Soekfunksie

  • Filter Kategorie/ë

  • Herstel

Weeklikse Nuusbrief

Category: Nuus

/ Algemeen, Nuus

Reëlings:

  1. As gevolg van die fotodag sal daar GEEN LO-prakties op Maandag, 19 Oktober, wees nie.
  2. Leerders moet asb. betyds by die skool wees, want ons begin al om 08:00 met die neem van die foto’s.
  3. Leerders mag slegs somerdrag dra.
  4. Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon is.
  5. Die laaste dag vir fotobestellings is Maandag, 9 November 2020.
/ Kuns, Kuns en Kultuur, Nuus

Baie dankie vir die ongelooflike reaksie! Ons het reeds so baie doppies ontvang dat julle vir eers maar ‘n blaaskans kan vat. Die wat wel nog doppies by die huis het, kan dit in die loop van volgende week na die kunsklas bring.

/ Algemeen, Nuus

Aangesien die leerders op ons skoolterrein op- en afgelaai word, voel hulle (en ons almal) veilig en meer ontspanne en hou nie noodwendig padveiligheid en -reëls in ag nie. Hierdie ‘veilige’ gevoel wat ons as vanselfsprekend aanvaar, kan so maklik in ‘n onnodige besering ontaard. Moedig asseblief jou kind(ers) aan om slegs van die voetoorgang gebruik te maak wanneer hulle op- of afgelaai word en dat niemand oor die ‘pad’ mag hardloop nie. Die onderwysers sal met sy/haar registerklas ‘n gesprek hieroor voer. Baie dankie vir die versigtigheid waarmee jy bestuur en dat ons leerders se veiligheid prioriteit geniet. Ek doen ‘n beroep op elkeen om asseblief nie op die teer te parkeer wanneer leerders op- en afgelaai word nie en dat alle motoriste en veral die vloei van ons skoolverkeer gerespekteer sal word.

/ Nuus, Sport, Tennis

Al voel dit vir ons of die wêreld tot stilstand gekom het, begin ons stadig maar seker weer terug keer na normaal. Van ons leerders het die afgelope naweek aan die eerste ronde van die WP-tennisproewe deelgeneem.

Die uitslae op die ranglys vir hul onderskeie ouderdomme van die eerste toernooi is as volg:
O/10 Dogters: Sofia Newton, 7de
O/10 Seuns: Dawid-Wiese Viljoen, 1ste en Johan Symington, 3de
O/11 Seuns: Gustav Pansegrouw, 8ste
O/12 Dogters: Mia Symington, 1ste en Heloïse Strauss, 2de
O/12 Seuns: Fredrich Erasmus, 2de en Danny Newton, 5de

Vir die eerste ronde speel spelers in twee toernooie in hul eie distrik. Hul gemiddelde posisie na dié twee toernooie bepaal dan hul finale posisie. Om te kwalifiseer vir die Kaapse Metropool Ronde, waar hulle teen die ander distrikte sal speel, moet hul gemiddelde posisie hulle onder die top 5 plaas. Baie dankie aan “Coach” Yurich en sy span by DTA wat ons spelers so ongelooflik afrig en ondersteun! Baie geluk julle!  Dit is wonderlik om te sien hoe julle in die sport groei!

/ Kuns en Kultuur, Nuus, Redenaars

Ek is tans besig met die redenaarsbeplanning vir 2021. Ek het hierdie week begin om vir die leerders wat belangstel briewe uit te deel. Indien jy graag wil hê jou kind moet aan redenaars deelneem, stuur hulle gerus na my toe om ‘n brief te kry.

Kontak my gerus vir enige navrae.
Andri Baird: andri@jvrprim.co.za

/ Algemeen, Nuus

Ons herinner julle dat Woensdag, 7 Oktober, se sivvies wegval. Leerders sal volgende week slegs op die 9de sivvies kan dra. Kliek op die foto vir ‘n oulike video wat jou wys hoe om ‘n blommekransie te maak.

/ Algemeen, Nuus

Naam en van: Adrian du Pokoy
Graad: 6B
Waar woon jy?: Ek woon in Oranjezicht saam met my ma en my ouma. Ek was voorheen in Laerskool Goodwoodpark.
Gunsteling vak: PSW is my gunsteling vak. Ek hou daarvan om van die verskille in mense se persoonlikhede te leer. Dit help my om die mense om my beter te verstaan.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek het goeie maniere, is positief en ek is lief vir diere.

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Ria Hertzog wat as OOV-voorsitter vir 2021 aangewys is.  Dit was nie nodig om ‘n verkiesing te hou nie aangesien daar geen ander nominasies was nie.  Ons weet dat hierdie raakvatter die taak uitstekend sal aanpak!  Baie dankie vir jou bereidwilligheid en toewyding.

