Soekfunksie

  • Filter Kategorie/ë

  • Herstel

Konsertkaartjies

Besprekings vir die skoolkonsert open Vrydag 25 Augustus om 10:00.

Klik hier om te bespreek.

Nuusbrief Subskripsie

Om die weeklikse nuusbrief per e-pos te ontvang, voltooi asseblief jou kommunikasievoorkeure in jou JvR webprofiel.

Category: Woord van die Week

/ Akademie, Nuus, Woord van die Week

mor
Wenners:  Daniel Kukard (Gr. 3dG)
Definisie: Onderlangs brom of mompel om jou ontevredenheid te kenne te gee
Sin: Hy het by die huis gesit en mor oor my swak punte in die toets.

/ Akademie, Nuus

Ons is baie trots om aan te kondig dat ons skool aan die einde van kwartaal 1 ‘n toekenning van die WKOD vir Uitnemendheid in Akademiese prestasie in Taal vir grade 3 en 6 ontvang het.  Hierdie prestasie is behaal na aanleiding van die 2017 sistemiese uitslae.  Ons poog om hierdie jaar nog beter te presteer.

/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Die eerste rondte van die SAMF-wiskundekompetisie sal op 8 Mei, in die klas, geskryf word. Alle leerders vanaf gr.4-7 sal die vraestel skryf. Alle leerders is reeds registreer.
Indien julle wil voorberei vir die kompetisie kan julle na die onderstaande webtuiste gaan. Hier kan julle ou vraestelle en memorandums aflaai.
Indien jy sukkel om die vraestelle af te laai, stuur ‘n e-pos na leon@jvrprim.co.za en ek sal vir jou kind vraestelle uitdruk. 
Groete Mnr. Hanekom

/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Verlede kwartaal het ‘n 20 van ons gr.5-7 leerders deelgeneem aan die eerste rondte van die Horizon Math Competion. Die kompetisie word slegs in Engels aangebied en is soortgelyk aan Amesa. Dit behels insig vrae en die leerders moet baie mooi dink om die probleme op te los. 

Veertien van ons leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die tweede rondte. Die volgende rondte vind die 12de Mei plaas by Star College, Bridgetown. Ons wil vir die leerders baie sterkte toewens met die voorbereiding. Die leerders, in geen spesifieke volgorde, is:

Stella Malan
Armand Meyer
Alexander Newton
Daniël Loots
Anna van Biljon
Dawid Adler
Peet Karsten
Benjamin Pienaar
Stef Mostert
Ethan Brits
Henry Malan
Gerard Snijders
Chris Scott
Christiaan Stimie 
/ Akademie, Nuus

Daar is vroeër die week pamflette uitgedeel i.v.m. hierdie klasse wat aangebied word in ons skool se rekenaarsentrum.

Die tyd het verskuif na DONDERDAGMIDDAG direk na skool, sodat leerders wat aan sport deelneem ,ook die keuse het om ROBOTIC-klasse by te woon.
Gaan gerus na hulle webtuiste om in te skryf en meer inligting te kry:
www.edro.co.za/jvr
/ Akademie, Nuus
Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit.  
Die skoolbus sal om 13:15 vertrek.  
Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word.  
Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. 
Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.  

Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.

/ Akademie, Nuus

Soos gekommunikeer aan die begin van die jaar, stel ons hierdie jaar ‘n aangepaste huiswerkbeleid op die proef. 
Na afloop van die eerste kwartaal het ons besluit om die huiswerkbeleid as volg aan te pas by gr. 4 – 6: 
Ons sal steeds ons bes doen om die hoeveelheid klaswerk te beperk sodat daar nie onnodige huiswerk gedoen hoef te word nie, maar ons is bekommerd dat ons leerders se akademiese vaslegging spesifiek in Wiskunde en Tale daaronder mag lei.  Ons het ook ‘n plig teenoor die nasionale kurrikulum (KABV) om ‘n bepaalde hoeveelheid werk gedurende die jaar te voltooi.  Ons onderneem om in kwartaal 2 steeds so min as moontlik huiswerk te gee, maar wanneer 80% van die leeders gedurende klastyd met die bepaalde werk klaar is, sal die ander leerders die werk vir huiswerk moet voltooi.  Maak asseblief daagliks seker dat u kind sy/haar klaswerk voltooi het.  Daar sal nou en dan ekstra Wiskunde en Taaloefeninge as huiswerk gegee word sodat ons voldoende vaslegging verseker. 

