Category: Sport

James Marais in graad 2E het die naweek aan die Wes-Kaap se Enduro fietswedren deelgeneem. Die resies het by Contermanskloof, net buite Durbanville, plaasgevind. As gevolg van Covid was daar ongelukkig net een resies vir 2020.
Enduro is ‘n bergfietswedren waar die verskillende afdraende trajekte van die dag teen ‘n stophorlosie gejaag word. Vir kinders is daar drie trajekte, vir die ouer ryers tot 5 of 6 trajekte. Die tye word dan opgetel en die kind wat die kleinste totale tyd het, wen.
James (linkerkantste deelnemer op die foto) het derde in sy ouderdomsgroep gekom. Baie geluk, James. ‘n Mens kan sien daar is nie ‘n bang haar op jou kop nie.
Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende hierdie vreemde tyd. Die graad 4 – 7 leerders is nou klaar met hulle sport vir die jaar. Ons moet weens omstandighede die beplande Kleureatletiek van die einde van die jaar uitstel tot 2021. Sien die onderstaande program wat ons tydens die eksamen gaan volg vir graad 1 – 3. Sommige van die groepe begin ‘n bietjie vroeër. Die Steyntjie-bus ry 13:15 elke dag.
2020-Buitemuurse-program - COVID-program (8)Op Vrydag, 20 November, en Saterdag, 21 November, gaan Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 – 2019 en tans ‘n spesialisafrigter by La Rochelle in die Paarl, steeds vir ons graad 5 – 7 leerders ‘n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Tashwell Adams en Garth du Preez wat deur Atletiek Suid-Afrika en IAAF geakkrediteer is, gaan vir ons naellope en hekkieklinieke aanbied. Hul klinieke gaan fokus op die tegniek van beide items. Tashwell en Garth het al verskeie atlete gehad wat aan die Suid-Afrikaanse Skole kampioenskappe deelgeneem het en hulle tree ook gereeld as beamptes en provinsiale afrigters by hierdie byeenkomste op.
Die kliniek sal by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde aangebied word. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid openinge per sessie. Belangstellende atlete moet vinnig spring.
Vrydag, 20 November
Sessie 1: Diskus Gr.6 & 7
Tyd: 14:00 – 15:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 2: Spiesgooi Gr.6 & 7
Tyd: 15:45 – 17:15
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Saterdag, 21 November
Sessie 3: Diskus Gr.5
Tyd: 08:30 – 9:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 4: Spiesgooi Gr.5
Tyd: 9:45 – 10:45
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 5: Naellope Gr.3 – 5 OF Hekkies Gr.6 – 7
Tyd: 08:00 – 10:00
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R250 per kind per sessie
Sessie 6: Naellope Gr.6-7 OF Hekkies Gr.3 – 5
Tyd: 10:30 – 12:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R250 per kind per sessie
Indien die atlete die naellope en hekkies wil doen, kos dit R400 vir beide.
Ons sal via die Karri-toep ‘n kennisgewing uitstuur sodat die betalings en besprekings so gedoen kan word.
Daar word baie reën oor die naweek voorspel en daarom gaan ons die atletiekkliniek van hierdie naweek (6 & 7 November) uitstel na 20 en 21 November. Ons is egter bevoorreg om meer afrigters by hierdie kliniek te kan hê.
Op Vrydag, 20 November, en Saterdag, 21 November, gaan Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 – 2019 en tans ‘n spesialisafrigter by La Rochelle in die Paarl, steeds vir ons graad 5 – 7 leerders ‘n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Tashwell Adams en Garth du Preez wat deur Atletiek Suid-Afrika en IAAF geakkrediteer is, gaan vir ons naellope en hekkieklinieke aanbied. Hul klinieke gaan fokus op die tegniek van beide items. Tashwell en Garth het al verskeie atlete gehad wat aan die Suid-Afrikaanse Skole kampioenskappe deelgeneem het en hulle tree ook gereeld as beamptes en provinsiale afrigters by hierdie byeenkomste op.
Die nuwe kliniek sal by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde aangebied word. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid openinge per sessie, belangstellende atlete moet vinnig spring.
Vrydag, 20 November
Sessie 1: Diskus Gr.6 & 7
Tyd: 14:00 – 15:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 2: Spiesgooi Gr.6 & 7
Tyd: 15:45 – 17:15
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Saterdag, 21 November
Sessie 3: Diskus Gr.5
Tyd: 08:30 – 9:30
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 4: Spiesgooi Gr.5
Tyd: 9:45 – 10:45
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 5: Naelope Gr.3 – 5 OF Hekkies Gr.6 – 7
Tyd: 08:00 – 10:00
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R250 per kind per sessie
Sessie 6: Naelope Gr.6-7 OF Hekkies Gr.3 – 5
Tyd: 08:00 – 10:00
Plek: Hoërskool JvR-sportvelde
Koste: R250 per kind per sessie
Indien die atlete die naellope en hekkies wil doen, kos dit R400 vir beide.