/ Algemeen, Nuus

‘n Fondsinsamelingsprojek word gehou met die doel om die Johan Oosthuizen-klubhuis op te gradeer en alle ouers/voogde word vriendelik versoek om ons inisiatief te ondersteun.

FONDSINSAMELING_ OPGRADERING VAN KLUBHUIS 2020

/ Kuns en Kultuur, Nuus

Ons welbekende veiling maak sy Covid-buiging in ‘n nuwe gedaante! Oudergewoonte skenk ons ongelooflike kunstenaar-ouers en hul kunsvriende die jaar meer as 20 werke wat opgeveil gaan word – uiteraard aanlyn. Almal kan gratis bie – ouers en vriende van die skool is welkom. Besonderhede rondom die aanlynveiling sal later in Oktober gedeel word met ’n PDF van die werke wat beskikbaar sal wees.

Daar is ook ‘n spesiale voorskou beskikbaar vir die wat in lewende lywe wil kom kyk. Kunstenaar en kurator Liza Grobler gaan informele rondleidings hou middel Oktober – en dit in Woodstock, die tuiste van Kaapstadkuns. Die adres is Albertstraat 139, Woodstock.

Daar is drie tydgleuwe per dag vir groepe van agt beskikbaar. Die datums is Dinsdag 13 tot Vrydag 16 Oktober en begeleidings is om 15:00, 16:30 en 18:00. Kom geniet die spesiale geleentheid saam met vriende – ons gaan oudergewoonte regstaan met wyn. Maskers is ononderhandelbaar. BESPREEK HIER VIR DIE TYD WAT JOU PAS.

Werke is beskikbaar van Liza Grobler, Norman O’Flynn, Barbara Wildenboer, Claudette Schreuders, Anton Kannemeyer, John Murray, Kilmany-Jo Liversage, Varenka Paschke, Conrad Botes, Pierre Liversage, Adeline Joubert, MJ Lourens, Ilené Bothma, Sophia van Wyk, Roelien Brink, Henk Serfontein, Wonder Marthinus, Frans Smit, Swain Hoogervorst, Catherine Ocholla, One, Vanessa Berlein, Alexia Klompje en David Bloomer.

Vir nog inligting, kontak Karien Zulch by karien@zulch.co

Alle gelde is ten bate van die Jan van Riebeeck Laerskool Opvoedingstrust wat verskeie skoolprojekte befonds – belastingsertifikate sal uitgereik word aan kopers.

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Esri Marais wat as beheerraadslid verkies is. Baie dankie aan elkeen wat aan hierdie aanlynverkiesing – ‘n eerste vir ons skool – deelgeneem het. Die volgende beheerraadverkiesing vind gedurende die eerste kwartaal van 2021 plaas.

Belangrike Datums

oktober 2020

22okt12:45Skool sluit 12:45 (Gr.1-3), 13:00 (Gr.4-7)

23okt10:3011:30Skool sluit 10:30 (Gr.1-3), 10:45 (Gr.4-7)

24oktHeeldagTweekamp: Liga 1

31oktHeeldagTweekamp: Liga 2

november 2020

02novHeeldagVerpligte somerdrag

02novHeeldagSkool heropen vir kwartaal 4

04nov(nov 4)00:0005(nov 5)00:00Ouerbesoeke

04nov19:0020:00Begrotingsvergadering 2021 - 19:00 (JvR Biblioteek)

06novHeeldagGEKANSELLEER: Krieket: DayNight Mini-Krieket Toernooi (WEG)

06novHeeldagBuitemuurs eindig

09novHeeldagBuitemuurse program BEGIN

10novHeeldag03Gr.4 (2021) Ouerinligtingsessie 18:30

12novHeeldagEBW-entrepreneursdag

12novHeeldag05Gr.7 (2021) Ouerinligtingsessie 18:30

14novHeeldagTweekamp: Liga 3

18novHeeldagNuwe Gr.1's besoek

19novHeeldagBuitemuurse program vir Gr. 4-7 EINDIG

19novHeeldagVOORLOPIG: Eksamen begin Gr.7

20novHeeldagEksamen: Wiskunde Gr.7

23novHeeldagEksamen: Afrikaans Gr.7

24novHeeldagEksamen: Wiskunde 1 (Gr.4), NWT (Gr.5), Engels (Gr.6), Geskiedenis (Gr.7)

24novHeeldagVOORLOPIG: Eksamen begin Gr.4-6

25novHeeldagEksamen: NWT (Gr.4), Wiskunde 1 (Gr.5-6), Engels (Gr.7)

