Skoolterrein

Speelgrondprojek

Die OOV het in 2015 begin droom om die voorste speelterrein op te knap. Die skool het nie daarvoor begroot nie – ons moes fondse vind.

Gras het nog altyd gesukkel om onder die groot bome te groei. Ons het besluit om Huppelland se voorbeeld te volg met sintetiese gras. Sommige ouers het ook gevoel die kinders kan te maklik interaksie hê met enige persoon wat in Kloofstraat verby loop.

Uiteindelik, na baie beplanning en gesels, het dinge begin gebeur in 2016.

Die boomhuis was ‘n oud-ouer se idee. Sy het die bou van die struktuur geborg asook die sintetiese gras daaronder. Die res van die terrein is met sintetiese gras bedek en betaal uit Veilinggeld, Alive Foundation en ‘n skenking van ‘n ouer.

Die verste heining is meer privaat gemaak deur die baksteenmuur hoër te bou. Groen skadunet is teen die Kloofstraat heining aangebring om kontak tussen verbygangers en die kinders te verminder.

Die laaste oop stukke grond is geplavei deur ‘n ouer.

Phillip die sekuriteitswag by Kloofstraat se hek het in 2016 begin om die clivias by die hek te verplant en uit te sprei onder die groot bome ook. Maak seker om tydens Lente verby die voorste bedding te stap om ons mooi cliviatuin te sien. Ons gee Kirstenbosch kompetisie!

Dit was ‘n reuse spanpoging – dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

Sien fotos van die terrein voor en na al die veranderings.

Ons hoor graag van ouers wat kan help om ‘hop-scotch’ te verf, sokkerdoele te maak/skenk, bankies en tafeltjies te vind en tuin te maak.

Kontak vir Suna Karsten suna.karsten@gmail.com as jy wil betrokke raak.