Ons het dringend hulp nodig! Boetman koshuis by die De la Bat skool het gister om 15:00 afgebrand. Hierdie leerders het alles verloor, maar gelukkig is niemand beseer in die voorval nie. Die 17 seuns het nou slegs die klere aan hul lywe.
Kom ons Jannies vat hande en help hierdie kinders in nood. Bring asseblief enige komberse, lakens, handdoeke, kussings, en klere vir seuns van 7-11. Dit kan tweedehands of nuut wees. Kom laai dit gerus by juf. Schultz se klas af, tot en met Vrydag, 25 Mei. Kom ons kyk hoeveel kinders ons kan help.