert (seuns 0/15) verkry albei hulle WP-klere en gaan op 2 April 2022 aan die SA-kampioenskappe in Port Elizabeth deelneem. Baie geluk aan beide leerders en baie sterkte vir die SA-kampioenskappe!

Krieket O/11 A

Die 0/11 A-span het Maandag, 28 Februarie, teen St. Joseph's Marist in Rondebosch gespeel. JvR het eerste gekolf en het 131 lopies na 15 beurte aangeteken. Delmar Benecke het 55 lopies, nie uit nie, gekry. Ruben Eksteen het ook 'n goeie 23 lopies bygedra tot die groot totaal van die dag. Ons kry hulle uit vir 37 na 15 beurte. Gustav van der Linde het 2 paaltjies geneem na 2 beurte en geen lopies was aangeteken nie. Adriaan Wessels neem 1 paaltjie vir 4 lopies, Ruben Eksteen 1 paaltjie vir 4 lopies en Vincent Oosthuizen 1 paaltjie vir 3 lopies. Delmar Benecke was nie net die kaptein nie, maar ook die speler van die wedstryd. Baie geluk Delmar, spoggerige vertoning. Ons is baie trots op jou!

Atletiek: WP-byeenkoms

Veertien van ons atlete het verlede week hulle distrik-klere ontvang. Dit was 'n heerlike dag en die leerders het uitstekend presteer.

Donderdag, 3 Maart, het die veertien leerders deelgeneem aan die WP-kampioenskappe. Die leerders en hul uitslae is asvolg:
  • Cara Scoltz - 6de in die finaal van die 70m hekkies
  • Nils le Roux - 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m
  • Sofia Newton - 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies
  • Dawid-Wiese - 6de in die finaal van die 75m hekkies
  • Delmar Benecke - 6de in 1200m en 4de in verspring
  • Ané Swanepoel - 7de in 1200m
  • Sebastian Senekal - 5de in gewigstoot
  • Carter Schoeman - 7de in gewigstoot
  • Jeanne van Heerden - 4de in gewigstoot
  • Liza Hitge - 5de hoogspring
  • Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus.
  • Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis 'n besondere prestasie!
Die kompetisie was uiters sterk en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op elke atleet!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 4 Maart-1

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet