/ Akademie, Nuus, Wiskunde

 

Hier is die top 3 prestasies:
3.Luja Marx 1050 punte
2. Robert Kotzee 1400 punte
1. Klara Maree 2023 punte

Baie geluk Klara.

 

/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Die WKOD-Wiskundekompetisie wat die 2de Augustus geskryf moes word, is geskuif na Woensdag 15 Augustus.
Die departement het ons in kennis gestel dat die eerste rondte vraestelle nog nie gereed is nie. Alle leerders in gr.4-7 sal aan die rondte deelneem en die skryf van die vraestelle sal tydens skoolure plaasvind.

/ Algemeen

 

Naam en van: JJ Grundeling
Graad: 1O
Waar bly jy?: Houtbaai
Gunsteling vak: Somme en woordjies
Ek is ‘n trotse Jannie, want ek weet wat 100 x 100 is!

/ Koor, Kuns en Kultuur


Albei ons kore tree op Maandagaand 27 Augustus by die Kunstekaapteater op.
Kaartjies , teen R40, is by Computicket of die Kunstekaap te koop.
Verdere reëlings volg later.

/ Afrikaans, Akademie

Die onderwysers is druk besig om die Top 5/6 spellers te identifiseer wat ons skool gaan verteenwoordig by die eerste ronde van die Wow Spelkompetisie.
Die datum vir hierdie ronde is Vrydag, 24 Augustus.
Hierdie leerders sal gedurende die loop van die week ‘n brief ontvang.
Die volgende twee datums indien hulle sou deurdring, is 8 September en 20 Oktober.

/ Algemeen, Nuus

Kontak vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u (ouer/grootouer/student) graag as ‘n vrywilliger betrokke wil raak om gratis huiswerkklasse aan leerders (op individuele basis) te bied wat ekstra ondersteuning benodig.

/ Algemeen, Nuus

Ons Mandela-dag massa insameling was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan elke Jannie en ouer wat ‘n bydrae gemaak het. Ons gaan verseker baie boksies vir Santa Shoebox kan vul!

/ Algemeen, Nuus

Oupa- en Ouma- dag is om die draai en ons Jannies is sommer baie opgewonde om al die Oupas en Oumas heerlik te bederf. Die lekker oggend van plesier vind 7 September om 10:00 in ons skoolsaal plaas. Kaartjies sal vanaf 1 Augustus te koop wees op die Karri Toep*. Die kaartjies beloop R100 per persoon. Daar is ook ‘n R140 opsie wat ‘n bossie blomme vir ouma insluit! Spring gou, kaartjies is beperk.

*Die Karri Toep is ‘n maklike en vinnige manier om betalings aan die skool te maak. Indien jy nog nie die toep afgelaai het nie sal jy op 1 Augustus ‘n uitnodiging per sms ontvang en kan dan die betaling maak deur op die skakel in die sms te kliek. Indien jy nie belangstel om Oupa- en Ouma- dag by te woon nie, kan jy slegs die uitnodiging “dismiss”.

/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Woensdag 1 Augustus neem 77 van ons leerders deel aan die finale rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie. Hierdie vraestel sal in skooltyd gekryf word. Oefenvraestelle kan van die volgende skakel afgelaai word: http://www.amesa.org.za/Challenge/Wiskunde.html

Donderdag 2 Augustus skryf alle graad 4-7 leerders die eerste rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Die 6 leerders wat die beste presteer per graad, gaan deur na die finale rondte van die kompetisie. Daar is altesaam 110 skole wat aan die kompetisie deelneem. ‘n Groot gedeelte van die vraestel bestaan ook uit Amesa vrae. Almal kan dus na die bostaande skakel gaan om ou/oefenvraestelle af te laai.
Sterkte met die voorbereiding en ons hou vir elke leerder duimvas.

Die leerders wat almal aan die SAMF-Wiskundekompetisie deelneem is:

/ Nuus, Rugby, Sport
O/9 A 10-10 (gelyk
O/11 A 49-0 (wen)
O/13 A 29-35 (verloor)
Daar is WEL wedstryde vir volgende week teen Reddam House.
/ Akademie, Nuus, Wiskunde

Die top 3 presteerders van verlede week is:

3. Kate Mouton 1 840 punte

2. Kyra Schoeman 2 240 punte

1. Helene Greeff 2 456 punte


Baie geluk Helene!!

/ Nuus, Sport

Baie dankie aan al die ouers wat reeds die google vorm voltooi het om te bevestig of u kind kan speel. Elke speler wat deelneem, het ‘n harde kopie van die program asook ‘n padkaart ontvang (dis op oranje papier afgerol). Ongelukkig het die netbalprogram Woensdagmiddag verander en die netbalspelers sal ‘n nuwe program, op blou papier, ontvang. Die nuutste program, vir rugby en netbal, is ook op die webwerf beskikbaar.
Tableview- Rugbytoernooi

Tableview Netbaltoernooi

 

/ Netbal, Nuus, Sport

Die wedstryde vir hierdie kwartaal het vinnig begin en die meeste van ons spanne het Woensdag, 25 Julie, teen Monte Vista gespeel:
O/9 A 7-0 (wen)
O/9 B 2-0 (wen)
O/10 A 9-3 (wen)
O/11 A 9 – 1 (wen)
O/12 A 16-6 (wen)
O/12 B 2-3 (verloor)
O/13 A 7-15 (verloor)
O/13 B 3-6 (verloor)

Volgende week speel ons teen Edgemead WEG.

/ Netbal, Nuus, Sport

Baie dankie aan almal wat reeds die nuwe netbalwedstrydhempie gekoop het. Ons het gister vir die eerste keer daarin gespeel en dit het pragtig gelyk. Die kinders se opwinding oor die nuwe hempie is aansteeklik. Onthou asb dat ons dit slegs vir wedstryde gaan dra. Vir die ouers wat nog nie ‘n hempie gekoop het nie, dit is steeds by die klerebank beskikbaar teen R175.

 

/ Liewe Aarde

Baie geluk aan Lia Luna Li Latti in Gr 3 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle deurlopend herwin! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys!
Kan julle help om 6000 2L wit melkbottels bymekaar te maak??
‘n Ouer van ons skool se besigheid, essay GIFTS en Kidz Positive is besig met ‘n kunsprojek waar gebruikte 2L melkbottels herwin word vir ‘n reuse kunsprojek wat werk verskaf aan HIV-positiewe ma’s. Hulle benodig 6 000 melkbottels binne 8 weke om hierdie projek te voltooi. Die eindresultaat sal in November landwyd bekend gemaak word. Hulle sal enige hulp baie waardeer.
Indien jy kan help, gee asseblief jou 2L melkbottels by Matthews in.