Ons doelwit vir die toekoms is om vir alle leerders groter praktiese blootstelling aan kodering en robotika en die onderliggende vaardighede soos logika, algoritme ontwerp en programmering te gee, met ‘n aanslag wat vir kinders pret en opwindend is. Leerders gaan blootstelling kry aan die ontwerp, konstruksie, werking en gebruik van robotte deur die programmering van ‘n rekenaar om spesifieke take te verrig.
Integrasie met ander vakke help verder met fundamentele vaslegging. Beide digitale geletterdheid en kodering en robotika word aangepak gedagtig aan die Departement van Basiese Onderwys se konsepkurrikulum vir Kodering en Robotika.
Belangrike vaardighede wat aangeleer word, sluit in:
- Probleemoplossing
- Beplanning
- Analitiese en kritiese denke
- Kreatiwiteit
- Spanwerk en sosiale vaardighede
- Redeneringsvermoë
- Begrip vir deeglikheid en beoefening van geduld
- Selfvertroue en leierseienskappe
- Alledaagse genot met die gebruik van moderne tegnologie.