Category: Kuns en Kultuur

Beste Ouers
Jou kind(ers) het die geleentheid om die jaar aan die Eisteddfod deel te neem. Beoordeling vind in Augustus/ September by ons skool plaas. Inskrywingsgelde vir Spraakkuns is R60 per item en R55 vir Sang. Fooie vir Klavier wissel (sien die Karri -toep). Betalings geskied deur die Karri-toep. Inskrywings sluit op 14 April.
Afdelings:
Gr 1 – 7 Gedig
Gr 4 – 7 Prosa
Gr 3 – 7 Onvoorbereide lees
Sang en instrumentale inskrywings sal deur die musiek- en kooronderwysers gekeur word. Sodra jou kind in kennis gestel is dat hy/sy aan ‘n sang- of musiekitem gaan deelneem, kan jy deur middel van die Karri-toep betaal. Enige navrae kan aan Helecia Groenewald (Musiek) of Jana Nel (Spraakkuns) gerig word.
Lara Pieterse in graad 7 is gekies om te dans in die balletopvoering, Coppelia, wat van 15 tot 17 April in die Artscape Operahuis op die planke sal wees.
Ongelukkig is alle kaartjies reeds uitverkoop, maar opnames sal wel na afloop van die opvoerings op DVD sowel as die internet beskikbaar wees. Navrae oor die opnames kan gerig word aan kvtpieterse@telkomsa.net.
Voorlopige datums vir musiekkonserte hierdie kwartaal:
Dinsdag, 21 April 9:00 Gr.1 & 2
Dinsdag, 21 April 11:00 Gr.3
Slegs 2 volwassenes per deelnemer sal toegelaat word. Geen klasse sal kom kyk nie.
Voorlopige datums vir musiekkonserte kwartaal 2:
Maandag, 5 Julie 9:00 Gr.4 & 5
Maandag, 5 Julie 11:00 Gr.6 & 7
Slegs 2 volwassenes per deelnemer.
Jannies Talent:
Voorlopige datum vir Jannies Talent: Woensdag 7 Julie
As jy ‘n spesiale talent het, kom skryf in! Dans, sing, toneelspeel, musiekmaak, toorkuns……dink solank en oefen!
Die redenaarsprogram het begin en ek is so opgewonde om hierdie jaar se toesprake te hoor. Indien jy nie verlede jaar aangedui het dat jou kind wil deelneem nie en graag jou kind aan redenaars wil blootstel, stuur gerus vir my ‘n e-pos.
Ek hoop om baie nuwe sprekers die jaar te verwelkom!
Andri Baird
andri@jvrprim.co.za
‘n Paar van die Jannies het onlangs die Royal Academy of Dance ballet-eksamens by die Cape Ballet Centre suksesvol afgelê.
Die eksaminatrise was me Vlaegert. Die balletdansers het dwarsdeur die Covid-inperkingstyd via Zoom balletklasse bygewoon, onder leiding van Evelyne Aregger Esterhuyze van Cape Ballet Centre in Hofstraat, Tuine. Dit is ‘n groot voorreg dat hulle met al die toepaslike voorsorgmaatreëls ook die eksamen kon aflê.
Die JvR-balletdansers wat die RAD balleteksamen suksesvol voltooi het, is:
Anik Louw, Graad 1, Meriete
Katryn Sylvis, Graad 1, Hoogste Lof
Kate Mouton, Graad 2, Hoë Meriete
Helene Greeff, Graad 2, Hoë Meriete
Lara Pieterse, Graad 4, Hoogste Lof
Baie geluk julle!

Indien daar leerders is wat belangstel in musieklesse vir volgende jaar (klavier, blokfluit, kitaar, viool), kontak asb. vir juf. Helecia Groenewald by helecia@jvrprim.co.za om hulle name op die waglys te sit.
Baie geluk aan die volgende musiekleerders wat puik presteer het in die Unisa-eksamens:
Lara Basson Gr 1 71%
Elsabe Scholtz Gr 1 75%
Cara Swanepoel Gr 2 73%
Emke van Wyk Gr 2 86%
Katia van Wyk Gr 1 78 %
Ane Swanepoel Voor- Gr 1 75%
Susie Samuel Voor- Gr 1 76%
Ben Terblanche Gr 3 83%
Linden Murray Gr 3 72%
Luca Zulch Gr 2 63%
Leah de Kock Gr 1 83%
Katrien Stimie Gr 3 74%
Lisa van As Voor- Gr 1 87%
Ons is baie trots op julle!!
LAPA-uitgewers het onlangs ‘n illustrasiekompetisie geloods vir die Afrikaanse weergawe van J.K. Rowling se “The Ickabog”. Hoofstukke is stuk-stuk op hulle webwerf, met voorstelle vir moontlike illustrasie-idees, gelaai.
Die wenners is op 24 Oktober bekendgemaak. Vier van ons skool se leerders se werke is gekies en hul illustrasies word as deel van die boek, wat later in November op die rakke beskikbaar is, gepubliseer.
Die leerders is Milla Joubert, Kate Heyns, Lara Pieterse en Elsabé Scholtz. Hulle sal elkeen ‘n kopie van die boek ontvang sodra dit beskikbaar is.
Hulle illustrasies verskyn vandag in Die Burger. Sien die berig hieronder.
Ons is baie trots op hulle!
Belangrike Datums
april 2021
mei 2021
junie 2021
julie 2021
augustus 2021
september 2021
oktober 2021
november 2021
desember 2021
januarie 2022
februarie 2022
maart 2022