Ons sal nader aan die tyd via die Karri-toe0 ‘n kennisgewing uitstuur sodat die betalings en besprekings so gedoen kan word.
Op Saterdag, 10 Oktober, het Stella en Rafa Lamprecht aan die Kronenburg Virtuele “Duathlon” in die Paarl deelgeneem. 125 deelnemers het vir die byeenkoms op Kronenburg Landgoed ingeskryf. Stella en Rafa het beide 1.5 km gehardloop, oorgeslaan na 3 km se fietsry en toe weer 1.5 km gehardloop. In totaal het hulle die dag 6km afgelê.
Stella het 2de vir dogters O/10 geëindig met ‘n tyd van 32 min 18 sekondes. Rafa het 6de vir seuns O/7 geëindig met ‘n tyd van 34 min 5 sekondes. Die sportman in Rafa het vir homself ‘n doelwit gestel om sy tyd te verbeter en hy is op Saterdag, 17 Oktober, terug om weer deel te neem. Na harde werk en vasberandenheid gedurende die week het hy sy tyd verbeter en het hy 2de geëindig met ‘n tyd van 29 min 51 sekondes! Hy het sy tyd met 4 min 54 sekondes verbeter en so seuns van Paarl Gimnasium en ander plaaslike skole in die stof gelaat.
Stella en Rafa ontvang Sondag, 25 Oktober, hul pryse by Kronendal Landgoed. Baie geluk julle! Dis wonderlik om te sien dat ons leerders tydens hierdie onbekende tye steeds alle verwagtinge oortref en die skool se naam hoog hou!
Baie dankie aan almal wat in kwartaal 3 geregistreer het. Na verskeie versoeke, het ons besluit om die swem gedurende kwartaal 4 vir graad 1-3 te begin. Dit beteken egter dat kinders nou hul inskrywings moontlik wil verander. Daarom begin ons met nuwe registrasies (vir graad 1- 3) vir kwartaal 4. Die graad 4-7 inskrywings bly dieselfde soos in kwartaal 3.
Hierdie spesiale buitemuurse program sal vir die grondslag- en intersenfase vanaf Maandag, 9 November, aangebied word. Vir die intersenfase sal dit op Donderdag, 19 November, eindig en vir die grondslagfase op Donderdag, 3 Desember.
Jou kind kan aan enige aktiwiteit van hul keuse deelneem. Die volgende reëlings geld STEEDS:
• Maskers moet gedra word. (Terwyl ‘n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.)
• Maskers moet BUITE die swembad gedra word. In die swembad mag hulle dit verwyder terwyl hulle sosiale afstand toepas.
• Getalle word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters.
o SWEM: slegs 16 per sessies
o TENNIS: slegs 24 per sessies
o MULTI-VAARDIGHEID: slegs 28 per sessie
• Vir die graad 1-3 multi-vaardigheid gaan ons op vaardigheidsontwikkeling fokus m.b.t. groot-en-kleinmotoriese vaardighede. Die vaardighede kan op verskeie sportkodes toegepas word.
• Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan. Indien hulle nie die dag LO het nie, moet hulle die klere saambring skool toe en hier verklee.
• Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het.
• Vir tennis moet leerders hul eie rakkette bring.
• Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word.
• Slegs leerders wat geregistreer is en ‘n “plek-opsie” kon kies, is gewaarborg van ‘n plek vir die daardie atiwiteit.
• Indien daar vir ‘n sekere aktiwiteit nie meer beskikbare plek is nie, kies “No More Options”. Dit gee vir ons ‘n aanduiding dat daar meer belangstelling is vir ‘n aktiwiteit en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program.
• Ouers mag steeds NIE op die skoolterrein uit hul karre klim NIE . Leerders sal na afloop van die aktiwiteit na die motors beweeg.
• GEEN toeskouers word toegelaat nie.
VOLTOOI ASSEBLIEF DIE VORM VIR DIE GRAAD WAARIN JOU KIND(ERS) IS:
Graad 1
Graad 2
Graad 3
Die sluitingsdatum vir die grondslagfase is Maandag, 2 November, om 09:00. Indien jou kind in graad 4-7 nog aan ‘n aktiwiteit wil deelneem en nie geregistreer is nie, stuur ‘n epos aan sport@jvrprim.co.za met jou navrae.
2020-Buitemuurse-program - COVID-program (6) (1)
Op Vrydag, 16 Oktober, en Saterdag, 17 Oktober, skep ons vir leerders die geleentheid om ‘n atletiekkliniek by te woon. Muller Joubert, atletiekafrigter by Laerskool Jan van Riebeeck vanaf 2018 – 2019 en tans ‘n spesialis-afrigter by La Rochelle in die Paarl, kom vir ons graad 5 – 7 leerders ‘n diskus- en spiesgooikliniek aanbied. Meneer André Lourens gaan vir ons graad 3 – 7 leerders hekkies-sessies aanbied. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid openinge per sessie. Belangstellende atlete moet vinnig spring.