/ Akademie, Nuus

Trek aan soos jou gunsteling boekkarakter op Vrydag, 20 April, wanneer ons Wêreldboekedag vier. 
Bring ook ‘n boek saam om vir ‘n maat voor te lees.

/ Akademie, Nuus

Op Dondermiddag, 12 April 2018, vanaf 15:00 – 19:00 sal ouers van graad 4 – 7 die geleentheid kry om onderskeie onderwysers rakende hul kind se vordering te spreek.
Maak asb. individuele afsprake by die skoolsekretaresse, Adri Marais.
Tydens hierdie 15 minute afspraak kry u die geleentheid om ook na u kind se skoolwerk/vraestelle, ens. te kyk.

/ Akademie, Nuus, Woord van die Week

nabetragting
Wenners: Jana Brink (Gr.5S)
Definisie: ‘n Ernstige bespreking van ‘n saak nadat die aanvanklike bespreking daarvan afgesluit is.
Sin:  Na die wedstryd het die afrigter en spelers nabetragting gehou in die kleedkamer.

/ Akademie, Nuus

Indien u belangstel om ‘n Chromebook vir u kind aan te koop of enige vrae het, kan u vir mnr. Hanekom by leon@jvrprim.co.za laat weet.
Die volgende bestelling word op 23 Maart geplaas. Geen bestellings sal daarna aanvaar word nie.

/ Akademie, Nuus

Op 7 Maart vier ons Wêreld Wiskundedag.
Ons gaan wegbreek van die kurrikulum en op die dag pret aktiwiteite in die klas doen. Van Mathletics, Maths24, kopkrappers en vele meer. Jan van Riebeeck maak Wiskunde heerlik. Ons nooi elke leerder uit om soos ‘n “Wiskundige” aan te trek om saam met ons die dag te geniet.

/ Akademie, Nuus

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou?
Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer word. Die program het sy ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr R tot Gr 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Vrydag.
Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste.
Die volgende vraag sal wees, maar hoeveel kos dit?
As u as individu inskryf, is die lisensiegeld per jaar nogal hoog. As ons skool 80 leerders en meer kry kan ons it kry vir R250 per leerder per jaar. ‘n Ongelooflike besparing!!! Dit is minder as R21 per maand. Graad 6- en 7-Leerders hoef nie in te skryf nie. Ons gebruik Mathletics as deel van ons Wiskundeprogram.

U sal deur die KARRI-toepassing genooi word tot die program. Indien u nie belangstel nie kan u die kennisgewing van KARRI “dismiss”. Dit sal dan nie weer vir u gestuur word nie. 

Alternatiewelik kan u ‘n elektroniese inbetaling maak vir R250 per leerder in die skool se bankrekening.
BANKBESONDERHEDE
REKENINGHOUER: ABSA Laerskool Jan van Riebeeck
BANK KODE: 632005
REKENING NR: 360 490 025
VERWYSING: Maths/kind se graad/Hanekom

U moet dan asb. die inbetalingstrokie vir my epos.
My e-posadres is leon@jvrprim.co.za. Sodra ek die inbetalingstrokie gekry het, konsolideer ek met Marili en dan is die Wonder Wêreld van Wiskunde ons oester.
Mnr. Hanekom‌

/ Akademie, Nuus, Woord van die Week

roesemoes
Wenners:  Cayle Stoltz (Gr.5S)
Definisie:  ‘n deurmekaarspul, gegons van stemme, musiek ens.
Sin:  Daar was ‘n roesemoes op die speelgrond pouse en baie kinders het seergekry.

/ Akademie, Nuus

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou?
Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer word. Die program het sy ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr R tot Gr 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Vrydag.
Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste.
Die volgende vraag sal wees, maar hoeveel kos dit?
As u as individu inskryf, is die lisensiegeld per jaar nogal hoog. As ons skool 80 leerders en meer kry kan ons dit kry vir R250 per leerder per jaar. ‘n Ongelooflike besparing!!! Dit is minder as R21 per maand. Graad 6- en 7-Leerders hoef nie in te skryf nie. Ons gebruik Mathletics as deel van ons Wiskundeprogram.

