/ Algemeen, Nuus

Die Boekbende skop volgende week Woensdag weer af! Ons nooi graag al ons graad 4–7-leerders om dit by te woon.

Kom kuier saam om 07:15 in die Mediasentrum en deel in die lekkerte van lees!

/ Algemeen, Nuus

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons skool Wêreldboekedag op 23 April gaan vier!

Om hierdie spesiale dag te vier, nooi ons al ons leerders uit om soos hul gunstelingkarakter uit een van Jaco Jacobs se boeke aan te trek. Jaco Jacobs vier vanjaar ook die 25ste herdenking van die publikasie van sy eerste boek.

Dit is ’n wonderlike geleentheid om ’n liefde vir lees aan te wakker en kreatiwiteit te vier. Daar sal ook ’n spesiale boekprys per graad toegeken word aan die leerder met die beste kostuum!

Ons sien baie uit daarna om al die kleurvolle en kreatiewe uitrustings te sien. 🎉📖

/ Algemeen, Nuus

Ons Graad 7-leerders hou ’n heerlike doughnutfondsinsameling om hul projekte en aktiwiteite te ondersteun. Doughnuts is beskikbaar teen slegs R15 elk en word Vrydae vars afgelewer.

Ondersteun gerus ons Graad 7’s.

/ Algemeen, Nuus

’n Groep ouers bied tans ’n onafhanklike inisiatief aan waar katoen-alternatiewe vir skooluniforms beskikbaar gestel word.
Neem asseblief kennis dat hierdie projek nie deur die skool of Jan Kas bestuur word nie.

Klere wat aangekoop word, kan nie by Jan Kas omgeruil word nie. Dit is daarom baie belangrik dat leerders tydens die beskikbare aanpassessie behoorlik seker moet maak van die kledingstuk se grootte wat bestel word.

Let ook daarop dat groottes en pryse verskil van dié by die klerebank.

Aanpasdag besonderhede:

📅 Maandag, 13 April 2026

📍 Mediasentrum, Laerskool JvR

⏰ 13:00–17:00

📞 Kontakpersoon: Lian Lombard – 079 933 9925

 

/ Algemeen, Nuus

Neem asseblief kennis dat die Dinsdag- en Woensdagrooster omgeruil sal word wanneer die skool heropen. Op Woensdag, 8 April, sal ons dus die akademiese program van ’n Dinsdag volg.

Dit beteken dat aktiwiteite soos senior kooroefening, saalperiode en ander Dinsdagverpligtinge sal plaasvind.

Let egter daarop dat sport steeds volgens die gewone Woensdagprogram sal voortgaan.

 
 
/ Algemeen, Nuus

Ons vier vanjaar Wêreldboekedag op ’n opwindende manier! Leerders word uitgenooi om aan te trek soos hul gunsteling karakter uit ’n Jaco Jacobs-boek.

Daar wag ook ’n spesiale verrassing – die beste kostuum wen ’n fantastiese boekprys! 🎉

Ons kan nie wag om al die kreatiewe karakters by die skool te sien nie!

/ Algemeen, Nuus

🎭 Kaartjieverkope is NOU OOP! 🎟️
 
Moenie “Dekades: Die storie van Laurika Rauch” misloop nie – ’n onvergeetlike musikale reis deur die jare met een van Suid-Afrika se mees geliefde stemme. Die hele Hoërskool Jan van Riebeeck is op die verhoog in hierdie eens in ‘n leeftyd revueproduksie, opgedra aan ons ikoon-oudleerder, Laurika Rauch! 
 
✨ Beleef die magiese, die stories en die liedjies wat generasies geraak het.
 
🎫 Kry jou kaartjies nou op Quicket:
 
🌟 BBP-ervaring beskikbaar:
Geniet die vertoning vanuit die GOUE / BBP-area met premium sitplekke, ligte verversings en ’n drankie ingesluit.
 
📍 Moenie wag nie – bespreek vandag nog en wees deel van hierdie besondere aand!
/ Nuus, Rugby, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se rugbyuitslae:

Die senior koor skop die tweede kwartaal af met ’n heerlike kooroefening! Hierdie reëling is getref sodat die senior koor genoegsame oefentyd het voor hulle belangrike optrede by die Passion ChoralFest op Sondag, 12 April.
 
Hier is die koor se oefentye vir die eerste week van die tweede kwartaal:
 
Woensdag, 8 April: 07h30 – 08h30 (sover moontlik, verseker dat die leerders betyds vir die oefening is, asb)
Donderdag, 9 April: 11h30 – 12h30
 
Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Ons sien baie uit na die senior koor se eerste optredes!
/ Algemeen, Nuus
Lukas Loubser het die naweek van 14-15 Maart aan die Wes-Kaap Nippers-kampioenskappe deelgeneem. Hy het baie goed presteer en die volgende medaljes verower.
 
Silwer in die flags
Silwer in die beach sprints
4de in die hardloop en swem afdeling
 

Hy neem 26-28 Maart deel aan die nasionale kampioenskappe in Gqberha deel.  Ons wens vir hom alle sterkte toe.

/ Akademie, Algemeen, Nuus

Ons ouerbesoeke vir die eerste kwartaal vind op Maandag, 13 April, en Dinsdag, 14 April 2025, plaas. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.

Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER

Hoe maak ek ‘n bespreking nadat ek op die skakel geklik het?
1. Kies jou kind se graad
2. Kies die datum 
3. Kies ‘n onderwyser (Select Staff)
4. Kies ‘n gepaste tydgleuf

Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za.

/ Hokkie, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se hokkieuitslae:

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae:

Ons senior koor tree Sondag, 12 April, by die Passion ChoralFest in die Hugo Lambrechts Ouditorium op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met bekende kore soos die Cape Town Camerata, Tygerberg City Choir, Vivox Voces en die DF Akademie Kamerkoor te deel, en die koor sien daarna uit om by hierdie geleentheid te sing. Die konsert is die afgelope week ook in die  TygerBurger geadverteer.
 
Ons nooi die skoolgemeenskap uit! Dit beloof om ’n besonderse konsert te wees. Sien aangehegde dokumente vir meer inligting rakende kaartjieverkope en konsert detail. 
 
Datum: Sondag, 12 April
Plek: Hugo Lambrechts
Tyd: 16h00
 
Reëlings vir die Senior Koor
 
* Repetisie: Arriveer 13h30. Die repetisie saam met die ander kore begin stiptelik om 14h00.
* Ouers wat nie die konsert bywoon nie, kan die leerders weer 18h00 by Hugo Lambrechts oplaai. Ons sal nader aan die tyd die lokaal identifiseer.
* Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop)
 
Kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige verdere vrae is.

 

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se netbaluitslae: