Gedurende die derde kwartaal, word ‘n aandfunksie gehou vir voornemende Graad 1 leerders en hulle ouers. Sodoende word die nuwelinge bekendgestel aan die skool sodat inskakeling so goed as moontlik kan verloop.

Tydens die funksie word daar items gelewer deur leerders van die skool sodat die nuwelinge kan sien wat die leerders kan bereik. Die skooldrag word ook in ‘n modevertoning aan hulle bekendgestel.

Ouers ontmoet die Graad 1 onderwysers en die skoolhoof maak seker dat almal welkom voel.
Die skoolhoof en die voorsitter van die beheerraad bied ‘n kort oorsig van wat ons skool aanbied asook ons skool se finansiële en onderwyserssake.

Gedurende die vierde kwartaal kom voornemende Graad 1 leerders ons skool besoek. Die doel hiervan is dat hulle hul nuwe onderwyseresse ontmoet en ook vertroud raak met hul klaskamer, die skoolgebou, ander klasse en die speelgrond.
Die ouers word op ‘n begeleide toer geneem deur die skool en kry ook kans om sosiaal te verkeer saam met ander voornemende graad 1 ouers.

Die doel van hierdie oggend is om almal welkom te laat voel en dat hul met ‘n geruste hart ‘n heerlike Kersvakansie kan hê, en kan uitsien na die begin van hul kind se skoolloopbaan.