U sal deur die KARRI-toepassing genooi word tot die program

Al wat u moet doen is om ‘n elektroniese inbetaling te maak vir R250 per leerder in die skool se bankrekening :
BANKBESONDERHEDE:
REKENINGHOUER: Laerskool Jan van Riebeeck
ABSA
BANK KODE: 632005
REKENING NR: 360 490 025
VERWYSING: Maths/kind se graad/Hanekom
U moet dan asb. die inbetalingstrokie vir my epos.
My e-posadres is leon@jvrprim.co.za. Sodra ek die inbetalingstrokie gekry het, konsolideer ek met Marali en dan is die Wonder Wêreld van Wiskunde ons oester.
Mnr. Hanekom

Loading...

Belangrike Datums

april 2018

24apralldayMarlene (juffrou) verjaar

25apr05:4905:49Liewe Aarde sivvies

25apr10:25Blikkie&Broodjiedag: Gr 6DJ

26apralldayNicolene (musiek) verjaar

26apralldaySivviesSkool sluit om 13:00

mei 2018

01meialldayVAKANSIEDAG

04mei08:00Gr.5: Studiemetodes

04mei11:49Skaak @ Camps Bay PrimWEG

05meialldayHelecia (musiek) verjaar

09meialldayVicky (juffrou) verjaar

09mei07:47Netballiga MilnertonWeg

09mei10:26Blikkie&Broodjiedag: Gr 6L

11mei07:37Gr.4: Studiemetodes

11mei11:51Skaak 2 HighlandsTUIS

12meialldaySporttoernooiFanie Theron

15mei09:23Eisteddfod solosang

16mei07:55Netballiga TableviewTUIS

16mei11:33Eisteddfod solosang

18mei11:41Eisteddfod solosang

18mei12:04Eisteddfod voordrag

19meialldayDapper Stappers

19mei12:06Eisteddfod voordrag

20meialldayAnike (assistant) verjaar

23mei(mei 23)07:0625(mei 25)07:06Gr. 6: Wemmershoek-kamp

23mei07:57Netballiga Goodwood ParkTUIS

23mei10:27Blikkie&Broodjiedag: Gr 5S

25meialldaySivvies

25mei08:00Semi-Finaal RedenaarsH/S Bellville

25mei11:5411:54Skaak @ St.CypriansTUIS

26meialldaySportdagFD Conradie, Goudini

27meialldayDeon (onderwyser) verjaar

29meialldayIzél en JC (juffrouens) verjaar

30mei07:59Netballiga Curro Century CityWEG

31meialldayCharlene (juffrou) verjaar

31mei12:18Ellerton Primary EntrepeneursdagTe Laerskool JvR

junie 2018

01jun11:55Skaak @ WeizmannTUIS

04jun06:34Gr. 7 Eksamen begin

05jun06:38Saal: Leerlingraad

06jun06:44Gr.4-7 Eksamen begin

06jun10:30Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB

07jun09:25Seniorkoor-onderhoude met KYKnetOm 11:00

08jun11:56Skaak @ Deutsche SchuleWEG

09jun09:28Seniorkoor KYKnet-opnameom 17:30 te Curro Sitari

12jun08:02Geen saal

14junalldayMatthews (terrein) verjaar

15jun06:50Eksamen eindigVir gr.4-7

16jun06:5206:52Jeugdag

18jun06:54Gr.6: Lead4Life

18jun11:19Gr.4&5: MusiekkonsertSkoolsaal

19jun08:03Geen saal

19jun(jun 19)08:5321jul(jul 21)08:53Oogtoetse

19jun11:21Gr.6&7: MusiekkonsertSkoolsaal

20jun00:00Jannies Talent

20junalldayMagriet (juffrou) verjaar

21jun06:56MarkdagVanaf 12:00-12:45 in vierkant

21jun06:58Sivvies

22jun06:59Skole sluit om 10:30

24junalldaySalomé (IT) verjaar

julie 2018

19jun(jun 19)08:5321jul(jul 21)08:53Oogtoetse

augustus 2018

22aug00:00Weskus KoorfeesTentatiewe datum

oktober 2018

18okt00:00Kooroptrede met Laurika RauchAlbei kore tree op

X
X