26novHeeldagEksamen: Afrikaans (Gr.4 & 6), Wiskunde 2 (Gr.5), NW (Gr.7)

27novHeeldagEksamen: Aardrykskunde (Gr.4), Engels (Gr.5), NWT (Gr.6), EBW (Gr.7)

30novHeeldagEksamen: Wiskunde 2 (Gr.4), PSW (Gr.5), Wiskunde 2 (Gr.6), Aardrykskunde (Gr.7)

desember 2020

01desHeeldagEksamen: Engels (Gr.4), Afrikaans (Gr.5), Geskiedenis (Gr.6), Tegnologie (Gr.7)

02desHeeldagEksamen: PSW (Gr.4), Geskiedenis (Gr.5), PSW (Gr.6), LO (Gr.7)

03desHeeldagBuitemuurse program vir Gr. 1 - 3 EINDIG

03desHeeldagLoslitdag: Side by side equality with Mickey and friends

03desHeeldagEksamen: Geskiedenis (Gr.4), Aardrykskunde (Gr.5-6), Sk (Gr.7)

03desHeeldagVOORLOPIG: Eksamen eindig

04desHeeldagGr.7-afskeid

08desHeeldagPrysuitdeling Gr.1-3 (oggend)

09desHeeldagPrysuitdeling Gr.4-6 (oggend)

10des19:0020:00Prysuitdeling Gr.7 19:00

11desHeeldagAtletiek Velditems Gr.3-7

12desHeeldagAtletiek baanitems Gr.R-7

12desHeeldagTweekamp: Liga 4

15desHeeldag02Skool sluit vir leerders

16desHeeldagVersoeningsdag

17desHeeldag04Skool sluit vir onderwysers

25desHeeldagKersdag

26desHeeldagWelwillendheidsdag

januarie 2021

16janHeeldagTweekamp: Liga 5

23janHeeldagTweekamp: Liga 6

25janHeeldagSkool heropen

27janHeeldagSkool heropen vir leerders

28janHeeldagOOV-bekendstelling

29janHeeldagEeufees: Jannies Jooldag vir leerders

30janHeeldagEeufees: Gala-aand

31janHeeldagEeufees: Gesinsfees - Groote Kerk

februarie 2021

06febHeeldagTweekamp: Liga 7

20febHeeldagTweekamp: Liga 8

26febHeeldagKRIEKET: Hugo Rust Mini Krieket Toernooi

26febHeeldagSwemgala: Gr 4-7

maart 2021

03mrtHeeldag05Gr.5 SOS-kamp

05mrtHeeldagSwemgala: Gr 1-3

06mrtHeeldagTweekamp: Liga 9

16mrtHeeldagTweekamp: Kampioenskappe

19mrtHeeldagTOERNOOI: Porterville Netbal & rugby (WEG)

31mrtHeeldagSkool sluit

april 2021

02aprHeeldag03Tweekamp: SA Kampioenskappe

06aprHeeldag11Oranjerivierroei

14aprHeeldag16Gr.6 Kamp (Wemmershoek)

30aprHeeldagNETBAL: Bellville-Noord O/12 & O/13 A aandtoernooi

mei 2021

06meiHeeldagNetbal: Fair Cape O/9 toernooi (WEG)

07meiHeeldagNetbal: Fair Cape O/8 toernooi (WEG)

08meiHeeldagNetbal: Fair Cape O/7 toernooi (WEG)

12meiHeeldag14Gr.7-kamp

22meiHeeldagHOKKIE: Curro Hermanus O/11 - O/13 Toernooi (WEG)

29meiHeeldagSPORTDAG: FD Conradie & Goudini (WEG)

junie 2021

12junHeeldagRUGBY: Durbanville Prep Rugbydag (WEG)

21junHeeldag25SPORTTOER: Netbal, Hokkie en Rugby O/13

julie 2021

24julHeeldagNETBAL: Kenridge O/12 - O/13 B & C toernooi

31julHeeldagSPORTFEES: Curro Hermanus Sportfees

augustus 2021

20augHeeldagSKAAK: Paarl Skaaktoernooi

21augHeeldagSKAAK: Louwtjie "Rapid chess" (WEG)

25augHeeldagHOKKIE: Durbanville Prep O/9 Dogters Mini-toernooi (WEG)

26augHeeldagHOKKIE: Durbanville Prep O/9 Seuns Mini-toernooi (WEG)

27augHeeldagSPORTDAG: Dirkie Uys, Hokkie (TUIS)

28augHeeldagSPORTDAG: Dirkie Uys, Rugby & Netbal (TUIS)

september 2021

04sepHeeldagBSC 7's Rugbytoernooi