Sessie 1: Spiesgooi Gr.6 – 7 OF Hekkies Gr.3
Datum: Vrydag, 16 Oktober
Tyd: 15:00 – 16:30
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 2: Diskus Gr.6 – 7 OF Hekkies Gr.4
Datum: Vrydag, 16 Oktober
Tyd: 16:45 – 18:15
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 3: Spiesgooi Gr.5 OF Hekkies Gr.5
Datum: Saterdag, 17 Oktober
Tyd: 09:00 – 10:00
Koste: R80 per kind per sessie
Sessie 4: Diskus Gr.5 OF Hekkies Gr.6 & 7
Datum: Saterdag, 17 Oktober
Tyd: 10:30 – 11:30
Koste: R80 per kind per sessie
Atlete is welkom om beide sessies per dag by te woon. Ons beplan ook ‘n opvolg kliniek op 6 & 7 November. Betaling kan via die Karri App gedoen word. Registreer HIER vir Hekkies.
Al voel dit vir ons of die wêreld tot stilstand gekom het, begin ons stadig maar seker weer terug keer na normaal. Van ons leerders het die afgelope naweek aan die eerste ronde van die WP-tennisproewe deelgeneem.
Die uitslae op die ranglys vir hul onderskeie ouderdomme van die eerste toernooi is as volg:
O/10 Dogters: Sofia Newton, 7de
O/10 Seuns: Dawid-Wiese Viljoen, 1ste en Johan Symington, 3de
O/11 Seuns: Gustav Pansegrouw, 8ste
O/12 Dogters: Mia Symington, 1ste en Heloïse Strauss, 2de
O/12 Seuns: Fredrich Erasmus, 2de en Danny Newton, 5de
Vir die eerste ronde speel spelers in twee toernooie in hul eie distrik. Hul gemiddelde posisie na dié twee toernooie bepaal dan hul finale posisie. Om te kwalifiseer vir die Kaapse Metropool Ronde, waar hulle teen die ander distrikte sal speel, moet hul gemiddelde posisie hulle onder die top 5 plaas. Baie dankie aan “Coach” Yurich en sy span by DTA wat ons spelers so ongelooflik afrig en ondersteun! Baie geluk julle! Dit is wonderlik om te sien hoe julle in die sport groei!
Die aangepaste buitemuurse program se doelwit is om ons leerders die geleentheid te bied om meer aktief te raak. Ons moet gedurende hierdie aktiwiteite steeds alle voorgeskrewe COVID-regulasies nakom. Hierdie spesiale buitemuurse program sal vir die grondslagfase vanaf Maandag, 28 September, en vir die intersenfase vanaf Maandag, 5 Oktober, aangebied word. Dit sal tot Dinsdag, 20 Oktober, in die week waartydens kwartaal 3 eindig, aangebied word.
Jou kind kan op die onderskeie dae aan ‘n aktiwiteit van hul keuse deelneem.
• Deelname vind meestal volgens die graadgroep plaas sodat ons sover moontlik nie verskillende grade meng nie.
• Maskers moet gedra word. (Terwyl ‘n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.)
• Getalle word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters.
o TENNIS: slegs 24 per sessies (maksimum 6 per baan)
o MULTIVAARDIGHEID: slegs 28 per sessie
o ATLETIEK: slegs 40 per sessie
• Leerders sal met die skool se bussies na die Conradieveld en terug vervoer word. Maskers moet altyd gedra
word en leerders moet hul hande ontsmet voordat hulle in die busse klim.
• Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan.
• Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het.
• Vir tennis moet leerders hul eie rakkette bring.
• Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word.
• Slegs leerders wat geregistreer is en ‘n “plek-opsie” kon kies, is gewaarborg van ‘n plek vir die daardie
aktiwiteit.
• Indien daar vir ‘n sekere aktiwiteit nie meer beskikbare plek is nie, kies “NO More Options”. Dit gee vir ons ‘n aanduiding dat daar meer belangstelling vir ‘n aktiwiteit is en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program.
• Ouers mag steeds NIE op die skoolterrein uit hul karre klim NIE . Leerders sal na afloop van die aktiwiteit na die motor beweeg.
• Ouers mag NIE op die veld / perseel by die Conradieveld kom nie. Hulle moet buite die Conradieveld se hek wag. Leerders sal na hul aktiwiteit hul ouers by die hek ontmoet. GEEN toeskouers word toegelaat nie.
• Die Steyntjie (groot bus) sal op die onderskeie dae later vertrek:
o Maandae en Woensdae 15:15
o Dinsdae en Donderdae 15:45
Graad 1
Graad 2
Graad 3
Graad 4
Graad 5
Graad 6 & 7
Die tydelike COVID-buitemuurse program is aan die onderskeie grade gestuur via die WhatsApp-groepe. VOLTOOI ASSEBLIEF DIE VORM. Die sluitingsdatum vir die grondslagfase is Maandag, 28 September, om 09:00.
Belangrike Datums
januarie 2021
februarie 2021
maart 2021
april 2021
mei 2021
junie 2021
julie 2021
augustus 2021
september 2021
oktober 2021
november 2021
desember 2021