Die eerste vier byeenkomste van die seisoen is agter die rug en dit is heerlik om te sien hoe Tweekamp die laaste paar jaar gegroei het. Met soveel meer atlete wat begin deelneem, raak die kompetisie al hoe beter. Ons atlete doen besonders goed en met die ekstra hardloop- en swemoefening, dra dit ook oor na ons ander sportkodes.

Al ons atlete neem individueel deel, maar verteenwoordig ook ons skool in die skolekompetisie-afdeling. Alle skole waarteen ons deelneem, het meer as ‘n 1000 leerders, party selfs 2000. Die top laerskole in die WP soos dit op die oomblik staan is: Kenridge, Durbanville, Jan van Riebeeck, De Hoop, Welgemoed en Stellenbosch. Hierdie is ook die posisies na die vierde byeenkoms.

Die atlete wat tans ons skool verteenwoordig is:
Ruben de Ridder, Ané Swanepoel, Jana Olivier, Zuletha Ferreira, Willem Vorster, Delmar Benecke, Daxton Liversage, Adriaan Wessels, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Nell von Lieres, Lea de Ridder, Albert Griesel, Ruald Naudé, Liam Schmidt, Kai-Daniel Roodt, Markus de Ridder, Jean Petrie, Klara von Lieres, Kianna-Gro Liversage, Mari Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Kian Eksteen, Stephan Griesel, Stephan le Roux, Mia Nortjé en Isabella van der Walt.

Die volgende byeenkoms is 11 Januarie in Somerset-Wes. Sterkte aan al die atlete vir die res van die seisoen.