/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Die top 3 presteerders van verlede week is:
3. Henry Joubert 3182 punte
2. Mia Boshoff 4286 punte
1. Cara Swanepoel 7387 punte
Baie geluk Cara!!

/ Algemeen, Nuus

Ons is in die proses om SMS’e met Whatsapp te vervang. Sodoende spaar ons ‘n hele paar rand en kan ons meer gereeld dringende boodskappe aan ouers kommunikeer. Stoor asb. die skool se selfoonnommer in jou selfoon as “LJvR Whatsapp” sodat jy Broadcast boodskappe sal kan ontvang. Indien die nommer nie in jou selfoon gestoor is nie, sal jy nie die boodskappe ontvang nie. Die nommer is: 066 143 4003

Ouers wat nie Whatsapp het nie, sal steeds SMS’e ontvang. Ons huidige SMS stelsel sal ook as rugsteun gebruik word tot einde van die jaar. Daar sal geen groepe in Whatsapp gestig word nie. Ouers se inligting bly vertroulik en niemand gaan mekaar se boodskappe kan sien nie. Die Whatsappnommer is slegs vir eenrigtingkommunikasie van die skool na ouers. Moet asb. nie op boodskappe reageer nie.

Whatsapp sal nie nuusbriefinligting, inligting op die webtuiste of datums in die Google kalender en die webtuiste se dagboek vervang nie, maar eerder die SMS’e wat gewoonlik uitgestuur is om dringende boodskappe oor te dra.

/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Ons is baie trots om te kan sê ons het 8 leerders wat in die top 200 leerders van die Horizon Math Kompetisie geeïndig het. Dit is ‘n ongelooflike prestasie aangesien die kompetisie net in Engels geskryf word. Van al die skole wat vir die kompetisie ingeskryf het, het Jan van Riebeeck die 5de meeste kinders wat in die top 200 is en boonop was ons die enigste slegs-Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Ons lê bo skole soos Elkanah House, Herzlia, Golden Grove, Llandudno, Oakhurst, Panorama en Greenfields.

Baie geluk aan die volgende leerders wat so mooi presteer het:
Graad 6:
Dawid Adler en Peet Karsten
Graad 7:
Stef Mostert
Henri Malan
Benjamin Pienaar
Chris Scott
Gerard Snijders
Christiaan Stimie

Die prysuitdeling is Saterdag 9 Junie, by Star College. Wel gedaan, julle hou ons naam hoog!

/ Koor, Kuns en Kultuur, Nuus

Onthou om julle kaartjies vir die kooropname van die Seniorkoor by Curro Sitari te Somerset Wes op Saterdag 9 Junie te koop. Kaartjies kos R90 elk en kan per EFT voor Woensdag by Marili gekoop word. Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies vir elke skool en geen kaartjies sal by die venue verkoop word nie. Alle koorlede het reeds ‘n brief met volledige inligting aangaande die geleentheid ontvang. Maak seker dat u vertroud is met die inligting. Vervoer: Daar is reeds ‘n paar ouers wat aangebied het om met vervoer te help. Kontak asb. vir juf. Groenewald as julle van die diens gebruik wil maak.

/ Algemeen, Nuus

Ouers wat belangstel in die diversiteit- en bemarkingsportefeulje en lus is om deel te word van dié subkomitee, stuur asb. ‘n e-pos aan Izelle Venter wat die portefeulje op die beheerraad behartig.

In breë trekke sal die komitee elke tweede maand vergader om insette van ‘n diverse groep ouers aan te hoor asook om praktiese implementering te help dryf. Izelle se e-posadres is iventer@media24.com. Dit sal gaaf wees as jy voor 11 Junie kan laat weet.

/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Hierdie week se top 3 leerders met die meeste punte op Mathletics is:
3. Ané Swanepoel 1 954punte
2. Henry Joubert 2 020 punte
1. Willem Burger 2 750 punte
Baie geluk Willem!

/ Algemeen, Liewe Aarde, Nuus

Jannie van die week is Noah Thau in Graad 1 – baie geluk – hou aan om getrou te herwin!
Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.
Dit is interessant dat Amerika wel 34% van hulle rommel herwin, maar ongelukkig 25% van die wêreld se rommel produseer. Sien die foto.

Hierdie wys weer hoe belangrik die drie R’e is: “Reduce, Reuse and Recycle“